Dis Kersfees 2022 - Suid Afrika

Dis Kersfees 2022 - Suid Afrika

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Dis werklik moeilik om te glo dat ons alweer by Kersfees 2022 is- dis asof die wereld teen 'n spoed warm word, maar ook teen 'n spoed verby ons vlieg. Dit is Kersoggend van die  jaar 2022. 

Saam met Kersfees kom herinneringe van 'n jaar wat letterlik verby is, want die nuwe jaar is hier in 6 dae.

Dis moeilik om te glo dat sekere landbouers al vir 7 jaar en meer droom van 'n nat Kersfees met groen gras en damme wat vol water is. En vanjaar het ons dit... Dis nat en groen oor groot dele van ons land-  

Ons boere veg vir oorlewing teen hoe insetkoste, die  onbetroubare regering ,kragonderbrekings , die banke en daarmee saam moet landbouers hulle gesinne beskerm en hulle werkers bymekaar hou en vir hulle sorg.

Die grootste geskenk vir elke boer is 'n lekker nat Kersfees met gesaaides wat groen staan, damme wat oorloop en sy eie gesin wat saam met hom in alles deel. 

Vet vee en wild wat rustig in die gras wei is 'n gevoel van dankbaarheid. 

Agter elke suksesvolle boer staan 'n getroue vrou vol liefde en ondersteuning en kinders wat hom in alles ondersteun en saam met hom deel in vreugdes en die lief en leed van Landbou.

Die aanslag van plaasmoorde op landbouers staan elke dag voor hierdie gesinne- ten spyte van al hierdie aanslae moet ons landbouers nog hulle gesinne, werkers en eiendom beskerm teen lafaards wat niks vir enige lewe omgee nie en daarop uit is om ons landbouers te vernietig.

Daagliks lees en sien ons die media hoe sekere politieke leiers hulle monde uitwas oor landbouers wat elke dag sorg dat daar kos op die tafel is.  weereens bewys wat die waarde van ons Landbouers in Suid Afrika is. Ons landbouers kry alle eer vir hulle harde werk in baie moeilike omstandighede.

Ons eie regering doen nie veel daaraan om ons landbouers te beskerm nie. Nie eens in hierdie tyd wat liefde en vrede so deel is van ons tradisie nie. Die regering kan en sal nooit rykdom kan skep nie, omdat hulle nie so aanmekaar gesit is nie. Hulle kan wel rykodom vernietig en hulleself verryk. Ons regering is nie betroubaar nie en in 28 jaar is Suid Afrika amper tot op die grond afgebreek.

Tussen verlede jaar se Kersfees en die Kersfees het baie van ons geliefdes verloor, hartsmense, wat se plekkie leeg is vandag. Sekere gesinne is opgebreek agv egskeiding of dood. Eggenotes/Eggenote wat so vinnig graag hulle geliefdes dagvaar vir egskeidings na baie jare van getroude lewe en saam bou en dan agterna baie spyt is omdat hulle 'n hele gesin se samekoms vir altyd opgebreek het.

Hulle optrede van selfsug en verwyt maak dit absoluut onmoontlik om weer as 'n  hegte gesin saam te kuier en in die proses is daar ook allerhande voorwaardes wat net hulle by inpas en dit onmoontlik maak vir versoening.

Baie ouerhuise se kinders is in ander lande en kan nie saam Kersfees vier nie. En as jy gelukkig is om een van jou kinders wat in die buiteland werk by jou te he vir die Kersfees, is dit voorreg. 

Onverantwoordelike optrede deur sekere elemente in die samelewing en die regering se omvermoee om die land te bestuur laat ons huisgesinne en families onder geweldige druk. Ons land word daagliks vernietig deur 'n samelewing wat geen respek het vir enige iemand se lewe nie. 

Ten spyte van al hierdie aanslae teen ons landbouers hou hulle nog hulle gesinne en geliefdes bymekaar. Kinders en kleinkinders kom nog altyd terug na hulle ouerhuis op die plaas om by hulle ouers, broers, susters en Oupa's en Ouma's te kuier tydens Kersfees.

As jy gisteraand die voorreg gehad het om saam met jou gesin te kon kuier - of om jou kinders en kleinkinders saam onder een dak te kon he, is jy 'n gelukkige man/vrou.

En om almal saam in jou huis te he, was  jou keuse. Vandag is dit Kersfees- en om saam met jou gesin deur te bring is 'n voorreg.  Dit is wat familie bande bou- wat mense sterk maak en wat vir kinders en kleinkinders 'n voorbeeld is en waar elkeen rus en vrede vind.

Moenie dat 'n Kersfees by jou verbygaan sonder om ouers en grootouers en gesin bymekaar te he nie. Alles is 'n keuse en spyt kom altyd te laat. Dalk is hulle nie meer met jou volgende Kersfees nie-  moenie dat geskille,jaloesie en mense se negatiewe denke jou weerhou om jou eie mense as gesin te onthaal nie. Jy het net een Pa en een Ma wat werklik joune is- en hulle sal altyd by jou staan deur dik en dun. 

Moenie jou kleinkinders weerhou om hulle eie Oupa en Ouma by julle Kers ete te he nie. Respekteer die rol van jou man, jou Pa of Oupa in jou huisgesin, hulle verdien dit. Dieselfde geld vir jou vrou, jou Ma en jou Ouma. Gee elkeen die nodige respek en maak seker dat hulle altyd deel is van jou Kersfees byeenkoms. 

Tradisie van Kersfees hou, kom al vir jare en elke gesin het sy eie tradisie en waardes- ons moet dit behou en ons moet bymekaar staan en saam met mekaar die aanslae teen ons aanpak.

Moenie jou tradisies vernietig en deel word van die wereld se tradisie van Kersfees nie. Televisie, Media, radio en sosiale media is besig met 'n aanval op jou tradisie en wil jou mak maak om sekere beginsels wat nie deel is van 'n wereld se voortbestaan nie. Daar is baie ongelukkige mense wat nie deel is van 'n gesin of familie en wil hierdie tradisie vernietig. 

Leef jou familewaardes uit en maak seker dat jy die ware betekenis van Kersfees verstaan en oordrae aan jou nageslag. Familieboerdery is al vir baie lank deel van Suid Afrika se geskiedenis. 

Mag hierdie dag vir jou en jou gesin die liefde en vrede gee wat ons net kan ontvang van ons Getroue Vader en Skepper van die groot Heelal.

Wie weet- dalk is jou Kersdag nog lekker nat saam met al die vreugdes van jou saamwees en kuier saam met jou geliefdes. 

Ons span bestaan uit baie lede wat vanuit baie lande saamwerk om hierdie eksklusiewe landbou medium elke dag te voed. Onafhanklik, getrou en gefokus werk ons span elke dag saam. 

Om saam met 'n span te werk soos hier by die CRA Group is 'n groot voorreg. 

Hiermee wens ons al ons duisende daaglikse lesers van Farmingportal.co.za en Agri News Net 'n geseende Kersfees toe. 

We wish all our viewers and visitors a happy Christmas  2022. 

'n Spesiale seenwens aan ons landbouers van Suid Afrika, Afrika en die res van die wereld- dankie dat ons elke dag kos op ons tafels het- ons waardeer julle.

Kersfees 2022 is hier en bo alles het ons (ALTYD) baie om oor dankbaar te wees.

Mag jy die vreugde en vrede in jou voel en saam met die mense wat vir jou lief vandag geniet. Die mense wat vandag om jou is, is jou geliefdes, jou hartsmense en dit was jou keuse om hulle by jou te he, wees dankbaar. 

Johann Pretorius.  CRA GROUP

Pretoria Suid Afrika