VERNIETIGENDE SOSIALISME STEEDS DIE PROBLEEM- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

"Die ANC-regering en sy sosialistiese vennote het geen idee hoe ekonomiese groei geskep word nie en sal die ekonomie binne die volgende 3 tot 4 jaar finaal vernietig," sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy het na die artikel "Gaan dié kabinet ekonomie aan rol kry?" verwys wat vanoggend op Netwerk24 se webblad verskyn het en die vraag gevra na watter "noodsaaklike ingrypings, remedies, hervormings en rype groei" verwys die kommentators wat normaalweg sulke algemene kommentaar lewer wat in die lug hang en niksseggend is?

"Is daar dan niemand in die land wat verstaan hoe ekonomiese groei geskep word wat elke dag wêreldwyd in fetlik al die lande bewys en aanvaar word nie?"

Geen ANC-kabinet wat 'n beleid van vernietigende sosialisme implementeer is "aanvaarbaar" nie!! Die kabinetveranderings sal geensins die finale aftelling na die totale verwoesting van die ekonomie en die land binne die volgende 3 tot 4 jaar vertraag nie. 

"Samewerking met die privaatsektor" in vennootskappe met die regering is geensins 'n oplossing nie. Daar is geen rede waarom die privaatsektor by die vernietigende beleid van die regering betrokke moet raak net om ook vernietig te word nie. 

Die regering se inmenging en regulering van die ekonomie moet drasties verminder word en hy moet 'n politieke en ekonomiese omgewing skep wat bevorderlik vir die privaatsektor sal wees om winste, ekonomiese groei en 'n groter inkomste vir die regering te genereer om die ernstige sosiale probleme in die land aan te spreek. 

Die enigste "paradigmaskuif" wat die regering daarom moet maak is 'n terugkeer na 'n gemengde kapitalistiese/sosialistiese ekonomiese stelsel, iets wat hy en sy sosiale vennote wat hom help om die ekonomie verder te vernietig, asook verskeie politieke en ekonomiese kommentators, duidelik nooit sal verstaan nie!! 

 "Daar bestaan geen ander manier nie!"

Ekonomiese groei word van die vraag- en aanbodkant van die ekonomie geskep wat elke kwartaal deur Statistiek SA bewys wat deur die winsmotief gedryf word en nie deur die ernstige dwaling van die Reserwebank dat groei deur laer rentekoerse geskep word nie.

“Ten minste verstaan die vakverbond, Cosatu, se nasionale woordvoerder, Sizwe Pamla, dit dat ‘die president dieselfde ou garde hersirkuleer het wat bewys het dat hulle nie in staat is om ons baie probleme op te los nie,’” sê Brink.

Gaan dié kabinet ekonomie aan rol kry?”

https://www.netwerk24.com/Sake/Ekonomie/gaan-die-kabinet-ekonomie-aan-rol-kry-20210806

Gross Domestic Product (GDP), 1st Quarter 2021

http://www.statssa.gov.za/?page_id=1854&PPN=P0441&SCH=72931