GROOTSTE DWALING OOR FEITE EN REALITEITE- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

“Die uitlatings en aansprake van die voormalige Openbare Beskermer dat ‘daar nog hoop in die land’ is, is seker die grootste dwaling nog wat oor die feite en realiteite in Suid-Afrika oor die afgelope 25 jaar gepubliseer is,” sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.

Brink het verwys na die artikel “Daar is nog hoop in dié land” wat  in die Rapport verskyn het deur professor Thuli Madonsela wat die leerstoel in sosiale geregtigheid aan die Universiteit van Stellenbosch beklee.

Hy sê Madonsela voer minstens 20 redes aan as bewyse hoe die ANC-regering steeds voortgaan om die ekonomie en die land onomkeerbaar te vernietig. Sy probeer egter dan om alles te ontken en te regverdig met belaglike argumente soos "Niemand kan eerlik sê dat ons in die verkeerde rigting op pad is nie," "... dat dit onbillik is om te sê dat die land steeds net op die afdraande pad is sedert Ramaphosa se bewindsoorname" “ ... Ramaphosa wel konsekwent was, is deur leierskap te toon wat vertroue in te boesem,” “Hy het ….. maniere gevind om die grondvraagstuk op te los.” “Hy was ook konsekwent oor die ononderhandelbaarheid van maatskaplike geregtigheid as ’n brug vir volhoubare groei.”

“Terwyl sy regering se beleid van sosialisme en kommunisme geen groei kan skep nie, maar dit net kan vernietig!”

Die kans dat grondhervorming ooit sukesvol deur die ANC-regering implementeer sal word, is baie skraal, maar die skade wat deur die totale mislukking daarvan veroorsaak sal word, sal die verwoesting van landbouproduksie, voedselsekerheid en die landbou se bydrae tot ekonomiese groei beteken.

Die uitlatings en aansprake deur Madonsela doen nie haar bekwaamheid as voormalige Openbare Beskermer gestand nie, trouens dit openbaar ongelukkig haar verbysterende gebrek aan insig, onkunde en onbevoegdheid oor die politieke en ekonomiese feite en realiteite in die land, net soos baie ander regsgeleerdes en politieke kommentators!!

Die politieke doelwitte en hervomings van die ANC sal nie deur die vernietiging van die ekonomie en die land, waarvoor die finale aftelling reeds begin het, bereik word nie!

“Die land sal teen 2023/24 sy status as ‘n ontwikkelende land verloor en in ‘n onderontwikkelde land verval met die gevolge van ‘n vernietigde demokrasie, geen ekonomiese groei, ongekende hongersnood en menselyding,” aldus Brink.

“Thuli Madonsela: Daar is nog hoop in dié land”
https://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/thuli-madonsela-daar-is-nog-hoop-in-die-land-20191222

Navrae: 082 573 5661