Kan jy braai ?- Suid Afrika.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Wanneer Suid-Afrikaners ’n tjoppie op die kole sit, doen hulle iets wat die moderne mens se voorsate al derduisende jare gelede die eerste keer gedoen het.

Waar presies kom braai vandaan? Dit is hier in Suid-Afrika, by Swartkrans in Gauteng en naby die fossielryke Sterkfontein, waar prof. Bob Brain, paleontoloog, die oudste bewyse van die beheerde gebruik van vuur ontdek het.

Die spesie Homo erectus, ’n voorsaat van die moderne mens, het tussen 1,5 miljoen jaar en 1 miljoen jaar gelede hier vuur beheer. Of dit 'n braaivleis vuur is wat beheer is, die weet ons nie, maar wat ons wel weet is dat daar baie min Suid Afrikaners is wat regtig weet hoe om vleis te braai. 

Dit mag wel deel wees  van 'n spesifieke plek waar braai  onstaan het, maar regte egte braai kom oorspronklik van die plaas af- en as jy my vra- uit die Vrystaat, waar net mieliestronke 'n ordentlike skaap tjoppie kan braai.

Geen ander vuur maak 'n skaaptjoppie so volmaak gaar, met die vet wat totaal en al lekker uitgebraai is nie. Stronke word baie gou baie warmer as enige ander vuur en jy moet jou braai kan braai. 

Dis ook die enigste vuur saam met regte kameelhout uit die Kalaharie wat 'n lekker bees of Gemsbok "steak" volmaak kan sag braai, sonder om van sy geur en sappigheid prys te gee.

Stadsjapies en mense wat dink hulle weet hoe om te braai, braai met houtskool. Die slim manne wat so op Televisie oral braai waar hulle kom met allerhande souse en resepte, moet kom leer by die boerseuns van die Vrystaat en die Kalaharie. Julle gooi te veel goed by julle kos en wil te "smart" wees. Al daardie snaakse resepte en bestandele is waarkynlik een van die oorsake waaroor mense ongesond  en oorgewig is. Moet asb nie die voorbeeld volg van wat jy sien op televisie nie- jy gaan sleg tweede kom by baasbraaiers van die plaas.

   Strong meat prices signal expensive braais in December- South Africa

Wenakkerbraai op enige plaas in die Vrystaat met mieliestronke is 'n belewenis.  Saam met dit kom daar 'n braaibrood- twee snye witbrood met botter en  rou uie, tamatie en 'n bietjie kaas- plaas dit op 'n stronke vuur en na 'n paar draaie in 'n toeknyp rooster en die braaibroodtjie volmaak. Geen ander souse en allerhande snaakse bestandele nie. 

Goeie kwaliteit vleis gebraai op stronkevuur of kameelhout en selfs 'n gasbraaier het nie 'n sous nodig nie, want dit is reg gebraai.

Meeste van die sogenaamde baas braaiers weet nie hoe om vleis te braai nie en braai dit mors dood. Souse maak jou lekker vet en pas net nie by 'n braai nie. 

Saam met 'n lekker gebraaide tjoppie en 'n braaibroodtjie kom daar 'n lekker swartpot krummelpap, wit growwe mieliemeel gaargemaak op oop stronke vuur- en dis 'n volmaakte maaltyd vir 'n lekker wenakkerbraai of sommer in 'n lapa by jou huis of langs die Vaalrivier se walle( toe die rivier nog skoon was). Potbrood is ook 'n wenner, maar dit is veral die Kapenaars wat daarvan hou.

Beesvleis reg voorberei en gestop as boerewors word net so lekker gebraai op 'n stronke vuur. Die wors moet nooit vol gestop word nie, dit moet daardie spasie he vir die vet om te beweeg.  Die kole moet nie te warm wees nie en die word moet nie vet mors nie.  

Vandag is daar al hoe meer mense wat sogenaamd gesond wil leef en eet net groente en vrugte en blare- en dalk in die toekoms nagemaakte vleis. Meeste van die mense hou natuurlik nie van vleis nie, maar is bietjie onkundig hoekom hulle liggame nie rooivleis wil he nie. 

Hoe die sogenaamde nagemaakte vleis gebraai gaan word, sal net die mense weet wat dit ontwikkel het en wat dit gaan eet.

Daar is baie maniere van braai- en elke man braai sy vleis op sy manier- net soos hy sy vrou op sy eie manier soen. 

As jy jou kuier wil geniet, moenie met 'n braaier se vuur of sy metode van braai lol nie. Al smaak die braaivleis nou nie wat wonders nie, geen hom maar 'n kompliment, veral as hy 'n stadsjapie gebore is. 

Voor jy jou uitgee as 'n braaier , gaan maak eers 'n draai op 'n egte bees of wildsplaas in die Kalaharie of die bosveld, maar die beste plek om te leer is op 'n Vrystaatse plaas -waar boerseuns jou kan leer braai. En terwyl jy daar is, bedel maar so paar sakke regte egte Mieliestronke om saam te neem stad toe, jou braai gaan nooit weer dieselde wees nie. 

Lekker braai. 

Johanel. ANN

Daar is baie video produksies oor die braai van vleis, maar die kwaliteit,  en aanbieding is swak vir ons standaard. Die programme is ook te lank. 

Kyk gerus na die video oor lekker Wors braai.