Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 3de  Augustus 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 3de Augustus 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Daar is baie elemente van klimaatsverandering wat indirek werk om klimaat oor tyd te verander. Eers moet ’n mens ’n paar terme uitklaar om tussen klimaatsverandering en -veranderlikheid te onderskei. Dit is die verandering in die internasionale, asook meso- en mikroklimaat as gevolg van hoofsaaklik die verhoogde vrystelling van koolstofdioksied as afvalproduk van die verbranding van fossielbrandstowwe. Dit het dus ’n impak op die verandering van die energiebalans op aarde omdat die kweekhuisgasse, soos koolstofdioksied, die balans tussen inkomende en uitgaande hitte-energie versteur en meer energie binne die atmosfeer en aardoppervlakte vasgevang word.

Volgens TLU SA is dit onbillik en ongrondwetlik dat ʼn maatskappy wat in finansiële knyp verkeer die hof kan nader vir sakeredding, terwyl dit nie vir trusts en individue beskore is nie. Dit beteken dat ʼn maatskappy ʼn “skietstilstand” met sy krediteure kan sluit, terwyl boere, wat ook ondernemings besit en sakemanne is, nie toegang tot hierdie regsmeganisme het nie. TLU SA sê hy kan en gaan ook nie langer net toekyk hoe individue onder finansiële druk aan die kortste ent trek nie. Om dié rede het TLU SA aansoek gedoen om toe te tree tot ʼn hofsaak in die hof te Kimberley as vriend van die hof, in ʼn geval waar die Landbank op ʼn boer se grond beslag wil lê. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, het vir Maroela Media gesê in dié bepaalde geval het die boer verskeie plase, waarvan sommige in maatskappye en ander in trusts geregistreer is. Ná ʼn uitmergelende droogte, wat nou verby is, wil die Landbank op sy “trust-plase” beslag lê, terwyl dié bank niks aan sy “maatskappy-plase” kan doen nie. “Dié wet is uiters diskriminerend. Die situasie moet reggestel word en die regering moet deur die hof verplig word om toe te sien dat wetgewing in dié verband reggestel word. Dít is hoekom TLU SA die aansoek indien.

Mnr. Donald King, verbonde aan ’n laboratoriumnetwerk van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbouorganisasie (FAO) en wêreldorganisasie vir dieregesondheid (OIE), het aanlyn vanaf Brittanje gesê nuwe, onvoorspelbare patrone in die uitbreking van bek-en-klouseer kom in Afrika voor en die siekte versprei vinnig, onder meer na Suider-Afrikaanse lande. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het bevestig dat daar tans landwyd 101 gevalle van bek-en-klouseer voorkom. Sewe nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal aangemeld terwyl vier nuwe gevalle ook in die Vrystaat bevestig is. Hierdie siekte is tans besig om ons veeboere en voerkrale lam te le agv landbouers en handelaars wat onverskillig handel met lewendehawe.

Met al die gebeure in die Ooste van die wereld asook die beoogde inval van China in Taiwan- gaan die wereld eers deurmekaar wees.  Die grootste probleem is voedsel sekerheid- en op die stadium lyk dit of Suid Afrika, dele van Afrika , Amerika en Australia asook dele van Europe werklik veilig is om kos te produseer. Suid Afrika se landbouers is van die beste in die wereld en is besig om weer 'n groot oes te lewer. Dit is baie belangrik dat ons as landbouers in beheer moet bly. 

Ons moet ernstig begin om meer voedsel te produseer-  vergeet van al hierdie sogenaamde volksvreemde gewasse wat nog nie bekend is aan ons mens nie asook enige ander iets as voedsel nie. 

Dit het 25 mm gereen in dele van Noord Wes verlede nag- Vryburg het 25 mm reed gehad en Hoopstad in die Vrystaat het ook reen gemeet. Die mielie oes in die Noord Vrystaat is laat want dit bly nat. Dit lyk op die stadium of die mielies dalk met die hand ge-oes sal moet word.

Ons span is in Duitsland en oppad Scotland toe, terwyl een van ons spanlede tans in die VSA is, in die stad San Francisco waar hy samesprekings voer met verskeie rolspelers in die digitale media en ander dienste. Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E -MEDIA wat deel is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer 40% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.

Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.

Ons Junior Landbouskrywers kompetiese sal eersdaags in aanvang neem. Ons gaan groot die jaar - Ons maak binnekort die nuus bekend. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie. 

Maak jou reg vir 'n nuwe opwindende kompetiese op AGRI NEWS NET- WENAKKER STORIES - Kry solank jou storie reg, jy gaan eersdaags die geleentheid kry om die storie vir ons te vertel en daarmee saam deel te word van al ons WENAKKER storie vertellers.

Nuusredakteur

Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za

           

Satelliete het metaangas vrystellings van koeie wat winde opbring by ‘n voerkraal in Kalifornië opgetel. Dit is die eerste keer dat winde van koeie, ‘n belangrike komponent van landboumetaan, vanuit die ruimte gemeet kan word. Die omgewingsdatafirma GHGSat het vandeesmaand data van sy satelliete ontleed en die metaanbron geïdentifiseer.

Die Amerikaanse mieliemarkpryse het verder gedaal indie vorige sessie as gevolg van beter as verwagte toestand graderings wat Maandag deur die USDA vrygestel is, die eerste besending mielies wat uit die Oekraïne uitgevoer is wat huidige voorraad 'n inspuiting gee, verwagte reënbuie oor die Midde-Weste en laastens'n besoek van politici aan Taiwan.

Suid-Afrikaanse padgebruikers het effense verligting gekry met brandstofpryse wat om middernag gedaal het. Die prys van albei grade petrol het met een-rand-32 per liter gedaal, terwyl diesel met tussen 88 en 91 sent per liter gedaal het.

In plaas van noodsirenes was dit skeepstoeters wat Maandagoggend in Odessa weergalm het toe die eerste vrag Oekraïense graan eindelik veilig uit die hawe kon vertrek met eindbestemming Tripoli in die noorde van Libanon.

Kommoditeitspryse het sedert die vorige sessie negatief verhandel.Die eerste graan besending is uit Oekraïne se hawe gestuur gister na die aanvang van die oorlog, hernude hoop in wêreld voorraad vlakke vir mielies en koring het mielie en koring pryse negatief beïnvloed. Sojapryse het ook negatief verhandel op die rug van ‘n 1% verbetering in sojaboon graderings. Met 60% wat nou goed/uitstekend beoordeel word.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het bevestig dat daar tans landwyd 101 gevalle van bek-en-klouseer voorkom. Sewe nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal aangemeld terwyl vier nuwe gevalle ook in die Vrystaat bevestig is.

'n Nuwe studie op sebravisse deur navorsers van die Universiteit Stellenbosch het bevestig dat die verbruik van rooibostee – en spesifiek ongefermenteerde groen rooibostee – moontlik kan help om angs te verlig.

Volgens TLU SA is dit onbillik en ongrondwetlik dat 'n maatskappy wat in finansiële knyp verkeer die hof kan nader vir sakeredding, terwyl dit nie vir trusts en individue beskore is nie. Dit beteken dat 'n maatskappy 'n “skietstilstand” met sy krediteure kan sluit, terwyl boere, wat ook ondernemings besit en sakemanne is, nie toegang tot hierdie regsmeganisme het nie.

Die Statistiekdiens skat dat sowat 43 000 wit Suid-Afrikaners binne die volgende vyf jaar die land gaan verlaat. Dis verstaanbaar dat soveel mense nie meer ‘n toekoms in die land sien nie, veral nie in pikdonker beurtkrag nie. Ons word elke dag oorval met slegte nuus van die vrot, korrupte en rassistiese ANC wat die burgery teister.

WENAKKER STORIES is binnekort hier-  EKSKLUSIEF net op Farmingportal.co.za

Namibiese damme is tans gesamentlik 79,9 persent vol, teenoor verlede jaar se 82,6 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 88,6 persent vol, ondanks verliese van 2,726 miljoen kubieke meter water uit die Hardapdam en 1,092 miljoen kubieke meter uit die Neckartaldam. Sentrale damme is tans 57,2 persent vol teenoor verlede jaar se 81,1 persent dieselfde tydperk.

Veertig jaar gelede het jy ’n kamer vol elektronika nodig gehad vir dieselfde berekeningsvermoë as ’n goedkoop selfoon vandag. Dis nie al nie, jou selfoon is sommer ook ’n flits, kamera, radio, kompas, musiekspeler, koerant en wie weet wat nog alles, en teen ’n fraksie van die kraggebruik. En baie meer van wat ons vandag gebruik, word danksy ’n goed gevestigde herwinningsbedryf oor en oor gebruik.

Die Vuurwapen-eienaarsvereniging van Namibië het gereageer op die duisende onwettige vuurwapens en ammunisie waarop beslag gelê is in Suid-Afrika. Die polisiekommissaris Fannie Masemola sê verlede maand alleen is 1 173 onwettige vuurwapens en 7 738 rondes lewendige ammunisie landwyd in beslag geneem. Meer as 1 000 van die vuurwapens is net ‘n Gauteng afgeneem.

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa sê werkgewers in die motorbedryf gaan ‘n landwye staking veroorsaak. Die vakbond het met werkgewers, insluitend dié in die kleinhandel-motorbedryf en ook die Brandstofkleinhandel-vereniging vergader om oor lone te onderhandel. Numsa eis ‘n jaar-ooreenkoms en ‘n 12 persent loonverhoging vir almal.

Klimaatsverandering is ‘n uitdaging vir verskeie gewasse en sommige kenners meen dat koring die swaarste sal kry omdat die gewas koue toestande nodig het, terwyl mielies redelik hittebestand is. Volgens Gilbert Mulonda, die bestuurder van akkerbou en tuinbou word koring ondersoek maar, die gebied om die Oranjerivier is nie geskik nie, al het die gewas baie water nodig.

Daar is niks so irriterend en versteurend as 'n Google/ U tube AD- wat oral op "POP" as jy na 'n vidoe kyk. Dis so irriterend dat jy glad nie eers met daardie maatskappy wil besigheid doen nie. Nog steeds is daar maatskappye wat van hierdie maniere gebruik maak om hulle maatskappye te bemark. Jy doen meer skade aan jou maatskappy as jy jy irriterende manier van bemarking gebruik.

’n Paar jaar gelede het Suid-Afrika ’n innoverende strategie in werking gestel om burgers se hoë soutinname te help verminder. “Al is ’n mate van sukses aanvanklik met die soutverminderingstrategie behaal, glo sleutel-rolspelers die regering het misluk om op hierdie vroeë momentum voort te bou omdat Suid-

NWK het weer vanjaar honderde behoeftige kinders in die Noordwes met sy Skoolskoenprojek bereik. Die organisasie deel in 'n verklaring dat hy sy grootste wins tot nog toe van die pas afgelope finansiële jaar behaal het, en as viering daarvan, 512 pare skoolskoene aan minderbevoorregte laerskoolleerlinge in die Coligny-, Boikhutso- en Dudfield-omgewing naby Lichtenburg uitgedeel het.

Dis nog steeds jagseisoen in Suid Afrika en die jong begeesterde voornemende jagters pluk hulle kredietkaarte baie vinnig uit om by die duur jagwinkel net die beste "gadgets" en jagklere aan te koop. Almal wat saamgaan moet reg aangetrek wees vir die groot geleentheid. Die gewere kos duisende rande en geen bok het 'n kans om weg te kom met al die elektronika nie.


 
Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za
Die siek wereld waarin ons woon-  Boere wat baklei tot die einde
Dis hier waar jy moet sterk wees
Dis dalk 'n goeie idee
Dit is Suid Afrikaanse Boer