Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels.   Nuusoorsig  25 Mei 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. Nuusoorsig 25 Mei 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Dit is nou reeds meer as tagtig dae sedert die Russiese weermag Oekraïne binnegeval het. Terwyl daar tydens die eerste weke van die oorlog byna daagliks vredesonderhandelinge plaasgevind het en die hoop bestaan het dat die oorlog van korte duur sou wees, neem vrese nou toe dat die oorlog nie binnekort tot ‘n einde gaan kom nie.

Toe die Russiese president, Wladimir Poetin, op Donderdag 24 Februarie ’n sogenaamde ‘spesiale militêre operasie’ in Oekraïne aangekondig het was sy doelwit, in sy eie woorde, om Oekraïne te demilitariseer omdat etniese Russe volgens Poetin erge probleme ondervind. Vandag wil hy met sy voedsel en allerhande ander middle die wereld beheer. 

Luister gerus na die kort berig van Dr Theo de Jager wat in Davos Switzerland is vir die Wereld ekonomiese forum beraad. 

Grondhervorming is later vandeesweek in die kollig wanneer die interministeriële komitee oor grondhervorming, onder voorsitterskap van adj.pres. David Mabuza, Vrydag en Saterdag in Gauteng sy nasionale beraad oor kommunale grondbesit hou. 

Die ANC se voorstelle oor grondhervorming sal veral fyn dopgehou word nadat die party vroeër daarin misluk het om die wysigingswetsontwerp wat die Grondwet moet wysig om onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak, deur die parlement te voer. Die ANC stel in sy besprekingsdokument oor die ekonomie onder meer voor dat ANC-takke dit moet bespreek hoe grondhervorming in die land bespoedig kan word. Dit en ander besprekingsdokumente sal die grondslag vorm van die beleidsbesluite op die party se nasionale beleidskonferensie in Julie. Dit lui dat die ANC se benadering tot die grondvraagstuk steeds deur die party se Vryheidsmanifes gelei word, wat lui dat grond gedeel sal word deur diegene wat dit bewerk.

Die party erken landbou is steeds ’n “noodsaaklike” ekonomiese sektor omdat dit baie armes uit armoede kan ophef, en dat grondhervorming fundamenteel tot sy transformasie-agenda is. “Investering in die groei van landbou behoort daarom een van die sleutelprioriteite van die ANC se ekonomiese beleid te word.” Die besprekingsdokument lui dat die voorsiening van grond alleen egter nie die verwagte groei deur grondhervorming vir landboudoeleindes sal bereik nie. Dit is waarom pres. Cyril Ramaphosa se administrasie die stigting van die Grondhervorming- en Landbou-ontwikkelingsagentskap (GLA) voorgestel het. “ ’n Paar kritieke voorwaardes geld egter in die landbousektor om transformasie te bevorder en groei te ondersteun, wat die ANC sal prioritiseer.” Dit sluit in “ ’n stabiele en bevorderlike beleids- en beleggingsomgewing en omvattende, voldoende infrastruktuur soos elektrisiteit, water, paaie, spoorweë en hawens”.

Die oorlog in die Oekraïne was ‘n groot besprekingspunt toe Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa die Duitse bondskanselier, Olaf Scholz, by die Uniegebou ontvang het. Ramaphosa het sy regering se standpunt verdedig en verduidelik waarom Suid-Afrika buite stemming gebly het in ‘n resolusie van die Verenigde Nasies oor Rusland. Scholz was onwrikbaar daaroor dat dit ‘n ondraaglike situasie is dat lande hulle aan Rusland se kant skaar.  Die edelagbare President het weer sy "Charm" gebruik om sy standpunt te probeer regverdig en dit het hom weer terug gevat na 1994 en apartheid daarvoor die skuld gegee.

Om die privaatsektor en burgerlike samelewing te vra om die regering tot hulp te kom om die haglike toestand van die land se paaie aan te spreek, grens aan belaglikheid. Met die begrotingsrede het die minister van vervoer, Fikile Mbalula ’n beroep op die privaatsektor en burgerlike samelewing gedoen om die uitdaging van slaggate op provinsiale en munisipale paaie, aan te pak. Die land se infrastruktuur kan vergelyk word met sekere organe of dele van die mens se liggaam. Wanneer dit nie optimaal funksioneer nie, gaan die liggaam geleidelik agteruit, dit degenereer en kom dan tot stilstand (die dood). Dit is wat die infrastruktuur vir die ekonomie beteken. As dit infrastruktuur nie behoorlik funksioneer nie, sit jy met die harde realiteit dat die hele ekonomiese bestel degenereer tot jy uiteindelik ekonomiese dood ervaar – en met rommelstatus is dit waar ons reeds is.”

Ons span is die week in Oos Vrystaat waar dit die naweek baie gereen het- Kppies het tot soveel as 100mm reen gehad. Daar is nog baie Sojabone om te stroop, en die lande is nat.  Oral waar jy kyk loop trekkers, besig met die aanplant van koring. Ons het verlede week die pad aangedurf tussen Hoopstad en Bloemhof- daar  is groot dele waar daar geen pad is nie- net gate met water in. Ons moet besef dat ons vir onself moet sorg, en belasting gelde moet teruggehou word op 'n manier. Die Nooord en Wes Vrystaat is ook besig met die aanplant van koring en van die rye wys al mooi groen. Ons landbouers se koste op koring te plant is baie en ons moet almla duimvas hou dat ons 'n enorme koringoes kan lewer-  En dis dalk tyd dat ons ook kyk wie is so vinnig om hierdie graan uit te voer. 

Die lang wag vir die jagseisoen om aan te breek, is verby. Hoe het ons nie die dae afgetel en ons voorbereidings gedoen nie? Ek weet dat ’n mens regdeur die jaar kan jag op plase met voldoende omheining, maar winter bly maar die eintlike jagtyd. Voorbereiding sluit alles in vanaf gewere nagaan, ammunisie laai, messe slyp, skoene betyds koop om uit te trap voor die jagseisoen tot fiks raak en les bes selfs ophou rook! Al hierdie bedrywighede het een gemene deler, naamlik ’n opgewondenheid en ’n tinteling en uitsien na wat aan die kom is. Jagters se beheptheid met jag slaan nie-jagters dikwels totaal dronk.   Jagters is bereid om vir hierdie ontspanningsaktiwiteit te betaal. Dit stimuleer juis bewaring, aangesien die geld wat jagters bestee aan grondeienaars die ekonomiese motivering verskaf om hulle wild te bewaar. Verder ondersteun die geld wat jagters aan wapens, ammunisie, gidse, jaglisensies en verblyf bestee, ’n enorme bedryf waarvan kundiges die jaarlikse omset op meer as R7-miljard beraam. Navorsing toon dat meer as 55% van die inkomste van die wildbedryf uit jag afkomstig is – dus sonder die jagbedryf sal daar ook geen wildbedryf wees nie. Werksgeleenthede word aan duisende verskaf en jagters kan met reg trots wees op die bydrae wat hulle tot die landsekonomie en tot bewaring maak. Geniet jou jag- en onthou asb- skiet raak- !!!!!

Ons Junior Landbou skrywers kompetiese word weer aangebied, kry solank jou gedagtes bymekaar en vertel vir jou buurman hiervan.  Ons jong mense is baie kreatief en Hollard is weer ons hoofborg.   Hou gerus ons media dop.

Nuusredaksie

Mpumalanga Landbou vra vir selfbeheersing en behoorlike ondersoek na bewerings van mishandeling. Mpumalanga Landbou het kennis geneem van ‘n media berig rakende beweringe, gemaak tydens ‘n Presidensiële Imbizo te Carolina, ten opsigte van mishandeling.

Vanjaar se NAMPO Oesdag het verwagtinge oortref met ’n stewige bywoningsyfer van 73 000. Die week is gekenmerk deur ’n energieke atmosfeer wat onder uitstallers, produsente en besoekers geheers het – wat bevestig dat NAMPO as koop-, kuier- én netwerkgeleentheid behoorlik gemis is gedurende die afgelope twee jaar wat dit nie gehou kon word nie.

Met die La Niña-stelsel wat steeds sterk is vir hierdie tyd van die jaar, bly die risiko van reën voor en tydens strooptyd redelik groot tot ongeveer begin Julie. Talle plekke in Suid-Afrika het die afgelope week 50 mm of meer reën gemeet. Sommige plekke het 100 mm of meer gehad.

Volgens OBP gaan 'n minimum van 20 000 dosisse entstof teen Afrika-perdesiekte in die sogenaamde rooi sone beskikbaar wees.

Suid Afrika het die laaste tyd baie goeie en suksesvolle manne en vrou verloor agv van siektes of komplikasies met Covid 19- Mike Schussler was een van hulle- sy enorme bydra tot Suid Afrika se ekonomie gaan 'n groot leemte raak- En vir die manne wat so graag almal 'n "legend "wil noem- hier is 'n voorbeeld van 'n ware "legend". Hy het jare se kennis en wysheid opgedoen.

Suid-Afrika kan weens ‘n relatief groot netto mielie-oes wel uitvoer in 2022-2023. Dit is volgens die hoofekonoom van die Landbousakekamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo. Hy sê Suid-Afrika het verlede week 48 113 ton koring ingevoer; 79 persent vanaf Pole, 18 persent vanaf Argentinië en 3 persent vanaf Litoue.

Die hoof van die VN se Voedselprogram, David Beasley sê die Russiese blokkade in die Swartsee, wat verhoed dat meer as 22 miljoen ton grane uitgevoer kan word, is ‘n verklaring van oorlog op voedselsekuritiet en gaan ‘n katastrofiese uitwerking hê.

Namibiese damme is tans gesamentlik 82,3 persent vol, teenoor verlede jaar se 85 persent die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is sentrale gesamentlik 59,2 persent vol teenoor verlede jaar se 85,7 persent. Die Swakoppoortdam is 91,3 persent vol en die Von Bachdam is 51,1 persent teenoor verlede jaar se 85,7 persent.

TLU SA gaan volgende maand ’n virtuele staptog aanpak om opnuut bewusmaking oor plaasaanvalle en -moorde te skep. Met die staptog hoop dié organisasie om genoeg aandag op plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmidaad te fokus sodat die regering gedwing word om sy erns oor die situasie uit te spreek.

Die Weerdiens het wéér ontwrigtende reën vir die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal voorspel. Die kans vir reën oor die verre-noordoostelike dele is 80-persent en 50-persent vir noord-KwaZulu-Natal. Die gure weer oor die provinsie sal môre begin opklaar. Ligte reën word vir môreoggend voorspel in die verre-noordoostelike dele.

Die volgende styging in brandstofpryse kan verwag word:95-oktaan-petrol: Styg met R3,83 p/liter;93-oktaan-petrol: Styg met R3,76 p/liter;0,05%-swael-diesel: Styg met R2,80 p/liter;0,005%-swael-diesel: Styg met R2,77 p/liter;Paraffien: Styg met R3,23 p/liter.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die wêreld staan voor ‘n reusesameloop van siektes, droogtes, hongersnood en oorlog, wat aangevuur word deur klimaatsverandering, ongelykheid en politieke wedywering. Hy het by die 75ste Wêreldgesondheidsvergadering in Genève, Switserland, gepraat.

Die herlewing van noodsaaklike landbou-infrastruktuur, verbeterde landbouproduksie, die versnelling van grondhervorming en die afhandeling van restitusie-eise is van die hoofprioriteite waarop die departement van landbou oor die mediumtermynbestedingsraamwerk gaan konsentreer.

Die kontinentale Groot Groen Muur-inisiatief het 393 miljoen hektaar grond met potensiaal en geleenthede, en 350 miljoen hektaar saaigrond word in Afrika verbou. Dit is meer as dubbeld van die Europese Unie. As Afrika soveel grond verbou, waarom is die vasteland nog nie daartoe in staat om homself te voed nie. Waarom ly Afrika steeds honger?

Navorsing wat deur die Universiteit van Stellenbosch se deskundiges oor seelewe gedoen is, toon dat stukke vislyn en visnette wat in die see agterbly, 'n bedreiging is vir die voortbestaan van die Kaapse pelsrobbe. Navorsing word reeds vir 'n aantal jare gedoen om vas te stel wat die uitwerking van die besoedeling van die see het op veral die Kaapse pelsrobbe.

Die belangrike rol wat die toerismebedryf speel in die ekonomie en met werkskepping, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Daarom kan die skade wat die ANC-regering met ondeurdagte Covid-19-regulasies aan die bedryf aangerig het, ook nie oorbeklemtoon word nie.

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie Romeo Muyunda sê ons is in dieselfde bootjie as Zimbabwe. Die buurland poog om internasionale ondersteuning te kry om sy 130 ton voorraad ivoor te verkoop en die land hou tans ‘n konferensie in die verband. Nes Namibië, waarsku hy ook dat hy die bewaringsorganisasie, CITES, kan verlaat.

Trofeejag vorm een van die belangrike pilare waarop die Suid-Afrikaanse wildlewebestuursmodel gevestig is. Saam met wildteling, ekotoerisme en handel in wildleweprodukte, maak dit die bedryf lewensvatbaar en volhoubaar. Vandag het Suid-Afrika meer wildlewe as enige ander tyd in die afgelope 100 jaar. Dis amper weer winter en ons glo dat dit 'n beter jaar gaan wees.

Lees alles en nog meer oop www.aginewsnet.co.za 

Baie reen oor die naweek maak die lande nat om te stroop.

Making some plough trenches to try and get the standing water away, but its so wet i think even the water is trying to run uphill to drier places🤣 pic.twitter.com/yIGDh9oUl6

— Danie Bester (@Danetidf) May 24, 2022

Treintrokke in Kanada.

Vliespryse

Bees / Cattle
Speenkalwers < 200kg | Weaners < 200kg R/kg 41.33
Speenkalwers 200-250kg | Weaners 200-250kg R/kg 40.04
Speenkalwers > 250kg | Weaners > 250kg R/kg 37.33
A klas | A grade R/kg 34.13
B klas | B grade R/kg 26.07 -
C klas vetkoeie | C grade fat cow R/kg 25.15
C klas maerkoeie | C grade thin cow R/kg 22.50
Slagbulle | Slaughter bulls R/kg 26.12 N/A
Skaap / Sheep
Stoorlammers | Feeder lambs R/kg 48.15 -6.61%
Slaglammers | Slaughter lambs R/kg 44.00
Stoorskape | Lean ewes R/kg 38.17
Vetskape | Fat sheep R/kg 33.15
Bokke / Goats
Lammers | Kids R/kg 55.65
Bokooi | Ewes R/kg 40.22