EKONOMIESE GROEI UITERS KOMMERWEKKEND Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

“Die jongste inligting wat vandag deur Statistiek SA oor die verdere verswakkende ekonomiese groei in die derde kwartaal uitgereik is, beklemtoon die feit dat die ekonomie in ‘n baie kommerwekkende posisie verkeer en dat die kanse vir ‘n ekonomiese herstel vanjaar baie skraal is.

Daarom is dit uiters belangrik vir die land om ernstig kennis te neem van die kernfeite en realiteite van die ANC-regering se vernietegende ideologie van sosialisme en kommunsime wat die ekonomie finaal binne die volgende 3 tot 5 jaar totaal sal vernietig,” sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.
Die feit dat die ekonomie in die eerste ses maande van die jaar met minder as 1% gegroei het en die jongste groeisyfers vir die derde kwartaal in die reële bruto binnelandse produk (BBP) van minus 0,6% aan die aanbodkant en minus 0,3% in die reële binnelandse uitgawes aan die vraagkant van die ekonomie, het die waarskynlikheid bevestig dat die ekonomie nie in 2019 sal groei nie.


Die drie grootste negatiewe bydraes tot die groei in die reële BBP aan die aanbodkant van die ekonomie in die derde kwartaal was die mynbou (-6,1%), vervaardiging (-3,9%) en vervoer, berging en kommunikasie (-5,4%) nywerhede. Die drie grootste positiewe bydraes tot die BBP-groei hetg ekom van handel, spyseniering en akkommodasie (0,4%); finansies, vaste eiendom en besigheid (0,3%); en die algemene owerheid as verbruiker (0,4%).
Die reële huishoudelike verbruiksbesteding aan die BBP het met 0,2% gestyg en die owerheid se verbruikbesteding met 1,3%, terwyl die bruto vaste kapitaalvorming met 4,5% gestyg het. Uitvoere het met 3,5% gestyg en invoere het met 6,8% gedaal, wat beteken dat die netto uitvoere 3,2% tot die totale verbruiksbesteding bygedra het.
Die gewysigde ekonomiese groei strategie van die Minister van Finansies en die nuwe Ekonomiese Adviesraad van die President sal geen verskil aan die verswakkende ekonomiese omstandighede maak nie. Die groter probleem is die feit dat die georganiseerde sakesektor soos “Business Unity South Africa” (BUSA), “Business Leadership South Africa” (BLSA) en die “South African Chamber of Commerce and Industry “SACCI) absoluut uit hulle pad uitgaan om die vernietigende ideologie van die ANC-regering ten volle te ondersteun omdat hulle nie verstaan dat ekonomiese groei deur die winsmotief in 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel in die meeste lande in die wêreld vandag gedryf en geskep word nie! Hulle politieke korrektheid sal die ekonomie en die land nêrens bring nie!
Hy sê dat die ANC se huidige en toekomstige politieke en ekonomiese hervormings sal nie deur die vernietiging van die ekonomie en die land verwesentlik word nie, maar sal die land in ‘n onderontwikkelde land laat verval met baie groter armoede, geen ekonomiese groei, ongekende hongersnood en menselyding!”
Die finale aftelling na die totale vernietiging het reeds begin,” aldus Brink.