Die wildbedryf in 2020- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die jaar 2020 het begin met die belofte van redelike goeie reën oor ’n wye front. Tog was die verre westelike dele van die land nog baie droog en die westelike deel van die Noord-Kaap is steeds uiters droog. Na die oostekant was daar goeie reën maar die gesaaides het nou dringend water nodig.



Skielik is die hele jaar deurmekaar geruk deur die aankoms van eers die uitbreek van bek-en-klouseer in Limpopo, met die gevolglike sluiting van alle veilings. En net toe dit lyk of dinge weer redelik stabiel raak, is dit die koronavirus (COVID-19) wat die land op sy kop omkeer. Dit het massiewe onsekerheid geskep vir die grootste deel van die populasie in die land.

'n Baie groot groep wildboere het die afgelope paar jaar oordeelkundig wild gevoer en laat jag, nie net om die droogte te oorleef nie, maar ook om wildgetalle so te probeer bestuur dat hulle nie te veel wild verloor nie, terwyl kernkuddes aan die gang gehou word.

Die hoop het bly bestaan dat ons 'n meer normale reënjaar sou beleef. Plek-plek het dit gerealiseer, maar in die verre westelike dele van die land ongelukkig nog nie. Veldherstel na vier of meer jaar van droogte (daar is dele in die land waar dit die afgelope nege jaar nie 'n druppel gereën het nie) vind nie in een jaar plaas nie. Vir die grootste dele van die land waar dit uiters droog was, is daar ook weer vier of meer redelike goeie jare nodig om die veld te laat herstel na normale drakrag. Die moeilike deel van boerdery is nog nie verby nie.

Toestande in die wildbedryf

Te midde van hierdie onsekerheid waarmee boere te kampe het, het die pryse van veral kleurvariasie-diere, soos swart rooibokke, goue wildebeeste en al die ander 'smartieboks'- bokke dramaties geval. Toe SA Jagters tussen 2012 en 2014 gewaarsku het dat hierdie 'mode' met die gepaardgaande massiewe pryse nie gaan hou nie, was ons baie ongewild. Nou het dit wel gebeur. 'n Klomp wildeienaars het groot geld betaal vir kleurvariasie-diere wat hulle waarskynlik nooit sal verhaal nie.

LEES die volle berig in SPILPUNT-