Die 2021 Landbou seisoen is hier- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Daar was lanklaas soveel goeie geleenthede vir produsente soos wat tans die geval is in Suid Afrika. Op politieke gebied lyk dit nie so goed nie- maar net Landbou kan ons land weer optel en regruk.

Hierdie is een van daardie seisoene wat net elke tien, twintig of dertig jaar voorkom. Goeie geleenthede skep gunstige omgewing vir produsente binne Suid Afrika se landbou en ons somer en wintergewas produsente gaan 'n jaar binne met meer vog op hulle  gronde- baie beter prys vir hulle produkte - baie beter kontantvloei en saam met dit is daar 'n lae rentekoers... wat dalk vir nog 'n ruk met ons gaan wees. Dis die jaar waarin jy baie vinnig moet dink, vinnig besluite maak en saam met dit moet jou beplanning uiters goed wees.

Dis belangrik dat elke landbouer die sogenaande ritme van die seisoen en ekonomie verstaan en daarmee saam op of af kan beweeg. Dis ook die jaar waarin landbouers wat wil uitbrei, baie mooi moet besin en duidelik al hulle opsies deeglik oorweeg en alles wat moontlik is in ag neem..  Tegnologie is hier- dit gaan bly en dit gaan deel wees van elke boerdery - saam met met tegnologie moet ons almal aanpas en so gou as moontlik deel daarvan word. Die Covid 19 het ons almal vanuit 'n krises laat dink en dit het gemaak dat Suid Afrika se landbouers weereens uitstekend presteer het.  Daar is baie geleenthede wat vir ons landbouers wag- en dis hier waar ons landbouers hulle kennis van uitvoermarkte en uitvoergeleenthede moet opskerp. Landbou maatskappye is reeds besig om deure oop te maak na die buiteland. 

Lande soos Rusland, Japan en Korea is honger vir protein en Suid Afrika se bees, skaap en hoenderboere kan reeds begin om hierdie markte te ontgin. China bly nog steeds die groot invoerder van rooivleis en hulle benodig 4.5 kg per dag per huishouding. In 2050 gaan die aanvraag vir protein vir 3 dubbel- dis hoe groot die mark daarbuite is. Dis belangrik dat Suid Afrika se landbou meer produkte uiitvoer as invoer. Aan die insetkant kom daar baie produkte die land in en maatskappye kan meer begin investeer in die vervaardiging van insette vir landbou. Dis belangrik op op die voorpunt te bly. Tot 2009 was die Europese Unie (EU) Suid-Afrika se belangrikste uitvoerbestemming, maar hierna het uitvoer na die res van Afrika belangriker geword. 

Suid Afrika se kommersieele boere is van die beste in wereld en jaar op jaar,voorsien ons landbouers genoeg voedsel aan Suid Afrika en groot dele van Afrika. Dis duidelik dat samewerking, produktiwiteit en tegnologie ons nader aan al die markte gaan bring- Daar is ook baie kompetiese en dis belangrik dat ons landbouers hulle produktiwiteit verhoog en hulle insetkoste beheer. Daar moet 'n belans wees tussen dieselverbruik, trekkergrote, planter en implement beheer asook alle insetprodukte sodat insetkoste en produktiweit beheer word. Dis  word 'n hoog gespesialiseerde beroep. Maar dis 'n beroep wat met groot toeweiding en liefde gedoen moet word.

Suid-Afrikaanse produsente is tot ‘n groot mate afhanklik van ingevoerde insette. Met ‘n verswakkende Rand, kan dit die mededingendheid van die sektor belemmer, en beplanning ingewikkeld maak.

Biosekuriteit is nog een van die struikelblokke en daarmee saam moet daar baie ander dinge in plek wees voordat ons vleis  kan uitvoer op die standaard wat die wereld vereis. Die rondslomp van regerings amptenare vertraag baie keer die proses wat reeds vervolmaak is in die hande van maatskappye wat die reels en regulasies reeds ken. Dis ook belangrik dat die wereld se landbou ooreenkom hoe om voedsel suksesvol te produseer, te gebruik en suksesvol te bemark. 

Ons wynboere sit met enorme probleme en 'n ooraandbod van wyn- maar met die goeie kennis en deursettingsvermoee van boere en maatskappye kan hulle die probleme oplos. Met die huidige goeie weer kan daar volgende jaar 'n baie groot wynoes afgehaal word.  Ons het juis die week gesien hoe mooi die pinotage wingerde begin bot so met die hitte  van die afgelope paar dae. Dis dalk nou die tyd om jou wynbestellings te plaas

Wildboere het 'n baie slegte seisoen agter hulle- biljoene rande is verlore agv die regering se inperkingsmaatreels wat buitelandse  trofee jagters  verbied het om in Suid Afrika te kom jag. Dit gaan nie finansieel goed met die boere nie- dis winter en die tyd van die jaar is gras ook skaars en daar is ook te veel wild op baie plase. Tans is die bedryf ook besig met planne om te kyk hoe hulle sal oorleef na die inperking.

Tabakboere is behoorlik in die steek gelaat deur die regering se inperkings en totale verbod op die verkoop en gebruik van tabak. Dit gaan baie jare neem om te herstel- maar weereens is die Suid Afrikaanse landbouers wat nog altyd oorleef het. 

Landbou maatskappye is reeds besig om op vlakke besig om te konsolideer en ons gaan nog baie van dit in die toekoms sien, veral aan die insetkant, waar daar baie maatskappye is sal moet begin saamwerk om die te oorleef en hulle produkte suksesvol te bemark. Daar is 'n groot mate van oorvoersiening in baie produkte. Daar is baie tegnologie beskikbaar maar dis belangrik om dit by die regte diensverskaffer te koop- 'n verskaffer wat nie gaan verdwyn nie en wat saam met die tegnologie groei en gereeld jou tegnologie opdateer en aanpas. 

Aan die insetkant sal Landbou maatskappye wat graan ontvang meer opbergkapasiteit moet kry- daar sal meer finansiering besikikbaar moet wees en Suid Afrika se hawens sal baie meer produktief moet raak en daar sal dringend gekyk moet word na die bestuur en werknemers se kennis en produktiwiteit. Suid Afrika se paaie en spoorwee is nie wat dit was 26 jaar terug nie- dit plaas 'n groot insetkoste op die landbouer en landbou maatskappye wanneer dit kom by die vervoer van landbou produkte. 

Die regering het baie om te doen as dit kom by die volle herstel en werking van die waardeketting.  Benewens groot geleenthede, ook groot probleme. Een daarvan is dat die staat se vermoë om die sektor te ondersteun, erg weggekalwe is. Dit raak onder meer logistiek, in die vorm van spoorweë en hawens, of kwessies soos die registrasie van chemikalieë. Ondernemings in staatsbesit moet goed funksioneer om seker te maak landbouwaardekettings is mededingend en kan optimaal bedryf word.

Covid 19 was verpletterend op die ekonomie van Suid Afrika- omdat die regering regtig nie die vermoee gehad het om dit te bestuur nie- baie verkeerde besluite is geneem en daar was baie wysheid en kennis beskikbaar om dit ander te kon doen. Ons het dalk net te veel verwag van die regering en sy meelopers.   Wat die ekonomie betref, raak die land elke maand R50 miljard al hoe meer in die rooi. Daar is net 5 miljoen mense wat belasting betaal, waarvan sowat 3 miljoen meer as 80% bydra. Met 17 miljoen mense wat reeds van maatskaplike toelaes afhanklik is gaan armoede toeneem. 

Covid 19 het ook vir ons geleer om skoner en gesonder te lewe.  Mense glo nog steeds dat hulle nie nodig het om onderhoud aan hulle liggame te doen nie en dat hulle tot in ewigheid gesond sal bly. Dis balangrik dat ons landbouers en hulle gesinne gesond is , gesond lewe en daarby saam gelukkig is en saam as 'n familie hulle boerdery bedryf. 

Daar is baie uitdagings wat wag die seisoen- ons landbouers moet bo alles nog hulleself beskerm ook teen die aanslae van plaasmoorde en diefstalle asook 'n regering wat nie juis die belangrikheid van landbou sy mense besef nie. Die regering se voorneme om grond te onteien is nog steeds op die tafel en ons landbouers en almal betrokke in Landbou moet teen alle mag en krag keer dat dit gebeur- Daar is baie maniere om met grond te deel en landbouorganisasies het baie modelle reeds voorberei wat suksesvol sal werk. Ons kan toelaat dat die regering ook Landbou vernietig soos al die ander staatsinstellings nie. 

In die huidige ekonomiese toestande kan boere nie bloot aanvaar dat hulle vir finansiering in aanmerking kom nie. Banke ook onder druk is. Banke se kredietrisiko raak hoër en kredietkriteria verander. Om toegang te kry tot die nodige bedryfskapitaal, moet jou sakeplan presies reg wees. Dit moet aandag gee aan alle risiko’s waarna ’n bank sal wil kyk.

Banke en  dalk ander maatskappye gaan nie meer op jou plaas aankom soos in verlede nie- jy gaan meer met kommunikeer op sosiale media en ander privaat platvorms- en dit is nie maklik vir ons landbouers wat meestal daarvan hou om op 'n persoonlike vlak te kommunikeer nie. Dis belangrik dat banke en ander instellings die regte persone aanstel wat met ons landbouers werk en hulle behulpsaam is. As daar nog maatskappye is wat ook verkies om persoonlik jou klieent te besoek gaan jy nog steeds daardie een stap voor wees.  

Dit was so goeie jaar vir groot dele van ons land, maar ons het ook groot dele waar dit glad nie vir die afgelope 5 jaar gereen het nie- Groot dele van die Oos Kaap, en Noord Kaap is vernietig asg die droogte. Die landbouers het hulp nodig en hulle kry dit nie van die regering nie, maar van medeboere. Ons moet hierdie boere ondersteun en op hulle plase hou. 

As die natuur saamspeel kom hier 'n baie groot koring, gars en kanola oes in November - Desember 2020-  Saam met dit gaan landbouers meer somergewasse plant as dit goed gaan reen. En wanneer dit goed gereen het- en die grond is nat - die ondervog is reg en die temperatuur is reg- dan is dit planttyd- daar is nog steeds ekonome wat vasbyt aan die optimale plantdatums wat al vir baie jare kom- maar dis verkeerd bewys in die afgelope paar jaar. Dalk werk dit weer in die jaar. 

Landbou ekonome is baie vinnig om voorspellings te maak en dan redes te soek hoekom alles nie gebeur het soos hulle dit verwag het nie, maar dit is belangrik om na hulle te luister en dan jou eie besluite te neem.  Ons het van die beste Landbou ekonome in ons land.

Landbou is een van  die belangrikste bedrywe in Suid Afrika- dit is deur en deur bewys.  Daar kan baie belasting kom van die landbou in die jaar wat die staatskas weer aan die gang kan hou- maar as die regering sy houding teenoor landbou verander kan daar nog meer kom en kan landbou groter en groter word. Ons land se klein en beginnerboere het baie goed gedoen die afgelope jaar en ons moet hierdie mense ook sterker maar, want ons land het baie voedsel nodig. 

Daar het reeds baie gebeur wat die landbou omgewing drasties verander het- Aanlynverkope is besig om drasties toe te neem. Binnekort gaan daar baie meer aanlynhandelaars wees wat landbouprodukte gaan verkoop- Tegnologie verander daagliks en ons moet almal tred hou daarmee. Dis belangrik dat landbouers saam met die tegnologie groei en daarmee saam kom nuwe geleenthede en nuwe uitdagings.  

Ons moet Covid 19 agter ons sit en nog steeds onsself beskerm, want dit is nie die werk van die regering nie- Die tyd is hier dat die regering sy eie gemaakte Covid regulasies vaarwel moet roep en begin om hulle werk te doen en die inwoners van Suid Afrika se lewens  te verbeter- en begin bou wat hulle in soveel jare afgebreek het. Hulle word in elk geval betaal deur die Belastingbetalers in die land.

Ons landbouers is die sout van aarde- hulle het soos altyd ons land en sy mense se ondersteuning nodig.

Ons wens jou net die beste toe vir die nuwe seisoen-  

Johann Pretorius