Landbou Radio-  Suid Afrika - Daaglikse Nuus programme inligting

Landbou Radio- Suid Afrika - Daaglikse Nuus programme inligting

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Luister Landbouradio weeksdae op jou gemeenskapsradiostasie vir die jongste nuus en tegniese inligting oor Landbou. 

21/11/2024

Daar is sekere vereistes waaraan produsente moet voldoen wanneer hul hul produkte aan supermarkte lewer.  Deel daarvan is om te bewys dat hul voldoen aan arbeidspraktykvereistes, of etiese praktyke, sowel as omgewingspraktyke en voedselveiligheidsvereistes.

Germarie Tesselaar, Nakomingsbeampte by SIZA, gesels oor hierdie vereistes en verduidelik ook hoe die digitale rekordhoudingsprogram werk.  Hierdie program stel produsente in staat om hul volhoubaarheids-initiatiewe effektief te monitor.

Edwin Weyers, Besigheidsontwikkelingsbestuurder by SEW EURODRIVE, praat oor  hul ratoplossings vir spilpuntbesproeiingstelsels en watter voordele dit inhou vir die landbou sektor. Hul poog om n besigheidsvennoot te wees van die produsent en help met montering, herstel en diens van toerusting.

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, verskaf inligting oor Bloednier wat een van die belangrikste siektes is in skape. Hy sê dat die organisme, wat verantwoordelik is vir hierdie siekte, op elke plaas voorkom. Die toksiene wat die organisme afskei word deur die bloedvate opgeneem en versprei na die belangrike organe en vernietig dan die selle van die organe. Inenting teen hierdie siekte is kernbelangrik.

Willem van Jaarsveld van Acord Room en Theunis Scheepers van Just Mediation, sit hul gesprek voort wat handel oor mediasie. In hierdie program verduidelik hul wat in die ‘mediasie-kamer’ gebeur en watter reels daar geld.

 LUISTER HIER 

19/11/2024

Die genetiese vooruitgang wat bereik kan word deur gebruik te maak van die regte keuse bulle is enorm. En nie net enige bulle nie, maar bulle met bewese stamboek inligting, bulle wat getoets is en aangekoop word van betroubare en erkende telers.

Bennie Herbst van Herben Shorthorn Stoet boer naby Bloemfontein. Hy gesels oor die geskiedenis van die Shorthorn beesras, hul waarde in kruisteelstelsels en vertel dat die Shorthorn beesras die bousteen is van n hele klomp beesrasse in Suid-Afrika. Hy beantwoord ook die vraag of n plato bereik kan word met genetika in vleisbeeskuddes of nie.

Dr Bobby van der Westhuizen, Hoofbestuurder by SA Stamboek en n bekende in landboukringe, praat oor die waarde van vroulike diere.  Dit is so dat bykans 95% van jou kudde vroulike diere is en hul bepaal die effektiwiteit van n kudde. Hy bespreek n paar eienskappe van n effektiewe koei wat bydra tot die winsgewendheid van die boerdery. Kyk na teelwaardes en wanneer vroulike diere aangekoop word, kies die beste genetika asook koeie wat aangepas is vir jou omstandighede.

John-Leslie de Lange van die Mistly Dexter Stoet is n jongboer met baie groot drome vir hul boerdery.  Hy het al vele van hierdie drome in realiteit omskep nadat hul in 2018 met die Dexterbeesras begin boer het. Hy het kers opgesteek by bekendes, heelwat ‘navorsing’ gedoen en sê dat die leerproses nog lank nie verby is nie. Hy gesels oor bloedlyne en genetika.

18/11/2024

Daar is groot voordele in die kweek van jou eie groente. Of jy nou in die stad bly of nie, op n klein stukkie grond kan jy wondere verrig. Met nuwe tegnologie wat ontwikkel is deur Fresh Life Produce kan jy jou groente kweek in n hidroponiese stelsel wat kompak is. Hierdie stelsel is n vertikale stelsel wat maklik en effektief werk en word die African Grower hidroponiese stelsel genoem.

𝗟𝗼𝘂𝗶𝘀-𝗚𝗶𝗹𝗹𝗶𝘀 𝗝𝗮𝗻𝘀𝗲 𝘃𝗮𝗻 𝗥𝗲𝗻𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴 𝗶𝘀 𝗱𝗶𝗲 𝗦𝘁𝗶𝗴𝘁𝗲𝗿 𝗲𝗻 𝗛𝗼𝗼𝗳𝘂𝗶𝘁𝘃𝗼𝗲𝗿𝗲𝗻𝗱𝗲 𝗯𝗲𝗮𝗺𝗽𝘁𝗲 𝘃𝗮𝗻 𝗙𝗿𝗲𝘀𝗵 𝗟𝗶𝗳𝗲 𝗣𝗿𝗼𝗱𝘂𝗰𝗲. Hy verduidelik hoe die stelsel werk. Hy verskaf ook inligting oor ‘dakplase’ wat hul bo-op die Kenilworth Sentrum se dak ontwikkel het en bestuur. Hul bied ook landswyd opleiding aan jong entrepreneurs en gemeenskappe in landelike gebiede. Met die samewerking van die Mr Price Foundation is daar reeds 39 kweekhuise opgerig wat aan meer as 1500 African Growers in landelike gebiede bemagtig om hul eie groente te kweek.

𝗞𝗲𝗻𝗻𝘆 𝗕𝗲𝗲𝘁𝗼𝗻, 𝗦𝘁𝗿𝗲𝗲𝗸𝘀𝗺𝗮𝗿𝗸𝗶𝗻𝗴𝘀𝘃𝗲𝗿𝘁𝗲𝗲𝗻𝘄𝗼𝗼𝗿𝗱𝗶𝗴𝗲𝗿 𝘃𝗮𝗻 𝗡𝘂𝘁𝗿𝗶𝗰𝗼 𝗦𝗔, praat oor die rol en funksie van Aminosure op landbou gewasse. Hy vertel dat daar meer as 20 verskillende groepe Aminosure is en watter rol elkeen speel.

𝗚𝘂𝘀𝘁𝗮𝘃 𝗩𝗲𝗻𝘁𝗲𝗿, 𝗘𝗻𝘁𝗼𝗺𝗼𝗹𝗼𝗼𝗴 𝗯𝘆 𝗦𝘆𝗻𝗴𝗲𝗻𝘁𝗮 𝗦𝗔, praat weer oor Snywurms. Hy verduidelik dat voorkoming altyd beter is en dat onkruidbeheer ongeveer 40 dae voor plant moet plaasvind. Dit ontneem motte van hul voedselbron en plekke om eiers te lê. Meganiese bewerking kan papies en larwes in die grond beskadig. Kalibreer jou toerusting en monitor jou lande.

𝗝𝗼𝗻𝘁𝘆 𝗦𝗮𝗰𝗸𝘀 𝗶𝘀 𝗻 𝘃𝗲𝗻𝗻𝗼𝗼𝘁 𝘃𝗮𝗻 𝗝𝗮𝗹𝘁𝗲𝗰𝗵, n maatskappy wat sonkrag energie-oplossings bied aan landbouers. Hul het n hele paar oplossings teen die stygende Eskompryse.

LUISTER HIER 

15/11/2024

Niemand kan die toekoms met al sy risikos en onsekerhede akkuraat voorspel nie maar n produksiebegroting wat opgestel word voor die aanplant van gewasse raak al hoe meer noodsaaklik en moet nie ligtelik beskou word nie.

Christiaan Vercueil, Landbou Ekonoom by Graan SA, is onlangs aangewys as een van die wenners in die Hollard Insure, Farmingportal en Agri News Net se kompetisie vir Jong Landbouskrywers.  In sy artikel skryf hy oor insetkostes, winsgewendheid en die voorbereiding vir die nuwe seisoen. n Produksiebegroting moet op vooruitskattings, historiese gegewens, aannames en ondervinding gebasseer word en daar moet onthou word dat produksiekoste radikaal van buurman tot buurman verskil weens elke graanprodusent se eie unieke sisteem.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting oor die tendense in die landbou plaaslik sowel as internasionaal. Hy gesels oor die Amerikaanse verkiesing en moontlike ekonomiese veranderinge en sê dat nog n rentekoersverlaging in SA moontlik is binnekort.

Paul Makube, Senior Landbou Ekonoom by FNB, praat oor graanpryse en die uitdagings in die industrie en Jasper Raats, Senior Joernalis by Landbou Weekblad, gesels oor hul uitgawe wat tans te koop aangebied word.

Willem van Jaarsveld laat val die fokus in hierdie program op die ‘aflosstokkie’ , die ontvang daarvan, die dra daarvan en die suksesvolle oorgee.  Gee jou beste in jou wedloop en as jy die stokkie aangegee het moet jy nie terugkyk nie. Hardloop die wedloop voluit met die Here as jou spanmaat. Dit kan jou fokus skuif na iets positief en waardevol.

14/11/2024

Ons land se koringprodusente is tans onder geweldige druk om koring te produseer. Winsgewendheid en produksie word bedreig deur goedkoper invoere. n Invoertarief is onlangs in plek gestel om plaaslike produksie te beskerm

Heleen Viljoen is aangewys as die wenner in die tegniese artikel afdeling tydens die Jonglandbouskrywerskompetisie wat aangebied is deur Hollard Insure, Farmingportal en Agri News Net. Haar artikel handel oor die onderwerp van koringinvoere, tariewe en die waardeketting van plaas tot verbruiker. In n analise wat gedoen is, is bevind dat die produsent se bydrae slegs 20% uit maak van bv n brood en die res word verdeel in die waardeketting.

Johan Gunter gesels met Chenelda van Wyk oor testament en boedelbelasting. Eienaarskap van landbougrond word gereguleer deur die Wet op Onderverdeling van landbougrond. n Plaas kan net een eienaar hê. Chenelda verduidelik die opsies wat daar is bv om n trust te stig of die plaas in n maatskappy te sit.

Hannes Latsky, Opleiding en Nakomingbestuurder by die LWO Werkgewersorganisasie praat oor arbeidsinspeksies en sê dat elke arbeidsinspekteur n getekende sertifikaat moet verskaf en moet te alle tye n amptelike identifikasie dra. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal hierdie voorskrifte.

Willem van Jaarsveld van Acordroom en Theunis Scheepers van Just Mediation gesels verder oor die mediasie proses wat n bemagtigende omgewing is waar unieke uitkomste verkry word.

LUISTER HIER 

13/11/2024

Daar word gesê dat voeding plus/minus 70% van produksiekostes uitmaak in die veebedryf en dat vele produksie probleme deur goeie voeding opgelos kan word.  As jy die dinge daar regdoen dan verhoog jy die effektiwiteit van jou kudde.

De Wet van Wyk is die Voorsitter van die Bosveld Dorper Klub.  Hy praat oor remediërende voeding en die belang daarvan dat jy jou voeding stadiums ten opsigte van produksie siklusse moet identifiseer.  Die verskillende stadiums is onderhoud, dragtige voedingstadium, laktasie en jong groeiende diere. Hy praat ook oor voeding vir diere in n voerkraal en voeding vir diere waarmee geskou word.  Die Bosveld Dorper Klub hou hul veiling hierdie week en hy verskaf ook inligting oor n inligtingsdag wat die veiling voorafgaan.

Dr Leon Kruger, ook bekend as die Skaapherder, praat oor Haarwurm en spesifiek oor die behandeling wat gevolg word nadat die oorsaak vasgestel is.  Haarwurms is bloedsuiers en veroorsaak bloedarmoede. Behandel die dier met n effektiewe middel en Yster, Kobalt, Vitamien B12 en Vitamien B9 is belangrik om te help om nuwe bloedselle in die dier te vorm.

Johan Binedell is Navorsingtegnikus by die LNR Diereproduksiekampus op Cedara. Hy lewer kommentaar op die stelling dat genetiese vordering n kombinasie is van hoe meerderwaardig n dier ten opsigte van ekonomies belangrike eienskappe is, hoe oorerflik hierdie eienskappe is en die genetiese variasie wat in die kudde bestaan.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

LUISTER HIER

12/11/2024

Die laaste twee maande voor kalwing is seker een van die belangrikste periodes in die produksie siklus om sukses te verseker. Nie net het dit n invloed op die suksesvolle geboorte van die kalf nie, maar het ook n invloed op wat met die kalf en koei gebeur na die geboorteproses. Dit beïnvloed beesvleisproduksie en die winsgewendheid van die produsent.

Jaco Liebenberg, Senior Afdelingsbestuurder van die Beefmaster Groep verduidelik watter bestuursaspekte van belang is in die laaste maande voor kalwing. Voeding is een van die aspekte wat Jaco bespreek. Liggaamskondisie is uiters belangrik, so ook die ontwikkeling van die ongebore kalf.  Melkproduksie en kolostrum word ook geaffekteer as daar nie genoeg aandag geskenk word aan die koei in die maande voor kalwing nie.

Johan Strydom van Strydberg Livestock and Game naby Upington, gesels oor hul Shorthorn stoet en waarom hierdie beesras na aan sy hart lê. Hy bedryf ook n kommersiële vleisbeesproduksie afdeling. Die kruisteelvermoë van die Shorthorn het n positiewe invloed op hierdie gedeelte van hul boerdery. Johan boer ook met wild en hy verduidelik hoe die wildboerdery en beesboerdery inmekaar pas.

Gert Davis van Davis Dexterstoet naby Delmas boer op n kleinerige stukkie grond. Maar hy gebruik elke meter van daardie grond vir sy beesboerdery. Hy maak gebruik van kampstelsels en pas die ‘meet om te weet’ beginsel nougeset toe. Gert verduidelik wat hy bedoel met n ideale koei en bule n dan praat hy oor die waarde van skoue. Gert se diere het al met n hele paar toekennings ‘weggestap’.

LUISTER HIER 



06/11/2024

As n kleinseun saam met sy oupa daagliks ‘gaan beeste kyk’ dan moet jy weet dat hierdie knapie vir seker ‘notas’ maak wat eendag baie handig te pas gaan kom. Meer nog as daardie selfde knapie se pa ook oupa se voorbeeld gevolg het, dan kan jy maar weet dat hierdie jong seun se DNA vir beesboerdery sterk deur sy are vloei.

Handre Nel van die Jan Shorthorn stoet boer saam met sy pa net buite Bothaville.  Hierdie matriekseun het sy eie stoet. Hy vertel hoe hy saam met sy oupa en pa daagliks gaan kyk dat alles vlot verloop in hul kudde. Oupa sal byvoorbeeld vir die veewagter vra: “Waar is die bruin koei met die bles, of waar is daardie bees wat gister mank geloop het.” Oupa het elke bees geken, So ken Handre se pa ook hul beeste. Hierdie jongman het groot drome, hy gaan hulle vir seker waar maak. Vir ander jongmanne sê hy dat boerdery harde werk is en dat daar nie so iets soos vakansiedae nie. Beeste hou nie vakansie nie.

Peter Payne van Petrun Dexters boer in die Nelspruit omgewing. Hy vertel ons meer oor sy boerdery met Makadamia neute en bye en waar die Deter beeste in hierdie boerdery inpas. Peter verduidelik ook hoe hy klimaatslim boer en wat die voordele daaraan verbonde is.

Jacqueline Odenaal, Tegniese Bestuurder by die Suiwel Standaard Agentskap, gesels oor hul webinar reeks. Sy verduidelik watter waardevolle inligting deurgegee word aan rolspelers in die hele waardeketting.  Dr Heinz Meissner, Navorsing en Ontwikkelingsprogram Bestuurder by Melk SA is van mening dat Metaanvrystelling deur fermentasie in die rumen van herkouers nie so n groot probleem is as wat wêreldwyd geglo word nie. Hy verduidelik hoekom hy so sê.

LUISTER HIER 

04/11/2024

Volgens Rosa Kruger, stigter en bewaarder van ons land se ou wingerde, “is ou wingerde n wonderlike bron van kennis vir die wetenskaplike navorsing van ons begrip van plante en verouderingsproses van wingerde, veral met die uitdagings van klimaatsverandering.” Sy het ou wingerde in 2002 begin dokumenteer en die Ou Wingerd Projek het in 2016 begin.

Francois Rautenbach, Hoof van Agile Minds Fine Wine, stem saam met Rosa en sê dat hierdie wingerde elk n storie vertel. Hul produseer wyne wat uniek is. Ou wingerde dra minder druiwe as jonger wingerde en daarom is dit belangrik om byvoorbeeld kennis te dra van die snoeiproses wat opbrengs kan beïnvloed.

Hagen Viljoen, Keldermeester en Wynmaker by Zevenwacht Wynlandgoed, gesels oor die belang van bewaring en hul deelname aan die Biodiversiteit en Wyn Inisiatief. Hagen se wynmaakfilosofie is dat goeie wyn alles in die wingerd begin. Hul was een van die wenners in die Top 10 Sauvignon Blanc kompetisie wat onlangs plaasgevind het en hul Zevenwacht Z Collection Sauvignon Blanc 2023 (gehout) is bekroon onder die bestes van die bestes.

Anton Rabe, Uitvoerende Direkteur van Hortgro, gesels oor die faktore wat groei in die bedryf bring. Nuwe markte is besig om oop te gaan, nuwe boorde word aangeplant, daar word gebruik gemaak van beter plantmateriaal en ten spyte van logistieke uitdagings lyk die vooruitsigte vir die vrugtebedryf uitstekend.

Dr Carien Coetzee, Direkteur van Basic Wine, was een van die beoordelaars tydens hierdie jaar se Top 10 Sauvignon Blanc kompetisie. Gehoute style het besonder goed gevaar en die kwaliteit en kompleksiteit van die wyne was goed.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv soundCloud.

LUISTER HIER 

01/11/2024

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwane, het op 30 Oktober die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) ter tafel gelê. Die staatskuld het gegroei van R627 miljard in 2008/09 tot R5,26 biljoen in 2023/24.  So, SA leef bo sy vermoë en spandeer belastinggeld sonder noemenswaardige resultate.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, lewer kommentaar tov die MTBR. Hy praat ook oor die negende Oesskatingsyfers wat bekend gemaak is en sonneblompryse wat tans uitstekend goed vaar.  Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA vra vrae oor hoe die planne wat in die MTBR aangekondig is werklik gaan bydra tot die behoeftes van landbou en die ekonomie.

Johan Gunter gesels met Chanelda van Wyk, Prokureur en Regsadviseur van Opulentia Finansiële Dienste oor boedelbelasting, wanneer dit betaalbaar is en die aftrekkings wat gemaak word.

Lori Gay, Franchisee van Business Accounting Network, praat verder oor BTW en verduidelik hoe nulkoerslewerings gehef word. Nulkoersvoorraad sluit sekere voedselsoorte in soos mieliemeel en brood.

Fredalette Uys, Web- en Sosiale Media Redakteur by Landbou Weekblad, verskaf inligting oor hul uitgawe wat tans te koop aangebied word en Willem van Jaarsveld laat val die fokus, in hierdie program, op ‘wat hoor jy’.  As daar met mekaar gepraat word, luister jy halfpad, hoor jy net wat jy wil hoor of luister ons regtig  na mekaar.

LUISTER HIER 

31/10/2024

Daar is agt Ietermago spesies in die wêreld, vier in Afrika en vier in Asië.  Die Kaapse Ietermago (Manis temminckii) kom voor in Suid-Afrika. Hierdie soogdiere is verklaar as bedreig as gevolg van habitat vernietiging en stroping. Daar word vertel dat n Ietermago jaarliks meer as 70 000 000 miere en termiete eet.

Machel van Niekerk van die Kalahari Wildlife Projek vertel ons wat die projek behels. Die Ietermago is een van die soogdierspesies wat hier gerehabiliteer word en dan weer in die natuur vrygelaat word. Sy verduidelik hoe monitering gedoen word. Hierdie diere is goed toegerus vir selfverdediging en rol gewoonlik op in n bal wanneer hul bedreig word, maar hierin lê die gevaar.... stropers kan hul dan maklik optel. 

Gideon Hefer van StartWell Foundation praat met ons oor ‘groei gestremde kinders’ as gevolg van wanvoeding in ons land. Hierdie wanvoeding beïnvloed die kognitiewe en fisiese ontwikkeling van n kind. Hy noem dat meer as 1,8 miljoen kinders in Suid-Afrika aan groei gestremdheid (stunting) lei.  StartWell Foundation verskaf daagliks hul voedsame pap aan meer as 12 000 kinders in 9 provinsies. Hy verduidelik hoe ons betrokke kan raak om hierdie ‘stille honger’ hok te slaan.

Willem van Jaarsveld van Acord Room en Theunis Scheepers van Just Mediation sit hul gesprek voort oor mediasie. In hierdie program bespreek hul die beginsels van mediasie.

LUISTER HIER 

30/10/2024

Om die ideale immuniserings- en doseringsprogram vir jou kleinvee saam te stel is dit belangrik dat jy dit in samewerking met jou plaaslike veearts doen. Faktore wat in ag geneem moet word by die opstel van hierdie program is byvoorbeeld die kuddesamestelling, klimaat, weiding, boerderypraktyke en wat die heersende siektes in jou omgewing is.

Dr Leon Kruger, ook bekend as die Skaapherder, praat oor inenting en entstowwe wat op die regte tyd toegedien moet word. Slenkdalkoors, Bloutong en Bloednier is siektes wat nie oor die hoof gesien moet word nie. Volg jou gesondheidsprogram en moet nie net ent omdat jou oupa so gesê het nie. Jy moet reg inent, gee n skraagdosis, handhaaf die koueketting en kalibreer jou spuite.

Wouter Theron, Eienaar van die La Vie SA Vleismerino Stoet, verduidelik dat jy n holistiese benadering moet volg in jou boerdery. Hy praat oor hul intensiewe boerdery, lamhokkies en tegnologie wat ingespan word. Sorg dat jou rekords honderd present akkuraat en op datum is.

CJ Badenhorst van die Op Vakansie boerdery gesels oor hul boerdery en die waarde van Anatoliese Herdershonde. Wanneer jy n hond kies as veewagter is daar drie faktore wat die werkvermoë van n hond beïnvloed.  Dit is gesondheid, opleiding en goeie genetika. Wees geduldig, wees konstant in die opleiding en hou by die reels.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste prysbewegings op die graanmark.

LUISTER HIER 

29/10/2024

Elke bul wat as n teelbul gebruik gaan word, gaan die prestasie van n kudde verander. Maar nie alle veranderinge is verbetering nie. n Struktureel korrekte, funksioneel geskikte, prestasiegetoetsde bul is die soort bul wat sal verseker dat die verandering n verbetering sal wees.

Erick Joosten, Tegniese Adviseur by SA Stamboek, verduidelik dat wanneer jy selekteer vir n teelbul, dat die bul volledige en akkurate data moet hê. Volledige reproduksie rekords is van belang. Die nuwe bul moet tekortkominge verbeter en moet huidige produksievlakke binne die kudde behou.

Nean van Zyl van Kalfieskraal Dexters, gesels oor die unieke eienskappe van die Dexter beesras en bespreek ook die vleis en melkkwaliteite van die diere. Dan praat hy ook oor die Bulldog geen wat n verdwergingsgeen is wat die groei van die dier inhibeer. In 2023 het die Beestelersgenootskap se raad besluit dat hulle nie meer gebruik maak van bulle wat die mutasie dra nie. DNA toetse word gedoen om vas te stel of die dier die geen dra.

Suretha Francis, Spanbestuurder en Spesialis Adviseur Suiwel by SA Stamboek waarom die aantekening van data belangrik is in voedingsbestuur in jou melkkudde. Voeding beïnvloed elke aspek in melkprodusie asook koei-gesondheid en welstand. Indien data nie versamel en gemonitor word nie, kan dit telers duur te staan kom

Frans Jordaan, Navorser by die LNR Diereproduksiekampus op Irene, verskaf inligting oor hul jaarlikse Nasionale Prestasietoekennings wat binnekort plaasvind.

LUISTER HIER 

28/10/2024

Sauvignon Blanc SA het onlangs hul Top 10 wenners aangekondig by De Meye-wynlandgoed in Stellenbosch. Uit die 160 wyne wat deur 91 produsente ingeskryf is, het die 2023 oesjaar uitgestaan met sewe wenners in die Top 10. Ses van vanjaar se wenwyne is gehout, n styl wat oor die 18 jaar van hierdie jaarlikse kompetisie toenemend sy merk begin maak het.

Wilhelm Pienaar is die keldermeester en wynmaker by Hermanuspietersfontein. Hul is aangewys as een van die wenners in die Sauvignon Blanc 2024 kompetisie. Die wen-wyn se naam is ‘kat met die houtbeen’  Hy verduidelik waar al die name van die verskillende wyne vandaan kom soos byvoorbeeld, kleinboet, bloos, kaalvoetmeisie en swartskaap. Hy sê ‘tong in die kies’ dat elke familie n swartskaap het en ons moet nie die skoonma vergeet nie.  

Riaan Kotze, Gewasadviseur by InteliGro, verduidelik wat die werk van n gewasadviseur behels. Riaan bedien die Onderberg area aan die oostelike kant van die Laeveld. Hy vertel ons van die suksesse wat behaal word met biologiese oplossings tov Blaarmyner en Swartvlek.  Hy vertel ons ook meer van hul interne opleiding wat gereeld ontvan word sodat hul op die voorpunt van tegnologie en nuwe inligting kan bly om sodoende aan die produsent die beste diens te lewer.

Mahalia Kotjane van Three Quarter Wine is n jong entrepreneur wat haar passie uitleef as wynmaker. Three Wuarter Wine is haar eie besigheid. Sy vertel hoe sy as hoërskooldogter n opdrag moes doen wat gehandel het oor mikro-organismes en sy het druiwe laat gis in haar hangkas. Toe sy na 3 dae die kas oopmaak en die resultate sien, toe het ‘landbou haar gekies’. Mahalia was een van die beoordelaars tydens die Top 10 kompetisie.

Ben Leyka is die Hoof Uitvoerende Beampte van African Agri Council. Hul promoveer volhoubare landbou in die hele waardeketting deur Afrika en fasiliteer beleggings, is n netwerk van beleidmakers en agri-besighede om voedselsekuriteit te bevorder.

LUISTER HIER 

24/10/2024

n Gesonde kudde is die kern waaruit gesonde kalwers gebore word.  As jy jou kalwers aan die voerkraal wil lewer, dan is dit belangrik dat die fokus nie op n sekere beesras wees nie maar wel om die genetika te verbeter binne die ras waarmee die produsent boer. Voorbereiding van die speenkalf is belangrik voordat die kalf opgeneem word in die voerkraal.

Jaco Liebenberg, Senior Afdelingsbestuurder by die Beefmastergroep, gesels oor speenkalwers, hul aanpassing en groei in n voerkraal en beklemtoon dat goeie afronding belangrik is.  Dit verminder stres en dis noodsaaklik dat die kalwers by n voerbak kan vreet na afronding. Handhaaf goeie biosekuriteit, weet waar jy jou bulle en koeie aankoop en hou goeie rekords van elke dier. Kuddeverbetering gebeur ‘een dier op n slag’.

Johan Gunter gesels met Ilze van der Vyfer van Opulentia Finansiële Dienste oor Brandversekering. Maak seker dat n verspreiding-van-brand-opsie ingesluit is in jou aanspreeklikheidsdekking. Sy verduidelik ook hoe om dekking te verkry vir jou heinings om jou plaas.  Dit moet genoteer word in die ooreenkoms.

Kobus Stoop, Besturende Direkteur van ReStore, gesels oor die maak van bio-koolstof en watter voordele dit inhou vir die produsent.

Willem van Jaarsveld van Acord Room en Theunis Scheepers van Just Mediation, verduidelik verder die proses van mediasie.  Voordat die mediasie proses begin is daar n pre-mediasie sessie waarin albei partye teenwoordig moet wees. n Grondbeginsel van mediasie is dat onafhanklikheid behoue bly en beskerm moet word.

Luister Hier

22/10/2024

Die eerste Shorthorn bees is na Suid-Afrika ingevoer in die jaar 1861.  Hierdie beesras kom oorspronklik uit die Noord-Ooste van Engeland. Vrugbaarheid, kalwingsgemak, vleiskwaliteite, temperament en voeromset is van die eienskappe wat hierdie beesras laat uitstaan, nie net vir stoetteling nie maar ook vir die kommersiële produsent wat van kruisteling gebruik wil maak.

Niel Dry van die Niemen Shorthorn Stoet is ook die Vise-President van die Shorthorn Beestelersgenootskap. Niel bespreek die eienskappe wat hierdie beesras spesiaal maak en gee ook sy mening oor dubbelbespiering. Die genootskap laat geen genetika toe om in die land te kom wat die Miostatin geen dra nie. Alle bulle word getoets om seker te maak dat die bulle skoon is hiervan.

Francois van der Merwe van Mula-Vé Dexters boer in die Giyani omgewing. Hy vertel ons die storie van hoe hy en sy vrou vroeer die jaar n veiling bygewoon het van die Overvaal Dexter Klub en hoe hul daar besluit het om met hierdie beesras te begin boer. Met goeie raad van mede Dexterboere en deeglike navorsing is die Mula-Vé Dexter stoet oppad na groot hoogtes.  Hy verduidelik ook hoe die hele familie betrokke is by die boerdery, tot die jongklomp maak planne om te skou met hul beeste.

Maretha Vermaak, Dieetkundige van die Verbruikersopvoeding projek van Melk SA, verskaf inligting oor die verskillende tipe melk byvoorbeeld varsmelk en langlewe melk.  Sy gesels ook oor die voedingswaarde van gepasteuriseerde melk en hoe dit van roumelk se voedingswaarde verskil, indien enige.

LUISTER HIER 

21/10/2024

Danksy die Ou Winterd Projek en SAWIS (SA Wine Industry Information and Systems NPS) word wingerde wat ouer as 35 jaar oud is gesertifiseer.  Dit dra daartoe by dat die geskiedenis en rekords van elke wingerd en sy plantmateriaal bewaar word.

 

Jacques Steyn, Besturende Direkteur by Jordan Wines, vertel ons meer oor hul ‘Timepiece” reeks wat Jordan se erfenis saamvat. Hy sê dat n ou wingerd natuurlik in balans is, het al die pad geloop en weet hoe om die energie van die plant optimaal te benut. Jacques verduidelik ook hoekom dit belangrik is om ou wingerde te bewaar en nie net uit te haal om nuwes aan te plant nie. Daar is altyd twee kante aan n saak, want nuwe wingerde is nodig vir die toekoms en ou wingerde dra by tot die kultuur en erfenis van ons wyn industrie.

Christoff Mulder, Gewasadviseur by InteliGro, en Henrick Roets van Roets Boerdery, gesels oor die samewerking tussen die produsent en sy gewasadviseur. Henrick boer tussen Bronkhorstspruit en Delmas met groente, rygewasse en vee. Hy verduidelik hoekom biologiese middels en praktyke vir hul boerdery werk want aan die einde van die dag is die groente gesonder vir die verbruiker en dit help om n gesonder plant “neer te sit” in die grond. Christoff sê dat opbrengs bepaal word deur alle aspekte korrek te bestuur en nie net op plantvoeding of gewasbeskerming te fokus nie.

Richardt Venter van AgSci Unlimited verskaf inligting oor die korrekte manier van monsterneming as dit kom by kuilvoer. Daar is verskillende metodes. Sorg dat jy die gate wat gemaak word vir die monsterneming  dig toegemaak word na die toets wat gedoen word.

LUISTER HIER 

18/10/2024

In 2023/24 het AFMA 57,89% van die nasionale beevoerproduksie bygedra en hul bly n sleutelrolspeler in die sektor, wat baie bydra tot voedselsekerheid. Hul aktiwiteite fokus rondom vier strategiese pilare naamlik bekostigbare veevoer voorsiening, innoverende dierevoeding vir volhoubare diereproduksie, veilige veevoer vir veilige voedsel en opleiding en vaardigheidsontwikkeling.

Bonita Cilliers, Tegniese en Regulatoriese Adviseur by AFMA praat oor die rol wat die vereniging speel in die veevoerbedryf asook hul 27e AFMA Symposium wat binnekort plaasvind. Sy verskaf ook inligting oor hul AFMA Studente Navorsing EXPO en student toekennings.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, gesels oor die tendense in die landbou plaaslik sowel as internasionaal. Wanneer dit kom by beleidstoepassing in sekere sektore van ons ekonomie, dan soos hy sê “word die liniaal nie oral op dieselfde plek neergesit nie”. Bly ingelig en doen jou beplanning vir jou boerdery deeglik.

Lori Gay, Franchisee van Business Accounting Network ook bekend as BAN, praat oor BTW en wanneer jy vir onthaalkostes mag eis of nie. Wanneer jy vir jou personeel of kliënte middagete koop dan tel dit nie as onthaalkoste nie, jy kan nie die BTW daarop terug eis nie. 

Chris Burgess, Redakteur van Landbou Weekblad, praat oor hul uitgawe wat tans te koop aangebied word en Willem van Jaarsveld laat val die fokus op ‘blindekolle’. Wat is die blindekolle in jou besigheid of in jou eie lewe?

LUISTER HIER 

15/10/2024

“Beta-kaseïen verteenwoordig 25-30% van die koei se totale melkproteïen. Verskeie geenvariante is betrokke by die produksie van melkproteïene, byvoorbeeld A1, A2, B ens.  Mense wat allergies is vir melk se melkonverdraagsaamheid word veroorsaak deur die A1-beta-kaseïen protein in melk.  A2 tipe melk is uiters gesond en makliker verteerbaar.” (Dr Bernice Mostert – SA Stamboek)

Moira Hampson van die Tori Raine Dexters, praat oor die melkkwaliteit van die Dexterbeesras.  Hierdie beesras is een van die melkbeesrasse wat die A2-geen dra. Nie net is hul melkkwaliteit uitstekend nie, maar hul vleiseienskappe maak van hulle n beesras wat soos Moira sê, “op elke plaas moet wees”

Jompie Burger is die Besturende Direkteur van die Suiwel Standaard Agentskap.  Hy bring vir ons goeie nuus, en dit is dat hul laboratoriumdienste ook nou begin het om te toets vir Brucellose wat n hoogs oordraagbare siekte is.  Daar is vele uitdagings in boerdery en daar moet maatreëls in plek wees.

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, praat oor Afrika en Asiatiese Rooiwater.  Asiatiese Rooiwater is n moeilike siekte om te beheer en dit is raadsaam om jou veearts te kontak om seker te maak watter organisme die siekte veroorsaak want die organismes verskil tussen die twee siektes.

Naude Pienaar is n lid van die Bosveld Santa Gertrudis Studiegroep.  Hy gesels oor die unieke toetse wat gedoen is, veldbultoetse en die gehardheid van die beesras.

LUISTER HIER

14/10/2024

Ons moet ons bloeisels beskerm teen byvoorbeeld swamme wat verwelk van bloeisels veroorsaak en as bloeisels verlore gaan dan raak dit jou produktiteit direk”. So sê Dr Ida Wilson, Plantwetenskaplike by Bio Revolution. Volg n holistiese benadering tov die bestuur van vrugte reg deur die seisoen.  Dr Ida verduidelik ook die verskil tussen genesende en voorkomende aanwending van swamdoders.

Dr Belinda Janse van Rensburg is n Plantpatoloog by die LNR. Sy verduidelik dat saad ons kultuur, tradisie en diversiteit verteenwoordig en dit gee ook vir ons lewe. Die manier hoe ons dit gebruik gaan die kwaliteit van ons lewens bepaal. Die gebruik van gesertifiseerde saad hou verskeie voordele in. Kiemkragtigheid word verseker, dit is geneties eenvormig wat aanplanting makliker maak en saadgedraagte siektes word tot die minimum beperk.

Lizette Nowers, verbonde aan die Direktoraat Plantwetenskappe by die Dept Landbou in die Wes-Kaap, bespreek die oplossings om Sclerotinia, n lang-asem-swam, te beheer.  Een so n oplossing is om grasse aan te plant as rotasie-gewas maar hou ingedagte dat breëblaar onkruide die swamme ‘aan die gang’ kan hou. Daarom is onkruidbeheer belangrik. Dan gesels ons ook met Phyllis Pienaar, Volhoubare Hulpbronbestuurder by die Wes-Kaapse Dept van Landbou oor hul betrokkenheid by die Saai Landboudag wat binnekort plaasvind.

Young Carr, Hoof van verkope by Simply, verduidelik wat die voordele is wat Simply Mahala inhou vir werknemers tov lewensdekking, ongeskiktheid en begrafnis dekking.

LUISTER HIER 

04/10/2024

Dis n feit...landbou is die stewigste pilaar in ons land se ekonomie. Dit is n integrale deel van ons land se mense, produsente en verbruikers. Daar is vele uitdagings en een van hulle is die bied van finansiële sekerheid en welstand van landbou se werksmag. In ons program van 4 Oktober gesels ons hieroor met Anthony Miller, Hoofuitvoerende Beampte van Simply. Hy praat oor die rol van buigsame groep lewensversekering in die landbou industrie.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting oor die tendense in landbou plaaslik sowel as internasionaal. Ons het al telkens hieroor gepraat maar ons sal aanhou om die woord te versprei. Dit is nie die produsent wat die rakprys van produkte bepaal nie. Byvoorbeeld, die melkprodusent kry om en by R7,00 per liter vir die melk en die winkel verkoop dit vir R30.00 en meer.  n Ander voorbeeld is die aartappelprys.... daar was n klagte dat n handelaar se prys meer as R200.00 per sakkie was. Die produsent en die verbruiker trek aan die kortste ent. Ons moet alarm maak oor die uitbuiting wat plaasvind.

Nelia Richter, Adjunk Redakteur by Landbou Weekblad, praat oor hul uitgawe wat tans te koop aangebied word en Willem van Jaarsveld laat val die fokus op rebellie. Hoe uiter jy jou frustrasie, ‘swem’ jy telkens stroom-op in plaas daarvan om n oplossing te vind vir moeilike situasies.

 LUISTER HIER

03/10/2024

Die behoud van plattelandse gemeenskappe is van kardinale belang, en dis hier waar landbou ook sý stempel afdruk.  In ons program van 3 Oktober gesels ons met Rudolf Botha, Skoolhoof van Laerskool Piet Plessis. Dit is n dorpie in die hart van die Molopo. Rudolf vertel hoe die kinders in die beginjare van die skool, dis nou bykans 77 jaar gelede, net donkies en perdekarre skool toe gery het. Die Onderwysdepartement van daardie jare het selfs subsidies vir skooldonkies gegee.  Hy praat oor die samewerking tussen die mense in die gemeenskap en landbou se groot bydrae om hierdie dorp en sy mense te laat voortbestaan.

Marvyn Hamann, Direkteur van GroDev, gesels verder oor die instandhouding van sonkragstelsels. Hy maan weereens dat dit nie raadsaam is om self jou sonpanele skoon te maak nie. Jy kan die panele asook die bedrading, ensovoorts beskadig. Roep die kundiges om jou te kom help.

Suzanne Oosthuizen, Besturende Direkteur van UnderCover Farming, verskaf inligting oor hul Kaapse Konferensie wat binnekort plaasvind. Nuwe tegnologie word bespreek en uitgestal.

Willem van Jaarsveld van Accord Room en Theunis Scheepers van Just Mediation praat oor mediasie en hoe die proses verloop. Mediasie is nie n kits oplossing nie en meeste van die tyd word die antwoord om die probleem op te los deur die partye self verskaf.

LUISTER HIER 

02/10/2024

As jy twee hektaar grond het en jy wil met skaap boer, dan maak jy goeie planne om volhoubaar en winsgewend te boer.  Dit is wat Harry Meyer van Harlin Ill de France stoet gedoen het. In ons program van 2 Oktober vertel hy ons meer oor sy intensiewe skaapstelsel en hoe hy gebruik maak van kampstelsels. Harry is ook die Voorsitter van die Oostelike Ill de France klub. Ten spyte van n yskoue naweek, het hulle steeds voortgegaan met hul veiling en goeie pryse is behaal.

Giepie Caldo van BKB ken sy storie met n skaap. Hy praat oor die belang van biosekuriteit rondom skaapbestuur, hoe jy n lam grootmaak en al die kritiese tye wat daarmee gepaard gaan en die goeie bestuur van n skaapboerdery. Op 25 en 26 September word die Saai Karoo Landbou dae gehou in Laingsburg. Giepie vertel dat daar tydens hierdie dae baie inligting gedeel word en die sterkmanne gaan getoets word deur hul deelname aan n wolbaaldra-kompetisie.

Jacobus Griesel van Middelplaas Meatmasters boer in die Moordenaarskaroo. Hy vertel ons meer oor die Dorrland-tipe Meatmasterskaap en die voordele om met hierdie skaapras te boer waarvan tropgebondenheid n uitstekende eienskap is. Hy verskaf ook inligting oor die Gannabos Meatmaster veiling wat gaan plaasvind.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, praat oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

LUISTER HIER

30/09/2024

“Suid-Afrika se sitrusbedryf is nbelangrike deel van die land se landbou en uitvoere. Sowat 70% van ons land se sitrus word uitgevoer terwyl 24% plaaslik verkoop en verwerk word.”  In ons program van 30 September gesels Louise Duminy, Groepshandelsmerkbestuurder by InteliGro met AJ vd Mescht en Ian Krikwood, albei Gewasadviseurs en Clint MacAlear die Eienaar en bestuurder van Freshco sitrus in die Oos-Kaap. Hul gesels oor die uitdagings in die bedryf asook die geleenthede wat gebruik kan word om groei te verseker oor die volgende paar jaar.

Dr Josef van Wyngaard, Nasionale Tegniese Bestuurder by Voermol, praat oor hoe die benutting van oeisreste die grondkwaliteit ten goede kan beïnvloed.Vee-lading riglyne op oesreste vir grootvee is 1,5 to 2 grootvee-eenhede per hektaar vir 100 dae en vir kleinvee is dit 8 tot 10 kleinvee-eenhede vir nie langer as 90 tot 110 weidae. Wees bedag op Suurpens.

Elriza Theron, Laboratorium Bestuurder by Lab World, gesels oor die kwaliteit van roumateriale wat jy gebruik in jou vee se voeding. Die formulering daarvan moet korrek wees. Hul analitiese laboratorium kan jou help met die regte formulering.

Dr Riaan Buitendach, Direkteur van Agraforum, verduidelik wat die korrekte toediening van blaarvoeding behels. Gebruik die regte adjuvant wat opname in die blaar verbeter, neem windspoed in ag voor bespuiting en gebruik die geskikte kunsmissout teen optimum konsentrasie om blaarbrand te voorkom.

LUISTER HIER 

27/09/2024

Tegnologie rondom kameras ontwikkel dag na da gen word deur al hoe meer werkgewers in die werksplek gebruik. Is dit toelaatbaar en word jou reg op privaatheid ingekort?  In ons program van 27 September gesels ons hieroor met Xander Levendal, Regsadviseur by die LWO Werkgewersorganisasie. Toestemming en noodsaaklikheid is twee hoof regverdigheidsgronde vir kameras in die werksplek. Die kantoorbeleid moet duidelik die regte en verpligtinge van die werknemer insluit.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, gesels oor die tendense in landbou plaaslik sowel as internasionaal.  Hy praat oor die ‘oorversigtigheid’ van die reserwebank en die rentekoersverlaging en geelmielies wat goedkoper vanaf Argentinië ingevoer kan word as wat dit vervoer word vanaf Gauteng na Kaapstad.

Lori Gay is Franchisee van Business Accounting Network ook bekend as BAN. Sy praat oor BTW fakture en inligting wat op n ‘geldige’ faktuur moet wees.  Jy mag nie n eis indien sonder n bewys nie.  Jy gaan agter die tralies beland. En, hoe gemaak met fakture wat minder as R50.00 is? Lori verskaf die antwoord.

Nelia Richter, Adjunk Redakteur van Landbou Weekblad verskaf inligting oor hul nuwe tydskrif wat nou te koop aangebied word en Willem van Jaarsveld laat val die fokus in hierdie program op ‘hoogtevrees’. Moenie dat jou omstandighede jou in die laagtes hou nie en moenie fokus op die hoogtes nie maar op die Een wat jou voete maak soos dié van n ribbok sodat jy veilig op hoë plekke loop.

LUISTER HIER 

25/09/2024

Daar is groot waarde daarin om ag te slaan op goeie raad wat ons ouer produsente aan ons jongboere gee, hul het al die pad gestap en vele lesse geleer. Daar is nie kortpaaie na sukses toe nie. In ons program van 25 September gesels ons met Riaan le Roux van die Kranskop Dorperstoet naby Williston.  Vir ons jongboere haal hy n Duitse spreekwoord aan (in Afrikaans vertaal)...Om met een oog op die verlede te leef is om blind in een oog te lee fen om met geen oë op die verlede te leef is om total blind te leef.  Dis soms goed om terug te kyk na wat goed, eerbaar en leersaam is en daarop Voort te bou na die toekoms. Riaan praat ook oor die Wes-Kaapse dorperklub en hoe hul seleksieproses verloop voor n veiling.

Roe du Plessis van Elandsnek Meatmasterstoet boer naby Strydenburg. Ons gesels oor hul ‘ouetehuis kamp” wat naby die woonhuis is.  Daar word die ou ooie versorg asook die ou ramme. Hierdie diere het nie verniet so oud geword nie en daar is nog baie uitstekende genetika wat gebruik kan word om die kudde te verbeter. Omdat Roe’hulle ekstensief boer maak dit sin dat hul ou ooie en ramme onder oog gehou word.

Grietha van Rensburg van die Amulet SA Vleismerinostoet boer naby Sannieshof. In die meer as 10 jaar wat sy stoet is daar al vele meerlinge gebore. Sy skryf dit toe aan die feit dat hierdie skaapras bekend is as n meerlingskaapras, goeie voeding en goeie genetika. Goeie bestuur speel ook hier n groot rol om sukses te verseker.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

LUISTER HIER 

23/09/2024

In vandag se uitdagende tye in landbou, is opgeleide gewasadviseurs nodig wat produsente met kundige advies bystaan om te verseker dat elke aksie en elke rand wat spandeer word, n opbrengs lewer op die produsent se belegging. Hul moet waarde toevoeg tot die produsent se besigheid. In ons program van 23 September gesels ons hieroor met Janet Lawless, Nasionale Bemarkingsbestuurder by InteliGro. Sy vertel ons meer oor hul ‘Certified Cropadvisor’ program asook hul ‘Intelekt for you’ program. Sy beantwoord ook die vraag oor hul siening tov kunsmatige inteligensie in boerdery.

Chris Barnard is n Agronoom by Fertigation Akademie. Op die vraag of een besproeiingstelsel beter as n ander is, antwoord Chris dat die persoon wat so n stelsel wil aanskaf, die regte keuse moet maak en sê dat jy seker moet maak vandie beperkings van die verskillende stelsels. n Produsent se voetspore is die beste bemesting vir n plant, so sorg dat jy daagliks weet wat in jou land aangaan.

Lucas Wentzel, Wynmaker van Groote Post, verduidelik wat die voordeel van die Atlantiese oseaan daar naby hul wynplaas vir hulle inhou. Die aande word afgekoel en dit is ideaal vir die rypwording van die vrugte.

Dr Jan Greyling, verbonde aan die US Agro Informatika Initiatief en Dosent by die Departement Landbou, gesels oor digitale gereedskap in die landbou en die impak daarvan op voedsel, landbou en natuurlike hulpbronne. Al die tegnologie ‘van die toekoms’ het een ding in gemeen en dit is dat dit data versamel. Data-geletterdheid gaan toenemend belangriker word.

LUISTER HIER - 

19/09/2024

“Suksesvolle kuddebestuur berus op goeie en akkurate rekordhouding.  Dit is n effektiewe bestuurs-instrument wat die daaglikse besluitneming op die plaas kan help vereenvoudig.”  Dit is die mening van Suretha Francis, Spanbestuurder en Spesialis Adviseur Suiwel by SA Stamboek.  In ons program van 19 September gesels ons oor die voordele van akkurate rekordhouding en hoe die data verwerk moet word na bruikbare inligting. Betrek jou voedingkunidge, veearts en veekundige om die inligting reg te interpreteer.

Dr Leon Kruger, ook bekend as die Skaapherder, verskaf nuttige inligting oor die prosedure wat gevolg word as n ooi na die lamproses n prolaps het. Hy gee praktiese wenke en sê dat hoe langer jy wag om die ooi te help, hoe swakker is die prognose. Leon verduidelik ook hoe jy ‘twaksaksteke’ insit en die dier daarna behandel.

Karel Munnik is die Besturende Direkteur by Lemken SA. Hy gesels oor hul grondbewerkingstoerusting en planters asook hul eenhede wat twee bewerkings op een slag kan doen. Die voordele van die gebruik van hierdie toerusting is onderandere ty den brandstofbesparing.

Willem van Jaarsveld van Accord Room en Theunis Scheepers van Just Mediation verduidelik wat die verskil is tussen n mediator en n fasiliteerder. Hul sê ook dat mediasie nie alleenlik gebruik kan word wanneer die skerwe reeds op die vloer lê nie, maar dat n gesprek gevoer kan word sodat die een die ander kan ‘verstaan’

LUISTER HIER 

14/09/2024

Om vinnige en objektiewe voorspellings te maak oor die karkas-samestelling van vleisbeeste, is ultrasoniese skandering n nuttige hulpmiddel. Dit kan die teler help met genetiese seleksie en teling in die kudde. In ons program van 17 September gesels ons hieroor met Siebert Vermeulen, Spanbestuurder en Tegniese Adviseur Vleisbeeste en Kleinvee by SA Stamboek.  Siebert gesels oor die vier karkas eienskappe wat gemeet word naamlik, riboogvet, kruisvet, oogspier-area en binnespiervet. Hy gesels ook oor die voordele van die gebruik van ultrasoniese skandering.

Kobus Bester van Vleisberg Simbas praat oor die impak van n geregistreerde bul in jou kudde. Hy vertel dat navorsing wat gedoen is in Amerika bevind het dat die nalatingskap en impak van drie bulle in n koeikudde so hoog as 87,5% is oor n tydperk van vyf jaar. Beplan dus versigtig en noukeurig as jy n bul wil aankoop. Die nuwe generasie moet beter wees as die vorige.

Christo Venter van Spree Dexters gesels oor die vleiskwaliteit van die Dexter beesras en die waarde wat die Dexter toevoeg in n kommersiële produksiestelsel.

Dr Danie Odendaal Direkteur van Veeartsnetwerk praat oor sinchronisasie en vaste-tyd KI as n bestuurshulpmiddel in jou kudde.  Voordat daar gesinchroniseer word, moet die diere eers behoorlik ondersoek en evalueer word. Bepaal die teelkondisie en doen jou huiswerk om seker te maak dat jy jou teeldoelwit bereik.

LUISTER HIER 

13/09/2024

Die verbruiker wonder baie keer hardop: “Wie bepaal die pryse van produkte, die pryse van die goedere word elke maand duurder?”  Wel.... die waarheid is dat dit NIE die produsent is wat die pryse vasstel nie.  Hier neffens die buitekant van die plaashek tot daar waar  die verbruiker die goedere aankoop, is daar n paar ‘winsnemers’ wat verbruikers se beursies elke maand laat kerm. As jy weer in n gesprek is wat handel oor winkelrakpryse en jy hoor iemand vra of die produsent hierdie prys bepaal het, sê dan hard en duidelik, “NEE” dis nie hulle nie.  In ons program van 13 September gesels ons hieroor met Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom.  Hy verduidelik ook dat die markte in die buiteland tans noustrop trek.

Christoff Pretorius, Regsadviseur by die LWO Werkgewersorganisasie, verduidelik hoe die proses verloop van grootskaalse afleggings. Die hele proses en regulasies word uiteengesit in Artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Arnold van Noord, Finansiële Beplanner by Litera Bluestar praat oor bedryfsprosedures en die verskillende fases waaruit daar gefunksioneer word om effektiewe werksprosesse te verseker in jou besigheid.

Liana Mocke, Senior Joernalis by die Landbou Weekblad verskaf inligting oor hul nuwe uitgawe wat nou te koop aangebied word en Willem van Jaarsveld laat val die FOKUS in hierdie program op ‘stortkoppe’  Het jy al onder n stort gestaan en die water wat uit die stortkop spuit veroorsaak dat jy letterlik n riel dans sodat die water oral op jou lyf kan val. Nou soms is dit ook so in die lewe, jy moet ‘daar wees waar die water val’, daar waar geleenthede is, daag op, wees daar.

LUISTER HIER 

12/09/2024

Herlewingslandboupraktyke word vir die afgelope paar jaar met sukses toegepas op Goedgedacht Trust net buite Riebeek-Kasteel. Daar word met olywe en hoop geboer.  In ons program van 12 September gesels ons hieroor met Deon Snyman, die Besturende Direkteur van die trust.  Hy vertel ons meer oor hul projekte en hul misie om aan kinders en jong volwassenes geleenthede te bied om gesonde, selfversekerde, goed opgeleide en vaardige lede van hul gemeenskappe te word. Goedgedacht bedryf ses Path Onto Prosperity sentrums wat hoop bring in die Swartlandse gemeenskappe.

Willem van Jaarsveld van Accord Room en Theunis Scheepers van Just Mediation gesels oor mediasie en hoe mediasie kan help om probleme op te los deur effektiewe kommunikeer. Baie keer is partye so besig om te dink aan verdediging van hul saak dat hul nie luister na wat die ander party sê nie. Mediasie is n proses en kan beskryf word as konstruktiewe dialoog.

Pierre Vlok van BKB is n bekende in landboukringe.  In hierdie program vertel hy ons meer oor sy betrokkenheid in die gemeenskap as leier van n uitreik wat al n hele paar jaar plaasvind. Die gemeentes van Napier, Riviersonderend en Pionierspark in Wildhoek het saam hande gevat en besoek gereeld die inwoners in Kaokoland in die Noorde van Namibië.  Pierre se storie is een van hoop.

LUISTER HIER

11/09/2024

“n Herkouer se maag bestaan uit vier dele naamlik die grootpens of rumen, die blaarpens of omasum, die ruitjiespens of retikulum en die melkpens. Die rumen is n ‘fermentasie tenk’ en is n baie sensitiewe orgaan.  Daar is verskeie faktore wat probleme in die rumen kan veroorsaak.”  In ons program vn 11 September gesels ons hieroor met Dr Leon Kruger, dosent verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy bespreek n paar probleme en siektes soos Skuimopblaas, Suurpens, Rumenstasie Vermeersiekte en Misbeksiekte. Leon verduidelik ook hoe hierdie siektes behandel moet word.

Flip Snyman van die Rooidag IDF stoet gesels oor die voordele van kruisteling en die vleiskwaliteit van die Ill de France skaapras. Flip verskaf ook inligting oor die Oostelike Ill de France Klubveiling wat binnekort plaasvind en sê dat daar puik diere te koop aangebied word.

Ernest Woest, Eienaar van die Gatsak IDF stoet, boer intensief met Ill de France skape net buite Cullinan op n klein stukkie grond. Hy verduidelik hoe sy voervloeiprogram werk en sê dat as dit enigsins moontlik is, dan moet veeprodusente n voerbank hê. Ernest gesels ook oor Bloutong en Bloednier inentings. Vir hom is hierdie inentings nie onderhandelbaar nie.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse en verduidelik hoekom slagpryse ens agt present laer is as in 2018.

LUISTER HIER

10/09/2024

“In enige boerdery loop wins en risiko hand aan hand. Boerdery is n besigheid en moet as sulks bestuur word.  Dit help nie jou boerdery planne is ‘in jou kop’ nie,  dit moet op swart en wit neergeskryf wees.”  In ons program van 10 September gesels ons met Gerrit van Zyl van die Hanzyl Bonsmara Stoet.  Hy praat oor risiko-bestuur en hoe groei gemeet en geëvalueer word in jou kudde. Daardie groei moet elke jaar gemeet word.

Johan Gunter van Agriculture.Golf gesels met PD Cilliers, Voorsitter van die Dieregesondheid Forum in die Vrystaat. PD praat oor hul vyf-punt-plan en die voorkoming en beheer van Bek-en-Klouseer.

Dr Josef van Wyngaardt, Tegniese Bestuurder by Voermol, verskaf inligting oor die voorkoming van melkkoors. Hy verduidelik wat die twee vlakke van melkkoors behels en die verskil tussen die twee. Dit is Kliniese en Sub-Kliniese melkkoors.

Charl van Rooyen, afgetrede Rasdirekteur by die Tuli Beestelersgenootskap, gesels oor die seleksie vir funksionele doeltreffende diere in jou kudde. Aan die jongboere sê Charl: “ Spandeer tyd tussen jou diere, praat met hulle, neem waar en kyk wat in jou kudde aangaan. Gaan sit op n klip tussen die diere, daar sal jy baie leer. Vra vrae en moenie jou ore uitleen vir negatiewe nuus en ‘geselsies’ nie.

LUISTER HIER 

09/09/2024

“Daar is n direkte verband tussen hoë stikstofvlakke in plante en beduidende rypvorming gedurende koue wintermaande en omgekeer, wanneer stikstof effektief bestuur word en meer as genoeg kalium toegedoen word dan word daar n toename in rypweerstand waargeneem”. So sê Andries Stofberg, Tegniese Bemarking Spesialis by InteliGro.  In ons program van 9 September gesels ons oor die invloed van koue in laat-winter en vroeë lente op sagtevrugtebome. Voedingstofbestuur is hier baie belangrik.

Phillip Viljoen, Wynmaker by Bon Courage Wynlandgoed, gesels oor die invloed van klimaat op die produsering van wyn en hoe hy ‘sy vrugte’ probeer beskerm deur gebruik te maak van die minimum nuwe hout. Hul Pepper Tree Shiraz 2022 het aan hulle n plek gegee onder die Top 12 SA Shiraz kompetisie wat onlangs plaasgevind het.

Wilma du Plessis is die Bemarkingshoof by die Afgri Groep.  Hul was hierdie jaar die ankerborg by die Swartlandskou. Produsente is hul prioriteit en met 100 jaar se besigheidsondervinding is hul uitstekend geposisioneer om landbou en sy mense by te staan om groter hoogtes en suksesse te bereik.

Suzanne Oosthuizen, Besturende Direkteur van Undercover Farming, gesels oor hul Kaapse konferensie wat gaan plaasvind op 9 en 10 Oktober by Allee Bleue Wynlandgoed in Groot Drakenstein. Soos met elke konferensie, word die nuutste tegnologie bespreek en produsente gaan terug ‘huistoe’ met hope goeie inligting.

Arnaud le Roux, Ekokonsultant, praat oor die natuur se ekodienste wat gratis en verniet is. In hierdie program gesels Arnaud oor uile en hoe om uile deel te maak van n gebalanseerde boerderysisteem.

LUISTER HIER 

05/09/2024

Aan die voet van Kasteelberg neffens Riebeek-Kasteel is daar n klein olyfboerdery wat n groot verskil maak. Vanjaar is hierdie olyfboerdery met n rekord-oes geseën.  In ons program van 5 September gesels ons met Pieter Brand, Goedgedacht se Plaasbestuurder. Hierdie jaar se oes van 150 ton olywe is nie net hul tweede grootste ooit nie, maar ook hul hoogste gemiddelde oes-opbrengs teen 17% per blok. Die oes het n rekordvolume van 27 000 liter ekstra suiwer kougeparste olyfolie gelewer.

Therina Wentzel-Du Toit, Nasionale direkteur van en vir Persone met Gestremdhede, gesels met Johan Gunter van Agriculture.Golf oor die Jean Webber Huis in Bloemfontein.  Dit is n plek vir gestremde persone. Sy verduidelik dat hul hul eie groente plant en hul droom is om meer toeganklike tuine aan te lê sodat dit makliker is vir persone in rolstoele om in die groentetuine te kan werk. Therina praat ook oor Loslitdag wat op 6 September plaasvind.

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, verduidelik hoe die produksiebestuursprogram vir vervangingsverse werk, hoe jy jou verse selekteer en hoe immuniteit gevestig word. Moenie jou verse afskeep nie, hul is die toekoms van jou kudde.

Hannes Latsky, Opleiding en Nakomingbestuurder by die LWO Werkgewersorganisasie gesels oor die gebruik van vaste termyn dienskontrakte op Suid-Afrikaanse plase en watter oorweging in gedagte gehou moet word in terme van artikel 198B van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

LUISTER HIER
04/09/2024

As jy oor winsgewendheid, vleiskwaliteite, groei en aanpasbaarheid gesels met kleinveeprodusente wat met Ill de France skape boer, dan moet jy weet... hierdie gaan van daardie ‘kuiergesprekke’ wees wat tot ounag toe kan aanhou. In ons program van 4 September gesels ons met Regina Harmse van die RCH Ill de France Stoet. Hul boer op die plaas Uitgezocht in die Ermelo distrik. Dit was moeilik om nie ‘die boer sy kuns af te vra nie’, maar die vraag is gevra.... hoe kry jul dit reg om keer op keer as die wenners weg te stap in karkaskompetisies wat gehou word? Regina praat ‘so bietjie uit”.  Dit gaan oor die ras, ken jou ras en jy moet weet hoeveel dae dit gaan neem voordat die lam by die ideale lamgewig gaan wees vir die kompetisie.

Harry Meyer is die Voorsitter van die Oostelike Ill de France Klub.  Hyself boer intensief met hierdie skaapras. Hy sê: “As jy eenkeer n Ill de France skaaptjoppie geëet het, dan wil jy elke keer hierdie skaapras se tjoppies eet.”  Hy praat oor die Oostelike Ill de France Klub wat hierdie jaar hul 40ste bestaansjaar vier en daar word ook veiling gehou. Harry vertel dat die kopers elkeen geskenke gaan ontvang.  Die veiling vind plaas op 21 September net buite Standerton.

Jacques Bester, President van die Swartlandskou, gesels oor hierdie skou wat hul 90ste skou aanbied hierdie jaar. Wat begin het as n klein samekoms vir plaaslike boere wat idees oor saaimetodes en oesverbetering gedeel het, het danksy aktiewe ondersteuning deur die gemeenskap gegroei tot een van die gewildste landbouskoue in SA.  Dan word daar ook met Dr Johnny vd Merwe, Direkteur van AMT gesels oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

LUISTER HIER 

3/09/2024

Die beginsel van rentmeesterskap berus op vier pilare naamlik omgewingsbestuur, die sosio-ekonomiese rol wat die gemeenskap vervul, ekonomiese lewensvatbaarheid en voedselveiligheid. In ons program van 3 September gesels ons hieroor met Jompie Burger, Besturende Direkteur van die Suiwel Standaard Agentskap. Hy gesels ook oor die risikos wat bestuur moet word en die kriteria wat gevolg moet word om volhoubare melkproduksie in ons land te verseker. Suretha Francis, Spanbestuurder en Spesialis Adviseur by SA Stamboek, verduidelik hoe die Logix IQ program werk en watter sinvolle inligting verkry word sodat ingeligte besluite geneem kan word wat bestuur vergemaklik. Verslae word weekliks gestuur aan produsente met inligting soos byvoorbeeld die kudde oorsig, reproduksie, aksielyste en melk-ontledingsverslae. Johan Gunter van Agriculture.Golf gesels met Boetie Hatting, President van die Senepol Beestelersgenootskap. Boetie verskaf inligting oor die ontstaan en geskiedenis van die beesras en die eienskappe wat die Senepol beesras uniek maak. Jeandré Johnston, Voedselwetenskaplike en Kommunikasie Beampte by Melk SA se Verbruikersopvoedingsprojek, gesels oor Wêreldskoolmelkdag en hoe daar verseker word dat skoolleerders ingelig word oor die nutrient inhoud van suiwel en die belang van herwinning.  In Suid-Afrika word skolemelkdag gevier op 18 September.

LUISTER HIER 
02/09/2024

Tydens die jaarlikse Shiraz SA Uitdaging is Jordan Wynlandgoed aangewys as die derde wenner van die jaarlikse Bellingham Bernard Podlashuk Shiraz-trofee.  Hierdie trofee is vernoem na die ‘Vader van SA Shiraz’ Bernard Podlashuk. Hy en sy vrou Fredagh het in 1943 die plaas Bellingham in Franschoek gekoop en was baanbrekers wat SA se eerste enkelkultivar-Shiraz gebotteleer het.  In ons program van 2 September gesels ons hieroor met Jacques Steyn, Hoofwynmaker van Jordan Wynlandgoed en hy is ook n Kaapse Wynmeester. Sukses begin in die wingers en met mense. Hierdie is kardinale steunpilare in hul besigheid. Hy vertel ook meer oor die bewaring van die dwergverkleurmannetjie wat by hul voorkom en hoe die natuurlike omgewing bestuur word.

Wean Benade, Area Kommersiële Bestuurder Verre Noord Streek ban InteliGro, gesels oor aartappel verbouing en uitdagings wat produsente moet oorkom. Onlangs het koue en ryp erge skade veroorsaak in die Limpopo streek. Hy verduidelik hoe aartappels reageer op koue-skade en of daar enigsins iets te redde is aan die aartappel-oes. Hy praat ook oor die bestuur van aalwurm en die komplekse benadering tot suksesvolle aartappel produksie.

Pieter Carstens is die Hoofwynmaker by Leewenkuil Family Vinyards. Hy praat oor hul wynmaak-filosofie en hoe hul tanniene bestuur in hul wynmaakproses. Sy boodskap aan ons verbruikers is:  “Ondersteun Suid-Afrikaanse produkte” 

LUISTER HIER 

29/08/2024

Om mankheid in diere te identifiseer is kompleks want daar is baie oorsake wat mankheid veroorsaak. In skape is Sweerklou en Vrotpootjie van die grootste oorsake van mankheid en in beeste kan die oorsaak n breek in die hoef self wees op die ‘witlyn’ en bosluise is net so groot probleem.  In ons program van 29 Augustus gesels ons hieroor met Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk. Hy sê dat daar dadelik aandag gegee moet word as daar gesien word dat daar mank diere in jou kudde is. Ondersoek die diere en identifiseer die oorsaak.

Dr Piet Nel, Spesialis Navorser by die LNR se Grond, Klimaat en Water kampus verskaf inligting oor die geskiedenis van besproeiingsontwikkeling in Suid-Afrika. Hy praat ook oor die wetenskaplike ontwikkeling van besproeiingskriteria wat ontwikkel is deur die LNR en die streng bestuur en beplanning van ons besproeiingskemas.

Lenie Venter, Operasionele Bestuurder by InteliGro se saadafdeling, gesels oor haar verantwoordelikhede soos byvoorbeeld om te verseker dat alle saad betyds ingevoer word teen die regte prys, die regte tyd vir die regte plek. Sy verduidelik ook wat invoere behels en kwaliteitskontroles wat toegepas moet word.

Therina Wentzel-Du Toit, Nasionale Direkteur van die Nasionale Raad van en vir persone met gestremdhede gesels verder in hierdie program oor hul projekte, Loslitdag wat binnekort plaasvind asook drie musiekkonserte wat aangebied word.  En sommer net iets wat belangrik is wat baie keer vergeet word.... moet nie parkeer op die parkering wat gereserveer is vir persone met gestremdhede en hul voertuie nie.  Dis die klein dingetjies in die lewe wat saakmaak en die lewe makliker maak vir almal rondom jou.

LUISTER HIER 

27/08/2024

Goeie nuus!!!  Die eerste 2 gekloonde Chianina verskalfies, ter wêreld, is onlangs gebore.  Michelle is op 29 Junie gebore en Little Magic op 19 Augustus 2024.  Little Magic is n kloon van die Italiaanse Kampioenkoei Seriousa Della Favorita. In ons program van 27 Augustus gesels ons hieroor met Christiaan de Jager, Eienaar van die O-la-la Chianina stoet.  Hy verduidelik hoe die proses verloop het. n Baie klein stukkie vel van die skenkerkoei is nodig om stamselle te kweek. Christiaan gesels ook oor die voordele van hierdie tegnologie vir die veebedryf. Hy praat ook oor die impak van embriospoeling op die vrugbaarheid van n koei, navorsing wat gedoen is en die resultaat van die navorsing.

Dr Mark Chimes, Veearts en Bestuurder van die Dieregesondheid en Welsynprogram van Melk SA, praat oor die algemene kwessies met betrekking tot kalwer welsyn. Daar word mos gesê dat n nasie se grootheid en morele vooruitgang gemeet kan word aan hoe die nasie se mense hul diere behandel.  Ons veeprodusente kan hul koppe hoog hou want hul is ware rentmeesters as dit kom by die versorging van hul diere. Dr Mark verskaf ook inligting oor die oudits wat gereeld gedoen word om te verseker dat dierewelsyn prioriteit aandag kry.

Johan Styger, Voorsitter van die LRF, praat oor die 2024 Veeskool wat binnekort aangebied word. Die tema hierdie jaar is ‘Veerkragtige Veemanskap’.  Praktiese raad gaan gedeel word en n industrie ‘bosberaad’ vind ook plaas rakende die rooivleis industrie.  Dan verskaf Louis Botha van LMB Chianina Stoet inligting oor hul Nasionale Skou wat binnekort plaasvind en n veiling te Ermelo op 24 September waar uitstekende genetika te koop aangebied word...sonder n reserwe. 

LUISTER HIER -

26/08/2024

Goeie nuus!!!  Die eerste 2 gekloonde Chianina verskalfies, ter wêreld, is onlangs gebore.  Michelle is op 29 Junie gebore en Little Magic op 19 Augustus 2024.  Little Magic is n kloon van die Italiaanse Kampioenkoei Seriousa Della Favorita. In ons program van 27 Augustus gesels ons hieroor met Christiaan de Jager, Eienaar van die O-la-la Chianina stoet.  Hy verduidelik hoe die proses verloop het. n Baie klein stukkie vel van die skenkerkoei is nodig om stamselle te kweek. Christiaan gesels ook oor die voordele van hierdie tegnologie vir die veebedryf. Hy praat ook oor die impak van embriospoeling op die vrugbaarheid van n koei, navorsing wat gedoen is en die resultaat van die navorsing.

Dr Mark Chimes, Veearts en Bestuurder van die Dieregesondheid en Welsynprogram van Melk SA, praat oor die algemene kwessies met betrekking tot kalwer welsyn. Daar word mos gesê dat n nasie se grootheid en morele vooruitgang gemeet kan word aan hoe die nasie se mense hul diere behandel.  Ons veeprodusente kan hul koppe hoog hou want hul is ware rentmeesters as dit kom by die versorging van hul diere. Dr Mark verskaf ook inligting oor die oudits wat gereeld gedoen word om te verseker dat dierewelsyn prioriteit aandag kry.

Johan Styger, Voorsitter van die LRF, praat oor die 2024 Veeskool wat binnekort aangebied word. Die tema hierdie jaar is ‘Veerkragtige Veemanskap’.  Praktiese raad gaan gedeel word en n industrie ‘bosberaad’ vind ook plaas rakende die rooivleis industrie.  Dan verskaf Louis Botha van LMB Chianina Stoet inligting oor hul Nasionale Skou wat binnekort plaasvind en n veiling te Ermelo op 24 September waar uitstekende genetika te koop aangebied word...sonder n reserwe.

Aartappelmot en Tuta Absoluta (Tamatie Blaarmyner) is van die plae  wat probleme veroorsaak in aartappelboerderye in  onder andere die Sandveld. In ons program van 26 Augustus gesels ons hieroor met Janco Cloete, Tegniese Bemarking Spesialis in die Swartland area.  Hy verduidelik hoe hul moniteringstelsel werk. Hierdie monitering word weekliks, reg deur die jaar gedoen en Janco beskryf hierdie metode van monitering as ‘ekstra voete in die landerye’ 

Christiaan Groenewald is die Eienaar van New Cape Wines.  Hy is die enigste wynmaker wat dit kon regkry om twee keer aangewys te word as die Diner’s Klub Wynmaker van die jaar. Dit was in 2013 en 2017.  Hierdie jaar was hul Eagles’s Cliff Wines Arendskloof Shiraz Tannat 2020 een van die 2024 Shiraz-versnitwenners in die SA Shiraz 2024 kompetisie. Christiaan verduidelik wat die impak is van die regte tipe grond en klimaat wat kwaliteit wyn verseker.

Anthony Sanvido, Wynmaker by De Morgenzon Wynlandgoed, gesels oor hul De Morgenzon Reserve Syrah 2019 wat onder die Top 12 Shiraz wenners was in die SA Shiraz 2024 kompetisie. Om goeie wyn te maak moet jy enersyds analisties kan dink en andersyds ook kunstig wees.

Dr Louis du Pisani, Onafhanklike Landboukundige Konsultant, verskaf inligting oor die derde Plaas Media se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur wat onlangs aangewys is. Hy praat oor die kriteria waarvolgens die beoordeling plaasgevind het.  Charl Saunderson, bekende Dorperstoetboer naby Kenhardt in die Noord-Kaap, is hierdie jaar as die wenner aangewys.

 

LUISTER HIER 

23/08/2024

“n Span wat vroue insluit in hul werksaamhede is n wenspan. Nie alleenlik maak jou bydrae saak nie, maar dit maak n groot verskil.”  So sê Ebene Oranje-Swart, Tegnologie Koördineerder by InteliGro.  In ons program van 23 Augustus praat sy oor die rol van die vrou in landbou en sê ook die volgende: “Staan bankvas in jou waardes waarin jy glo, waaroor jy passievol is want om in landbou te werk gaan oor passie, liefde vir die land en om deel te wees van iets groter as jyself. Indien jy n fout maak, maak dit reg. As jy iets begin, maak dit klaar en vat eienaarskap en wys trots in jou werk.”

Lori Gay, Franchisee van Business Accounting Network, ook bekend as BAN, verduidelik die verskil tussen BTW en die destydse Algemene Verkoopsbelasting. Sy vertel dat meer as 170 lande BTW eis op goedere en dienste. Maar hoekom  word BTW gehef? Lori beantwoord daardie vraag.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting oor die tendense in die landbou plaaslik sowel as internasionaal.  Hy is die draer van goeie nuus rakende die brandstofprys en die inflasiekoers wat verlaag het.

Willem van Jaarsveld plaas die FOKUS in hierdie program op ‘jou besittings wat jy het’ en vra die vraag: “watter besittings besit jou?”  Is dit jou huis, is dit jou voertuig... daar is n paar dinge wat van jou n ‘besitting’ kan maak.

Liana Mocke, Inhoud Strateeg by Landbou Weekblad, gesels oor hul uitgawe wat tans te koop aangebied word.

LUISTER HIER 

21/05/2024

Die Meatmastertelersgenootskap het onlangs hul Nasionale Veiling en Ekspo aangebied in Bloemfontein.  Dit was n hele week van gesellige kuiers, harde werk, keuring, diere versorg en nog vele meer.  Tydens die algemene jaarvergadering is die nuwe president, die nuwe vise-president en die raad aangestel. In ons program van 21 Augustus gesels ons met Jean du Plessis van Elandsnek boerdery wat die nuwe president is van die telersgenootskap. Hy is opgewonde oor die ras se groei oor die afgelope paar jaar en ‘praat bietjie uit’ oor hul planne vir die toekoms. Hy deel n paar dankies uit en moedig die telers aan om aan te hou boer met hul diere wat ‘geld uit die veld’ is. Geluk ook aan Boemie Saayman wat as vise-president verkies is.

Mario Marais, Eienaar van Model Meatmasters, was die verkoper van die ooi wat die hoogste prys behaal het tydens die Nasionale Meatmaster Veiling. Mario gesels oor hul teelprogram en hoe hul sorg dat net die beste genetika in hul stoet gebruik word.

Willem van den Berg van die Sterkfontein Meatmasters praat oor veldbestuur en hoe hy hoë drukbeweiding toepas. Hy verduidelik ook hoe die voedingsprogram werk en bespreek die gehardheid en tropgebondenheid van die Meatmasterskaapras. Hy hou ook binnekort veiling. Hier word kwaliteit diere aangebied, moenie die geleentheid deur jul vingers laat glip nie.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

LUISTER HIER 

20/08/2024

“ n Swak bul is die duurste artikel wat n beesboer kan koop.  Sò n bulk an op die lange duur n duur fout wees omdat sy dogters tien jaar en langer, nadat die bul nie meer gebruik word nie, in die kudde bly. Uit proewe wat gedoen is, is dit duidelik dat die gebruik van kruisrasbulle geen verhoging in speengewig bo dié van rasegte bulle tot gevolg gehad het nie en dat kruisraskoeie gemiddeld 13% swaarder kalwers gespeen het. Akkurate teelwaardes en prestasiedata van kruisrasbulle is gewoonlik onbekend.”  In ons program van 20 Augustus gesels ons hieroor met Arthur de Villiers van AG Boerdery naby Vrede. Hy bespreek die voordele wat n rasegte bul inhou in n kommersiële vleisbeesboerdery.

Maretha Vermaak is Dieëtkundige by die Verbruikersopvoedingsprojek van Melk SA. Sy praat oor die opleiding aan gemeenskapsopvoeders en gesondheidspromotors in openbare klinieke van die Departement van Gesondheid. Die program wat aangebied word is in lyn met die SA Voedselgebaseerde dieëtriglyne.

Franco Koch van die Kochbo Santa Gertrudis stoet boer in die Swartland naby Moreesburg. Hy vertel ons meer oor hierdie beesras en hul besluit om ook met Droughtmasterbeeste te boer. Franco het al oorsee grootvee beoordeel tydens skoue en veilings. Hy verduidelik hoe die beoordeling verskil tussen lande.

Jason Redding, Genetikus by SA Stamboek, praat oor statistiek en hoe om dit korrek te interpreteer en te gebruik in jou kudde se rekordhouding en data-aantekeninge.

 

LUISTER HIER 

19/08/2024

Planttelersregte beskerm die intellektuele eiendom van planttelers en navorsers se werk en navorsing wat gedoen is om nuwe plantvariëteite te ontwikkel.  Dit is n wetlike beskerming.  In ons program van 19 Augustus gesels ons hieroor met gerrit Genis, Bemarkingsbestuurder by Citrogold.  Hy verduidelik wat die waarde daarvan is tov ontwikkeling van nuwe variëteite.  Dit lei tot verbeterde opbrengs, verhoog genetiese diversiteit en dra by tot die volhoubaarheid van landbou.

Stefan Steenekamp, Tegniese Bemarkingspesialis by InteliGro, gesels oor Aartappel SA se Kongres en Moerkwekersforum wat onlangs plaasgevind het.  Die tema van hierdie kongres was ‘ 2050 is NOU’.  Hy praat oor die temas wat bespreek is en uitdagings in die bedryf tov a-biotiese en biotiese stresfaktore wat aartappelproduksie kan beïnvloed. In die pad oppad na 2050 toe is dit belangrik om die regte vennote te kies en goeie samewerking is kernbelangrik.

Christiaan Vercueil, Junior Landbou Ekonoom by Graan SA, was een van die vorige wenners in die Jongskrywerskompetisie wat gehou is deur Farming Portal en Hollard. Christiaal se inskrywing het gehandel oor die dieselpryse en hoe dit korrelleer met die olie prys. Hy beantwoord die vraag of die werking hiervan vandag nog relevant is. Hy verduidelik ook hoe die brandstofprys bereken word.

Jandri Nienaber, Kredietbestuurder in die Finansiële Afdeling by InteliGro, praat oor die rol van die vrou in landbou, wat haar werk behels en haar ‘landbou-pad’ wat sy gestap het tot nou. Vir ons landbouers sê sy, “speel na jou sterk kante toe”, moenie moed opgee nie en landbou bied onbeperkte geleenthede.

LUISTER HIER 

15/08/2024

Die FAMACHA (FAffa MAlan CHArt) is ontwikkel deur drie van Suid-Afrika se navorsers, naamlik Dr Faffa Malan, Dr Gareth Bath en Dr Jan van Wyk. Hierdie program word wêreldwyd suksesvol geïmplimenteer. Volgens die stelsel word die kleur van skape en bokke se oogvliese vergelyk met die kleure op die FAMACHA kaart om sodoende bloedarmoedigheid te meet.   In ons program van 15 Augustus gesels ons hieroor met Christiaan von Wielich van die ZABO Meatmasterstoet naby Hartbeespoort.  Hy verskaf inligting oor n FAMACHA-dag wat aangebied word, onder andere Dok Faffa, op 24 Augustus.  Tydens hierdie geleentheid word die stelsel verduidelik aan die besoekers.

Cherene en Thys van Solms is die Eienaars van Bostu Boerboels. Hul praat oor hul stoetery en sê dat een van die belangrikste fokus-areas in hul teelbeleid die gesondheid is van elke teelhond.  Hul verskaf ook inligting oor die registrasie van hierdie honde en hul skakeling met SA Stamboek.

Kobus Louwrens, Mede-stigter en Strategiese Direkteur van Food For Mzansi, gesels oor hul plaas-bestuur-winterskool wat aangebied word in Wellington en in Pretoria. N Hele paar aspekte word bespreek soos bestuur van jou personeel, volhoubare landbou en finansiêle bestuur en administrasie.

Yolandi Kruger, Direkteur van Dunamus Agri Advisory, praat verder oor familiebesigheide en bespreek selfontwikkeling en leierskap in besigheidsbestuur. Sy verskaf ook inligting oor n familiebesigheidswerkswinkel wat binnekort aangebied word.

LUISTER HIER

14/08/2024

“Reproduksietegnologie is n helpende hand wat n kleinveeteler en kommersiële produsent nie net kan help om sy volgende lammer oes te verbeter nie maar ook die hele kudde oor die lang termyn.” (SA Stamboek) Ultrasoniese skandering is een van die tegnologië wat baie voordele inhou vir die kleinveeboer. In ons program van 14 Augustus gesels ons hieroor met Boemie Saayman van die Ochre Meatmasterstoet. Hy praat oor die voordele wat skandering inhou in sy eie stoet en hoe hul hul diere laat skandeer voor die Nasionale Meatmasterveiling en Ekspo wat plaasvind op 14 en 15 Augustus in Bloemfontein.

Charles Freem van B3 Genetics het n tydjie gelede verhuis vanaf Gauteng na die Karoo. Hy vertel hoe sy Meatmaster kudde daar aangepas het. Aanpasbaarheid is een van die belangrike eienskappe van die Meatmasterskaap. Charles gesels ook oor die Nasionale veiling en sê dat die diere wat daar te koop aangebied word van uitstaande gehalte is.

Wessel Fourie, Eienaar van die Nu Vino Meatmasterstoet, gesels oor die ontstaan van sy boerdery. Hy is raadslid van die Transveld Meatmaster Klub. Toe Wessel besluit het om met hierdie skaapras te begin boer, het die lede van die klub nie geskroom om hom touwys te maak in die moets en moenies van n boerdery nie. Hy verskaf ook inligting oor hul ‘Flagship’ veiling en boeredag wat binnekort plaasving.

Johan Gunter van Agriculture.Golf praat met John Melville, Wol en Skaapadviseur by OVK oor die speen van lammers en die belang van kruipvoeding. Dan verskaf Dr Johnny van der Merwe ook inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

LUISTER HIER - 

13/08/2024

“Om vir poenskopbeeste te selekteer hou talle voordele in.  Nie alleenlik bespaar dit tyd en arbeid nie maar onthoorning word ook vermy.  By meeste beesrasse word poenskop of horings deur eenvoudige geenwerking bepaal. Elke ouer het twee allele wat lukraak oorgedra word aan hul nageslag.  Die poenskopgeen-alleel (P) oorheers die horinggeen-alleel (p).”  (SA Stamboek). In ons program van 13 Augustus gesels ons hieroor met Jason Redding, Genetikus by SA Stamboek.  Hy verduidelik die werking van hierdie geen en hoe daar geselekteer kan word vir poenskopdiere.

Christiaan de Jager van die O-la-la Chianina Stoet het onlangs tydens Kragdag van hul Chianina diere tentoon gestel. Daar was baie belangstelling in die rase n van die vrae wat daar beantwoord is het gehandel oor die besonderse vleiseienskappe en kruisteling met ander beesrasse en die voordele wat dit inhoud vir die vleisbeesprodusent.

Reinette Meyer van Bruljant Brangus het onlangs twee toekennings ontvang tydens die jaarlikse Nasionale skou en veiling. Die een toekenning wat ontvang is, is vir die Groot Swart Kampioen Bul en die ander toekenning was vir die Reserwe Junior Swart Kampioen Koei.  Sy praat oor haar kudde en telingsbeleid.

Johan Gunter van Agriculture.Golf gesels met Prof Andries Raath, Beeldbou Voorsitter en Streeksbestuurder van die RPO in die Bloemfontein omgewing. Hul gesels oor die rol wat die RPO speel in die rooivleis industrie, veilige en hoë-gehalte diereproduksie en die belang van bio-sekuriteit.

LUISTER HIER 

12/08/2024

In Augustus 2023 het die Amerikaner Alex Harrell die beste soja-oes in die geskiedenis van landbou op sy plaas in die staat Georgia aangeteken.  Die opbrengs van 13.9 ton/ha was beduidend meer as die vorige wêreldrekord wat Randy Dowdy, wat ook in Georgia boer, in 2019 opgestel het.  Hier in SA het Jan van Heerden van Hartswater in Augustus 2023 die SA soja-oesrekord opgestel met 6,6668 ton/ha onder besproeiing. Volgens Hanlie Geldenhuys, Bemarkingsbestuurder Rygewasse by Syngenta SA is die vooruitsigte vir sojabone positief in die seisoen wat voorlê danksy hoë kommoditeitspryse en die bogemiddelde reënval wat verwag word. In ons program van 12 Augustus beklemtoon sy die feit dat n gesonde sonjaboonoes grootsliks bepaal word deur n spuitprogram wat behoorlik beplan en uitgevoer word. Stappe wat op die ingewing van die oomblik geneem word, is dikwels te laat en kan teenproduktief wees.

Suzanne Smit is die President van die Swellendam Skou. Tydens die Agri-Expo Ledeskoukongres wat onlangs gehou is, het hierdie landbouskou die toekenning ontvang vir die beste ‘kwaliteit-aanbieding’. Sy gee terugvoer oor die kongres en verduidelik wat die rol is van vroue in landbouskoue.

Marinde Saayman, Tesourier by die Clanwilliamskou, praat oor die geskiedenis van die skou en praat oor die samewerking tussen die komitee en die gemeenskap om sodoende te verseker dat hul n suksesvolle skou aanbied. Hul het ook die toekenning ontvang as ‘nuwe toetreder en ontwikkeling’ tydens die Agri-Expo Ledekongres. Sy gesels ook oor die betrokkendheid van jongmense en die waarde van jeugskoue.

LUISTER HIER

09/08/2024

“Die feit dat slegs 13% van Suid-Afrikaanse vroue deesdae een van die STEM-dissiplines studeer, dui daarop dat te veel vroue nog wegbly van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde. Dis egter verblydend om te sien dat aansienlik meer jong vroue deesdae een van die vele landbouverwante wetenskappe as hul studierigting kies“ (Syngenta SA). In ons program van 9 Augustus gesels ons hieroor met Hanlie Geldenhuys, Bemarkingsbestuurder op rygewasse by Syngenta SA.  Sy praat oor die rol van vroue in landbou en vertel n paar stories uit haar kinderdae wat daartoe bygedra het dat sy landbou as loopbaan gekies het.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, praat oor die tendense in die landbou plaaslik asook internasionaal tans. Die Amerikaanse ekonomie ondervind n hele paar probleme wat dan ook weer uitkring na die res van die wêreld. Hy beklemtoon weereens dat jy versigtig te werk moet gaan met jou finansies, doen jou beplanning en hou moed.

Lori Gay, Franchizee by Business Accounting Network, ook bekend as BAN, verduidelik die stappe wat gevolg word wanneer SARS n oudit wil doen rakende jou belasting. Kry professionele hulp, Belasting Administrateurs wat geakrediteer is, en moenie die tyd probeer uitrek en die kommunikasie vermy nie.

Willem van Jaarsveld laat val die FOKUS in hierdie program op die woord ‘dankie’. Sê jy net dankie en dit is dit, of is jou dankie n uitgebreide dankie wat beskryf waarvoor jy ook dankbaar is?

Chris Burgess, Redakteur van Landbou Weekblad, verskaf inligting oor hul nuwe uitgawe asook n paar belangrike datums wat landbouers op hul kalenders moet aanteken.

08/08/2024

Tydens die Agri-Expo Ledeskoukongres wat onlangs plaasgevind het, was die fokus op die vermoë van landbou skoue om aan te pas in n veranderende omgewing, relevant te bly in uitdagende tye en om sodoende n volhoubare voortbestaan te verseker. In ons program van 8 Augustus gesels ons met Louis Wessels, Bestuurder van Regsdienste by Agri Wes-Kaap.  Hy praat oor die belang van grondwetlike verpligtinge en hoe om bates van skoue te beskerm. n Grondwet is nodig vir elke landbouskou want hierdie dokument gee aan lede en die bestuur riglyne en verskans hul teen risikos.

Wilhelm Steenkamp is die Vise-President van Willistonskou in die Noord Kaap.  Hierdie skou is al bykans 77 jaar oud en jaarliks kom besoekers vanuit alle hoeke van ons land om hierdie skou by te woon. Willistonskou het tydens die Agri-Expo Ledeskoukongres n toekenning ontvang vir gemeenskapsbetrokkenheid.  Tydens die laaste skou wat gehou is, het die hoërskool hul koshuis beskikbaar gestel vir akkommodasie. Die fondse wat ingesamel is het net so gegaan na die skool wat die koshuis opgeknap en geverf het. Voor, tydens en na die skou sit niemand van die lede op hul hande nie... daar word gewerk. Wilhelm deel n opregte dankie uit aan elkeen wat van die skou n sukses maak.

Johann Pretorius is die Eienaar van CRA Media. Hy verduidelik hoe CRA Media, Farming Portal en Agri News Net inmekaar skakel om landbounuus uit te dra 365 dae van die jaar. Soos hy sê:  “landbou en sy produsente werk sewe dae van die week, 52 weke van die jaar”. Hy verskaf inligting rakende die Farming Portal, Landbouskrywers en Hollard se ‘Agricultural Writers SA Junior Communicator’ kompetisie.  Inskrywings sluit einde Augustus.

LUISTER HIER 

07/08/2024

Dis al meer as n miljoen keer gesê, maar dit bly belangrik.... jou doelstellings moet reg wees wanneer jy met n boerdery begin. Jy moet n werkbare plan hê wat by jou boerdery en omgewing pas. In ons program van 7 Augustus gesels ons hieroor met Mario du Preez, mede-eienaar van Collett Farming. Hy gesels oor prestasietoetsing in hul Meatmasterkudde en verduidelik hoe hul voorbereiding doen vir n veiling soos n nasionale veiling. Hul volg die benadering om diere op die veld af te rond, want soos Mario sê, “ die diere moet kan aanpas by sy nuwe omgewing en moet dan n aanwins wees in so n nuwe kudde, want tevredenheid en wins is aan die einde van die dag van belang”

PW Van Heerden van Red Ribbon Meatmasters gesels oor die Transveld Meatmaster Klub wat binnekort hul boeredag en veiling aanbied. Hierdie klub is een van die oudste in die land. PW dra baie keer ook n ‘ander hoed’ en dit is die rol as afslaer. By CDP Afslaers poog hul om diens te lewer en te sorg dat koper ven verkoper waarde vir sy geld kry.

Jannie Durr is die Hoofsameroeper van die Swartlandskou se kleinvee en skaapafdeling te Mooreesburg. Hierdie jaar word daar n skaapskeerkompetisie aangebied asook n slaglamkompetisie. Hy verduidelik hoe die proses verloop. Jannie beantwoord ook die vraag tov biosekuriteit tydens so n skou en vertel hoe hul voorsiening maak vir al die skape wat na die skou toe gebring word.

Terrence Long van Hakuna Matata Meatmasters en ook Bemarker van die Transveld Meatmasterklub gesels oor die belang van samewerking tussen telers.  Hierdie klublede doen goeie werk, nie net in hul eie boerderye nie maar ook buite die grense van hul plase. Hul is nie snoep met hul inligting nie en opleiding is vir hul baie belangrik. Terrence verskaf ook inligting oor n boeredag wat beloof om n dag te wees wat vir besoekers baie van waarde sal wees.

LUISTER HIER- 

06/08/2024

Wanneer dit kom by die besluitneming om jou kudde se teelbeleid op te stel, dan is daar n paar belangrike punte om te onthou.  Jy moet weet wat die doelwitte is wat jy wil bereik met jou kudde. Stamboominligting is nodig, en hier is die totale stamboominligting van die dier nodig om n telings-koeffisiënt te bepaal. Ken jou kudde se genetiese vlak en doen doelgerigte parings volgens jou teelbeleid wat jy opgestel het. In ons program van 6 Augustus gesels ons hieroor met Schalk Greyling, Tegniese Adviseur by SA Stamboek.

James Miller van Winston Farms in die Oos-Kaap boer met South Devon beeste. Hy vertel dat hul al n hele paar generasies boer met hierdie beesras. Die South Devon beesras kan met sukses gebruik word in kruisteelprogramme. Van hul uitstaande eienskappe is moedereienskappe, n goeie temperament en baie goeie melkeienskappe. Hy verskaf ook inligting oor n bulveiling wat hul hou op 27 Augustus.

Leslie Bergh, Direkteur van Bull’s Eye Consulting, praat oor prestasietoetsing en wanprestasies wat daar bestaan rondom hierdie toetsing. As jy n goeie bestuursprogram het dan vergemaklik dit jou aantekening van jou diere. Sorg dat jy n geballanseerde seleksieprogram het.

Leon van der Westhuizen, ook bekend as Leon die Melkman, praat oor hul kaasmaakkursusse wat hul aanbied. Daar word in Oktober n twee-dag kursus aangebied in Gauteng. Hy verduidelik ook hoe kaas geberg word en wat die belang is van die verpakking as dit kom om vog verlies te voorkom.

LUISTER HIER

05/08/2024

Dit is belangrik dat families wat saam in n besigheid is, moet besef dat daar n onderskeid getref moet word tussen besigheid en familie. Belangrike besluite kan nie sommer net rondom n braaivleisvuur bespreek word nie, daar moet formele vergaderings op n gereelde basis wees waar die sake bespreek word. Nog n belangrike saak is, is dat daar n besigheidsplan moet wees oor wat tans in die besigheid gebeur (terwyl ons hier en nou is) en watter doelwitte moet bereik word binne die volgende 4 of 5 jaar. Begrotings in die familiebesigheid moet op papier wees en daar moet gehou word by die bepalings. In ons program van 5 Augustus bespreek Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom van hierdie knelpunte. Hy verskaf inligting oor n praktiese werkswinkel wat op 22 Augustus aangebied word in Bloemfontein.

Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo, gee terugvoer oor die jaarlikse Agri-Expo Ledeskoukongres wat plaasgevind het. Die fokus was op die vermoë van landbouskoue om aan te pas in n veranderende omgewing, relevant te bly in uitdagende tye en sodoende n volhoubare voortbestaan te verseker.

Annemarie Bremner van Kleinskuur Aquaponics, verduidelik dat akwaponika n natuurlike eko-stelsel is. Sy vertel ons hoe die proses verloop en die belang van opleiding. Sy sê, “klim van jou foon af, klim in jou motor en kom kuier by ons. Ons sal jou met graagte wys hoe hierdie stelsel werk.”

Maretha Vermaak is Dieëtkundige van die Verbruikersopvoedingsprogram van Melk SA. Sy praat oor die gesondheidsvoordele van melk en suiwelprodukte.

LUISTER HIER 
31/07/2024

Voordat ons gesels oor die program van 31 Julie, wil ek eers n hele paar ‘Interlink-trokke’ propvol dankies uitdeel.  Landbou Radio het die afgelope tien jaar die voorreg om ons land se produsente se lief en leed te deel. Kundiges deel mildelik hul kennis uit, daar word gewaarsku oor droogtes, vloede, ekonomie, peste en plae en ons landbouvriende getuig van hoop waar daar oënskynklik niks oorgebly het nie. Dankie vir elkeen se deelname, jul insette en die vriendelike manier waarop jul ons elke dag in jul huise ‘ontvang’.  n Opregte dankie dat die eelte in jul hande en die blase, wat deur knellende skoene veroorsaak is, die getuienis is van jul harde werk en deursettingsvermoë. Dankie.

Jacques Strydom van Karoo Shalom Meatmasters vertel ons hoe hy deur goeie genetika sy kudde laat groei. Koop by bekende telers en met die data tot jou beskikking kan jy ingeligte besluite neem. Hy verduidelik ook waar die naam Shalom Meatmasters vandaan kom.... Elke lam tel.   So ook elkeen van ons, want ons name staan in die Skepper en Herder se hand geskryf.

Lee-Marie Swart van Ampio Meatmasters is n jongboer met n magdom passie en entoesiasme oor hul boerdery. Onder die eienskappe wat vir haar uitstaan van die skaapras is byvoorbeeld moedereienskappe en tropinstink.  Die Nasionale Meatmaster Veiling en Ekspo vind op 14 en 15 Augustus plaas en Lee-Marie neem vir die eerste keer deel aan n Nasionale Veiling.  Alle voorspoed en sukses... dit geld ook vir alle kleinvee produsente wat hul diere na hierdie veiling toe bring.

Urbanus Badenhorst, Bemarkingingsbestuurder en Tegnies by Lubern Voere praat oor die mees kritiese periodes in n skaap se produksiesiklus. Dan verskaf Dr Johnny van der Merwe inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

LUISTER HIER 

29.07.2024

Om n suksevolle aksieplan en roetekaart op te stel vir n familiebesigheid is n komplekse proses. Dit verg goeie beplanning en die tydige opstel van hierdie belangrike bestuursplan is nooit tydmors nie. Daar word so n praktiese werkswinkel aangebied in Bloemfontein op 22 Augustus. Prof Johan Willemse, Yolandi Kruger, Jean van Biljon en Dr Johan Beukes gaan tydens hierdie praktiese werkswinkel poog om aan elke familie onderneming ,wat die dag bywoon, te bemagtig met n aksieplan en n roetekaart. Familiebesighede is die hartklop van ons landbou gemeenskap. In ons program van 29 Julie verskaf Yolandi Kruger, Direkteur van Dunamus Agri Advisory al die inligting wat benodig word vir hierdie dag.

Janet Lawless is die Tegniese en Nasionale Bemarkingsbestuurder by InteliGro. Sy praat oor die inligtingsdae (Rallies) wat al seder 2018 aangebied word. Janet sê dat hierdie inligtingsdae n brug bou tussen praktyk en teorie en dat dit n ideale geleentheid is om jou netwerk te bou en te verstewig.

Elmarene Croucamp, Koördineerder van die Landbou Sub-Ekspo by Kragdag, verskaf inligting oor hierdie jaar se geleentheid wat bygewoon kan word en waarom die fokus op jongmense geplaas word. Daar is n geleentheid om gespesialiseerde landbou-loopbaan keuses te maak.

Dr Arno Moore, Besturende Direkteur by BISA, waarsku dat die tyd nader kom waar vlieë n groot impak maak in enige veeboerdery. Hy noem dat daar nie iets is soos n ‘baba vliegie’ nie en dat wanneer n vlieg uit die papie uitbroei, dat dit reeds n volwasse vlieg is. Dr Arno verskaf inligting oor biologiese beheer van hierdie lastige pestilensies.

LUISTER HIER

23/07/2024

n Boerdery is n sakeonderneming wat n bydrae lewer tot die voedselwaardeketting en daarvoor moet die onderneming hernubare hulpbronne gebruik wat moedernatuur aan produsente beskikbaar stel. Om dit suksesvol te doen is n weldeurdagte en goed beplande bestuursplan nodig.  Welvaarskepping gaan hand aan hand met n sakeonderneming en daarvoor moet beplan word. In ons program van 23 Julie gesels ons hieroor met Kobus Bester van Vleisberg Simbras. Hy verduidelik da tons na ons grond en omgewing moet kyk en dit reg moet bestuur. Maak seker jy benut jou hulpbron effektief en wees in voeling met wat op jou plaas aangaan.

Prof Michiel Scholtz is Spesialis Navorser in Toegepaste Diereteelt by die LNR Diereproduksie Kampus op Irene. Hy verskaf inligting oor belangrike metings as dit by vleisbeeste kom. Die eerste meting is wanneer die bul by die koeie ingesit word. Teken dan die datum tot kalwing aan. Dit is die eerste maatstaf van vrugbaarheid. Die tweede datum is wanneer die koeie kalf, dan kan kalf-interval bereken word wat n tweede maatstaf van vrugbaarheid is. Hy beklemtoon dat ELKE kalf aangeteken moet word, of die kalf dood gebore is of as die produsent nie die kalf in sy kudde wil gebruik nie, die syfer gaan oor die koei se meting van vrugbaarheid.

Dr Chris van Dijk praat oor dierewelsyn in die suiwelbedryf en gesels ook oor die wetenskap van dierewelsyn.  Dan gesels ons ook met Justin Frewn van Antrovet oor die belang van tatoëring en die merk van diere.

LUISTER HIER 

17/07/2024

“Danksy gesonde rumen sal die goeie voeding wat diere deur middel van lekke en ander byvoeding kry beter benut word.  n Gesonde rumen-ontwikkeling vanaf n jong ouderdom hou talle voordele op die langtermyn vir veeprodusente in.  In ons hedendaagse ekonomiese druk moet produsente meer aandag gee aan kritiese winsfaktore”.  So sê Dr Johan van Rensburg van Seagate Veterinary Consultants.  In ons program van 17 Julie bespreek hy die kritiese winsfaktore en sê dat die hele sisteem van n herkouers gebou is rondom die rumen.

Peter Scholtz van Vrede Meatmasters boer Noord-Oos van Upington waar die veeboere tans wag op goeie reën, praat oor sy boerdery en die planne wat hul maak om vir hul diere te sorg as die reën wegbly. Hy gesels ook oor die Nasionale Meatmaster veiling wat in Augustus plaasvind en die kwaliteit diere wat daar te koop aangebied word.

Carel Chalmers, Bemarker van Vleissentraal, verskaf inligting oor die Bosveld Dorperklub se veiling binnekort en Ema-Jean Strydom van Langkloof Boerdery praat oor hul Meatmasterskape en die Transveld Meatmaster veiling wat binnekort plaasvind.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, doen verslag rakende die jongste graan en lewendehawe pryse. 

LUISTER HIER 

12/07/2024

Persone wat hul eie SARS op efiling invul moet daarvan kennis neem dat daar heelwat veranderinge ingebring is in die opgawes. Die doel daarvan is om meer inligting te bekom want SARS teiken nie net die trust nie maar die begunstigdes ook. Om ons meer van die veranderinge te vertel gesels ons met Jolene de Villiers, Franchisee van Business Accounting Network ook bekend as BAN. Van die nuwe vrae wat gevra word is, ‘watter tipe trust se opgawe vul jy in’ en ‘is die trust n passiewe trust’.

Anneline Scriven is n Regsadviseur by die LWO Werkgewersorganisasie. Sy praat oor aftreeouderdom in die werksplek. Meeste mense aanvaar dat die voorgeskrewe aftreeouderdom 60 of 65 jaar is. Dit is nie die geval nie. Die SA arbeidswetgewing maak nie voorsiening vir n aftreeouderdom nie. Nou hoe gemaak indien n werknemer na aftreeouderdom in diens bly en is dit nodig om n nuwe dienskontrak te sluit?  Anneline verskaf die antwoorde.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting oor die tendense in die landbou en soos gewoonlik praat hy oor albei kante van die ‘munt’ en soms ook oor die ‘sykant’ van die munt. 

Willem van Jaarsveld laat val die FOKUS op mooiweersvriende. Is jy n medewerker van iemand se blydskap en deel jy in sy vreugde of gooi jy stil-stil n dowe oor wanneer daar op jou knoppie gedruk word indien n vriend n vriendelike oor nodig het wanneer die lewe druk? Ons het nie verniet 2 ore en 1 mond gekry nie.  Ons moet dalk meer luister as praat. Dan verskaf Nelia Richter, Adjunk Redakteur van Landbou Weekblad, inligting oor hul jongste uitgawe wat tans beskikbaar is.

LUISTER HIER 

11/07/2024

Wat het n kameelperd en volstruis in gemeen? Almal van hulle het hoë bloeddruk.  n Ander vraag wat dan gevra word is, “hoekom word n kameelperd nie lighoogdig nadat die dier water gedrink het nie want die bloed vloei mos na sy kop toe? ”  Daar is navorsing gedoen om vas te stel watter meganismes bloeddruk reguleer.  In ons program van 11 Julie gesels ons met Marna van der Walt.  Sy vertel ons meer oor hierdie studie en wat die bevinding tot dusver is. Verdere studies word ook gedoen tov volstruise.

Jannie Myburgh van Myburgh Toerusting praat oor die maak van kontoere, hoe kontoere afgemeet word teen die regte helling en die instandhouding van kontoere.  Hy sê dat dit so 2 jaar neem vir n kontoer om ‘sy lê’  te kry en dat jy moet sorg dat jou kontoer van die begin af reg gebou moet wees. Dis baie moeite om kontoere weer plat te kry sodat jy n nuwe kontoer kan bou.

Paul Aucamp, Eienaar van Vaalkrans Gamebreeders, bespreek die verskillende metodes van wildvang.  Die strukture wat gebruik word is byvoorbeeld mobiele of vaste strukture en jy kan byvoorbeeld nie Springbokke vang in n vaste struktuur nie.  Maak seker jou permitte is in plek voordat jy die wild verskuif.

André Diederichs van André Diederichs Associates praat oor familiebesighede en opvolging en die regte prosedure wat gevolg moet word.

LUISTER NOU 

10/07/2024

Daar is verskillende uitgroeistelsels vir boerbok vervangingsooie. Dit is die ekstensiewe stelsel met goeie veld, semi-intensiewe stelsel waar ekstra aanvulling gegee word en die intensiewe stelsel. Die vraag wat gevra word in ons program van 10 Julie is, “hoe verskil n gespeende jongooi se voedingsbehoeftes van n volwasse ooi en hoe word voeding bestuur in die verskillende stelsels?”  Kobus du Plesiis, Voedingkundige by Feedtek beantwoord daardie vraag en praat oor die verskil in terme van lam- en speen persentasies in hierdie stelsels.

Nollie Stofberg van die Draairivier Boerdery boer met Dorrland Meatmasters tussen Fraserburg en Sutherland. Die Dorrland Meatmaster is afkomstig van n gesogte Damaralyn en hierdie lyne is bekend vir hul vrugbaarheid, aanpasbaarheid en gehardheid. Nollie beklemtoon die belang van goeie voeding. Dis belangrik vir jou aanteel van jou diere vorentoe.

Clynton Collett van Collett Farming boer naby Bethulie.  Hy vertel ons meer oor hul Meatmaster boerdery en sê dat jy jou risikos moet verlaag, jy moet jou inkomste so hoog as moontlik kry maar jou insette verlaag.  Dit verg goeie bestuur. Clynton verduidelik ook hoe hy seleksie toepas om te verseker dat net die mees vrugbaarste, gehardste en mees aangepaste diere geteel word.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

LUISTER HIER
09/07/2024

As jy n veeprodusent sou vra om vir jou te bewys dat sy boerdery n sukses is of dat daar groei in sy boerdery is, dan sou die antwoord wees: “As jy meet dan sal jy weet”  Dit is hoe jy raaiwerk uit jou boerdery haal tov groei en winsgewendheid. In ons program van 9 Julie gesels ons met Jannie Breytenbach van JHR Boerdery en die Goedvoor Chianina Stoetery.  Hy vertel ons meer oor sy kruisteelprogram met Nguni koeie en hoe hy alles opteken in hierdie program. Jannie gee vir ons statistiek oor die sukses wat hy behaal. Wanneer hy oor sy suiwer Chianinastoet praat dan sê hy dat jy vroulike diere moet selekteer wat genoeg melk produseer sodat die kalfies geil kan groei.

Johan Styger, Voorsitter van die Lewendehawe Registrerende Federasie, praat oor die 2024 Veeskool wat in Oktober aangebied word. Daar gaan gepraat word oor veerkragtige veemanskap en die praktiese  en teoretiese sessies wat aangebied gaan word beloof om weereens hierdie jaar van uitstaande gehalte te wees.

Dr Heinz Meissner verskaf inligting oor weerstandige parasietbeheer. Daar is n paar benaderings wat gevolg kan word soos om natuurlike vyande van die parasiete teen hul in te span. Dit is raadsaam om n holistiese benadering te volg. Hy verduidelik ook dat weidingsbeheer en rotasie stelsels in hierdie benadering vrugte sal afwerp.

Prof Moritz van Vuuren verduidelik wat die verskil is tussen virusse en bakterië en hoe dit behandel word.

Luister  Hier 

08/04/2024

“Twee nuwe psigotropiese sampioenspesies in die Psilocybe-genus uit Suider-Afrika, is onlangs beskryf en dit bring die getal bekende inheemse spesies tot Afrika op ses te staan. Posilocybe ingeli is in 2023 in n weiveld in KwaZulu-Natal ontdek deur Talan Moult en Psilocybe maloti is in 2021 vir die eerste keer op n Vrystaatse kleinhoewe deur Daniella Mulder gevind”.  In ons program van 8 Julie gesels ons met Breyten van der Merwe, Mikoloog en Nagraadse student in Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch.  Hy verduidelik waarom hierdie fonds so uniek is en hoe mikoloë plaaslike biodiversiteit dokumenteer.

BJ van der Merwe, Gewasadviseur by InteliGro, praat oor amandels en wat in ag geneem moet word as amandels aangeplant word. Die eerste drie jaar na aanplanting is kern belangrik, jy moet genoeg water hê, dreinering is belangrik en voeding van jong boompies moet nie afgeskeep word nie.

Lorraine Immelman is n bekende in die internasionale wêreld van wyn en spiritus kompetisies die afgelope 30 jaar.  Sy het onlangs n nuwe uitdaging aanvaar om n kompetisie in SA te vestig onder die vaandel van die Concours Mondial de Bruxelles wat n reus is in die globale wynbedryf. Sy vertel ons meer oor hierdie kompetisie.

Chris Barnard van Fertigation Akademie praat oor watergebruik van n plant en sê dat dit bepaal word deur die heersende omgewingsbehoeftes. Hy praat ook oor damdruktekorte wat bepaal word deur temperatuur, lugvog, stralingsintensiteit, wind en windrigting.

LUISTER HIER 

05/07/2024

Volgens nuwe regulasies van SARS moet begunstigdes wat uitkerings  van n trust ontvang het n IT3t opgawe indien.  Vanaf die 2024 finansiële jaar (Maart 2023 tot Februarie 2024 moet daar n rekon ingedien word voor einde September 2024 wat wys hoeveel inkomste uitgekeer is aan begunstigdes e naan watter begunstigdes die inkomste uitgekeer is. Trustees is verantwoordelik om die opgawe in te dien en indien n trust geen uitkerings gemaak het nie, moet daar nog steeds n nul opgawe ingedien word. In  ons program van 5 Julie gesels ons hieroor met Jolene de Villiers, Franchisee van Business Accounting Network.  Sy verduidelik wat die IT3t opgawe behels.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, praat oor die tendense tans in die landbou, plaaslik sowel as internasionaal.  Die Rand ‘bokspring’ redelik na die bekendmaking van die nuwe regering en alhoewel daar optimism heers sal daar in alle sektore van ons land skouer aan die wiel gesit moet word.  Dit is iets wat ons landbouers ‘toe-oë’ kan doen.

Mthokozisi Nkosi, Bestuurder van ASC Consultants, verduidelik watter dienste hul lewer.  Van die dienste wat hul lewer is ondersteuning aan kliënte om aan regulatoriese standaarde te voldoen tov uitvoere. Hul is ook betrokke in voedselveiligheid en opleiding.

Nelia Richter, Adjunk Redakteur by Landbou Weekblad, praat oor hul nuwe uitgawe wat tans op die winkelrakke te koop aangebied word en Willem van Jaarsveld laat val die fokus op ‘Judasbokke’.  Wat doen jy met vals inligting wat jy ontvang, versprei jy dit sonder om seker te maak van die ware feite en wat maak jy wanneer jy die slagoffer is van vals gerugte?

LUISTER HIER 

04/07/2024

Die publiek het die reg om te weet dat die voedsel wat hul eet veilig is. Voedselmikrobiologie is dus kernbelangrik want dwarsdeur die verskillende waardekettings is veiligheid die wagwoord. In ons program van 4 Julie gesels ons met Ettienne van Zyl, Laboratorium Bestuurder by Assure Cloud se laboratorium op Oudtshoorn. Hy verduidelik dat toetsing op verskeie bene staan soos diagnostiese toetse waar veterinêre siektes soos Voëlgriep ens getoets word, chemiese toetsing waar omgewingsmonitering ter sprake is en voedselmikrobiologie waar, soos Ettienne sê, “die skurke in die bedryf – patogene” aan bande gelê word.

Jan Krijt, Wapenwetkenner, praat oor die gebruik van vuurwapens deur minderjariges. Sodra iemand met jou wapen skiet moet dit onder die toesig van die lisensiehouer gebeur. Hy praat ook oor alkoholgebruik tydens n jaggeleentheid. Daar is spesifieke wetgewing rakende alkohol en vuurwapens.  Die ou gesegde lui mos ‘doppies en proppies meng nie’

Jompie Burger, Besturende Direkteur van die Suiwel Standaard Agentskap, gesels oor die rolspelers en insetverskaffers wat met integriteit n rol speel in die georganiseerde suiwelbedryf en Ryan Ladegourdie van Ladegourdie Wines praat oor sy droom om n Wynmaker te wees. Hierdie jongman het sy droom bewaarheid en hy het groot planne vir die toekoms.

LUISTER HIER

03/07/2024

“Ramme verteenwoordig groot kapitale uitgawes in elke kudde en goeie rambestuur is dus nodig.  Daar is n paar faktore wat belangrik is wat in gedagte gehou moet word tydens die aankoop van jou ramme. Kyk na jou spesifieke seleksiedoelwit en maak seker dat dit ooreenstem met die teler se doelwitte by wie jy jou ramme aankoop.” So sê Juan Venter, Produksie Adviseur van die NWKV.  In ons program van 3 Julie bespreek hy n n paar van hierdie faktore, hy praat oor die waarde en rol van koggelramme en verskaf inligting oor ram- en telingsbestuur.

CP Kriek, Direkteur van Taaibosch Genetics, verduidelik hoe hy sy kommersiële kudde en sy stoetery bestuur.  In die kommersiële kudde is die beginsels gebasseer op volume en produksie. In die kernkudde word varke individueel bestuur en korrekte datavaslegging is belangrik sodat die data akkuraat omgeskakel kan word. CP praat ook oor die belang van tegnologie en stelsels in kuddebestuur.

Koenie Kotze is n bekende nasionale en internasionale beoordelaar van kleinvee. Hy verduidelik hoe die beoordeling hier plaaslik verskil van oorsese kompetisies en skoue. Hy vertel ook hoe hy tydens beoordeling eers negatief kyk na n dier, dit is sodat hy prulfoute kan uitwys.  Daarna kyk hy positief na die dier voor hom in die ring. Die dier met die beste balans, meeste vleis en minste foute sal dan ‘voorstaan’ as wenner.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

LUISTER HIER

02/07/2024

In genomiese toetse wat onlangs gedoen is by die LNR, is daar gepoog om gene te identifiseer wat verband hou met metabolisme, produksie, reproduksie en aanpasbaarheid.  Met hierdie studie is daar bevind dat 70% van die gene van die Afrikanerbeesras met aanpasbaarheid gekoppel kon word. In ons program van  2 Julie gesels ons hieroor met Prof Michiel Scholtz, Spesialis Navorser in Toegepaste Diereteelt by die LNR Diereproduksiekampus op Irene. Hy is van mening dat die strategiese gebruik van inheemse rasse voedselsekuriteit deur aanpassing by klimaatsverandering beskerm en kweekhuisgasvrystellings van vleisbeeste verminder.

Thapelo King, Dieregesondheidspesialis by Beefmaster Groep, praat oor hoe om suksesvol en winsgewend kalwers te speen. Hy bespreek n paar beginsels van n goed gestruktureerde speelstelsel en die belang van inentings op die regte tyd.

Frans Jordaan, Navorser by die LNR Diereproduksiekampus op Irene, gesels oor produksie eienskappe en hoe om die regte bulkeuse te maak.  Jy moet weet wat die doel is wat jy wil bereik met die bul wat jy aankoop.

Hendrik de Waal van die LNR Melkaantekeningskema bespreek die effek van uitskot van melkkoeie op die persentasie van n melkkudde.  Hy verduidelik ook hoe jy die gemiddelde ouderdom van n melkkudde bepaal.

Luister hier- 

01/07/2024

Die mees algemene probleme tov plantvoeding wat ons in modern landbou ondervind is grondsuurheid en tekorte aan sink en boor, veral in rygewasse. In ons program van 1 Julie gesels ons hieroor met Schalk Lombaard, Tegniese Bemarkingspesialis by InteliGro. Hy bespreek plantvoeding as basis van landbou. Grondontledings is kernbelangrik voordat plantvoeding toegedien word. Schalk praat ook oor nuwe tegnologie wat deesdae in plantvoeding beskikbaar is, biologiese produkte het n heel nuwe wêreld oopgemaak in plantvoeding.

Henri Swiegers is die Voorsitter van Muskadel SA en ook die Wynmaker en Keldermeester by Badsberg Kelders. Hy gee terugvoer oor die jongste Muskadel SA toekennings wat onlangs plaasgevind het. Hy verduidelik die rol wat kwaliteit en verpakking speel wanneer die toekennings gemaak word.

Sean de Necker, Wynmaker by Klawer Kelders, praat oor hul twee goue toekennings wat hul tydens die Muskadel SA kompetisie ingepalm het. Sean vertel ons ook meer oor die werksaamhede tans in die kelder.

Arnaud le Roux, Vryskut Konsultant Veldbestuur, is ook betrokke by die ontwikkelings en proewe by landbouchemiese maatskappye vir selektiewe middels en tegnieke tov bosindringing. Hy praat oor die oorsake van bosverdigting en bosindringing en sê dat dit gepaard gaan met die impak van die mens op die omgewing.

LUISTER HIER

26/06/2024

Speentyd is vir die ooi en lam n baie spanningsvolle tyd maar deur n paar riglyne te volg kan hierdie proses sonder speenskok en ekonomiese verliese verloop.  In ons program van 26 Junie gesels ons hieroor met Esmari Rautenbach, Voedingkundige by Feedtek.  Wanneer dit kom by die speen van die lammers, dan is dit raadsaam om eerder die ooie weg te neem en nie andersom nie.  Dit bevorder sosiale interaksie en verminder speenskok. Sy praat ook oor die voordele van kruipvoeding en sê dat dit naspeense groei bevorder en dat dit ook die leeftydproduksie en reproduksie potensiaal van die ooilammers verhoog.

Pieter Aucamp, BKB Skaap en Wol Adviseur, gesels oor die Merino Evalueringsdag wat onlangs plaasgevind het en Willie Oosthuizen van WJ Moreson Boerdery gee ook terugvoer oor hierdie dag.  Willie vertel ons ook meer oor sy boerdery en die groei wat hy beleef het tov die Merinoskaap die afgelope dekades.

Dries Wiese van Dries Wiese Besigheidstrust verskaf inligting oor die klassering van Angora vesel. Daar is gespesialiseerde lyne en lengte speel n groot rol. Die skoonheid en kwaliteit van bokhaar bepaal jou prys. Hy sê ook dat daar n fyn balans is om jou bokke so te versorg dat jy goeie fynheid van haar te verkry maar ook goeie lengte.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, praat oor die jongste graan en lewendehawe pryse en vergelyk n paar pryse wat behaal is in die verlede.

LUISTER HIER 

25/06/2024

Daar kan boeke vol geskryf word oor die rol wat ouer generasie landbouers speel in hul kinders en kleinkinders se keuses as dit kom by opvolging en boerdery.  Dit word mos gesê dat boerdery in die gene is en dat hul dit ook met moedersmelk inkry. In ons program van 25 Junie vertel Hennie Goosen van Goosen Broers Bemarking hoe hy as klein seuntjie langs die ring gesit het terwyl sy pa vee tydens skoue beoordeel het. Hy het sy pen en n sakboekie gehad, en dan het hy sy eie plasings gemaak. Na die skou het hy en sy pa die plasings ‘beoordeel’ en kon hul soms lekker stry oor die uitkoms. Vandag is hul saam in die ring en daar kan jy nie met mekaar stry nie.

Frans Jordaan, Senior Navorser by die Diereproduksie kampus op Irene, praat oor hul betrokkenheid by die Bosveld Afrikaner Studiegroep wat hul beesskool aanbied tydens die Thabazimbi Landbouskou. In die aanbieding wat Frans hanteer praat hy oor die belang van die veilingskatalogus. Ekstra inliging  word bespreek soos die koeidoeltreffendheidsindeks.

Hendrik de Waal van die LNR se Melkaantekeningskema gesels oor vroegkalf wat leeftyd melkproduksie en doeltreffendheid verhoog.  Hy verduidelik ook waarom langslewendheid belangrik is en watter voordele dit inhoud in n melkkudde.

Dr Carel Muller verskaf inligting oor die belang van n reproduksie bestuursprogram.  Hierdie program moet saam met jou veearts opgestel word. Hy praat ook oor KI tegnieke en hoe die proses verloop.

Johan Vlok praat oor die funksies van spoorelemente en die metodes wat dit toegedien word. Hy maan dat jy nie nie jou eie diagnose moet maak tov simptome wat jy sien tov voedingstekorte nie. Raadpleeg jou voedingkundige en veearts, dit haal die raaiwerk uit jou diagnoses.

Daar kan boeke vol geskryf word oor die rol wat ouer generasie landbouers speel in hul kinders en kleinkinders se keuses as dit kom by opvolging en boerdery.  Dit word mos gesê dat boerdery in die gene is en dat hul dit ook met moedersmelk inkry. In ons program van 25 Junie vertel Hennie Goosen van Goosen Broers Bemarking hoe hy as klein seuntjie langs die ring gesit het terwyl sy pa vee tydens skoue beoordeel het. Hy het sy pen en n sakboekie gehad, en dan het hy sy eie plasings gemaak. Na die skou het hy en sy pa die plasings ‘beoordeel’ en kon hul soms lekker stry oor die uitkoms. Vandag is hul saam in die ring en daar kan jy nie met mekaar stry nie.

Frans Jordaan, Senior Navorser by die Diereproduksie kampus op Irene, praat oor hul betrokkenheid by die Bosveld Afrikaner Studiegroep wat hul beesskool aanbied tydens die Thabazimbi Landbouskou. In die aanbieding wat Frans hanteer praat hy oor die belang van die veilingskatalogus. Ekstra inliging  word bespreek soos die koeidoeltreffendheidsindeks.

Hendrik de Waal van die LNR se Melkaantekeningskema gesels oor vroegkalf wat leeftyd melkproduksie en doeltreffendheid verhoog.  Hy verduidelik ook waarom langslewendheid belangrik is en watter voordele dit inhoud in n melkkudde.

Dr Carel Muller verskaf inligting oor die belang van n reproduksie bestuursprogram.  Hierdie program moet saam met jou veearts opgestel word. Hy praat ook oor KI tegnieke en hoe die proses verloop.

Johan Vlok praat oor die funksies van spoorelemente en die metodes wat dit toegedien word. Hy maan dat jy nie nie jou eie diagnose moet maak tov simptome wat jy sien tov voedingstekorte nie. Raadpleeg jou voedingkundige en veearts, dit haal die raaiwerk uit jou diagnoses.

LUISTER HIER 

24/06/2024

Die familie van muskaatdruiwe word nie net deur Suid-Afrikaners hoog aangeprys nie, maar ook deur wynliefhebbers reg oor die wêreld. Na die afloop van Muskadel SA se 2024 toekennings,  het SA muskadel produsente rede om fees te vier. Daar was n total van 16 wenners, ses platinum en tien goue toekennings. Die resultate weerspieël die beoordelaars se mening dat die standaard van inskrywings vanjaar in alle klasse besonders hoog was.  In ons program van 24 Junie gesels ons met Ernst Bruwer wat al die sesde generasie wynmaker is op Mont Blois Landgoed naby Robertson. Hul het as toppresteerder uitgeblink met twee platinumtoekennings.

Chris Geldenhuys, Keldermeester en Wynmaker by Aan de Doorns Wynkelder, vertel ons meer oor hul Muskadel Soet Rooi 2021 wat n goue toekenning ontvang het.  Hy verduidelik die proses wanneer muskadel gemaak word. Chris sê dat die druif ‘reg’ moet wees voordat dit geoes word.

Richard Bamberger, Spesialis by InteliGro in die Sentrale Streek, praat oor hul aalwurm bewusmakingsprojek en waarom die kwessie van plant parasietiese aalwurm so belangrik is om aan te spreek. Hierdie soort aalwurm veroorsaak groot ekonomiese verliese op gewasse.  InteliGro se span kundiges staan die produsent by met raad en help om die aalwurm status te bepaal in gewasaanplantings.

LUISTER HIER 

21/06/2024

Na die onlangse verkiesing het die rand oor die algemeen versterk. Dis goeie nuus en ons bly optimisties dat die wiele nou stadig maar seker gaan begin draai na n meer gunstige ekonomie. Die landbousektor het die afgelope paar jaar uitgestaan ten opsigte van die bydrae wat landbou gemaak het in ons land se ekonomie. Dis n veer in landbou se hoed en ons sê aan elke landbouer wat meer as sy deel gedoen het “baie baie dankie”.  In ons program van 21 Junie gesels ons met Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom oor die tendense in die landbou, plaaslik sowel as internasionaal. Hy is ook die draer van goeie nuus.

Prof Elmarie Venter verbonde aan NMU, praat oor die mees algemene vrae wat gevra word as dit kom by opvolging van een geslag na die ander in n boerderybesigheid. Van die vrae, wat sy ook beantwoord, is hoe opvolging en leierskap binne n bepaalde familie onderneming hanteer moet word, waar begin mens met opvolging en wat van die dogters in die familie.  Opvolgbeplanning is krities belangrik.

Willem van Jaarsveld laat val die fokus op n belangrike aspek naamlik ‘vooroordeel’ Hoeveel keer belemmer ons vooroordele gesprekke, onderhandelings en beplanning en fokus jy op wat ander mense met hul eie opinie sê of kyk jy na alle kante van die saak? As jy net vaskyk in wat jy ‘gehoor’ het van ander dan is uitkomste gewoonlik gedoem.

Alani Janeke, Senior Joernalis en Redakteur van Landbou.com verskaf inligting oor hul nuwe uitgawe wat nou te koop aangebied word op ons winkelrakke.

LUISTER HIER 

20/09/2024

Die effektiewe en volhoubare beheer van Lewerslak word gebasseer op n geïntegreerde parasietbeheerprogram en die beheer moet daarop gemik wees om die aantal parasiete in die gasheer te verminder asook om die lewerslak populasie in die omgewing te beperk.  In ons program van 20 Junie gesels ons hieroor met Dr Didi Claassen, Uitvoerende Direkteur Tegnies en Bemarking by Afrivet. Dr Didi verduidelik die lewenssiklus van die parasiete en beskryf die verskillende vorme van infeksies. Maak die regte diagnose en maak seker dat jou diere nie behandel word vir byvoorbeeld haarwurm nie.

Johan Potgieter, Bemarkingsbestuurder by Optifeeds, gesels oor die gevaar van mikotoksiene in ruvoer. Hy praat oor studies wat daaroor gedoen is en maan dat die regte ruvoer in die verskillende kampstelsels gebruik moet word. Johan verduidelik ook die werking van mikotoksien-binders.

Dr Annelie Cloete, Staatsveearts en Hoof Opleiding en Staatskuddes by die Wes-Kaap Departement van Landbou, gesels oor die opleiding van sekuriteitshonde, wie met sulke honde mag werk en die wetlike vereistes vir die gebruik van so n hond.

Ulrich Muller, Tegniese Bestuurder by Voermol, praat oor proteïen aanvulling vir wild in die wintermaande. Daar is spesifieke lekke ontwikkel vir verskillende wildsoorte, so maak seker dat die regte lek gegee word vir die bepaalde wild op jou plaas.

 LUISTER HIER

18/06/2024

n Goeie bul is selde te duur maar n swak bul kan jou duur te staan kom.....  Daarom moet ingeligte besluite geneem word wanneer jy n bul aankoop vir jou kudde. Dit is belangrik om te weet dat kruisteling nie n oplossing is vir swakbestuur, swak voeding of die gebrek aan doelgerigte seleksie nie. Die gebruik van swak genetiese bulle sal die voordele van kruisteling tot n groot mate uitwis en kan selfs die doeltreffenheid van produksie verlaag.  In ons program van 18 Junie gesels ons hieroor met Leslie Bergh, Direkteur van Bulls Eye Consulting. 

Dr Wynand Kruger van die Kruger Afrikanerstoet is ook die Voorsitter van die Bosveld Afrikaner Studiegroep.  Tydens die Thabazimbi Landbouskool wat in Julie plaasvind, gaan daar n beesskool aangebied word.  Daar is heelparty lesings wat deur die LNR en ander kundiges aangebied word.  Tydens die beesskool sal daar ook praktiese aanbiedings wees waar nuwe toetreders, jong mense en ander belangstellendes goeie inligting gaan ontvang.

Kabelo Phaka, Tegniese Adviseur by SA Stamboek, gesels oor nuwe uitbreidings en veranderinge.  Daar word byvoorbeeld voorsiening gemaak vir die kommersiële produsent en hul sal ook kan inskakel by SA Stamboek se programme tov data en ander inligting.

Johan Gunter van Agriculture.Golf gesels met Deidre Louw oor hul samewering tussen die RPO en Veeplaas Tydskrif en Dr Jan Blignaut van Lemoenkloof Boerdery praat oor sy Senepol boerdery en die teelbeleid wat hy volg.

LUISTER HIER 


17/06/2024

Tussen Oudtshoorn en Calitzdorp in die Klein-Karoo word daar fluks met granate geboer.  Gerhard Meyer, Direkteur van Celebratio Pomegranate Farm en Mede-Direkteur van Karoo-Pak is die derde geslag wat op hierdie plaas boer.  Die klimaat is perfek met  warm somers en koue winters en die Wonderful granaat kultivaar aard uitstekend in hierdie omgewing.  In ons program van 17 Junie bring Gerhard vir ons goeie nuus rakende die prosesseringsaanleg wat onlangs daar by hulle geopen is.  Die hele waardeketting word nou gebruik en n ander voordeel is die bydrae tot werkskepping.

Frits van Oudtshoorn, Direkteur van Africa Landuse Training, gesels oor aangeplante weiding en voergewasse. Daar is verskillende soorte voergewasse beskikbaar en die omgewing moet in ag geneem word voor die gewasse aangeplant word. Frits bespreek ook die belang van bemesting.

Rudi Schultz, Wynmaker by Thelema Mountain Vineyards, gesels oor hul platinum toekenning wat hul ontvang het tydens die Muskadel SA Toekeningsgeleentheid onlangs.  Hy vertel dat die druiwe van die Muskadel wat die toekenning ontvang het van n enkel wingerd afkomstig is wat in 1986 aangeplant en die Muskadel is verouder in 18 tot 21 jaar-oue Franse Eikehout vate voor bottelering.

Estiaan de Wet, Wynmaker van Constantia Uitsig, verduidelik hoe hul n holistiese benadering ten opsigte van organiese boerdery praktyke volg.  Hy praat oor oor hul Muskadel wat n goue toekenning ontvang het tydens die Muskadel SA toekenningsgeleentheid onlangs.

LUIsTER HIER

14/06/2024

Klousule 9 van die sektorale vasstelling vir landbou bepaal dat n werkgewer vir n plaaswerker van n skriftelike dienskontrak moet voorsien.  Daar is n hele paar belangrike aspekte wat in daardie kontrak moet wees.  Die inhoud van die dienskontrak moet ook aan die werker verduidelik word, en soms gebeur dit dat die werknemer en werkgewer nie altyd in dieselfde taal praat in die werksplek nie, dan sal dit goed wees as die hulp van n tolk ingeroep word.  En hoe gemaak as die werknemer nie kan lees nie?  In ons program van 14 Junie verduidelik Hannes Latsky, Regsadviseur by die LWO Werkgewersorganisasie watter stappe geneem word in so n situasie.  Hy verduidelik ook watter inligting op die salarisstrokie moet wees.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting oor die tendense in die landbou, plaaslik sowel as internasionaal.  Hy praat oor speenkalfpryse, die prys van aartappels en uie en oor die invloed van oorsese markte op ons graanpryse.

Arnold van Noord, Finansiële Beplanner by Litera Bluestar praat oor die basiese beginsels van finansiële beplanning.  Van die belangrike aspekte hierin is die opstel van n begroting, bestuur van skuld en die belang van goeie selfwaarde.

Willem van Jaarsveld plaas die fokus op omgee vir ander.  Wees op die uitkyk vir mekaar... as jou buurman stil raak, gaan kyk hoe dit met hom gaan.

Liana Mocke is n Senior Joernalis by Landbou Weekblad. Sy vertel ons meer oor hul nuwe uitgawe wat tans op die winkelrakke te koop aangebied word.

LUISTER HIER

13/06/2024

In die wintermaande is dit belangrik dat proteïenaanvulllings gegee word vir jou vee.  Die doel van die winterbyvoeding is van belang vir die mikro-organismes in die rumen wat help dat die gras verteer word. Dit is n ingewikkelde sisteem.  In ons program van 13 Junie verduidelik Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, hoe hierdie sisteem werk. Geen ensieme word in die grootpens afgeskei nie en al vertering wat daar plaasvind is net mikrobiale vertering.

Amelia du Preez is Tegniese Adviseur by Devenish Nutrition.  Sy gesels oor die belang van biesmelk wat binne 6 ure ingeneem moet word nadat die lam gebore is.  Daar word gesê dat biesmelk die ‘voertuig’ is waarmee immuniteit oorgedra word van die ooi na die lam.

Annelie van Deventer van Feedtek, praat oor die verskil tussen Vrotpootjie en Sweerklou. Vrotpootjie is n aansteeklike siekte en aangetaste diere moet apart van die kudde gehou word. Sy bespreek die rol van mikrominerale en hoe daar geselekteer kan word om die siekte uit jou kudde te hou.

Boetie Kirchner, Bestuurder Jagsake by SAJWV, praat oor die veilige hantering van jou wapen in die jagveld en beantwoord die vraag of jou gids jou wapen mag dra of nie.  Die verantwoordelikheid berus te alle tye by die jagter.  Boetie gesels ook oor wat in jou noodhulpkissie moet wees as jy byvoorbeeld in buurlande gaan jag waar malaria n probleem is. 

LUISTER HIER

12/06/2024

Miseiertellings se doel is om vas te stel hoeveel wurmeiers teenwoordig is in n gram vars mis asook om die effektiwiteit van ontwurmbehandeling te kan bevestig.  Uit hierdie metode word n meer kwantitatiewe as n kwalitatiewe resultaat verkry en dit verskaf die vermoë om veranderinge oor tyd waar te neem.  In ons program van 12 Junie gesels ons hieroor met Dr Leon Kruger.  Hy verduidelik hoe om hierdie miseiertellings te interpreteer en se da tons syfers nodig het om kuddeprofiele saam te stel.

Dr Johan van Rensburg, Eienaar en Direkteur van Seagate Veterinary Consultancy, praat verder oor intensiewe lamstelsels. Hierdie is n stelsel wat jy nie oornag implimenteer nie.  Dit kort goeie beplanning en jy moet die sisteem stelselmatig in werking stel. Daar is n hele paar voordele aan so n stelsel byvoorbeeld dat die lammers onder die toesig van die boer is, lammeroorlewing is beter dit vergemaklik jou bestuur van jou lammers

Johnny Morrison Senior van Mohimba Meatmasterstoet verduidelik hoe die Meatmasterskaapras ontwikkel is en die rol wat die Damara in hierdie proses speel. Die voordeel van die Meatmaster is onder andere dat hul funksionele diere is met n baie goeie reproduksiepotensiaal.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste lewendehawe pryse asook die prysbewegings in die graanmarkte.

LUISTER HIER 

11/06/2024

Daar is n paar redes waarom speengewigte van kalwers verskil, van die redes is ouderdom van die kalf, geslag, die koeie se ouderdom, omgewing en die genetiese komponent van die dier. In ons program van 11 Junie gesels ons hieroor met Siebert Vermeulen, Senior Spanbestuurder enTegniese Adviseur, vleisbeeste asook kleinvee by SA Stamboek.  Hy bespreek die nut van aantekeninge en waarom die geboortedatum en massa belangrik is. Dit is bruikbare inligting as dit kom by seleksie.

Dr Pieter de Kock, eienaar van Pronk Afrikanerstoet en lid van die Bosveld Afrikanerbees Studiegroep te Thabazimbi, praat oor hul jaarlikse beesskool wat aangebied word in samewerking met die LNR. Dit is n groot geleentheid waar baie goeie inligting gedeel word en opleiding verskaf word.

Bles de Klerk van Bleka Simbras, gesels oor funksionele doeltreffende diere in jou kudde en waarom mediumraam diere goed aanpas in hul omgewing. Kies die regte bulle vir jou koeie en hul kondisie moet goed wees in paartyd.  Bleka Simbras hou binnekort veiling, jul is uitgenooi om die dag saam met hul te kom spandeer.

Dr Carel Muller, bekende in die suiwel en vleisbeesbedryf, praat oor reproduksie bestuur vir langslewendheid. Hy lê ook klem op die belang van hitte observasie en goeie KI tegnieke.

LUISTER HIER 

10/06/2024

Bye is verantwoordelik vir die bestuiwing van ongeveer dertig present van ons voedselgewasse.  n By leef minder as 40 dae en in daardie tyd besoek die by bykans duisend blomme.  In sy leeftyd produseer die by minder as een teelepel heuning.  In ons program van 10 Junie gesels ons hieroor met Louis van Zyl van Yummy Honey Farm.  Hy verduidelik hoe hul bye verskaf aan produsente, hoe die verskuiwing plaasvind en watter rol die by speel in die bestuiwingsproses.

Robert Post, n byeboer en betrokke by opleiding mbt byeboerdery, praat oor die versorging van bye, byekaste en die preservering van die houtwerk.  Hy verskaf ook inligting oor byesiektes soos byvoorbeeld Jongbysiekte.

Francois Prinsloo van Agri Boost Organic Fertiliser gesels oor die waarde van kelp.  Seewier bevat die natuurlike biostimulant Oulsien en bied talle voordele soos verbeterde wortelontwikkeling, goeie saadontwikkeling en verbeterde opname van voedingstowwe.

Michiel du Toit, Wynmaker by Landekroon Wyne, bespreek die snoei van wingerd en sê dat dit een van die belangrike bestuursaksies is op n wingerdplaas Dit dra by tot die oes en trosgrootte en beheer die gehalte van wyndruiwe.

 LUISTER HIER

07/06/2024

Op 8 Junie word Wêreld Oseane Dag gevier en meer as 140 lande neem deel aan die vieringe op hierdie dag.  Daar is n hele paar redes waarom ons oseane in gevaar is, oorbevissing, besoedeling en klimaatsverandering. Nou watter bydrae kan ons maak om ons oseane te red?  In ons program van 7 Junie, gesels ons hieroor met Alet Kilchenmann, Hoof Voedsel by Ocean Basket Holdings.  Sy praat oor voedselveiligheid en volhoubaarheid en verduidelik hoe hierdie aspekte deurgaans hoë prioriteit geniet in hul maatskappy.

Marco Coelho is die Verskaffings en Verkrygingsbestuurder by Ocean Basket Holdings.  Hy vertel ons meer oor die samewerking tussen Abalobi en Ocean Basket en hoe hierdie samewerking bydra tot n inkomste vir talle bestaans- en kleinskaalse vissermanne. Naspeurbaarheid word gewaarborg, Hierdie maatskappye streef na volhoubare visserye en die welsyn van ons vissermanne.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting oor die tendense in die landbou plaaslik sowel as internasionaal. Landbou het weereens die wa deur die ekonomiese drif getrek in die eerste kwartaal terwyl ander industrieë min of geen vordering gemaak het nie.

Willem van Jaarsveld laat val die fokus op ‘dringendheid’. Van uitstel kom afstel. Doen wat jy moet doen en doen dit goed, moetnie uitstel nie.

Liana Mocke, Senior Joernalis by Landbou Weekblad, gesels oor hul nuwe uitgawe wat tans te koop aangebied word.

LUISTER HIER 

05/06/2024

Daar word mos gesê dat jy saam met die natuur moet boer, maar hoe gemaak as Sekelbos jou weiveld verdring?  Hierdie doringagtige struik het al menige vee en graan produsent ‘harde bene’ laat kou. Tog is daar n bok wat Sekelbos se tier is.... n boerbok.  In ons program van 5 Junie gesels ons hieroor met Ruan Mans van Ruan Mans Boerbokstoet.  Hy vertel ons hoe hierdie boerbokke van hom help met ‘natuurlike weiveldbestuur’. En daarby is die voedingswaarde wat dit vir die bokke inhou ook n bonus.  Hy vertel ons hoe hy dit reg kry om sy bokke binne die grensdrade te hou.

Hubert Ferreira van die Young Guns Jongooiklub, verskaf inligting oor hierdie jaar se projek en wat hul doelwit is met hul jongooie. Hul was verlede jaar die wenners by die Phillipstown jaarlikse jongooiskou.  Hierdie jaar is dit weer sulke tyd en die skou vind plaas op 22 Junie op die plaas Vrede van Diederik Vermeulen.

Dr Johan van Rensburg, bekende veearts, praat oor intensiewe lamstelsels.  Een so n stelsel, wat eintlik n ultra-intensiewe stelsel is, is n lamvoerkraalstelsel.  Daar is n paar voordele verbonde aan hierdie stelsel maar jou bestuur moet uitstekend wees. Biosekuriteit is ook hier van kardinale belang.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse en wat die invloed is van oorsese prysbewegings op ons eie markte.

Luister hier 

04/06/2024

Reproduksie is die belangrikste beperkende faktor wat die produksiedoeltreffendheid van n vleisbeeskudde beïnvloed.  Reproduksiebestuur rus op vier bene naamlik, voeding, kuddegesondheid, seleksie vir vrugbaarheid en paringsbestuur.  In ons program van 4 Junie gesels ons hieroor met Leslie Bergh, Direkteur van Bulls Eye Consulting.  Leslie bespreek die doelwitte vir versbestuur en bestuurspraktyke wat gevolg kan word om reproduksiedoeltreffendheid van verse en eerstekalfkoeie te verbeter.

Dr Riaan du Preez van Afrivet, praat oor die belangrike rol wat antibiotika speel in die aanslag teen siektes.  Dit moet wetenskaplik en korrek gebruik word net wanneer dit noodsaaklik is. Hy bespreek die drie-ledige benadering wat gevolg moet word en beklemtoon die belang van samewerking tussen alle rolspelers, die vee-eienaar, veearts en die veewagter.  Hy bespreek ook die belang van biosekuriteit.... hierdie aspek kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Dr Jacques van Rensburg bespreek die belang van n doelgerigte bestuursprogram ten opsigte van dieregesondheid en die bestuur van interne parasiete. Hierdie interne parasiete het n negatiewe uitwerking op produksievermoëns en groei potensiaal van jou kalwers.

Dr Klaas-Jan Leeuw, Navorser by die LNR te Irene, gesels oor vrugbaarheid in jou kudde en hoe jy dit kan meet. Kies die regte bul, sorg vir goeie voeding vir jou diere en maak seker dat jou rekordstelsel op datum is.

LUISTER HIER 

03/06/2024

Die belangrikheid van Kalsium in die verbouing van gewasse word dikwels onderskat.  Dit is een van die hoofelemente in plante se selwande en speel n rol tydens goeie wortelontwikkeling, seldeling en beskerming teen swam-infeksies. In ons program van 3 Junie gesels ons hieroor met Lindi Grobler, Direkteur van Agri Alchemy. Sy verduidelik wat die effek van kalsiumtekorte is, hoe dit voorkom kan word en hoe dit aangevul kan word.

Roxanne Joubert van Lady of the Herbs gesels oor die Kankerbossie en die medisinale voordele wat hierdie plant inhou.  Hierdie plant is die kruid met die meeste streeksname soos byvoorbeeld, Blaas-ertjie, Kalkoenkies of Gansies en in die Weskus word dit Jantjie Berend genoem.

Ivan Otto, Streeksdirekteur by SAPPO, praat oor kompos wat n belangrike bestandeel is in organiese boerdery.  Hy verduidelik hoe kompos gemaak word, die organismes wat betrokke is by kompostering en die moets en moenies wanneer kompos gemaak word. Die gebruik van goeie kompos is die vinnigste manier om gronde se vrugbaarheid te verhoog.

Eloise Maartens, Verkoopsbestuurder by Histill, verskaf inligting oor die saailinge wat gekweek word.  Hierdie saailinge word verskaf aan onder andere kommersiële produsente en opleiding word ook aangebied.

LUISTER HIER 

30/04/2024

Verandering is n gegewe in die lewe en wanneer hierdie veranderinge positiewe uitkomste oplewer dan skep ons gewoonlik moed. In ons program vam 31 Mei is Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, die draer van goeie nuus. Hy berig oor landbou uitvoere wat in die eerste kwartaal met 6 % gegroei het, brandstofpryse wat daal en die nuus dat Minister Patel en Gordan binnekort hul kantore gaan ontruim. Ons land se boere verdien al die erkenning wat hul toekom…. Want om  bo en behalwe voedsel te voorsien aan ons land en sy mense, ook nog ongeveer 42% van Afrika voedsel te lewer… dit wil gedoen wees.

Adriaan Groenewalt van Groenewalt Prokureurs praat oor die rol van n trust en of die trust in van dag se tye nog n plek het in boerderye en besigheide. n Trust is nie n regspersoon nie, slegs n ‘voertuig’.   Dit moet ook nie gebruik word as n belasting  te omseil nie.

Hans-Jurie Moolman, Mede-Direkteur van Moolman en Pienaar Prokureurs Ingelyf, praat ook oor truts  en verduidelik hoe n trust gestig word, wat die pligte is van die trustees is en watter voordele n trust vir n maatskappy inhou.  Hy praat ook oor die alter-ego beginsel en wat dit beteken.

Chris Burgess, Redakteur van Landbou Weekblad, gesels oor hul uitgawe wat te koop aangebied word tans en Willem van Jaarsveld laat die fokus val op ‘laagwater’.   Wanneer dit laagwater is, dan sien jy gewoonlik elemente van die see wat nie duidelik sigbaar is wanneer dit hoogwater is nie.  Watter dinge is daar in jou lewe wat positief verander kan word deur na die ‘laagwater’ tye te kyk.

LUISTER HIER 

29/05/2024

Sonder jou wapen en ammunisie kan jy nie gaan jag nie… jou wapen moet gediens en reg wees.  As dit kom by ammunisie, dan kies party jagters om self hul ammunisie te herlaai.  Jy moet deeglike kennis hê tov die komponente van herlaai, hoeveel kruit gebruik moet word vir watter tipe patroon, slagdoppies en punte  moet nuut wees en alle raaiwerk is taboe as dit kom by die herlaai van hierdie ammunisie. In ons program van 30 Mei gesels ons met Jan Krijt, n kenner op die gebied van wapens en wapenwette.  Hy verduidelik dat jy net ammunisie vir jouself kan laai en nie vir iemand anders nie, en alle ammunisie moet in n voorgeskrewe kluis gebere word totdat daar gejag word.

Craig Shepstone, Direkteur van Wildlife Nutrition Services, vertel ons meer oor die bepaling van drakrag van n wildsplaas.  Jy moet eers n ekologiese studie doen, gaan daar genoeg kos wees vir gras en blaarvreters en gaan die plaas in kampe verdeel wees of nie. Boer met die regte spesies wat in jou omgewing gaan aanpas.

Boetie Kirchner, Bestuurder Jagsake by SAJWV, praat oor die permitstelsel om vlakvarke te vervoer nadat daar gejag word. Hy verduidelik wie permitte mag uitreik en wat die vereistes is waaraan daar voldoen moet word alvorens die permitte uitgereik word.

Dr Ben Greyling, Spanbestuurder en Snr Navorser by die LNR te Irene, gesels oor die belang van prestasietoetsing by wild. Stamboominligting is die hoeksteen van teling en seleksie en die doel van prestasietoetsing is om diere te selekteer vir n bepaalde nageslag met eienskappe wat ekonomies, geneties en biologies verbeter word.

LUISTER HIER

28/05/2024

Wanneer daar gepraat word van die koei-kalf verhouding dan is die beste plek om te begin by die reproduksietempo van jou koeie en ook te kyk na die kalwers se oorlewingsvermoë.  Daar kan na hierdie verhouding gekyk word vanuit n hele paar hoeke. Jou doelwitte wat jy bereik en jou kuddesamestelling gaan ook n rol speel.  In ons program van 28 Mei gesels ons onder andere hieroor met Dr Japie van der Westhuizen, Hoofbestuurder by SA Stamboek.  Hy praat ook oor die waarde van meting, meting teenoor ander kuddes en stel voor dat jy gereeld jou besluite wat jy neem moet monitor om te verseker dat jy nog by jou bestuursplan hou.

Dr Klaas-Jan Leeuw, Navorser  by die LNR Vleisbeesvoeding kampus te Irene, verskaf inligting oor hittestres by vleisbeeste. Hy bespreek die nadelige gevolge daarvan en hoe dit verminder kan word deur n paar belangrike beginsels toe te pas byvoorbeeld om beeste eerder vroeg oggend te hanteer, weidingbestuurprogramme te vestig en te sorg dat aanvullende voeding gegee word asook skoon drinkwater.

Leslie Bergh, Direkteur van Bulls Eye Consulting, praat oor bulbestuur voor, tydens en na n dekseisoen. Sorg dat jy vroegtydig jou nuwe bul aankoop en dat hy aangepas is voor die dektyd. Wanneer so n bul aangekoop word, moet die bul die nodige gesondheids’papiere’ hê en plaas die bul in kwarantyn. Observasie is baie belangrik en sorg dat die bul se liggaamskondisie nie agteruitgaan nie. As die bul voor die veiling kragvoer ontvang het, haal hom stelselmatig daarvan af.

LUISTER HIER

27/05/2024

“Die CMR of dan KMR in Afrikaans is die afkorting vir die nuwe gevaarlike stowwe klassifikasiestelsel in Suid-Afrika. Dit verwys na stowwe wat val onder Karsinogenies (K), stowwe wat kanker kan veroorsaak, Mutagenies (M), stowwe wat genetiese mutasies kan veroorsaak en Reprotoksies (R), stowwe wat voortplanting kan beïnvloed.  Onder hierdie stelsel word aktiewe wat gebruik word in landbou in 6 groepe verdeel”.  In ons program van 27 Mei bespreek Gerbrandt Kriel, Tegniese Bestuurder by InteliGro die voorgestelde veranderinge en wat die invloed van die verandering te weeg gaan bring vir ons produsente. Vanaf 1 Junie 2025 gaan sekere fasette van plaagbeheer bemoeilik word. Tog is daar lig in die tonnel.  Praat met jou verksaffer van hierdie produkte.

Arnaud le Roux, Onafhanklike Weiveldkonsultant, praat weer oor veldbrande en spesifiek oor veldbestuur na so n veldbrand. Veld moet kans kry om te herstel en te rus sodat voeldoende teruggroei van blare kan plaasvind. Doen opnames van wat die skade is. Dit kan verskil van veldtipe tot veldtipe en van kamp tot kamp.

Jan Odendaal van Green for life vertel ons meer oor boomplantprojekte in die Wes-Kaap. Hul plant vrugtebome by skole, gee opleiding en die bome word versorg. Hy praat ook oor die groentetuin projek wat baie suksesvol is.

Marna Swart is die Handelsmerkbestuurder by Bayer. Sy verskaf inligting oor die Bayer Boervrou van die jaar kompetisie. Daar is 2 kategorieë naamlik, die boer se vrou en die vrou wat boer. Inskrywings sluit 15 Julie 2024.

LUISTER HIER 

23/05/2024

Die Suid-Afrikaanse span het weer goud verower by die Chelsea blommeskou in Londen.  Hul het ook 2 ander pryse verower vir die beste uitstalling in die pawiljoen asook die beste nuwe ontwerp. Leon Kruge, is die spanleier en hoofontwerper wat tesame met sy span met die louere weggestap het. Cape Flora SA het deurgaans ondersteuning gebied. In ons program van 23 Mei gee Jacky Goliath, Direkteur van De Fynne Nursery naby Paarl vir ons terugvoer oor die kompetisie. Wel gedaan… ons is trots op julle.

Johan Gunter van Agriculture.golf en Isobel Kruger,  Veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou verskaf inligting oor n slagpale en voerkrale wat in Lesotho beplan word. Daar is heelwat vrae wat gevra word soos byvoorbeeld watter invloed hierdie projek n invloed gaan hë op die veediefstalsituasie langs die Lesotho grens.

Douglas Chitepo, Direkteur van APSD ( Agriculture Producer Support Development Program) in die Wes-Kaapse Departement van Landbou, praat oor die Vroue Entrepreneur Toekennings vir 2024 en wat voornemende deelnemers kan inskryf daarvoor.

Marlilie Brits van Legend Trophy Taxidermy, gesels oor hierdie bedryf wat n belangrike skakel is in die wildbedryf se waardeketting. Sy verduidelik die stappe wat gevolg word as n trofee gemaak word en hoe die eindproduk versorg moet word.

Peter Knoesen, Voorsitter van die Steytlerville Landbouvereninging praat oor hul droogtehulpfonds en die insamelingsprojek wat tans van stapel gestuur word.

LUISTER HIER
22/05/2024

In tye waar die wol en vleispryse laag is, moet die fokus geplaas word op wat jy kan beheer.  Aan die pryse kan jy min doen maar jy kan jou kostes so laag as moontlik probeer hou. En wanneer jy jou produk lewer moet jy altyd n kwaliteit produk lewer… die verbruiker het die laaste sê.  n Kwaliteit produk sorg altyd vir geld in jou veeboerdery se beursie.  In ons program van 22 Mei gesels ons hieroor met Johannes van Wyk van Manna Meatmasters. Hy praat oor die eienskappe van n kwaliteit produk en hy gee ook terugvoer oor die belangstelling wat die Meatmaster skaapras gekry het tydens Nampo.

Francois Marais van Faith Family Farms naby Bela Bela boer met sukses in hierdie strawwe Hartwater omgewing. Hy glo daaraan dat diere net gedip moet word as dit nodig is sodat hul n natuurlike weerstand teen parasiete en bosluise opbou. Aan jongboere sê Francois, “gryp elke geleentheid aan wat jy kan kry, leer uit jou foute en leer by bekwame boere wat al die pad gestap het.”

Johan Gunter van Agriculture.golf gesels met John Melville, Bestuurder Veselverkryging Noord by OKV. Hul praat verder oor die vroegspeen van lammers en die voordele wat n skaapvoerkraal inhou.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse asook die drywers wat hierdie pryse bepaal en beïnvloed.

LUISTER HIER 

21/05/2024

Kondisietelling van beeste moet op strategiese tye reg gedoen word. Die tellings vir koeie moet vier keer per jaar gedoen word naamlik voordek, wanneer die bulle uitgehaal word na dektyd, middel herfs wanneer kalwers gespeen word en sestig dae voor kalwing.  Dit is n aanduiding in watter fase n dier se kondisie is, n opbouende fase, afbrekende fase en n oorgangsfase.  In ons program van 21 Mei gesels ons hieroor met Dr Danie Odendaal Direkteur Veeartsnetwerk. Hy verduidelik hoe kondisietelling gedoen word.

Arthur de Villiers van AG Bonsmaras praat oor die Myostatin geen en maan dat telers nie bulle wat die geen dra, gebruik moet word by eerstekalf verse nie. Hy praat ook oor sy teelbeleid en verduidelik hoe hul al drie geslagte lank selekteer om eenvormigheid te verkry in sy kudde.

Danie Dames, Rasdirekteur van die Angus Beestelersgenootskap, gesels oor die eienskappe van hierdie beesras.  Hul moet fenotipies korrek wees.  Hy praat ook oor navorsing wat gedoen is tov vleiskwaliteite.

Abri Lock van Locklore Santa Gertrudisstoetery praat oor voerkraal bestuur en hoe bulle geselekteer word wat na n jaar in die voerkraal was. Hul moet genoeg vleis dra, daar word gekyk na hul groeivermoë, hul loopvermoë en na die moederlyne.

AJ du Toit van La Rhone Agri verskaf inligting oor die voordele van die Limousin beesras. Hierdie beesras se kruiskallers is gesog in die voerkraal, hulle het goeie groei tot op speen, die voeromsetverhouding is goed en pas goed aan die die Wes-Kaap waar AJ met hulle boer.

20/05/2024

As dit kom by veldbestuur en weidingstelsels dan is dit eerstens noodsaaklik dat n voorraadopname gedoen word op jou plaas. Vergewis jou van die geologie van jou area want die moedergesteentes bepaal die grondtipe op die plaas. In ons program van 20 Mei gesels ons hieroor met Arnaud le Roux, Onafhanklike Weidingkundige. Hy verduidelik dat grondprofiele geneem moet word, ons saaiboere is vertroud met hierdie praktyk maar weidingsboere kan gerus ook ‘n venstertjie oopmaak’  en kyk wat onder die grond aangaan.  Dit is die fondasie van ons weiding

Frits van Oudshoorn, Mede-Direkteur van Africa Landuse Training, praat ook oor weidingsbestuur en sê dat dit wenslik is om opnames te maak in verskillende kampe om te bepaal wat die spesiesamestelling en grasproduksie daar is en dan kan jy begin om berekeninge te maak oor hoeveel vee jy vir hoe lank in n kamp kan laat wei.  Jy kan meer geld maak van meer gras.

Pof Hannalene du Plessis van die Noord-Wes Universiteit verskaf inligting oor navorsing wat gedoen is op die Herskommandowurm.  Hierdie sub-tropiese plaag kan nie oorwinter in die koue areas van ons land nie.  Die doel van die studie was onder andere om te kyk na die temperatuurbehoeftes van die wurm.

Jannie Myburgh van Myburgh toerusting gesels oor die herstel en instandhouding van jou grensdrade. Hy verduidelik die stappe wat gevolg word as nuwe drade gespan word…dis n taak wat nie sommer in een dag afgehandel word nie en dan gesels Eugene van Niekerk van C-Track oor hul tegnologie maatskappy en hul doel om bates te monitor en bestuur.

 LUISTER HIER

17/04/2024

“Die landbousektor is die enigste sektor in ons land wat gegroei het in die afgelope 10 jaar.  Dit is ook die sektor wat die meeste werkgeleenthede geskep het, dubbel soveel as die mynbou sektor.”  So sê Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom.  In ons program van 17 Mei vertel hy dat die prestasies van kommersiële landbou te min erkenning kry. Ons landbouers verdien elke dag n staande ovasie. Hy praat ook oor selfregulering en hoe verskeie sektore in die landbou die ‘wiele aan die rol’ hou.

Christoff Pretorius, Regsadviseur by die LWO Werkgewersorganisasie verskaf inligting oor wysigings in die KVBA se reëlboek. Die wysigings hou verband met die nakoming van die POPI wetgewing, die betekening van dokumente, kondonasie aansoeke, uitstel aansoeke en die picketing reels.

Fanie Smuts, Hoof van Verkope by Mahindra SA, praat oor uitbreidings tov hul aanleg naby Durban en hul planne vir die res van die jaar.

Willem van Jaarsveld plaas die fokus op ‘heersende winde van die lewe’ en hoe jy in tye soos dit regop bly en hoe jy ander kan help wat sukkel om kop bo water te hou. Hy verduidelik sy boodskap aan die hand van die Kaapse Dokter wat veroorsaak dat bome windskeef staan.

Nelia Richter, Adjunk Redakteur van Landbou Weekblad, praat oor hul uitgawe wat tans te koop aangebied word.

 Luister Hier

16/05/2024

Vir menige jagter is dit goeie nuus as die jagseisoen se ‘deure’ oopgaan hier in Mei maand.  Voorbereidings vir hierdie jaar se jag ekspidedisie het reeds in aanvang geneem toe die laaste skoot afgetrek is verlede jaar J Die jagbedryf vorm n belangrike deel van die SA ekonomie en moet gekoester word. Tydens die jagtog moet jagters te alle tye n kultuur volg van veilige en veranttwoordelike vuurwapen gebruik.  In ons program van 16 Mei verduidelik Boetie Kirchner, Bestuurder Jagsake by SAJWV die algemene reëls wat gevolg moet word. Hanteer die wapen asof die gelaai is, wys die loop in n veilige rigting, hou jou vinger van die sneller totdat die visier op die teiken gerig is en identifiseer en bevestig jou teiken voordat jy die sneller trek.

Chanelle Steenekamp, Genetiese en Tegniese Adviseur by SA Stamboek gesels oor kuddeverbetering deur gebruik te maak van produksiedata en Dr Albert Schutte, Tegniese en Genetiese Bestuurder van Alzu Pig Genetics, handeldrywend as PIC SA, praat oor verskillende beerlyne in die varkbedryf naamlik terminale beerlyne en moederlynbere.

Cindy Nkgoeng, Menslike Hulpbronbestuurder by Beefmaster Groep praat oor opleiding vir hul werkers en verskillende geleenthede wat gebied word aan hul om hul kwalifikasies te verbeter.  Fanyana Bikwa, Ontbeningsbestuurder by Beefmaster Groep is as algemene werker aangestel in 2008 en vandag, nadat hy n hele aantal kursusse voltooi het, bestuur hy die Ontbeningsfasiliteit met 325 werknemers in sy sorg. Dit bewys dat waar daar n wil is, daar is n weg.

LUISTER HIER
15/-5/2024

Seisoen en omgewing speel n rol in die toepassing van n parasietbeheer program. Die ekonomiese verliese wat gely word deur inwendige parasiete soos Haarwurm is enorm. Dit kan onder andere lamontwikkeling benadeel, voerinname verlaag en in wolskape kan die wolproduksiepotensiaal van ongebore lammers negatief beïnvloed word. Strategiese dosering is nodig en deur genetiese seleksie en goeie waarneming kan diere geselekteer word wat weerstandig is teen hierdie parasiete. In ons program van 15 Mei gesels ons hieroor met Nico Grobler van Kern Meatmasters. Hy verduidelik hoe hul strategiese beheer toepas.

Johan Gunter van Agriculture.Golf gesels met Melville Ferreira, Bestuurder Vesel by OVK oor die seleksie van ramlammers en die waarde van kruipvoeding.

Kowie de Witt van De Witt Dorper en Wit Dorperstoet verduidelik wat die verskil is tussen die Dorper en Wit Dorperskaap.  Hy gesels ook oor karkaseienskappe van die Dorper en hy vertel hoekom teling vir hom n passie is.

PW de Vos van die Modern Merino Jongooiklub verduidelik hoe hul as groep selekteer vir die beste ooie en hul toetse wat hul doen om voeromset te toets en Nico de Wet van die Ad Libitum Meatmasterstoet naby Askam vertel ons meer oor die ontwikkeling van die Meatmasterskaapras en die aanpasbaarheid van hierdie skape.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, verskaf inligting oor die jongste lewendehawe pryse.

LUISTER HIER- 

14/05/2024

“Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf se betrokkenheid by die Internasionale Suiwelfederasie (IDF) is van groot belang om op die voorpunt van internasionale suiwelsake te bly.  SA is goed verteenwoordig en neem aktief deel aan die IDF se staandekomitees. Die regulatoriese raamwerk vir melk en suiwelprodukte is kompleks en om hierdie landskap te bestuur, is dit noodsaaklik om die rol van die nasionale owerhede en liggame soos die SABS en die Internasionale Standaarde organisasie te begryp.”  So sê Jompie Burger, Besturende Direkteur van die Suiwel Standaard Agentskap. In ons program van 14 Mei verduidelik hy ook watter rol die SSA speel in die bestuur van projekte vir Melk SA.

Rustin Shawe van die Grassfields Droughtmaster stoet boer tussen Wakkerstroom en Utrecht in KZN. Vrugbaarheid is een van die belangrikste eienskappe waarvoor daar geselekteer word. Hy verduidelik hoe hulle dit doen en praat ook oor hul teelbeleid tov bulle. Tegnologie soos KI en embiospoeling word gebruik in hul teelprogram en doelgerigte rekordhouding is nie onderhandelbaar nie.

Roelie van Reenen, Verskaffingsketting Bestuurder van die Beefmaster Groep, lug sy mening oor die jongste uitbreking van Bek en Klouseer in die Oos-Kaap. Gebrekkige biosekuriteit in die area is kommerwekkend en dis tyd dat alle rolspelers in die rooivleisindustrie nou moet saamwerk om biosekuriteitsmaatreëls ‘tot op die letter’ na te kom.

LUISTER HIER 

13/05/2024

Granate is van die oudste vrugte bekend aan die mensdom. In die Klein-Karoo (Karoo-Pak) word daar tans fluks gepluk en die oorsese markte staan gereed om hierdie kwaliteit vrugte te ontvang. Die na-oes-hantering van hierdie vrugte is kernbelangrik. Daar moet gekyk word na hanteringswonde en swamgroei wat moontlik vrugverlies kan veroorsaak.  In ons program van 13 Mei gesels ons met Elrita Venter wat onlangs haar Phd behaal het aan die Universiteit van Stellenbosch.  Haar studie het gehandel oor na-oessiektes, voorkomende maatreëls wat gevolg kan word en toetse om vrugveiligheid te verseker.

Richard Bamberger, Tegniese Bemarkingspesialis Noord by InteliGro, verskaf inligting oor die belangrike funksies van n gesonde wortelstelsel en die uitdagings wat verhoed dat n wortelstelsel optimaal funksioneer.

Kenny Beeton, Streeksontwikkeling en Bemarkingsverteenwoordiger by Nutrico praat oor die hoof bydraende faktore tot grondgesondheid. Hy verduidelik ook die verskillende metodes van saadbehandeling en die voordele wat dit inhou.

Mihan Louw, Besturende Direkteur van African Seeds Group, gesels oor hul samewerkingsooreenkoms met Restore Natural Fertiliser en die IlimaLethu Bemagtiingsprojek. Hierdie projek het ten doel om kleinskaalboere te help met volhoubare groenteverbouing. Opleiding word verskaf. Mihan het n paar goed voel stories om te vertel.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud
09/05/2024

Varkkuddes met n hoë gesondheidstatus is kuddes waar spesifieke aansteeklike siektes afwesig is. Die voordele wat so n gesondheidstatus inhou vir die kudde is dat daar onder andere n verhoogde daaglikse toename gesien worden dat die kudde n beter ekonomiese resultate lewer.  In ons program van 9 Mei gesels ons hieroor met Dr Nadia de Beer van AgriPharmacy wat ook vir Danbred SA konsulteer.  Sy praat oor n paar effektiewe opsies om n lae gesondheidstatus kudde te verhoog. 

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, praat oor Bek en Klouseer en bespreek die siektetekens en die spesifieke optrede wat gevolg moet word om vas te stel of jou diere die siekte onder lede het. Daar is vier fases van optrede.

Johan gunter van Agriculture.Golf praat met die wenner van die Toyota Afslaerskompetisie wat in Bloemfontein gehou is.  Jurie Burger is aangewys as die streekswenner. Later vanjaar sal al die streke se wenners hul ‘staal wys’ sodat die algehele wenner aangekondig kan word. Alan Sinclair, Besturende Direkteur van Vleissentraal Bloemfontein was een van die beoordelaars.

Dr Josef van Wyngaardt verskaf inligting oor die voorkoming van melkkoors deur die korrekte aanvulling in die laaste dertig dae van dragtigheid in melkbeeste en Thapelo Kgosi Ramokala, Dieregesondheid Spesialis by die Beefmaster Groep praat oor dieregesondheid in landelike gebiede veral vir kleinskaal boere.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud.
07/05/2024

Tydens die SA Suiwel Kampioenskappe wat vroeër die jaar plaasgevind het  was daar n rekordaantal inskrywings , 1029 suiwelprodukte van 78 produsente. Die wenners is onlangs aangekondig tydens n spoggeleentheid wat gehou is by Eensgezind buite Durbanville.  In ons program van 7 Mei gesels ons hieroor met Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo. Hy verskaf inligting oor die onderskeie toekennings en die wenners in die verskillende kategorië.

Clement October, Hoof Kaasmaker by Kleinrivier Kaas, het die toekenning ontvang as die Hollard Game Changer van die jaar.  Hierdie jong kaasmaker vertel ons meer oor sy loopbaan en sy passie vir kaasmaak.

Rina en Norman Belcher van Belnori Boutique Cheesery is bekroon met vier Qualité toekennings.  Rina vertel ons waar die verskillende kaas soorte se name hul oorsprong het en gee n boodskap aan jong kaasmakers in die bedryf.

Alta Eybers, Hoof Kaasmaker van Babilonstoren, gesels oor haar pad wat sy gestap het tot waar sy vandag is.  Sy vertel on sook meer oor die waterbuffel Mozarella kaas wat daar gemaak word en waarom kaasmaak so na aan haar hart lê.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud.
 
06/05/2024

Die bemarkingseisoen vir appels en pere het ongeveer sewe tot veertien dae vroeër afgeskop as die 2023 seisoen en hierdie jaar is ons geseën met n beter oes en die gehalte van die vrugte lyk uitstekend. In ons program van 6 Mei gesels ons hieroor met Conrad Fick, Bemarkingsdirekteur van Tru-Cape. Conrad verduidelik wat die invloed is van windspoed as dit kom by die laai van die vrugte in die hawens. Die windspoed wat gemeet is oor die afgelope jaar was die hoogste in jare. Dan is dit onmoontlik om die kratte te laai. Hy verduidelik ook hoe nuwe kultivars bemark word.

Calla du Toit, Verkrygingsbestuurder by Tru-Cape, praat ook oor die kwaliteit van hierdie jaar se pere en appeloes. Die produsente kan trots wees op hulself en dinge wat in hul guns tel is die feit dat hul in nuwe kultivars investeer, hul maak gebruik van nuwe plantsisteme en hul word in die wêreld gereken as betroubare voorsieners van hierdie vrugte.

Kobus Stoop,Besturende Direkteur by Restore Natural Fertilizer, gesels oor die voordele van bio-koolstof en die ooreenkoms wat in samewerking met African Seeds Group en Agri SA Enterprises gesluit is met IlimaLethu.  Die projek verskaf hierdie bio-koolstof produkte aan kleinskaalboere in die Oos-Kaap.

Adnaan, Emeran, Bestuurder, Besigheid en Bemarking Ontwikkeling by ENGEN, verskaf inligting oor hul betrokkenheid in die landbou industrie. Hy praat oor hul ‘Always moving’ veldtog en nooi almal wat NAMPO hierdie jaar gaan besoek uit om die trekker museum te besoek.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis
30/04/2024

Geboortegewig is matig oorerflik en die faktore wat n rol kan speel by geboortegewig is byvoorbeeld heteroses, die koei se gewig en raamgrootte, meerlinge, die geslag van die kalf en die voeding van die koei.  In ons program van 30 April bespreek Leslie Bergh, Direkteur van Bulls Eye Consulting hierdie faktore. Ander faktore is die ouderdom van die koei, genetiese abnormaliteite en die dragtigheidstydperk.

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, praat oor Brucellose wat n staatsbeheerde siekte is. Hy lê klem daarop dat dit n soönotiese siekte is en wat baie gevaarlik is vir mense. Maltakoors en Wisselkoors is nie jou speelmaatjie nie.  Die gebruik van gepasteuriseerde melk word aangemoedig bo die gebruik van rou melk want die bakterium wat die siekte veroorsaak kom voor in die melk van n besmette koei.

Prof Michiel Scholtz, Spesialis Navorser by die LNR Diereproduksie kampus te Irene, gesels oor klimaatslimlandbou en die eienskappe wat koeidoeltreffendheid beïnvloed naamlik speengewig van die kalf, gewig van die koei en vrugbaarheid.  Hy bespreek ook die belang van seleksie indekse.

Pieter Schulenburg van El Gondor Trading verskaf inligting oor die bestuur van n voerkraal en wat van belang is as jy waarde wil toevoeg tot jou boerdery en n voerkraal wil begin. Werk jou kostes deeglik uit, sorg dat jy goeie fasiliteite het en goeie voeding is nie onderhandelbaar nie. Sorg ook dat jy n gesondheidsplan het wat jy saam met jou plaaslike veearts opgestel het.

LUISTER NOU

29/04/2024

Een van die faktore wat die lewensduur van onderstok moederblokke van wingerd kan verkort is wonde op die knoetse wat geïnfekteer word deur patogene wat n negatiese effek het op die plantlote wat gevorm word.  As hierdie infeksies vermy kan word deur snoeiwondbeskerming, die oplei van onderstokke en warmwaterbehandeling dan kan die onderstokke vir n hele aantal jare met sukses gebruik word.  In ons program van 29 April gesels ons hieroor met Dr Wynand  van Jaarsveld, Graduanti aan die Universiteit van Stellenbosch by die Fakulteit Agri-Wetenskappe. 

Phil Beley, n Slangvanger van Snake Rescue Pretoria, verduidelik waarom dit oënskynlik lyk asof daar hierdie tyd van die jaar meer slange gesien word as in ander jare.  Hy verduidelik ook wat om te doen as jy n slang teëkom…. Hy sê moenie paniekerig raak nie, maar dit is baie makliker gesê as gedaan…..

Aline Meyer, Granduanti aan die Universiteit van Stellenbosch se fakulteit Grondkunde, verduidelik die modelering en bepaling van evapotranspirasie in vrugte en nie-vrugtedraende appelbome.  Sy het haar Phd studie hieroor gedoen in die Grabouw distrik. In hierdie studie is onder andere gevind dat mens verder kom deur besproeiingswater oor langer siklusse te gebruik.

Jannie Myburgh van Myburgh toerusting gesels oor die gebruik van n rolmoer of ook bekend as n stronkkapper en Robert Bergh van die plaas Zeekoevlei naby Clanwilliam praat oor die aanplanting van Rooibostee en die gebruik van dekgewasse in n agt jaar siklus.

LUISTE HIER 

26/04/2024

Landelike veiligheid sluit die hele gemeenskap in en behels nie net die beveiliging van plase, produsente en die werkers in nie.  Die landelike beveiligingstrategie maak voorsiening vir die implimentering van n protokol om toegang tot plase te bestuur asook om n veilige boerdery omgewing te ondersteun.  In ons program van 26 April gesels Johan Gunter van Agriculture.golf met Pieter Kemp, Onder Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee van Vrystaat Landbou. Hul het onlangs in samewerking met die Waaikraal Boerevereniging n veiligheidsopleiding dag aangebied. Talle belangrike sake rakende veiligheid is aangespreek.  Johan Gunter het ook met Landi Wilson, n boervrou, gesels wat hierdie geleentheid bygewoon het. Skerp jou veiligheid op, wees paraat, observer en verander jou roetine.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting oor tendense in die landbou plaaslik asook internasionaal. Hy bespreek onder andere die faktore wat bydra tot ons land se uitvoerverdienste.

Jolene de Villiers, Geoktrooieerde Rekenmeester van BAN, Business Accounting Network, praat oor Trusts en beklemtoon dat n trust deur n kundige opgestel moet word wat die werking van n trust verstaan.

Willem van Jaarsveld laat die fokus val op ‘vryheid’  Dit is nie die omgewing en omstandighede wat maak dat jy vry is nie, maar ons denke begrens ons dikwels.  Reeza Clifford, Assistant Redakteur by Landbou Weekblad verskaf inligting oor hul nuwe uitgawe.

LUISTER HIER 

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud.
25/04/2024

Daar is heelwat studies gedoen om vas te stel of die Suidelike Afrika Kameelperd en die Noordelike Afrika Kameelperd geneties verwant is aan mekaar al dan nie. Navorsing het getoon dat hulle wel verskil. In ons program van 25 April gesels ons met Adriaan Olivier wat sy Phd studie gedoen het tov die Suidelike Afrika Kameelperd in Zimbabwe, die ekologie en hul voedingsbehoeftes.  Hul het n Kameelperdbewaring strategie plan ontwikkel en monitor gedragsverandering in populasies in die Noorde en Suide van Zimbabwe.

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, praat oor die werking van die grootpens en die verskillende prosesse wat daar plaasvind. Hy bespreek ook die belang van winterlekke en waarom ekstra proteien nodig is vir jou vee in die wintermaande.  Bestuur van proteien byvoeding moet in samewerking met jou plaaslike veearts gedoen word.

Dr Andrea Webster, Navorser verbonde aan die Soogdier Navorsingsinstituut by die Universiteit van Pretoria, gesels oor die bedreiging van wild as gevolg van besoedeling. Monitering van die omgewing is belangrik binne en buite beskermde areas.

Jompie Burger, Besturende Direkteur van die Suiwel Standaard Agentskap, verduidelik watter toetse in hul laboratorium gedoen word. Alle toetse word volgens die voedselveiligheid wetgewing gedoen en daar is bepaalde standaarde wat nagekom moet word. Daar is 13 verskillende analises wat gedoen word om te verseker dat ons melk en melkprodukte veilig is om te gebruik.

LUISTER HIER 

24/04/2024

As dit by die seleksie van vee kom dan word dit algemeen aanvaar dat elke veeboer weet hoe dit gedoen word.  Maar, as daar nou iemand is wat niks van veeboerdery af weet nie, wat wil begin boer en vir die eerste keer n veiling bywoon, waar moet hierdie nuweling begin en hoe gaan hy of sy weet watter diere om aan te koop of nie?  In ons program van 24 April verduidelik Chris Potgieter van Klaargoud Meatmasters watter roete die nuweling moet volg. Chris verskaf ook inligting oor die Kalahari Karoo Groep wat hierdie jaar hul 10e bestaansjaar vier en hul 2 veilings wat hul binnekort aanbied.

Deon Saayman, Hoof Uitvoerende Beampte van Cape Wools SA, verduidelik wat die verskil is tussen die RWS en SCWS standaarde.  Deon gee terugvoer oor hul werksaamhede en die pad vorentoe.

Johan Gunter van Agriculture.golf gesels met Elmarie Prinsloo Hoof Uitvoerende Beampte van Bloemskou. Elmarie vertel dat daar hierdie jaar meer as 5500 diere op die skou ten toon gestel gaan word. Die Saalperde hou hul Nasionale kampioenskappe en ongeveer 900 perde sal daar te sien wees. Dan gesels Johan ook met Melville Ferreira, Bestuurder Veselverkryging Noord by OVK oor vroegspeen van lammers en wanneer vroegspeen oorweeg moet word.

Charné Smit van Paradys Meatmasters gesels oor die belang van fenotipe en genotipe in haar kudde en Dr Johnny van der Merwe verskaf inligting oor die jongste lewendehawe pryse.

Dankie aan Klaargoud Meatmasters vir die gebruik van jul fotos.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud.
23/04/2024

Dr Bobbie van der Westhuizen is onlangs aangestel as Waarnemende Hoofbestuurder van SA Stamboek met ingang van 1 Julie.  In ons program van 23 April gesels ons met hom  oor sy loopbaan, sy liefde vir diereteling en genetika en wat sy werksaamhede tans by SA Stamboek behels. Hy verduidelik dat sy werk tweeledig is.  Aan die een kant is hy nou betrokke met navorsing, opleiding en genetiese evaluasies en aan die ander kant is hy in beheer van die datastelsel en programme om sodoende data wat versamel word om te skakel na moeitevrye en bruikbare informasie. Dr Bobbie sê dat die belange van elke produsent en teler eerste gestel word.

Johan Mouton, Tegniese Bestuurder by Molatek, gesels oor goeie voeding en die gebruik van jong bulle vir teling op n vroeë ouderdom. Vinnige groei is nie noodwendig beter produksie nie en diere se beenstruktuur moet goed ontwikkel word. Hy praat ook oor hoef-uitgroei en voeding en genetiese verwantskap. Sorg dat jou jong bulle op n goeie voedingsplan is en goeie ruvoer moet deel uitmaak van daardie plan.

Thalia Bramheld, Tegniese Adviseur by SA Stamboek, verskaf inligting oor hul Elite Nasionale Byeenkoms asook die seminar wat aangebied word. Die tema van die seminar is veerkragtigheid in die veebedryf.

Melville Ferreira, Senior Navorser en Tegnikus by die LNR Vleisverbeteringskampus op Armoedsvlakte, praat oor die nuwe datums wat nou beskikbaar is vir die toetsing van jong bulle.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud
22/04/2024

As dit kom by veldbrande, dan is goeie voorbereiding uiters belangrik sodat wanneer n veldbrand op jou plaas of op n buurplaas voorkom dat daardie brand so gou as moontlik geblus kan word. Dit is hier waar jou plaaslike brandbestrydingsvereniging en jy as lid n belangrike rol speel om brande pro-aktief te voorkom.  Brandbane het vyf funksies, dit voorkom dat vure van een plaas na n ander oorkom, dit dien as beheerlyn, dien as ankerpunt, gee jou toegang na n brand en dien as ontsnappingsroete om vee uit die brandgebied te verwyder.  In ons program van 22 April gesels Johan Gunter van Agriculture.golf met Johan Breytenbach van MAFPA.

Arnaud le Roux, Bestuurslid van die Bela Bela Brandverening, praat oor die toerusting wat gebruik word om brande te beveg.  Hy gesels ook oor die maak van brandbane en sê dat niemand mag sê dat n brand nie op sy plaas kan begin nie of dat sy of haar veld kan afbrand agv n wegholvuur wat van n buurplaas af kom nie.

Hans-Jurie Moolman, Prokureur en Mede-Direkteur van Moolman en Pienaar Ing, bespreek die Nasionale Veld en Bosbou Wet.  Hierdie wet bevat onder andere spesifieke riglyne waarvolgens daar brandbestrydingsverenigings moet wees in alle streke van ons land.

Stephan Marais is die Bemarkings en Ontwikkelingsbestuurder by Rovensa Next in Sub-Sahara Afrika.  Hy praat oor hul biologiese oplossing wat hul bied aan ons boere.  Hy verskaf ook inligting oor witroes op druiwe en hoe om dit voorkomend te beheer.  Janus Fourie, Algemene Bestuurder van Weideman Voere gesels oor nuwe uitbreidings in hul besigheid en watter produksielekke hierdie tyd van die jaar gegee kan word vir jou vee.

LUISTER HIER 

19/04/2024

Landbou ekonome het onlangs n opname gemaak tov die stand van sake tans en watter koers produsente wil inslaan om hierdie jaar hul winsgewendheid te verhoog. In hierdie opname is bevind dat 40% van ons landbouers minder grond wil huur in die komende jaar en dat hul eerder gaan investeer in hul eie boerderye om produksie te verhoog. In ons program van 19 April praat Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom hieroor en maan dat produsente vroegtydig hul opgedateerde kontanvloeistate moet indien vir tekorte wat verwag word. Die finansieringsproses is n stadige proses, so handig betyds jou state in.

Jolene de Villiers van BAN, Business Accounting Network, verduidelik die proses wat gevolg word indien jy jou eie besigheid wil begin.  Jy gaan jouself n paar vrae moet vra byvoorbeeld, wat jou doelwit is wat jy wil bereik vir die volgende 5 tot 10 jaar, hoeveel mense jy gaan betrek, wat die koste en belasting implikasies is en watter entiteit jy gaan kies.

Luan van der Walt, Landbou Ekonoom by Graan SA, praat oor die graanwaardebedryf wat n belangrike rol speel in die plaaslike landbou ekonomie. Hy bespreek die hele waardeketting en die rol wat elkeen speel.  Die waardeketting begin reeds voor die primêre produksie en elke skakel in die ketting is ewe belangrik.

Willem van Jaarsveld plaas die fokus, in hierdie program, op die dinge wat mense in jou lewe oor jou gesê het, dit wat jy geglo het die waarheid is en wat in werklikheid n leuen was. Elkeen is uniek geskape en elkeen kan n verskil maak met die talente wat hy of sy ontvang het. Dan verskaf Alani Janeke, Senior Redakteur van Landbou Weekblad inligting oor hul jongste uitgawe.

LUISTER HIER 

18/04/2024

Een van die belangrikste siektes onder skape en bokke is Bloednier.  Die siekte word veroorsaak deur die epilon-gifstof van die Clostridium perfringens tipe D-bakterie wat normaalweg voorkom in die dermkanaal van skape en bokke.  Daar is nie baie tekens waarop produsente kan let nie en lammers met akute Bloednier kan binne twee ure vrek.  In ons program van 18 April gesels ons hieroor met Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk.  Hy bespreek ook verskillende soorte Sponssiekte wat in beeste voorkom.

Dr Driekie Fourie is Aalwurmkundige en Tegniese Produkleier van Seedcare by Syngenta. Sy praat oor die verskuilde impak wat aalwurms het op verskillende graangewasse in ons land. Aalwurm is onsigbaar en soos sy sê,  “uit die oog, uit die hart”  Sy verduidelik hoe jy die besmetting kan uitken.  Dr Driekie gesels ook oor die voordele wat dekgewasse inhou. Dit sit organiese materiaal terug in die grond en verbeter grondgesondheid.

Sarel Visser is die Voorsitter van die Kliprand Landbou Vereniging.  Hierdie vereniging is al meer as 70 jaar oud en het ten doel om landbou en landbou-ekonomie te bevorder. Hy praat ook oor sy eie skaapboerdery.  Sarel sê dat landbou in vandag se tye nie net horisontaal moet uitbrei nie maar ook vertikaal.  Hy verduidelik dat ons nuut moet dink oor boerdery in die toekoms.

17/04/2024

Kinders is soos sponse, hulle hoor en sien meeste van die tyd alles wat gesê en gedoen word. Hul doen nie noodwendig altyd wat daar vir hul gesê word om te doen nie, soos bed op maak en so aan nie,  maar afkyk…. Dit doen hulle meesterlik.  Dit is wat Peter Scholtz van Vrede Meatmasters naby Upington van kleins af gedoen het.  As pa Petra Scholtz skaap geboer het, dan was Peter van kleintyd af soos n skaduwee langs sy pa.  In ons program van 17 April vertel hy ons wat sy pa hom alles van boerdery geleer het en wat die waarde is van ou ooie. 

Johan Gunter van Agriculture.golf gesels met John Melville, Bestuurder Vesel by OVK oor skaapbestuur.  In hierdie program verskaf John inligting oor paartyd, die toetsing van die ramme en die besluit of daar gebruik gemaak gaan word van KI, Laparoskopie of natuurlike paring.

Dr Helena Theron, Senior Genetikus by SA Stamboek, verskaf inlingting oor die stappe wat geneem moet word om effektief genetiese verbetering in jou kudde te verkry.  Om winsgewendheid te verhoog, kan een van twee rigtings gekies word.  Dit is om jou uitsette te verhoog of om jou insette te verlaag en met laasgenoemde word daar geselekteer om funksionele doetreffende diere in jou kudde te behou en te verbeter.

Dankie aan Petra Scholtz en Karoo Livestock Exports vir die gebruik van jou fotos.

LUISTER HIER

16/04/2024

Daar is mos net iets anders aan kantoorwerk as jou kantoor in die natuur is en jy tussen jou diere kan wees.  En as jy boonop die beste selfoon opvangs het op die koppie wat uitkyk op die plaas dan kan mens lank gesels oor jou passie vir jou boerdery en die diere waarmee jy boer. In ons program van 16 April is dit presies wat Lize Scheepers van Contadina Chianina Stoet doen.  Lize boer tussen Clarens en Bethlehem. Sy vertel ons meer oor haar ‘mooi majestieuse wit reuse met die hul saggeaarde temperament’.  Daar is n spesifieke teelprogram wat sy volg en sy bespreek die belang van suiwer teling met die Chianina beesras.

Alheit du Toit, Professionele Veekundige by Feedtek, praat oor die belang van gebalanseerde spoormineraal aanvulling en die rol wat dit speel in n vleisbeesgesondheidsprogram. Die aanvullings moet oordeelkundig toegepas word en daar is verskeie faktore wat  n rol speel en in ag geneem moet word om komplikasies te voorkom.

Jason Redding, Genetikus by SA Stamboek, verduidelik hoe die korrekte  gebruik van data met probleem oplossing kan help in jou kudde. Data wat by SA Stamboek beskikbaar is, is deur die jare versamel en nuwe data en tegnologie is n groot hulpmiddel vir veeboere en die verbetering van hul kuddes.

LUISTER HIER -

15/04/2024

In 1895 het die Sweedse Nobel pryswenner Svante Arrhenius reeds gesê dat daar oor jare n opbou gaan wees van CO2 as gevolg van die verbanding van steenkool, olie, ensovoorts  en in 1938 het die Engelse Stoom Ingenieur Guy Callendar aan die ‘Royal Meteorological Society’ in Londen genoem dat klimaatverandering n werklikheid is. Sedert daardie jare is al menige navorsing en studies gedoen.  In ons program van 15 April gesels ons onder andere hieroor met Dr Corrie Swanepoel, Senior Navorser by die LNR Grond, Klimaat en Water Kampus. Sy praat oor die instrumente wat gebruik word om dit te meet.

Dr Gerhard Verdooorn, Operasionele en Rentmeesterskap Bestuurder by Croplife SA praat oor die bespuiting van plaagdoders en verduidelik dat gewasskade veroorsaak kan word indien die voorskrifte op die etikette nie gevolg word nie. Spuit op die regte tyd, nie voeg oggend wanneer die ryp nog op die plante lê nie en die wind moet nie meer as 15 km ph wees nie. Lig jou bure in indien jy jou landerye gaan bespuit.

Henk Jacobs is die Algemene Bestuurder by Lebone Paarl Labels.  Hul vorm deel van die waardeketting in die wyn industrie. Hy verduidelik hoe die proses verloop vandat die produsent n spesifieke etiket op sy bottel wyn wil hê totdat die finale etiket gedruk word.

Louise Rabie van Willow Creek Olyf Landgoed praat oor die verskillende soorte olyfolie en wat dit beteken as daar van suiwer olyfolie gepraat word. Sy draai n paar mites die nek in en sy verduidelik ook hoe olyfolie geberg moet word nadat die bottel oopgemaak is vir gebruik.

LUISTER HIER 

11/04/2024

Vuilbeksiekte is n soönose en hierdie vratagtige siekte is pynlik vir bokke en skape wat dan letsels veroorsaak in die vel. n Soönotiese siekte beteken dat dit oorgedra word van n dier na die mens. Vuilbeksiekte kan verwar word met siektes soos Vrotpootjie, Bloutong, swamsiektes en klontwol. In ons program van 11 April gesels ons hieroor met Dr Dave Midgley. Hy verduidelik wat die simptome is, watter behandeling toegepas kan word en sê dat voorkoming die eerste prys is in die beheer van siektes.
Van Aarde Pretorius is die Stigter en Direkteur van OneFlexbox. In die tyd waar ons agter slot en grendel geplaas is het Van Aarde sy besigheidsplan ontwikkel. Hierdie plan van hom was om n kompakte gimnasium te ontwerp wat in n beperkte spasie pas maar wat voorsiening gemaak het vir meer as 150 verskillende oefeninge. Vir persone wat vêr van n gimnasium is, is hierdie n ideale oplossing, veral as ek dink aan ons vroue en manne in die landbou wat graag ekstra oefeninge wil doen. 
Steven Payne, Algemene Bestuurder van Urban Farmer, praat oor hul besigheid en hoe hul in ons land en in verskeie Afrika lande hul voerprodukte aan produsente lewer. Nie net konsentreer hul daarop om die gesondste en beste voerprodukte vir lewendehawe te verskaf nie, maar opleiding is kardinaal belangrik.
Dr Didi Claassen, Algemene bestuurder by Afrivet, verduidelik wat die verskil is tussen Afrika Rooiwater en Asiatiese Rooiwater en sê dat dit belangrik is om gereeld tussen jou diere te wees en op te let of daar bosluise aan die diere is want wanneer jy die bosluise sien dan is baie van die diere al klaar siek.

10/04/2024

“Lammers moet so vroeg as moontlik blootgestel word aan kruipvoer som sodoende die hoogste groei per kilogram voer te verkry. Hoe gouer hoe beter. Kruipvoer kan aan lammers gegee word wat vroeg gespeen gaan word om die ooi sodoende weer vroeër beset te kry, meerlinge wat melkvoorraad moet deel en lammers wat op swak weidings aankom.” So sê Jacques Jansen van Vuuren in ons program van 10 April.  Hy praat ook oor die vermindering van speenskok en die invloed wat kruipvoeding het op n skaap se wolproduksie later in die dier se lewe.

Hannelet Jordaan, Veekundige en Data Analis by BKB verduidelik die werking van die DSS stelsel en hul samewerking met SA Stamboek.  Die DSS stelsel is n bykomende besluitnemings-hulpmiddel wat die produsent in staat stel om data in te samel, ontledings te doen en dit dan te gebruik om genetiese vooruitgang te bewerkstellig.anHhhJKLMNKL FDE

Urbanus Badenhorst, Bemarkingsbestuurder by Lubern Voere, verskaf inligting oor die rol wat minerale en vitamiene vervul om optimale produksie vlakke te handhaaf. Hy praat oor die mees kirtiese periodes in n skaap se produksie siklus waar voeding n groot rol speel. Liggaamskondisie is ook baie belangrik.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT, gee verslag oor die stand van sake rakende die jongste graan en lewende hawe pryse.

LUISTER HIER

09/04/2024

Wanneer jy jou kudde geneties wil verbeter, dan is dit belangrik dat jy die huidige genetiese vlakke van jou kudde moet ken.  Daar is twee maniere hoe om dit te doen, dit is deur stamboom inligting en prestasie toetsing.  Jy moet ook n vaste teelbeleid hê wat gerig is op eienskappe wat wins verseker.  In ons program van 9 April verduidelik Schalk Greyling, Tegniese Adviseur by SA Stamboek hoe genetiese vordering gemaak word. Hy sê dat jou teelbeleid nie elke kort kort moet verander nie… teling is n langtermyn oefening.

Gert Brits boer met Santa Gertrudis beeste in die Kameel omgewing. Hy gesels oor teling en doelgerigte parings vir genetiese vordering. Vrugbaarheid is belangrik want die koei moet elke jaar vir jou n kalf produseer.  Dis waar jou ‘rande lê’. Jy moet ook tussen jou diere wees, neem waar wat in jou kudde gebeur en onthou dat genomika n hulpmiddel is vir seleksie.

Pieter Bronn, Veekundige by  Feedtek, praat oor die ontwikkeling van die rumen in melkverse.  Verskalfies is die koeie van die toekoms en behalwe goeie biesmelk moet goeie voeding op vroeë ontwikkeling van die rumen gemik wees.

Jompie Burger, Besturende Direkteur van die Suiwel Standaard Agentskap, verduidelik die belang en werking van hul laboratorium dienste. Die inligting wat bekom word deur hierdie toetse word beskikbaar gestel aan die suiwel industrie en die verbruiker.

LUISTER HIER 

08/04/2024

Die planne wat landbouers maak om uitdagings te oorkom is nimmereindigend. In ons program van 8 April vertel Wimpie van Niekerk van Van Niekerk boerdery naby Caledon hoe hy beurtkrag, met die hulp van Tru-Cape, n opstopper gegee het. Hy vertel dat, nadat hul sonpanele geïnstalleer het, hul hul koolstofdioksied vlakke verminder het en 45 nuwe vrugtebome aangeplant het. As produsent van uitvoer pere en appels, is dit hul misie om die beste kwaliteit vrugte te lewer. Die bewaring van hulpbronne en die omgewing is hoog op hul prioriteitslys.

Henk Griessel, Gehalte Bestuurder by Tru-Cape, praat oor hoe hul die probleme oorkom tov uitvoere en die sukkelende hawens. Hy verduidelik hoe hul die koueketting in stand hou, watter ondersteuning hul aan hul produsente gee en sê dat hul besig is met proewe ten opsigte van n nuwe peer kultivar.

Jannie Strydom, Hoor Uitvoerende Beampte by Agri-Wes-Kaap, gee vir ons goeie nuus uit hul provinsie. Landbou en sy mense leen nie hul ore uit aan die geraas rondom hulle nie, hul hou aan om voedsel te produseer vir ons verbruikers. Aan elke landbouer in SA, baie dankie vir jul harde werk, die lang ure wat jul werk, dat jul aanhou planne maak. n Opregte dankie.

Kobus Stoop is die Besturende Direkteur by Restore. Hy gesels oor die voordele wat bio-koolstof inhou en hoe dit gebruik word.

LUISTER HIER

05/04/2024

Om probleem-dier beheer toe te pas verg deurlopende bestuur.  Daar is verskeie oplossings en een daarvan is die span van jakkalsdraad.  Wanneer die draad gespan is, dan is jy nie klaar met predasiebestuur nie.  Daardie draad moet instand gehou word. In ons program van 5 April gesels Willem van Jaarsveld hieroor.  Hy vergelyk die span van jakkalsdraad om predasie te bestuur met n mens se denke wat deurlopend byvoorbeeld negatiwiteit hok te slaan.  Daar is baie om voor dankbaar te wees, baie nuwe planne wat gemaak kan word en nuwe geleenthede te benut. Maak jou denke ‘jakkals proef’

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting oor die tendense in die landbou plaaslik sowel as internasionaal. Ten spyte van moeilike ekonomiese tye is daar ook goeie nuus. Hy vertel ons meer daarvan.

Xander Levendal, Regsadviseur by die LWO Werkgewersorganisasie, praat oor geloof in die werkplek en die reg tot Vryheid van godsdiens en kultuur wat n grondwetlike reg is. Hy gesels oor n paar sake wat in die hof gaan draai het en wat die uitkoms daarvan was.

Liana Mocke, Senior Joernalis by Landbou Weekblad, gee vir ons inligting oor hul nuwe uitgawe wat op die winkelrakke te koop aangebied word en Arnold van Noord van Litera Blue Star praat oor verskillende huwelikskontrakte en hoe hul elkeen verskil.

LUISTER HIER

04/04/2024

As dit kom by die seleksie van n teelbul, dan is akkurate en volledige reproduksiedata kernbelangrik.  Watter kant toe ook gekies word, goed of sleg, die hele kudde se genetiese samestelling verander oor n tydperk van 5 jaar.  n Keuse-fout word nie binne in n oogwink herstel nie.  In ons program van 4 April gesels ons hieroor met Eric Joosten, Tegniese Adviseur by SA Stamboek. Hy praat oor die funksies van n teelbul.  Die bul moet huidige produksie vlakke binne die kudde behou, strukturele korrekte diere teel en tekortkominge verbeter.

Dr Heinz Meissner Navorsing en Ontwikkeling Programbestuurder by Melk SA praat oor volhoubaarheid in die suiwel industrie en Jompie Burger, Besturende Direkteur van die Suiwel Standaard Agentskap gesels oor die voordele van gepasteuriseerde melk en die doel van die hittebehandelingsproses. Roumelk moet aan voedselveiligheid en kwaliteit vereistes voldoen.

Arnaud le Roux, Onafhanklike Weidingkundige en Eko-Konsultant verskaf inligting oor die rol wat die vlermuis speel in die natuur.  Dis n bogstorie dat vlermuise in jou hare in vlieg. Daar is 7 vrugte vretende vlermuis spesies in ons land en 65 insekvretende vlermuis spesies.

LUISTER HIER 

03/04/2024

Korrekte  voedingspraktyke is een van die basiese beginsels wat gevolg moet word om te verseker dat ooie hul melkproduksie realiseer en dat n hoë persentasie lamoorlewing behaal word.  In ons program van 3 April gesels ons hieroor met Alheit du Toit, Professionele Veekundige by Feedtek. Navorsing het bevestig dat die voeding en bestuur van die ooi tydens dragtigheid en laktasie ook die vrugbaarheid, speengewigte en die wolproduksie van die ooi beïnvloed.

Shaun Mockford van Mockford Farms is ook die President van die SA Varktelersgenootskap.  Hy praat oor die speenproses van varkies en sê dat hierdie fase so stresvry as moontlik moet verloop. Goeie kwaliteit kos moet gegee word, behuising moet skoon en gemaklik wees en voldoende skoon water is belangrik. “Feed the right pig the right feed at the right time” en dan is sukses gewaarborg.

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, gesels oor Skaapbrandsiekte wat n aanmeldbare siekte is. Drie belangrike biosekuriteitsreëls geld naamlik, moenie siek skape in jou plaas bring nie, as hy op jou plaas is beheer die siekte dat dit nie versprei nie en moenie die dier aanstuur na n volgende plaas nie.

CJ Badenhorst van Op Vakansie Boerdery vertel ons meer oor die Ronderib Afrikanerskaap en sy unieke eienskappe. Hierdie skaap word met sukses as koggelramme gebruik asook in n kruisteelstelsel.

LUISTER HIER 

02/04/2024

In leketaal word uitslagpersentasie van n karkas bereken deur die warm karkasmassa deur die lewendige massa as n persentasie uit te druk.  Die gewig op die plaas is nie die korrekte syfer om te gebruik nie, die dier word by die abattoir geweeg net voor verdowing.    Daar is ook n paar aspekte wat n invloed het op karkasmassa byvoorbeeld kneusings en vet. In ons program van 2 April gesels ons hieroor met Johan Odendaal, Senior Beoordelaar van SAFJA.  Hy verduidelik hoe die vetheidklassifikasie by die abattoir bepaal word, wat die vyfde kwart is en sê dat n bees n huid het en n skaap n vel.

Dr Helena Theron, Senior Genetikus by SA Stamboek, praat oor dubbelbespiering. Die geen veroorsaak wanfunksionaliteit en werk nie in ekstensiewe omgewings nie. Daar is 2 mutasies in SA wat baie nadelig is in n vleisbeeste. Sy verduidelik dat daar genetiese toetse is wat kan bepaal of die Miostatin geen in n bees is. Maak seker dat jou bulle skoon is want dit het n groot invloed op hul nageslag.

Fanus Fourie van De Vette Chianina Stoet naby Riversdal vertel dat sy stoetboerdery begin het as n stokperdjie. Hy praat oor sy betrokkenheid by jeugskoue en hoe hierdie beesras baie goed vaar as gevolg van hul goeie temperament.

Hennie Snyman, Professionele Veekundige van Paradigm Landboukundige Adviseurs, sê dit is n kuns om n funksionele dier te teel wat in fyn balans is. Hy praat oor teeldoelwitte en verduidelik ook dat as jy vordering wil maak, dan moet jy alles van n bul af weet… nie net katalogus inligting nie.

LUISTER HIER- 

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

28/03/2024

Daar is baie beskrywings van hoop en een daarvan is dat hoop n strategie is.  Die elemente van hoop is, dat daar n begeerte vir n beter toekoms moet wees, dat jy moet glo dat jou doelwitte realisties is en dat jy hard moet werk en glo dat jy toegang tot hulpbronne gaan kry om jou planne in werking te stel.  Prof Johan Willemse sê in ons program van 28 Maart dat hy bietjie navorsing gaan doen het oor wat hoop is en hoe dit beskryf kan word. Strategies moet jy jouself sielkundig instel, jy moet versigtig wees vir depressie en kry hul as dit nodig is… dis nie n skande om hulp te vra nie. Kyk na jou kontantvloei, kyk waar jou tekorte is en sny op jou huishoudelike uitgawes want dit kan n meulsteen om jou nek word. Hy gee nog n paar goeie wenke. Luister gerus saam na sy boodskap.

Leana Mocke, Senior Joernalis by Landbou Weekblad praat oor hul nuwe uitgawe en Dr Karen Wessels van Mamre Genetika praat oor haar loopbaan in die landbou. Wanneer dinge besig raak, dan sorg sy dat sy tyd maak om te rus. Haar Nooitgedacht perdestoet is een van haar vreugdes in die lewe.

Willem van Jaarsveld bring vir ons n Paasfees boodskap en plaas die fokus op verandering wat in drie dae kan gebeur. Daar is altyd hoop.

Gerda le Roux het ook n boodskap vir ons landbouers hier in Paastyd. Sy herinner ons landbouers dat hul elk n roeping het, dat hul aangestel is as herders, of jy nou met vee boer of graanboer is of met wat ookal boer…. Jy is n herder van jou besigheid met n spesifieke opdrag wat jy ontvang het vanuit die ‘Hemelse Departement van Landbou’  Dankie vir jul harde werk en  deursettingsvermoë.

LUISTER HIER- 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

26/03/2024

Daar is baie beskrywings van hoop en een daarvan is dat hoop n strategie is.  Die elemente van hoop is, dat daar n begeerte vir n beter toekoms moet wees, dat jy moet glo dat jou doelwitte realisties is en dat jy hard moet werk en glo dat jy toegang tot hulpbronne gaan kry om jou planne in werking te stel.  Prof Johan Willemse sê in ons program van 28 Maart dat hy bietjie navorsing gaan doen het oor wat hoop is en hoe dit beskryf kan word. Strategies moet jy jouself sielkundig instel, jy moet versigtig wees vir depressie en kry hul as dit nodig is… dis nie n skande om hulp te vra nie. Kyk na jou kontantvloei, kyk waar jou tekorte is en sny op jou huishoudelike uitgawes want dit kan n meulsteen om jou nek word. Hy gee nog n paar goeie wenke. Luister gerus saam na sy boodskap.

Leana Mocke, Senior Joernalis by Landbou Weekblad praat oor hul nuwe uitgawe en Dr Karen Wessels van Mamre Genetika praat oor haar loopbaan in die landbou. Wanneer dinge besig raak, dan sorg sy dat sy tyd maak om te rus. Haar Nooitgedacht perdestoet is een van haar vreugdes in die lewe.

Willem van Jaarsveld bring vir ons n Paasfees boodskap en plaas die fokus op verandering wat in drie dae kan gebeur. Daar is altyd hoop.

Gerda le Roux het ook n boodskap vir ons landbouers hier in Paastyd. Sy herinner ons landbouers dat hul elk n roeping het, dat hul aangestel is as herders, of jy nou met vee boer of graanboer is of met wat ookal boer…. Jy is n herder van jou besigheid met n spesifieke opdrag wat jy ontvang het vanuit die ‘Hemelse Departement van Landbou’  Dankie vir jul harde werk en  deursettingsvermoë.

LUISTER HIER 

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

25/03/2024

Die somersaaigebiede gaan gebuk onder erge droogte toestande en as die reën wel nou kom, dan is dit te laat om die oeste te red.  Die vraag word gevra: “kan n mens kuilvoer maak van daardie mielies en ander gewasse of nie?”  In ons program van 25 Maart beantwoord Prof Robin Meeske, Spesialis Navorser aan die Outeniqua Navorsingsplaas hierdie vraag.  Hy sê dat plante dikwels baie droeër lyk as wat hulle werklik is.  Om gewoonlik kuilvoer te maak, word optimale droeë material van 35% benodig maar goeie kuilvoer kan steeds gemaak word hier by die 55% rond. Maar, daar is n paar kritiese aspekte van belang soos, kompaksie moet reg wees en die plant moet baie fyn gekerf word en die pitte moet gebreek word. Hy verduidelik ook wat stoekmielies beteken.

Hans-Jurie Moolman, Direkteur van Moolman en Pienaar Prokureurs Ingelyf praat oor myn- en prospekteerregte en die prosesse wat gevolg word as daar op jou grond geprospekteer wil word. Ondergrondse regte is onder voogdyskap van die staat en daar is n hele paar wetlike prosesse wat gevolg moet word, onder andere ook n omgewingsimpakstudie wat gedoen moet word.

Dr Johan Malherbe, Senior Navorser by die LNR Weerkunde Kampus praat oor klimaatverandering oor die afgelope dekades,  navorsing wat gedoen is en die rol wat weerstasies speel tov die insameling van data.

Ilse Ruthford, Besturende Direkteur van Compagniesdrift Wyne, Wynstoor en etikettering verskaf inligting oor hul groei oor die jare en die suksesse wat behaal is. Hierdie is n storie van hoop en dis n bewys dat daar waar n wil is, daar is n weg.

LUISTER HIER 

 ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

22/03/2024

“Met n beraamde 50 biljoen mense wat teen die jaar 2050 daagliks gevoed moet word, kan jy nie verkeerd gaan om n loopbaan te kies in landbou nie”  Dit is die siening van Peritum Agri Institute, n landbou opleiding instituut wat reeds vir meer as 20 jaar by landbou in Afrika betrokke is. Hul lewer n wesenlike bydrae tot die volhoubaarheid van die hele landbou sektor. Praktykgerigte landbou-diploma programme word aangebied  met spesialiteitsrigtings soos diere en plantproduksie.  In ons program van 22 Maart gesels Johan Gunter van Agriculture.Golf met Emmie Pietersen, Direkteur van Peritum Agri Institute oor hul nuwe kursus wat in samewerking met Senwes en Agbiz Graan aangebied word.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting rakende tendense in die landbou plaaslike sowel as internasionaal.  Hy kyk na al die kante van die ekonomiese-munt, lig vir ons die brandpunte uit maar bring ook vir ons goeie nuus byvoorbeeld die daling in aartappelpryse.

Tiaan Botes, Regsadviseur by die LWO Werkgewersorganisasie, praat oor onbetaalde skorsing as n alternatief tot ontslag en die regsraamwerk wat hierby betrokke is. Willem van Jaarsveld laat val die fokus op keuses in die lewe.  Jy kan soos n spinnekop op sy web sit en wag vir geleenthede of jy kan soos n vlermuis geleenthede gaan uitsnuffel. Dan gee Chris Burgess, Redakteur van Landbou Weekblad terugvoer oor die pas afgelope herlewingskonferensie.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud.

LUISTER HIER

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

21/03/2024

In n varkboerdery is die goeie bestuur van sôe kernbelangrik. Jou teeldoelwitte moet streng gevolg word en daar moet gesorg word dat sôe vanaf dekking tot by die kraamsaal in goeie kondisie moet wees. Die bestuur van die droë sog-fase is ook van belang want sy moet herstel na speen, liggaamskondisie moet behou word, voerinname moet gemeet word en daar moet gekyk word na behoorlike sogbehuising.  In ons program van 21 Maart gesels on sonder meer hieroor met CP Kriek van Taaibosch Genetics.

Arnaud le Roux is n Onafhanklike Weidingkundige en Eko-konsultant. Hy praat oor die Krimpvarkie se rol in die natuur en hoe hul een van die natuur se ‘eko-dienste’ is.  Die Krimpvarkie se getalle het geweldig verminder en is een van die bedreigde spesies in ons land. Ons as landbouers kan help om hierdie diertjies te beskerm en hul getalle te vermeerder deur byvoorbeeld korrekte veldbestuur toe te pas.

Anina Hunter, Voorsitter van Afma, gesels oor die rol van die vrou en haar pad wat sy gevolg het in die landbou tot waar sy vandag is. Harde werk, duidelike doelstellings en deeglike voorbereiding is noodsaaklik vir sukses.

Piet le Roux is Plaasmedia se Klimaatslim Ambassadeur vir 2023.  Hy sê dat hy n paar beginsels toepas wat vir hom werk in sy boerdery soos om elke jaar te boer asof dit droogte is, dat hy vooruit beplan en dat hy by sy drakrag norms bly.

LUISTER HIER

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud

20/03/2024

Elke simptoom wat n siek dier toon het n sekondêre komplikasie en hoe langer die dier siek is, hoe langer neem dit vir die dier om gesond te word.  Daarom is vroeë siekte  herkenning baie belangrik. In ons program van 20 Maart verduidelik Dr Leon Kruger die stappe hoe om hierdie herkenning te doen.  Hy vertel ons meer oor die 1-3-5 konsep.  Die nommer een konsep beteken om een dier, een keer per dag, elke dag van die maand en jaar te sien want dan kan jy vroegtydig sien of die dier siektetekens toon. Ondersoek dan die siek dier en behandel betyds.

JP Marais, Afslaer by BKB Sentrale Streek, gee terugvoer oor veilings wat gehou is die afgelope seisoen. Ten spyte van moeilike omstandighede het die produsente puik diere te koop aangebied. Die goeie gehalte en kwaliteit van die diere is n toonbeeld van die produsente en hul harde werk.

Dr Willem Olivier, Produksie Wetenskaplike Landbou Ontwikkelings Instituut op Grootfontein, vertel ons meer oor hul navorsing en ontwikkeling van die Afrino skaapras.  Die skaapras is ontwikkel uit 25% Merino, 25% Ronderib Afrikanerskaap en 50% SA Vleismerino. Hy gesels ook oor prestasietoetsing en sê dat dit die beste manier is om teelvordering te doen.

Jan-Louis Venter, Produksie Adviseur by die NWKV, praat oor die bestuursaspekte tov n herfsprogram. Met herfsparing, sorg dat die ramme getoets is vir geslagsiektes en sorg dat die ooie nie kondisie verloor nie.  Dan verskaf Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT inligting rakende die jongste graan en lewendehawe pryse.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud.

LUISTER HIER 

19/03/2024

Wanneer dit kom by die meting van jou diere, dan moet jou basis reg wees ten opsigte van akkuraatheid. Hoe groter die fout is wat jy inbou, hoe langer gaan dit neem om daardie fout te herstel…. .dit neem gewoonlik jare.  Nou hoe word hierdie syfers gebruik om mededingend te bly in jou industrie? (grootvee, kleinvee en enige ander boerdery)  In ons program vn 19 Maart beantwoord Dr Japie van der Westhuizen, Hoofbestuurder van SA Stamboek hierdie vraag. As jy nie rekords hou en aanteken nie, waarteen gaan jy jou self dan meet?  Hierdie geld nie net vir die stoetboer nie maar ook vir die kommersiële produsent.

Pierre van Nieuwenhuizen van Trippel Blou Chianinas praat oor die waarde van n Chianina in jou kudde en hoe hierdie beesras meer winsgewendheid te weeg gebring het in hul kudde. Hy sê dat boerdery nie n korttermyn besigheid is nie en dat jy reg moet begin deur die regte keuses te maak. Sy raad aan jongboere is om betrokke te raak, pasop vir negatiewe denke, leer uit jou foute diversiviseer, ondersoek en ontsluit die waardeketting en gryp verandering aan. Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk, praat oor Hartwater in kalwers. Observasie is kardinaal belangrik, volg n gesondheidsplan wat opgestel is deur jou veearts en ken jou viand, ken jou parasiet.Carina le Roux, Veekundige by Feedtek, verskaf inligting ten opsigte van koeie wat hul reproduktiewe leeftyd oorskry het en dikwels op die plaas afgerond word. Hoe kry jy hierdie koeie binne die kortste tyd in goeie kondisie om hulle te kan bemark.  Carina vertel ons meer hiervan.

LUISTER HIER

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

18/03/2024

Water is die basiese noodsaaklikheid vir die funksionering van alle lewensvorme wat op aarde bestaan.  Ten spyte van vordering in waterbestuur, het miljoene mense wêreldwyd steeds nie toegang tot veilige drinkwater en sanitasie nie. Water is nie net n kommoditeit nie, dit is n fundamentele mensereg en n simbool van die lewe self.  In ons program van 18 Maart gesels ons hieroor met Dr Kobus Anderson, Senior Navorser by die LNR en n kenner van waterbestuur. Hy verskaf inligting oor Wêreldwaterdag wat gevier word op 22 Maart.  Hierdie jaar se tema is ‘Water vir Vrede’.

Karen Truter van BFAB gesels oor hul DIFM (Data Intensive Farm Management) projek wat gedoen word in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch.  Proewe word al sedert 2019 gedoen waaronder 21 mielieproewe en 14 sojaboonproewe in die Noorde van ons land. Sedertdien word nog proewe gedoen in die Wes-Kaap tov koring en kanola. Karen verduidelik wat die doel van die projek is en sê dat hul graag produsente wil bemagtig om hul eie proewe te kan doen om sodoende hul suksesse te meet.

Dr Johan Malherbe, Senior Navorser by die LNR Landbouweerkunde, gesels oor die tipes klimaat in ons land, die werking en doel van weerstasies en die insameling van data. Wêreld Weerkundedag word gevier op 23 Maart. 

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud.

LUISTER HIER 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------

15/03/2024

Die Departement van Arbeid en Indiensname het onlangs in die staatskoerant aangekondig dat die inkomstedrempel effektief vanaf 1 April 2024 R254 371,76 per jaar (R21 197,63 per maand) sal wees.  Wat bepaal die wet ten opsigte van oortyd en hoe werk vergoeding dan?  In ons program van 15 Maart gesels ons hieroor met Hannes Latsky, Regsadviseur van die LWO Werkgewersorganisasie. Hy verduidelik Artikel 7 wat handel oor die regulering van werkstyd.

Yolandi Kruger, Direkteur van Dunamus Agri Advisory, praat oor die proses wat gevolg word om jou boerdery se prestasies te vergelyk met ander boerderye se prestasies met die doel om interne geleenthede te identifiseer om jou boerdery te laat groei. Vergelykende syfers, ook bekend as ‘benchmarking’ kan met sukses gebruik word en dit moet inpas by jou doelwitte in jou bestuursplan.

Prof Johan Willemse, Onafhanklike Landbou Ekonoom, verskaf inligting oor tendense in die landbou plaaslik sowel as internasionaal. Bees en speenkalfpryse is onder druk, verbruikers trek noustrop en graanmarkte ‘bokspring’ die wêreld vol. Daar is darem goeie nuus vir wolboere.

Willem van Jaarsveld laat die fokus val op die bygeloof in jou denke wat jou wil wysmaak van jou tekortkominge.  Elkeen het n balk in sy oog, maar wat maak jy daarmee. Willem herinner ons dat die Woord ons leer dat Sy genade vir ons genoeg is en dat ons ons denke moet suiwer van negatiwiteit.  Dan verskaf Nelia Richter, Adjunk Redakteur van Landbou Weekblad vir ons nuus oor hul nuwe uitgawe wat nou beskikbaar is.

LUISTER HIER- 

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------

14/03/2024

Na n publikasie van die Departement Bosbou, Visserye en Omgewingsake in die Staatskoerant, kennisgewing 50253 nommer 4473, word wetenskaplikes versoek om terugvoer te gee rakende 39 NDF’s vir verskeie wildspesies wat gelys is onder CITES. Maar die WRSA is bekommerd dat hierdie publikasie mank gaan aan genoegsame inligting vir wetenskaplikes om terugvoer te kan gee.  In ons program van 14 Maart gesels ons hieroor met Richard York, Hoof Uitvoerende Beampte van Wildbedryf SA. Hy vertel dat bykans 60% van die totale witrenoster bevolking in KZN en om en by 80% van die witrenoster bevolking in die Kruger Nasionale park verlore is agv stroping. Die privaat sektor speel n groot rol in die bewaring van byvoorbeeld hierdie wildspesie.

Dr Johan van Rensburg van Seagate Veterinary Consultancy praat oor Lamsiekte onder wild. Die maklikste oplossing is om vatbare diere te ent, maar hoe word dit gedoen?  Dr Gerhard Verdoorn, Operasionele en Rentmeesterskapbestuurder by Croplife SA verskaf inligting oor die rol van Waaierstertmeerkatte in die natuur. Hul help onder andere om grondgesondheid te bevorder deur die grond om te dolwe. Hy verduidelik hoe kolonies onder beheer gehou word sonder om skade te maak aan die omgewing.

Marion Oosthuizen, Algemene Bestuurder van  UnderCover Farming gee terugvoer oor hul kongres wat onlangs plaasgevind het en Duvan Papenfus van Agri Alert verduidelik die gebruik van halsbande in die wildbedryf.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud.

LISTEN HERE

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------

13/03/2024

Om jou hele skaapboerdery te verskuif vanaf Gauteng na die Karoo is nie vir sissies nie.  Jy moet jou huiswerk n paar keer oorgedoen het en seker gemaak het dat alles in plek is. Jou beplanning moet foutloos wees. Dit is wat Charles Freem van B3 Genetics gedoen het.  In ons program van 13 Maart verduidelik Charles hoekom hulle die boerdery geskuif het, hoe hulle dit gedoen het en hoe die skaap tans daar aanpas. Hy sê dat die natuur gewoonlik vir jou ‘wys’ as jy die regte besluite neem.  Op natuurlike weiding gedy hul kudde en hierdie besluit werp vrugte af.

Henk Kirchner van HC2 Meatmasters is Voorsitter van die Oostelike Meatmasterklub in Mpumalanga. Hy verduidelik waarom hy sê dat die Meatmasters, wat uit hierdie omgewing kom, op enige plaas sal aanpas.  Die winters is kouer as koud hier, die skaapras is nie-selektiewe vreters en met die regte gesondheidsplan kom parasiete hul moses teë.

Dr Leon Kruger, Dosent verbonde aan die Vrystaatse Universiteit en ook bekende in klein- en grootvee kringe praat oor die kursusse wat hul aanbied. Een so n 3-dag-kursus vind binnekort plaas. Miseiertellings word bespreek en praktiese opleiding word aangebied op die eerste dag. In die daaropvolgende 2 dae gaan daar gepraat word oor Vroeë siekte-opsporing en hoe om n na-doodse ondersoek te doen.

Dr Johnny vd Merwe, Direkteur AMT, verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

Dankie aan Zabo Meatmasters, Charles Freem en Henk Kirchner vir die gebruik van jul fotos.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud.

LUISTER HIER 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

12/03/2024

Mankheid by beeste is n komplekse toestand. Die oorsaak van mankheid kan nie van n afstand af bepaal word nie. Moenie raai nie, jy moet die dier se poot optel, was en ondersoek om uit te vind wat die oorsaak is.  In ons program van 12 Maart gesels ons hieroor met Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk.  Hy sê dat jy n protokol in plek moet hê want n ondersoek behels n hele proses. Dr Danie verduidelik ook die noodsaaklikheid van voetbaddens, hoe groot die baddens moet wees en watter middels daarin gebruik kan word.

Garren Coetzee van die Monti Bianchi Chianina stoet naby Uniondale vertel ons die verhaal van Ridolfi die stoetbul wat sy pa Gert gekoop het op n veiling.  Hierdie bul se genetika is van die bestes onder die bestes. Garren praat ook oor die lesse wat hy by sy pa Gert geleer het. Sy pa was n man van integriteit, n gesinsman, n beesboer wat diep spore in vleisbeesboerdery getrap het.

Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo, verskaf inligting oor die 191ste SA Suiwelkampioenskappe wat onlangs plaasgevind het. Daar was n rekordgetal van 78 suiwelvervaardigers wat 1029 suiwelprodukte ingeskryf het. Hy praat ook oor die Qualité merk van uitnemendheid wat toegeken word aan uitgesoekte produkte.

Johan Gunter van Agriculture.Golf gesels met Dr Jack Armour, Kommersiële Bestuurder by Vrystaat Landbou oor die Aims identifikasiestelsel en die akkurate vaslegging van data.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. 

LUISTER HIER- 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

11/03/2024

Droogte is nie n eenjaar verskynsel nie maar wanneer droogtes ons tref, dan kloof dit ons siele en lewens tot op die been oop. Produsente doen hulle deel, as die reën wegbly dan is dit uit hul hande. Die sentrale gedeeltes van ons land beleef n uitmergelende droogte en dit laat mens met kommer. Wat onverklaarbaar is, is dat die reën in stroke val, dus kan jou oes goed wees en net op jou buurman se plaas aan die anderkant van die draad is dit kurkdroog. In ons program van 11 Maart gesels ons hieroor met Dr Tobias Doyer, Hoof Uitvoerende Beampte van Graan SA.
Jane Strijdom, nuut verkose Bestuurder van die Internasionale Varsprodukte Assosiasie in SA, gesels oor hul werksaamhede en hul betrokkenheid in die varsprodukte industrie. Daar is heelwat planne wat tans in werking gesit word om die industrie te bevorder.
Johan du Toit, van Kloovenburg Landgoed en Eight Feet koffie, vertel ons van hul boerdery en waar die naam ‘Eight Feet’ vandaan kom. Hul is 4 broers wat betrokke is in die boerdery. Johan verskaf inligting oor hul koffie besigheid en n nuwe initatief waar jy jou koffie nou enige plek kan geniet… hou net n fles kookwater byderhand.
Arnaud le Roux, Onafhanklike Weidingkundige en Eko-konsultant, gesels oor die waarde van uile en hoe hierdie gevleueldes help met plaagbeheer. Daar is vele landbouers wat sorg dat uile n veilige ‘hawe’ het deur vir hul uilhokke op te rig.