HONGER IN AFRIKA STYG STEEDS- Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

“Volgens 'n nuwe verslag oor voedselsekerheid en voeding styg die honger in Afrika steeds en die vasteland is nie op die regte pad om die ‘Zero Hunger’ doelwit te bereik wat deur die Volhoubare Ontwikkelingsdoelstellings van die Verenigde Nasies teen 2050 gestel is nie," sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.

Die volgende is 'n paar van die belangrikste bevindings van die "2018 Africa Regional Overview of Food Security and Nutrition”* verslag:

"Die voorkoms van ondervoeding styg steeds en raak nou 20 persent van die bevolking op die vasteland, meer as in enige ander streek. In Noord-Afrika is die voorkoms egter baie minder en staan op 8,5 persent. In Afrika suid van die Sahara is die opwaartse neiging besig om te versnel en 23 persent van die bevolking is ondervoed. Die toename in die voorkoms van ondervoeding is die hoogste in Wes-Afrika, gevolg deur Sentraal-Afrika.

Daar is vandag 821 miljoen ondervoede mense in die wêreld, wat 36,4 miljoen meer is as in 2015 waarvan 257 miljoen in Afrika is, 237 miljoen in Afrika suid van die Sahara en 20 miljoen in Noord-Afrika. In vergelyking met 2015 is daar nou 34,5 miljoen meer ondervoede mense in Afrika, 32,6 miljoen meer in Afrika suid van die Sahara, en 1,9 miljoen meer in Noord-Afrika. Die vordering om die Wêreldgesondheidsorganisasie van die Verenigde Nasies se globale voedingsdoelwitte te bereik, is te stadig in Afrika om enige van die teikens te bereik.

In baie lande, veral in Oos- en Suider-Afrika, het ongunstige klimaatstoestande as gevolg van die El Niño klimaatstelsel tot 'n afname in landbouproduksie en stygende voedselpryse gelei. Die ekonomiese en klimaatsituasie het in 2017 verbeter, maar sommige lande word steeds deur swak reënval en ernstig droogtes geraak.

Klimaatsverandering is 'n toenemende bedreiging vir voedselsekerheid en voeding in Afrika en is 'n besondere ernstige bedreiging vir lande wat sterk op die landbou staatmaak. In die algemeen beïnvloed minder reën en hoër temperature die opbrengs van stapelvoedselgewasse baie negatief. Teen 2050 sal klimaatsverandering veroorsaak dat nog 71 miljoen mense in die wêreld nie voedselsekerheid beskik nie, waarvan meer as die helfte in Afrika suid van die Sahara sal wees.

"Die onteiening van landbougrond sonder vergoeding in Suid-Afrika, as deel van die oor vernietigende politieke en ekonomiese ideologie van die ANC-regering, kan die status van Suid-Afrika as ‘n ontwikkelende land, baie maklik en finaal afgradeer na die status van 'n onderontwikkelde land, soos baie ander lande in Afrika, waar tot 85% van die bevolking totaal afhanklik van die landboubedryf vir hul daaglikse lewensbestaan is.

Die regering moet eerder soveel kommersiële boere as moontlik in produksie op hul plase hou om 'n ongekende uittog van duisende klein swart bestaansboere, plaaswerkers en hul gesinne te verhoed en om hulle in baie hoër armoede en ongekende hongersnood te dompel," sê Brink.

ooooooOoooooo

Bothaville
19 Februarie 2019
Navrae: 082 573 5661
________________________
* 2018. Africa Regional Overview of Food Security and Nutrition.
http://www.fao.org/3/CA2710EN/ca2710en.pdf