Die woord El Nino in 'n nuwe Seisoen- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

El- Nino is woord wat dadelik aandag trek as dit kom by weerstoestande- Menige weerprofete het al diep in die klei getrap as dit kom by lang termynvoorspellings. Dit is nie maklike taak nie. 

Weerprofete hou gereeld die weerkaarte dop en met nog ander inligting, waag baie van hulle om 'n voorspelling te maak veral as dit kom by langtermynvoorspellings. Ons het 'n paar baie goeie langtermyn weervoorspellers in Suid Afrika.

Suid Afrika se landbouers het al baie van die droogte toestande oorleef en suksesvol anderkant uitgekom. Maar met klimaatsveranderinge wat daagliks plaasvind oor die hele wereld is dit moelik om die weer korrek te voorspel. Aard verwarming is deesdae baie onvoorspelbaar.  

Dit is weliswaar te vroeg om te sien hoe die meeste Suider-Afrikaanse lande die verwagte swak El Niño in die somer seisoen sal hanteer. 

'n Tipiese El Niño weer verskynsel sal lei tot droër weerstoestande in die meeste lande op die vasteland, amper soortgelyk aan wat ons gesien het in die droogte jare 2015-16 miskien 'n bietjie anders, want nooit is dit dieselfde nie. 

Die jongste weermodelle dui tans aan dat ’n 70%-kans bestaan dat die verwagte El Niño-stelsel wat vir die 2018-’19-somerseisoen voorspel is, voor die einde van die jaar kan voorkom in Suid Afrika.

As El Nino egter swak is, kan die impak minimaal wees soos verwag. Alhoewel die weer alle landbouaktiwiteite kan beïnvloed, is die belangrikste gewas sekerlik Mielies vir Afrika.  Dit is 'n stapelvoedsel en Suid Afrika se nagenoeg 4000 plus Mielieboere slaag baie goed daarin om jaarliks rekordoeste te lewer. 

Die seevlak temperature oorskry nog nie heeltemaal die drempelwaardes nie en daarom sal dit nog meer dopgehou moet word en dan kan die weerprofete meer akkurate voorspellings waag. Op die stadium word alles dopgehou en glo ons dat die seisoen in ons guns gaan draai. 

El Niño-stelsel ontwikkel gedurende die winter en vroeë lente, wat beteken dat dit teen September of Oktober gevestig is, maar op die oomblik is die nog nie baie duidelik sigbaar nie. 

Dit is nie vanjaar nog die geval nie, dit beweeg  tans nog op die grens tussen ’n neutrale en El Niñostelsel.

Ons kan duidelik sien hoe hittegolwe dele van ons land weekliks beinvloed. Nagte is redelik koud en droee winde kom gereeld voor. 

Die nuutste voorspellings vanaf die Meteorologiesentrum dui aan dat die kans 70% is dat ’n El Niño-stelsel voor die einde van die jaar kan ontwikkel. 

Op die ewenaar in die sentrale Stille Oseaan is steeds ’n poel van warmer as normale water tot op ’n diepte van ongeveer 250 m. Die water beweeg stadig na die oppervlak en dit is ook 'n aanduiding van 'n sterk El Nino verksynsel. 

Die Australiese Buro vir Meteorologie voorspel droër as normale toestande vir November 2018 tot Januarie 2019 vir groot dele in die Suidelike halfrond. 

Australië se weerpatrone stem baie ooreen met dié van Suid-Afrika. Die buro voorspel dat veral November droër as normaal kan wees. Dit lyk of November tot Januarie se dae in die grootste deel van Australië warmer as normaal wees. Nagte gaan vermoedelik ook warmer as normaal wees. 

Suidoostelike passaatwinde oor Australië het verswak, wat verwarming van die see-oppervlak tot gevolg het.

El Niño-stelsels het al voorheen ontwikkel soos wat tans die geval is. As die toestande reg uitwerk, is daar gevaar vir die somerreëngebied, veral ten opsigte van die tweede deel van die seisoen.

Goeie neerslae kan egter steeds in November en Desember voorkom, aangesien die uitwerking van die El Niño-stelsel teen dan nog nie sou inskop nie en neutrale toestande kan heers.

Met planttyd voor die deur kan daar hopelik nog lekker reen voorkom in November oor groot dele van die Somer reenval gebiede. In die week het dit lekker gereen oor dele van die somerreenval gebiede. Daar is landbouers wat reedsbegin het met aanplant van gewasse. Ons Agri News Net span is tans in die Vrystaat. 

Met die goeie reens wat oor 'n baie groot deel van Suid Afrika voorgekom het 2 weke terug kon ons duidelik sien dat dit nie kol- kol gereen het nie, maar verspreid met dele wat baie goeie reen gehad het.  Vir jare weet ons dat 3 dae voor volmaan of 3 dae na volmaan daar 'n verandering in die weer is en dit het in baie gevalle, goeie reen oor sekere gebiede gebring. 

Die Indiese Oseaan is tans ook in die positiewe fase van die ontwikkeling van die Indiese Oseaan-dipoolindeks , wat ook ’n bekommernis is. Soortgelyke El Niño-stelsels het al voorheen ontwikkel. Alles gaan nou oor tyd, om duidelik te sien hoe speel die stelsels hulleself uit. 

’n Atlantiese hoogdrukstelsel wat ongunstige toestande vir reën veroorsaak met dalende lug en baie warm dagtemperature ontwikkel gewoonlik in die Weste-

Tropiese vog begin suidwaarts oor Wes-Afrika beweeg, maar word deur die hoogdrukstelsel oor die land weggedruk. 

Dus is die relatiewe posisie van stelsels oor Suider-Afrika is nog byna soos in die winter, met kouefronte wat steeds nie ver suid van die land verbybeweeg nie.

Droë lug en die son wat nader aan loodreg oor die Suidelike Halfrond begin beweeg, is verantwoordelik vir ’n byna woestynagtige klimaat met baie warm dae en koue nagte.

Ons kyk gereeld na die weer voorspellings wat gewoonlik net vir 'n paar dae geldig is, maar soos ons almal weet kan die weer baie maklik verander. 

Met al die inligting tot ons Landbouers se beskikking moet daar 'n plan van aksie wees. Die spreekwoord wat al vir jare onder landbouers loop is dat as jy sukkel om 'n mielie geplant te kry en uit die wind te kry- gaan jy 'n uitsonderlike oes he.

Vandag se bewerkings is van so aard dat baie van die stories nie meer geld nie- maar as dit reen en dit is nat en jou datum is reg- dan plant jy- want jy 'n landbouer- en baie keer moet jy maar 'n kans vat- dalk 'n berekende kans.

Ons glo en vertrou dat die weer lekker gaan saamspeel die jaar en dat ons landbouers weereens 'n bielie van 'n mielieoes gaan afhaal. Ons het van die beste landbouers in Suid Afrika.

Johanel ANN

( Inligting van Johan van den Berg Santam Landbou gebruik in die berig)