Sekere landbouers in Suid Afrika het dalk ander behoeftes in die toekoms.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Baie het verander in die afgelope 30 jaar wat koperasies betref in Suid Afrika- Meeste van die korporasies wat gestig was deur Landbouers is nou maatskappye wat suksesvol handeldryf in byna alle fassette van boerdery.

Die boerderysektor het 'n lang tradisie, afhangende van koöperatiewe modelle, wat in wese groepe kleiner of mediumgrootte boere dieselfde skaal van voordele bied wat andersins net vir groot korporatiewe boerderybesighede beskikbaar sou wees.

Daar is steeds 'n aantal landboukoöperasies wat in Suid-Afrika bedryf word, en hoewel die meeste van hierdie ondernemings sterk gevestig is op die feit dat hulle ten minste gedeeltelik deur boere besit word, het hulle gegroei tot groter, meer gesofistikeerde besigheidstrukture.

Daar is egter weer 'n nuwe vraag in die primêre boerderysektor vir kleiner groepe boere om op 'n nuwe manier saam te werk. Dit lyk of van hierdie koperasies of maatskappye te groot geword het vir die kleiner landbouer.

Hierdie nuwe model, wat boere insluit  is deel van die ekonomie maar agv die prysdruk wat produsente in die gesig staar moet hulle baie uitgawes beperk en beheer. Dit behels dat daar trekkers, stropers en implemente op 'n ander manier beskikbaar gestel word vir huurdoeleindes omdat dit vir sogenaamde klein en medium landbouers te duur geword het om hierdie kapitaal toerusting aan te koop. Daar bestaan reeds sulke dienste in die platteland maar dit is meestal privaat maatskappye. Sekere landboukoperasies het reeds sulke dienste in plek.

Die vinnige koers van wêreldbevolkingsgroei, wat saam met stygende inkomste in ontwikkelende lande en die vraag na voedsel en voer, het die afgelope dekade vinnig toegeneem en dit het 'n groot uitwerking op landbouers se kontanvloei asook kapitaal besteding. 

Die Landbouvooruitsigte wys daarop dat wêreldwye landboumarkte beduidende veranderinge ondergaan het sedert die wêreldwye voedselpryse in 2007 toegeneem het: Die produksie van kommiditeite het baie sterk toegeneem.  2017 is rekordvlakke bereik vir die meeste graankosse, soorte vleis, suiwelprodukte en vis, terwyl graanvoorraadvlakke tot alledaagse hoogtepunte geklim het. Terselfdertyd het vraag begin verswak.

Dit beteken dat daar iewers in die proses produksiekoste gesny moet word om kos goedkoper te produseer. Dit is nie maklike konsep nie. 

Daar vind 'n grootskaalse korporatisering plaas van primêre produksie. Huidige landbou koperasies kan dalk binne hulle groep sekere van die takke of eenhede ontwikkel wat  hierdie dienste kan lewer. 

Kleinboere kan ook saamwerk deur kopergroepe te vorm om beter pryse vir insetkoste te beding. Hierdie metode bestaan al jare in baie gedeeltes van Suid Afrika.  Op dieselfde manier kan die groepe 'n groter aanbod  van produkte  aan  'n potensiële kliënte bied, terwyl elke boer in die groep steeds beheer oor sy / haar produkte beheer het.

Saam met alles kom daar nog tegnologie wat baie duur is om te implimenteer veral op boerdery eenhede wat nie baie groot is nie.

Landboumaatskappye in Suid Afrika is reeds baie ver gevorder wat betref die verwerking van elkeen van sy lede se produkte en die voordele word aan die lede of aandeelhouers deurgegee- maar met so maatskappy is daar baie meer kostes betrokke.  Hierdie landboukoperasies of maatskappye het ook baie ander dienste wat waarde toevoeg tot elke lid of aandeelhouer. Landboukundiges en ekonome speel 'n baie belangrike rol in die hele produksie proses. 

Vir boere om toekomstig winsgewend te bly, sal hulle beleggings in meer geïntegreerde besighede moet sien, asook die deel van bates en aksies.

Trekkers en implemente het net te duur geword vir sekere landbouers. In meeste gevalle werk die toerusting nie elke dag nie, behalwe as dit kom by boerderye waar daar intensief geboer word met lewende hawe of ander produkte.

Daar is nog heelwat wat gese kan word oor hierdie onderwerp en daar is baie meer inligting beskikbaar wat op een of ander platvorm gedeel kan word. Of die konsep gaan werk die sal net die slim manne met die dikbrille kan se. 

Johanel ANN