Suid Afrika se regering en die enorme agterstallige skuld.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Suid-Afrika se staatsfinansies beskik tans nie oor veel beweegruimte om met verhoogde besteding aan byvoorbeeld infrastruktuur of laekoste behuising die ekonomie en werkskepping te probeer bevorder nie. Monetêre beleid, daarenteen, word nie deur begrotingsbeperkings gekniehalter nie.

Daar bestaan genoeg risikofaktore wat die sake-omgewing vir ondernemers en landbouers in Suid-Afrika bemoeilik, veral op die gebied van beleidsonsekerheid, die dreigemente van nasionalisering en goedkoop invoere van lande waar vervaardigers reuse subsidies ontvang.

Onsekerheid en die regering se onvermoee om uit een mond te praat wat die waarheid is, maak ons land se inwoners onseker. 

Suid Afrika se huidige regering en sy meelopers laat mens dink aan 'n tipiese politieke figuur of sekere senior korporatiewe werkers of 'n sogenaamde sakeman of sekere professionele Dokters ,Ouditeurs, Prokureers of Advokate  wat net in die beste woonbuurt bly, eksklusief en privaat, die beste en amper die duurste motor ry, wie se kinders in die duurste skole geplaas word, Desember vakansie gaan ski in die Alpe of in sy duur eksklusiewe huis by die see ontspan. 

Daarby saam is hy deel van die 19 putjie "boys golf team" met net die duurste en nuutste stokke, drink net die beste whiskey en eet net in die beste eksklusiewe restaurante- en so kan ek aangaan.  

Die kwaliteit van sy  geleerdheid en graad ( Hon, BA, MA ens ) sy inkomste en sy salaris bepaal sy status by die bank en daarby saam kom 'n baie gewillige Platinum kredietkaart vir hom en sy vroutjie en 'n "private banker" as hy gelukkig is.  

Met al sy kontakte besit hy nog 'n hele paar ander kredietkaarte van ander banke ook, meestal Swart of Platinum met 'n lekker groot limiet wat heerlik links en regs gebruik kan word met gemak.

As platinum klieent kry hy 'n huislening en 'n lekker oortrokke fasiliteit en is sommer nog 'n lid van Vitality en 'n eksklusiewe Gimnasium pakket ook. Daarby saam ken hy al die "Key pins" wat hom altyd deelmaak van een of ander lekker "jol" of eksklusiewe byeenkoms. Sy slimfoon is op die duurste en net die beste kontrak. 

Hy is "pelle " met al wat 'n sogenaamde belangrike persoon is. 

Hy vlieg die hele wereld vol met onder andere sy "Vitality points" en is by elke rugby wedstryd in 'n eksklusiewe losie- gratis en verniet saam met die selfopgelegde  "who's who" van die land. 

Wintermaande gaan jag hy op een of ander ekostiese plaas as dit nie sy eie is nie- op 800 tree het hy sy bok 'n kopskoot gegee met sy duur ekostiese geweer wat se spesiale patroon teen een of ander gemete spoed trek om sy prooi met een skoot totaal en al te vernietig - sy biltong resep is net die beste en sy bok se horings  is die langste en sy trofee kamer die grootste.

Oral probeer hy iets "score"-  soos sekere bekende Televisie  en radio persoonlikhede wat hullself bemark. Sy Facebook blad het duisende "likes" en sy video's op U- tube is deur duisende besoek- want dit is vir hom belangrik.

Sy aand en more praaitjies is nooit dieselfde nie en arrogansie en selfwaan beheer sy lewe.  Dis net hy en hy alleen. Hy weet nie wat dit is om nederig te wees en net homself te wees nie.  Gulsigheid en suinigheid is sy lewe. Alles net oor homself.

In kort is alles blink en 'n lekker "show".

Maar "back at the range" is alles eintlik op skuld gekoop, die kredietkaart is vol, sy huis ten volle belas en sy salaris dek nie alles elke maand nie - maar oor dit word nooit iets gese nie. Sy duur motor is op 72 maande afbetalings ooreenkoms gekoop met 'n lekker "res "waarde" om die paaiement goedkoop te maak. 

Maar as jy na die man se groot praatjies luister, dan praat hy in miljoene, is "pelle" met almal wat in die media en sogenaamde sakewereld bekend is  ken elke Springbok rugbyspeler op sy naam en het so pas 'n besigheidstransaksie van miljoene beklink.  

Alles 'n "show" en alles is plastiek, metaal en Konkreet- 

Ons edelagbare President en sy regering  praat ook in biljoene en miljarde, meng net met die room van die sogenaamde sakemanne van die wereld en staan bakhand by lande soos China. 

Oral is daar seminare, berade en almal eet en drink lekker saam en gesels lekker groot. Werk wat geskep gaan  word, hoeveel grond  bekom gaan word  hoeveel geld gaan bele word- en nog baie ander geselsies. Verkiesings praatjies en groot besigheids transakies wat le en wag. 

Die ministers ry heerlik rond in konvooie, vlieg in weelde en kuier 'n hond uit 'n bos uit- alles op die Suid Afrikaanse belasting betaler se hard verdiende geld. 

Baie beloftes word gemaak en uitgedeel, baie word uitgevoer, sekere's 'n paar jaar daarna en ander verdwyn soos mis voor die son. 

Maar baie min word gese oor Suid Afrika se enorme skuldlas.  Nie eers die Minister van Finansies het al gese hoe gaan die skuld wat elke minuut meer word, betaal word nie.  Niemand praat daaroor nie, en dit is die grootse krises wat Suid Afrika het. 

Suid Afrika se geldeenheid is die swakste in jare en ten spyte van al hierdie biljoene rande se praatjies en seminare en beloftes herstel die rand nie.  Alles gaan nog steeds oor die skuld. Daar is 'n paar ekonome wat gereeld hieroor praat en niemand luister nie. 

As gevolg van die weelderige lewe en spandabelegeid het die regering nie geld om grondhervorming op 'n professionele wyse uit te voer nie, en nou wil hulle liewer grond ontein en daarby die kort pad kies.

Vir ons land om uit sy ekonomiese dilemma te kom, sal heelwat moet verander. Om mee te begin, sal ons eers ons ingesteldheid teenoor baie dinge moet wysig. Ons sal beslis moet leer om spaarsamiger te lewe- die regering en sy meelopers is eerste. 

Die regering se roekelose spandering sal ingekort moet word, vaardighede en dienslewering sal drasties moet verbeter – die miljoene burgers wat van toelaes afhanklik is, moet eerder in die ekonomie betrek/ingefaseer word. Die idee is dat hulle nie ʼn las vir die regering bly nie, maar ontwikkel word tot trotse burgers wat kan bydra tot die landsekonomie.

Om ons skuld te delg en daadwerklik ekonomiese vordering in ons land te bewerkstellig, sal alle Suid-Afrikaners wat ʼn verskil wil maak, die sê moet kry (en behou) oor diesulkes wat ons land verniel en agteruit laat gaan.

Daarmee saam sal die regering harde, selfs ongewilde, besluite moet neem. In hierdie stadium, met die oog op die 2019-verkiesing, is regeringsbeleide egter net daarop gemik om die populiste tevrede te hou.

Om te leen, bring slegs kortstondige verligting. Terwyl ons hande klap vir die president vir die beleggings wat hy verseker het, moet die regering ook gemaan word dat, indien hulle nie die gat in die bodem van die emmer toemaak nie, sal alles wat ingesit word, net weer so uitloop en sal Suid-Afrika op die ou end niks oorhê om daarvoor te wys nie.

Ongelukkig het die huidige beleidsmakers by die Reserwebank egter nog nie besef dat laer rentekoerse tot verhoogde ekonomiese groei sal lei nie en terselfdertyd ook die taak van die Nasionale Tesourie sal vergemaklik, aangesien hoër groei in die reël met 'n verbreding van die belastingbasis gepaard gaan.

Wat ookal die belegging, lening of skenking is- dit kom altyd met 'n voorwaarde, reels en regulasies- en dit lyk nie of dit die regering enigsins pla nie- want ons lewe nou- more sal vir homself sorg .

'n Nuwe besem vee altyd skoon, en mens moet ons President die kans gee- hy werk hard en probeer hard, maar geen leier kan suksesvol wees voordat daar nie EENHEID op grondvlak is nie. 

Johanel ANN