Suid Afrika en Landbou oppad na die jaar 2050.

Suid Afrika en Landbou oppad na die jaar 2050.

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Ons land se mense wil die son oor almal laat skyn en wil ontslae raak van mense wat geen waarde byvoeg tot Suid Afrika se toekoms nie.

Die laaste paar weke het  ek met verskeie landbouers gepraat van oor die hele Suid Afrika- hulle besoek en heerlik gesels en gelag soos net 'n landbouer in Suid Afrika kan. Ek het ook verskeie klein boere besoek, en was verbaas oor hulle lekker postiewe denke en energie saam met hulle eie probleme. En wanneer jyself 'n landbouer is, dan verstaan jy alles net so bietjie beter. Ons landbouers is onder geweldig druk, en hulle gesondheid lei in baie gevalle daaronder, maar hulle staan vas- soos ons hulle nog altyd ken. 

In Suid Afrika is daar ongeveer 35,000 kommersiele boere, 200,000 kleinboere en ongeveer 5000 megaboere. ( dit kan baie wissel)   Hierdie mense sorg dat Suid Afrika se byna 60 miljoen inwoners elke dag kos op die tafel het- saam met dit word daar nog baie voedsel uitgevoer. Daagliks lees ons in die media hoe joernaliste of aanbieders hulle eie weergawe weergee van Landbou en sy mense.  Die deurmekaar en onprofessionele sosiale media is baie keer die hoof nuusbron vir baie van ons.  Daagliks lees jy die kort boodskappe op sosiale media waar elkeen wat gelukkig of ongelukig is sy mond kan uitspoel.  Sosiale media het goeie positiewe nuus, maar die meerderheid is negatief- en as jy wil vorentoe gaan vermy dit liewer.

Radio en Televisie het ook hulle eie programme en daar word net so baie gepraat en gesels oor landbou en sy mense. Baie min van die mense wat praat, skryf of wat aan die programme deelneem is in murg en been 'n landbouer. Landbouers moet meer direk betrokke wees by hierdie besprekings en nie alles laat in die hande van organisasies wat namens hulle praat nie. Landbou kry deesdae baie media dekking wat baie goed is.

Ons gaan eersdaags begin met 'n hele paar nuwe opbouende kreatiewe programme wat nog nooit voorheen in Landbou en die media gesien was nie.

Ons is in die jaar 2023 en 27 jaar weg van 2050 en ons vorder nie in Suid Afrika nie. Die herfs van 2023 is in 2 maande hier. En daar gerugte van El Nino wat besig is om te verswak.

En ons staan voor 'n enorme probleem wat al jare kom- 14 jaar van Beurtkrag- en dit is besig om een ons land se enigste werkende en produktiewe omgewing soos Landbou op sy kniee te dwing.  Maar Suid Afdrika se Landbouers gaan nie onder nie en ons sal hiervoor ook 'n oplossing kry soos ons altyd in die verlede gedoen het.  Ons voedselsekerheid is nie meer so veilig soos altyd nie.

Ons platteland is stukkend - paaie is totniet- en boere moet self die paaie in stand hou- .Ons klein plattelandse dorpies is tot in die grond bestuur en hulle skuld is astronomies- Die regering het weereens gewys dat nie instaat is om te regeer nie. Dit lyk partymaal of hulle dit nie raaksien nie- of wil raaksien nie. 

Om die waarheid te se ons gaan een tree vorentoe en 2 tree terug-  Ons land is in die hande van 'n regering wat soveel onderlinge struwelinge het dat ons nie langer kan stilstaan en toekyk hoe hulle mekaar aanval en vernietig omdat sekere van hulle die inwoners van Suid Afrika se belastingelde wanbestuur en misbruik het nie. Elke dag sien ons hoe 'n stukkie van Suid Afrika vernietig word deur wanorde en ongelukkige mense wat totaal en al voor die voet hulle eie vernietig en verbrand. 

Landbou in Suid Afrika is gesond met briljante landbouers ,organisasies en landbou maatskappye wat saam hierdie grondprobleem wat nie einde kry nie kan oplos. 

Die regering doen absoluut niks aan die beskerming van ons landbouers nie- wekelange gesprekke is al gevoer en van alles is net beloftes. Ons landbouers het nou ekstra uitgawes om hulle self te beskerm. Saam met dit sien ons hoe skape en beeste op barbarse manier doodgemaak  word en gesteel word. Miljoene rande wat so verlore gaan. 

Die veelbesproke Grondverslag is aan die President oorhandig in 2022 en is soos verwag uitmekaar gehaal en deur die bank is dit nie vriendelik ontvang nie. 

Die regering se voorgestelde grondonteiening kom ook nie tot 'n punt nie-  Die verslag is uit in 2022 maar dit is afgeskiet- 

Onteiening sonder vergoeding en beleidsekerheid oor landbougrond, kan lei tot ’n daling in voedselproduksie omdat boere nie in staat sal wees om hul skuld te delg nie, wat daartoe sal lei dat banke boere sal uitverkoop weens hul uitstaande skuld. Waar produksie afneem sal die hele voedselstelsel in Suid-Afrika onder ernstige druk kom en die land vinnig tot ’n situasie lei waar kos ingevoer sal moet word. Kos sal nie net onbekostigbaar word vir miljoene arm mense.

Maak nie saak hoe jy na alles kyk nie- die probleem moet opgelos word en die sogenaamde benadeeldes moet ook geakkomodeer word- en daarvoor het die staat genoeg van sy eie grond om weg te gee.  Landbou in Suid Afrika het op hulle eie honderde nuwe beginnerboere gevestig en gehelp wat vandag suksesvol produseer- maar baie van hulle het nog nie hulle kaart en transport nie. 

Die ekonomiese werklikhede in die sektor, insluitende die waardeketting-deelname, befondsing, en klimaatsverandering is die grondslag van  Voedselsekerheid wat van groot belang is vir  Suid Afrika se eerste posisie in Afrika.  Landbou het dalk ’n private landbou-agentskap nodig wat boere kan ondersteun en gunstige kredietterme kan voorsien, soortgelyk aan die destydse Landboukredietraad. Kommersieele banke in Suid Afrika was nog altyd daar vir Landbou, maar is nie meer so gewillig om in sekere landbou afdelings krediet te gee nie. 

Ten spyte van al hierdie probleme moet ons landbouers kos produseer. Die landbouwêreld is aan die verander en vinnig ook – gelukkig hou boere by omdat hulle altyd mededingend moet bly. Sonder water en sonder reen kan die beste landbou metodes nie toegepas word nie. 

Die pad waarop voedselproduksie tans is, is nie volhoubaar nie.  Ons weet dat klimaatsverandering ’n baie groot rol hierin speel, maar hoe gemaak op die pad vorentoe met al hierdie onsekerhede.  Onder meer is daar ’n gebrek aan skakeling tussen die produsent en die verbruiker.

Slegs 20% van die boerderye produseer meer as 80% van die voedsel op formele markte, terwyl 70% van die huishoudings hul voedsel op informele markte aankoop.

 Ons land se boere en hulle huisgesinne ervaar Trauma, Angs en Depressie

Talle verbruikers is oorgewig en eet ’n dieet wat bestaan uit ’n oormaat verwerkte voedsel met ’n hoë suiker- en vetinhoud. Dit is egter nie net die verbruiker wat ongesond lewe nie. Tot 80% van die biodiversiteit in boerderye word bedreig, wat die ineenstorting van ekostelsels tot gevolg kan hê, terwyl Suid-Afrika een van die rykste biodiversiteite ter wêreld huisves. Die kwessie is dus of Suid-Afrika teen 2050 die groeiende bevolking sal kan voed en of die bevolking gaan aanpas by die werklikhede van die tyd. 

Selfs met die enorme toename in vraag sal ons steeds genoeg voedsel plaaslik kan produseer, maar om dit te verseker moet ons deurentyd  belangrike aspekte ïdentifiseer waaraan aandag gegee moet word.

Ons kan egter nie net konsentreer op hoeveel water op die grond gegooi word nie. Ons het data van grondwater nodig en daar moet bepaal word wat die werklik volhoubare verbruiksvlakke van grondwater is. Die gebruik van water moet dus gepaardgaan met ’n baie groter bewustheid van elkeen se interafhanklikheid van die groter gemeenskap. Herlewingslandbou ononderhandelbaar vir volhoubaarheid. Beutrkrag is die grootste struikelblok.

Die verwagting dat die nasionale minimum loon in die komende begroting verhoog gaan word, hang swaar in die lug. Waar die loon in 2017 net onder R15 per uur was, het dit in 2022 tot R23,19 per uur gestyg. Volgens die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) was die gemiddelde jaarlikse inflasie van plaasarbeid sedert 2012 11,6% en die verbruikersprysindeks (VPI) in die ooreenstemmende tydperk maar 5%.

Verantwoordelike aankope, veral in die kleinhandelbedryf, is al hoe belangriker. Hierdie aankope moet egter op feite en tasbare bewyse gegrond word. Voedselverliese in die waardeketting en op die plaas is van uiterste belang en moet bestuur word. 

Met geen einde in sig vir die land se kragkrisis nie, is dit nog onduidelik hoe dit die finansiële gesondheid van die landbousektor en sy finansiers gaan raak. Jy kan egter jou eie finansiële gesondheid bestuur deur vroegtydig met jou finansiers te praat as jou boerdery se geldsake begin sukkel. Die kragkrisis veroorsaak nie net benoudheid onder boere en die uitgebreide landbou-waardeketting nie, maar ’n mate van besorgdheid heers onder finansiers in die landbousektor. Handelsbanke is van die grootste verskaffers van finansiering binne die landbou-omgewing.

Volgens inligting van Agri SA en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het handelsbanke in 2021 die meeste geld aan die sektor geleen (R29 630 miljoen), terwyl koöperasies verantwoordelik was vir R14 851 miljoen. Daar word wyd berig oor die vernietigende impak van beurtkrag en onbetroubare kragvoorsiening op die landbousektor.

Mnr. Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz, sê dit is egter belangrik om in die oog te hou dat die volle impak van beurtkrag op die verskillende landboubedrywe nog nie 100% duidelik is nie.

“Die huidige stand van beurtkrag is beslis ’n baie groot risiko en besighede ly reeds verliese vanweë die koste om kragopwekkers te gebruik. Uit ’n steekproef van byna 500 ondernemings, waarvan die meeste kleiner besighede is met ’n omset van minder as R10 miljoen per jaar, was die gemiddelde koste R100 000 per maand.

Deur al die aspekte in Suid-Afrika aan te pak, sal ons nie net voedselsekerheid verseker nie, maar dit sal ook ’n uitstekende geleentheid vir ontwikkeling en vordering in die varsproduktebedrywe verseker. Daar heers tans moeilike ekonomiese tye en as ’n bedryf sal ons goeie waarde aan ons verbruikers moet lewer. Ons sal ook verantwoordelikheid en beheer moet neem oor wat Landbou en sy produkte is- 

Die grootste draer van boere se totale skuld sedert 2006 is handelsbanke. Teen 2021 het boere R129,630 miljard aan hierdie banke geskuld, teenoor R22,045 miljard in 2006. Sedert 2019 was boere se skuld aan die Land Bank feitlik onveranderd – R54,196 miljard in 2019, R54,197 miljard in 2020 en R54,197 miljard in 2021.

Volgens handelsbanke kan boere as deel van hul beplanning om die kragkrisis te bestuur, so gou as moontlik met hul finansiers vergader wanneer die wolke op die horison begin saampak.

Mnr. Daneel Rossouw, hoof van verkope by Nedbank se landbou-afdeling, verduidelik wanneer termynlenings aan kliënte gegee word, word die kliënt se gemiddelde langtermyn-opbrengs en pryse (afwykings van normaal) in berekening gebring.

“Dit is nodig om kliënte se terugbetalingsvermoë oor tyd vas te stel om sodoende ’n mate van ’n buffer te kry sodat daar voorsiening is vir enige ongunstige afwykings wat in die landbou wel ’n realiteit is.”

Ons kan nie dat die regering en politici Landbou en sy mense ook vernietig soos sekere staatsinstellings nie. 

Klimaatverandering moet baie ernstig beskou word. Die wêreldgemiddelde was 0,93 °C bo die norm. Die afgelope vyf jaar was die warmste nog en wetenskaplikes meen die wêreld sal onomkeerbare klimaatsverandering ervaar as die gemiddelde temperatuur met 2 °C styg.

Ons sal moet kyk na herlewingslandbou deur meer dekgewasse aan te plant om die koolstof- en watersiklus te herstel. Dit is algemeen bekend dat die sogenoemde vierde nywerheidsrevolusie ’n impak op die landbou gaan hê. Ons gronde moet opgebou word en instand gehou word. 

Ons sien dit reeds in toegang tot inligting, wat nie vroeër so maklik beskikbaar was nie, asook in nuwe tegnologie soos selfaangedrewe werktuie, voertuie en robotmasjinerie wat onkruidbestryding toepas.

In 1980 het dit byvoorbeeld 51 dae gekos om ’n braaihoender tot by ’n gewig van 1,8 kg te kry teen ’n voeromsetting van 2,1. Vandag kos dit 36 dae teen ’n voeromsetting van 1,5. Daar is nou driedimensionele drukkers wat ’n trekkeronderdeel kan druk en so kan ek hope ander voorbeelde noem. 

Alles het verander- en daar is sekere goed wat 'n slimfoon applikasie kan doen- maar daar is sekere goed wat jy net altyd nog met jou eie twee hande moet doen. 

Tegnologiese ontwikkeling word gesien as die derde grootste risikofaktor in die volhoubaarheid van ondernemings. Boere moet kan onderskei tussen kaf en koring. Aan sommige dinge kan min gedoen word, maar aan ander wel – soos grondhervorming. 

Volgens Agri SA het die koste van diesel sedert 2016 met 160-170% gestyg en sekere kunsmispryse met 100-150%.  Die landbousektor betaal volgens dié grafiek die meeste vir elektrisiteit. Die Eskom-tariefverhogings van 18,65% vanjaar en 12,74% in die daarop volgende boekjaar gaan die bedryf nog swaarder tref, sonder dat die koste van beurtkrag verreken is.

Eskom het beurtkrag sedert September 2022 drasties begin instel. Waar daar 876 uur beurtkrag in die eerste ses maande van 2022 was, het dit vinnig gestyg met ’n totaal van 1 949 uur van Januarie tot September.

Die impak van beurtkrag word reeds reg deur die landbou-sektor en die waardeketting gevoel, en die georganiseerde landbou het reeds begin waarsku oor die impak wat dit op Suid-Afrika se voedselsekerheid het.

Landbou maatskappye is goed gevestig en lewer uitstekende diens aan ons landbouers- ook hulle is bereid om saam te werk aan 'n oplossing vir Suid Afrika se grond probleem. Daar is buitelandse maatskappye wat graag in Suid Afrika se landbouers wil bele met nuwe landbou masjinerie en toerusting. 

Teen die einde van die eeu gaan daar 11 miljard mense op aarde wees, wat ’n kwessie gaan wees om te voed. Tans is daar reeds 2 miljard mense wat nie toegang tot gesonde kos het nie. Teen 2030 gaan daar meer as 80 miljoen mense in Suid Afrika woon – waarvan die meeste jonger as 30 sal wees.  Daar is nie meer tyd vir beloftes en speletjies nie – dis tyd dat die politici, die regering en die private sektor intree.

Suid Afrikaners sal moet hande vat en sterker standpunt inneem vir die beginsels wat Suid- Afrika vorentoe sal neem. Dit sit nie elke man se broek om suksesvol te boer nie- jy moet kan vasbyt, vertrou en beplan en heeltyd planne maak. Boere is doeners en nie praters nie- deur alles heen het ons landbouers weer gesorg vir kos om te eet-  Mieliepap wat Suid Afrika en Afrika se gunsteling maal is- is weereens in oormaat geproduseer. 

En as jy niks van Landbou en sy mense weet nie- is dit beter om jou neus daaruit te hou veral as jy 'n politieke agenda het. 

Daar le baie werk voor- 2050 is nie ver nie.

Voor ons le 'n nuwe jaar die oeste lyk nog goed en dit gereen oor groot dele van die somerreenval streke.- -  Dis nou tyd vir alle boere om saam te staan en eenheid in landbou te kry en daarmee saam hierdie mooi bedryf te beskerm teen die aanvalle van mense wat van Landbou niks weet nie. 

Saam sal ons hierdie land weer opbou en oorwin.


Johann Pretorius CRA GROUP Pretoria Suid Afrika-