Suid Afrikaners se 60 dae van onderdanigheid aan die regering van Suid Afrika.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Vir byna 60 dae word Suid Afrikaners al gevangene gehou, deur 'n magsbehepte regering, wat sy inwoners soos kinders behandel, in hulle eie land met reels en regulasies waarvan die meeste aan belaglik grens en soos kat en muis speletjies lyk.

Elke keer as ek in 'n besigheid instap na my hande papnat gespuit is, met een of ander ontsmettingsmiddel en ek sien hoe staan mense 'n meter en meer uitmekaar het en wag soos skoolkinders in 'n ry om te betaal terwyl die persone agter die toonbank teen mekaar verby skuur en oor en weer bymekaar verby beweeg, dan kan ek nie glo dat ek deel moet wees van hierdie belaglike speletjie nie. Dis die een regulasie op die ander en baie min mense pas dit toe.- juis omdat meeste van ons weet dis absoluut belaglik en onvanpas en breek in teen ons selfrespek en integriteit.

Toe ons as Suid Afrikaners se vryheid op die 27ste Maart 2020 van ons ontneem is en ons edelagbare President so mooi met al ons Suid Afrikaners as landsgenote gepraat het op Nasionale Televise het ons almal saam gewerk en geglo dat die regering en die President goeie bedoelings het en presies weet wat om te doen om ons as landsgenote te beskerm teen hierdie dodelike virus genaamd Covid 19. Hy het met 'n sak vol geld gepraat en baie beloftes en mooi woorde gehad vir sy volksgenote.  Hy het groot ryk manne se name genoem en alreeds van sy geld begin uitdeel wat hy iewers met sy bakhand gebedel het. Hy het gevrae dat ons 4 weke tuis bly en daarna het hy weer 2 weke gevra- maar nooit het hy gese dat die speletjie in fases gaan stop nie- Die feit is dat ons as intellektuele wetsgehoorsame Suid Afrikaners met waardes, respek, verantwoordelikheid en integriteit moet afdaal na 'n vlak waar ons nie wil wees nie- die vlak van die regering van Suid Afrika.

Ek het nie nodig om alles te herhaal wat besig is om in Suid Afrika te gebeur nie- dis daagliks in die nuus. Die Nasionale regering van sogenaamde eenheid is besig om Suid Afrikaners se vryheid en reg op vryheid te beheer en dis die skuld van die pandemie. ( dis wat hulle voorgee) As ons as Suid Afrikaners net nie so naief gewees het om weereens die edelagbare President te glo nie- dis dieselfde regering wat die oorsaak is dat Suid Afrika rot en kaal gesteel is- dieselfde regering wat byna alle staatsinstellings tot in die grond bestuur het- en die oorsaak is dat ons ekonomie byna tot stilstand gekom het- en ons het geglo, dat hulle die pandemie suksesvol sou kon bestuur- Dis wat mens noem NAIEF.  Hier sit ons nou met die gebakte pere-ons het hulle die voordeel van die twyfel gegee- en weereens het hulle bewys dat hulle ongelukkig magsbep is en dat hulle ander voornemens het as wat ons gedink het.  

Die pandemie van Covid 19 het soos 'n stuk goud in die ANC se skoot geval  - so wil dit voorkom- omdat hulle voornemens nie al die inwoners van Suid Afrika bevoordeel nie. Covid- 19 gaan die oorsaak wees van die mislukkings  voor en na die pandemie en die regering is bekend daarvoor om vir alles behalwe hulleself die skuld te gee. Alles wat nou totaal en al platval is wat die regering bestuur en beheer het die afgelope dekades.

Daagliks sien/hoor ons in die nuus -op sosiale media hoe Suid Afrikaners soos kriminele behandel word deur sekere lede van die polisie en die Weermag- en die regering spreek geen word hieromtrent nie.

Dis absoluut lagwekkend om te sien hoeveel energie en tyd ingesit word deur die polisie om rokers en sogenaamde drinkers se lewens te versuur, terwyl diefstal, moord en verkragting nog steeds voortduur. Om te rook en te drink is 'n menslike reg en verantwoordelike rokers en drinkers weet hoe om hulle self te beheer. Dis belaglik om 'n aankoopstrokie te voorsien as die polisie jou vang met 'n sigaret. Dis 'n keuse om te rook en te drink... 

Daar is baie min Suid Afrikaners wat weer sal val vir hierdie speletjie van die ANC regering. Meeste mense is al besig met hulle werk. Suid Afrikaners het in geheel genoeg gehad van hierdie regering en sy beheer oor mense se vryheid en verwoesting van mense se lewens. Intellektuele opgevoede Suid Afrikaners met waardes, moet nou hulle lewens aanpas en afdaal na die vlak van sogenaamde leiers met waarskynlik geen waardes, menslikheid, integriteit en respek vir Suid Afrikaners nie. 

Cyril Ramaphosa het nog nooit 'n ekonomiese of finansiële risiko soos 'n entrepreneur geneem nie. Hy het sy welvaart te danke aan die filosofie van herverdeling van welvaart. Swart bemagtiging is in praktyk net korrupsie, maar die beleid het morele gronde in die uitwissing van Suid-Afrika se massiewe ongelykhede. Ramaphosa het begrip vir die waarde van ekonomiese groei as 'n veranderlike in die stryd teen armoede. Sy lojaliteit jeens die beginsels wat sal lei tot die uitwissing van ongelykhede is egter groter as sy verknogtheid aan die rigiditeit van 'n ongebreidelde markekonomie. Ramaphosa is 'n meer komplekse politikus en mens as wat ons hom toegee. Die voortdurende aandrang in die media dat president Cyril Ramaphosa nou uiteindelik sy staal moet wys en leierskap toon, is 'n onnadenkende versugting na 'n alfa-kraagmannetjie wat aan sy ministers dikteer, die sweep klap by Luthulihuis en die nasionale uitvoerende komitee van sy party domineer.

Nkosazana Dlamini-Zuma 'n minister in die regering van Rampahosa en is blykbaar die oppergesag en wat sy se en doen word aanvaar. Sy is waarskynlik die groot oorsaak waarom Suid Afirkaners soos gevangenis hanteer word en Ramaphosa kan haar nie beheer nie. Intussen dreig hofsake en die edelagbare President steur hom ook blykbaar nie veel hieraan nie- inteendeel hy en sy  Nkosazana Dlamini-Zuma  stem saam oor baie regsmenings waar daar despute oor is. Ons het almal in die land gedink dat ons 'n kans op oorlewing het met Ramaphosa as President- ons het hom die nodige kans en respek gegee - maar hy is maar net nog 'n "smoothtalker" en deel van die vernietigende ANC. Dit wil voorkom of  Nkosazana Dlamini-Zuma besig is om beheer te neem en Ramaphosa maar net moet inval daarmee. Maar dit lyk of hulle  nie die kundigheid het nie - dis al jare van verwoesting en verval. Ons edelagbare President het 'n goeie kans kan laat verbygaan om eenheid by alle Suid Afrikaners te skep in hierdie tyd deur menslik en konsekwent op te tree, tot voordeel van elke inwoner. Hy is mens met empatie maar word blykbaar met all mag bestuur. 

Suid-Afrika het aanvanklik internasionaal veel lof gekry oor die manier waarop die staat van inperking, die strengste ter wêreld, vroeg in die krisis ingestel is. Maar die feit dat die infeksiekoers en die getal sterftes te midde van die staat van inperking steeds styg, wys daarop dat dit nie baie suksesvol was nie. En hoe kon dit suksesvol wees as miljoene armes in oorbevolkte plakkerskampe leef waar fisieke afstandskepping heeltemal onmoontlik is. So die meeste townships en plakkerskampe is op vlak 1, terwyl die middelklas in die voorstede op vlak 4 is. Die 40,000 sterftes in 'n bevolking van 58 miljoen klink dalk erg, maar dan moet 'n mens in gedagte hou dat sowat 20,000 Suid-Afrikaners in elk geval vanjaar aan griep en longontsteking sou beswyk het. Altesaam 456,612 mense het in 2016 gesterf. Sowat 30,000 Suid-Afrikaners sterf jaarliks aan TB, 25,000 aan diabetes en 24,000 aan hartverwante siektes. (Die syfers kom van Statistieke SA se verslag oor mortaliteit in 2016.) Mense met dié siektes wat Covid-19 opdoen, het 'n veel swakker kans op oorlewing. Intussen moet ons so kinders sit en wag om te hoor wat die opperbevel besluit oor ons lewens- en al die vlakke wat so voorbeeldig klink gaan op die einde ook nie werk in die land nie nie.  As jy nou sports wil sien, moet die regering die hele land na vlak 3 van die ramptoestand laat vorder en die Kaapstadse metropool op vlak 4 hou. Dit gaan nie werk nie, glo my maar.

In 2020, voordat die virus toegeslaan het, was inflasie onder beheer en die banke het genoegsame kapitale reserwes gehad. Dit het dit vir die Reserwebank moontlik gemaak om rentekoerse te snoei en bankregulasies te verslap aan die begin van die inperking. Dit het R32 biljoen teruggesit in verbruikers se sakke en ruimte geskep vir banke om 'n uitsteltyd vir betaling of lenings ter waarde van R540 biljoen toe te staan.  Covid-19 sal nie Suid-Afrika se laaste pandemie wees nie. Dit is noodsaaklik dat die land lesse uit die huidige krisis leer sodat ons beter voorbereid is op die volgende een, hetsy dit finansieel is of gesondheids- of klimaatverwant. As die virus ons laat wakker skrik en Suid-Afrika dwing om sy werkwyse te verander, sal al hierdie swaarkry dalk nie heeltemal tevergeefs wees nie. Daar bestaan geen bewyse dat laer rentekoerse ekonomiese groei kan stimuleer nie! Selfs Statistiek SA wat die ekonomiese groei elke kwartaal aan die vraag- en aanbodkant van die ekonomie meet het nog nooit eers enige verwysing na die invloed van rentekoerse op groei in sy publikasies gemaak nie, juis omdat dit weglaatbaar klein is.

Die Reserwebank se eie beraming is dat ‘n 1%-verlaging in die rentekoers ‘n bydrae van 0,1% tot ekonomiese groei twee jaar later kan maak wat in werklikheid niks beteken nie. Die rede is dat hulle, soos baie ekonome en ander instansies, ‘n vooruitskattingsmodel gebruik wat nie eers naastenby al die veranderlikes wat groei kan beinvloed in ag kan neem nie. ‘n Duimsuig sal net so goed wees!

Met al hierdie inperkings en sogenaamde streng maatreels is die regering direk verantwoordelik vir die finansieele posisie waarin die land is- asook direk verantwoordelik vir die duisende mense wat hulle werk verloor het asook hulle besighede. Die regering is deeglik bewus daarvan maar wil nie ingee nie. Hulle hou aan om maatreels toe te pas om nog besighede te verwoes. Meeste Suid Afrikaners moet nou gevoed word deur 'n regering wat se bankrekening leeg is en oral bakhand staan. Die wereld sien hierdie uitbuiting en hoe die inwoners van Suid Afrika behandel en benadeel word. Net China hou van alles wat hier gebeur.

Afgesien van mediese personeel en doktors is landbou die grootste wenner en die grootste bydraer tot voedselsekerheid in Suid Afrika- Landbou het weereens gewys dat hulle woorde onmiddelik dade word. Die regering het tot vandag toe nog nie 'n boodskap van dankbaarheid aan Landbou in Suid Afrika gerig nie - Hulle eet nog elke dag die beste en duurste kos en drank en van hulle dink nog steeds dat kos van Kettingwinkels kom.

Die Covid 19 is hier- dit het duisende mense oor die wereld se lewens gekos- maar daar gaan baie meer mense daagliks dood aan ander siektes en verwante oorsake en daarmee het regerings niks oor te se of te doen nie. Niemand anders behalwe jyself is verantwoordelik vir jou gesondheid nie- verantwoordlike landburgers het nie 'n regering, weermag of polisie en reels en regulasies nodig om na sy /hy se gesondheid om te sien nie- Dis 'n inbreek op menseregte.  Miljoene werkloses mense is afhanklik van die staat vir hulle daaglikse bord kos- 

Alhoewel Suid-Afrika op 'n nasionale vlak voedselsekerheid geniet, het elke huishouding nie noodwendig toegang tot dit wat nodig is om die honger te stil nie. Met die verlengde afsondersingsperiode gaan die nood van die wat nie ’n inkomste verdien nie, en nie geld het om kos te koop nie, net verder petrol op die vuur gooi. Kontantvloei op huishoudelike vlak het drastiese implikasies vir die koskas, en kinders en oumense is die mees kwesbaar. As Suid Afrika nie in die armste gemeenskappe gedurende hierdie inperkingsperiode kos kan voorsien nie, kan die gevolge veel erger as die virusinfeksies wees.

Daarom het Saai saam met kerke, veiligheidstrukture, maatskaplike werkers en Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo’s hande gevat om ’n netwerk daar te stel wat voedsel kan voorsien aan die mees behoeftiges in ons samelewing. As ‘n netwerk vir familieboere glo Saai dat daar in hierdie tyd geen beter belegging gemaak kan word as om aan beide punte van die voedselketting verligting te bring nie. Dit vereis die lewering van kospakkies in huisgesinne waar die nood druk, en ondiskriminerende hulp aan boere wat hierdie seisoen weer moet plant, om Suid Afrika se winkelrakke vol kos te hou. Senwes- Agri SA en nog vele ander landbouorganisasies is besig om Suid Afrikaners te voed- terwyl die regering daagliks moet toesien hoe hulle duur kospakkies op ander plekke behalwe die armes beland. 

Suid Afrika se landbouers gaan hierdie jaar weereens 'n rekord-oes afhaal- en saam met dit gaan die regering 'n redelike hoeveelheid belasting vorder. Dis die kwaliteit van ons landbouers- van die beste in die wereld. Meeste lande in Afrika het nie voedsel nie en daar is miljoene mense honger. 

Intussen word ons landbouers nie toegelaat om hulle patrollies op plaasvlak te doen nie- en daagliks word miljoene rande se oeste, vee en ander produkte van die lande gesteel. Maar nog steeds produseer ons landbouers genoeg voedsel. 

Die meeste Suid Afrikaners wil deel wees van 'n regering  van nasionale eenheid- ons wil die son oor almal laat skyn- ons wil elke mens 'n beter lewe gee- maar die regering het blykbaar ander planne. Eenheid is wat ons nodig het in Suid Afrika- die oorgrote meerderheid van die bevolking wil en liefde en vrede saamleef en bly. Daarom kan ons nie toelaat dat ons lewens verder vernietig word deur 'n ongeholpe, magsbehepte regering nie. 

Hulle volhard ons op ‘n ideologiese pad wat gaan lei tot verdere grootskaalse armoede en werkloosheid.  Hoe lank die virus nog met ons gaan wees is ‘n ope vraag. Intussen moet mense eet en leef. Dit beteken ‘n ekonomie wat gladweg funksioneer ten einde die nodige vraag en aanbod van middele sinvol te reguleer. Die huidige ANC beleid het Suid-Afrika in die situasie waarin ons tans verkeer. Dit is mos logies en enige rasioneel-denkende mens sal besef dat om maar net aan te gaan met die huidige beleidsrigting die pad na groter ekonomiese mislukkking geteer sal wees. Die regering onder die ANCr is net nie instaat om ekonomiese welvaart te skep nie. 

Gelukkig het onregverdigheid nog nooit in die wereld gewen nie- en oes jy presies dit wat jy plant- en dit is 'n gegewe- en hiermee saam weet ons dat die regering met sy huidige intensies en agterbakse maniere nie Suid Afrika en sy mense sal onderkry nie- nog minder beheer- Saam kan ons hierdie land 'n baie beter plek maak. Daar is nog soveel mooi goed wat daagliks in Suid Afrika gebeur tenspyte van al hierdie slegte nuus en ervarings. 

Daar is lig in die tonnel vir ons landsburgers as ons saamstaan- ons het werklik genoeg gehad ,die kat en muis speletjies van die regering en sy meelopers gaan nie meer lank duur nie- 

Suid Afrikaners wat wil werk en wat deel wil wees van hierdie mooi land  wil werk- wil self hulle geld verdien en wil nie in die oe van die regering en banke kyk nie. 

Kom ons kyk wat gebeur in die week.

Johann Pretorius ANN