Suid Afrika se Landbou in die jaar 2019-

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Dis byna die einde van Januarie 2019- en met hoop en verwagting kyk elke landbouer elke dag op na die wolke en hoop dat dit kan reen om hierdie hitte van die afgelope paar dae te breek en verligting te bring vir alles wat  so afhanlik is van water.  

Weekliks beweeg ons dwars en kruis oor ons mooi land met soveel uitdagings en geleenthede vir elke mens wat in liefde en vrede wil bly en saamwerk.

Ons gesels met landbouers, die sout van die aarde, manne en vroue wat daagliks hulle beste gee om te oorleef en om voedsel suksesvol te produseer. Jy kan al die grade bestudeer wat daar is in Landbou, maar as jy nie 'n landbouer gebore is met murg in jou pype nie, gaan jy nie slaag nie. Elke jaar is 'n beter jaar as die vorige en so glo en hoop elke volwaardige landbouer. 

Ons gesels met gelukkige werkers op plase waarvan baie van hulle al deel is van onderneming vir wie hulle geslagte werk. 

Die landbousektor in Suid Afrika staan voor 'n uitdagende jaar met baie om te doen. Die jaar het goed begin met lekker reen op baie plekke maar dit was nie genoeg nie. Die Wes Kaapse landbouers is in 'n baie beter posisie die jaar na twee baie swaar droee jare met min reen.

Van ons Landbouers het baie finansieele probleme en sekere banke sit en en wag om hulle totaal en al uit te verkoop, sou toestande nie verbeter nie. Ons het al in 'n vorige artikel hieroor geskryf en se weer, moenie die gans slag wat die eiers le nie. Daar is nie beter landbouers nie.

As ons wil gesels oor ‘n korttermyn- en mediumtermyn-uitkyk vir landbou, is ons ongetwyfeld in die hande van klimaatsfaktore, maar veral oor die medium termyn . ‘n Paar bedrywe wat natuurlik onder druk is, maar daar is ook die presteerders wat altyd goed doen. Ons kan uitsien na ‘n stabiele landboubedryf in die medium termyn en wat verder gebeur sal tyd ons leer. Die belangrikste is dat Landbouers  moet aangaan met hulle daaglikse bedrywe en dit wat hulle suksesvol kan doen. Die grondkwessie moet opgelos word. Maar op die stadium lyk dit nie of bestaande boerderyeenhede geraak gaan word nie. 

Grondonteiening wat daagliks voor die oe van Landbou gegooi word, deur baie brawe politieke leiers om stemme te werf is 'n bekommernis vir elke landbouer, omdat daar meer praat as doen is maar daar is ook baie min vertroue in wat gedoen en gese word. Dis baie moeilik om te weet waar jy staan met die regering omdat hulle nie uit een mond praat nie. 

Maar Suid Afrika het van die beste Landbou leiers. Leiers van landbou-organisasies wat reeds hulle huiswerk gedoen het en wat elke keer met oplossings, statistieke en planne kom, om Suid Afrika nog 'n beter landbouland te maak en daarby is beginnerboere ook ingesluit asook grondonteining op 'n geordende manier. 

Suid Afrika se landbouers, hulle organisasies asook sekere Landbou maatskappye is absoluut gerat om grond wat sonder vergoeding ontein wil word deur die regering te beveg. Grondonteiening op sigself is geen probleem, maar nie sonder vergoeding nie. Landbou in Suid Afrika is nog altyd bereid om saam met die regering die grondkwessie op te los en aan die sogenaamde grondhonger mense grond te voorsien. Baie is al geskryf in die media hieroor en baie oplossings le op die tafel wat absoluut suksesvol sal werk. 

Daagliks sien ons in die media hoe daar voorspellings gemaak word vir Landbou in 2019- wat alles gaan verkeed loop. Mielies wat skaars hulle koppe uitgesteek het, word alreeds dood verklaar deur die ryp wat moontlik vroeg gaan voorkom. Die klimaat wat geskep word is absoluut negatief. Dis goed om kennis te neem hiervan, maar moenie dat dit jou werk beinvloed nie. Baie min van die voorspellings word ooit waar. 

Die probleem is ook dat die regering sy neus te diep in die landbou wil steek en hulle wil bemoei met goed waarvan baie van hulle nie veel weet nie. 

Suid Afrika se kommersieele landbouers, beginner boere of klein boere, hulle bestaande Landbou organisasies, Landboumaatskappye en finansieele instellings is sekerlik almal bereid om verantwoordelikheid te neem vir Landbou in Suid Afrika, sonder die inmenging van die regering en politieke partye. Hierdie partye kan saam 'n eenheid vorm wat voedsel sekerheid in Suid Afrika tot verder hoogtes sal neem en daarby 'n groot klomp opkomende boere suksesvol vestig. Inteendeel dit word reeds lankal suksesvol gedoen. 

Ons het baie suksevolle Landbouekonome en geleerde mense in Landbou wat daagliks hulle bydra lewer tot Landbou in Suid Afrika. 

Die belangrikste vir ‘n volhoubare landboutoekoms in Suid-Afrika, is dat beleid op alle gebiede nou uitgesorteer moet word. Landbou moet ondersteun word deur beleid en die hantering van vraagstukke. Nuwe markte, beide plaaslik en internasionaal moet ontwikkel word. Beide kommersiële en ontwikkelende boere in Suid-Afrika moet 'n mark he vir hulle produkte.

Elke Landbouer in Suid Afrika weet presies wat in sy eie boerdery aangaan en daar is nie beter landbouers as ons eie landbouers nie. Dis waarom almal saam 'n eenheid moet vorm wat saam staan en Landbou nog beter maak. Die regering se landbou afdeling moet nog steeds hulle daaglikse take verrig soos om siektes te beheer en maatreels toe te pas en ondersteunend te wees, maar dis al.  

Dis tyd dat Suid Afrika se bevolking wat saam met mekaar wil werk, hande vat en beheer neem oor ons eie lewens en die toekoms van Suid Afrika. Ons kan dit nie in die hande van die regering laat nie, want alles was nog net beloftes - Landbouers is doeners, nie praters nie. 

Ongelukkig het Suid Afrika geen politieke leiers wat uitsonderlik is nie- inteendeel ek glo nie daar is werklik een nie. Ons moet Suid Afrika se landbou uit die hande hou van mense wat dit wil vernietig soos hulle Zimbabwe se landbou en land vernietig het. 

Poltieke partye in Suid Afrika is hard aan die werk vir die verkiesing wat later in die jaar gaan gebeur en baie leuens en stories word opgedis deur sekere sogenaamde leiers om onstabiliteit in Suid Afrika te skep. Die media hou van die negatiwe nuus en stuur dit graag die wereld in. 

Daar is baie belangstelling in Suid Afrika se landbou vanuit die Internasionale wereld. Maar solank as wat die regering nie Suid Afrika se kriminele kan beheer nie, rassisme kan uitwis nie en eiendom kan waarborg nie, gaan daar nie veel van kom nie. 

Dis lankal tyd dat Landbou homself moet beheer en los staan.  Die regering verdien jaarliks biljoene rande uit Landbou belastings en die gelde word op alles behalwe landbou spandeer. Die regering moet besef dat hulle nie Landbou in Suid Afrika kan beheer nie en dat hulle absoluut afhanklik daarvan is. Landbou was nog altyd beried om saam met die regering te werk.

Voor ons le 'n jaar die jaar 2019- kom ons glo en kry ons gedagtes en fokus op dit wat goed is, dit wat ons wil bereik, dit wat ons doelwit is en neem kennis van al die negatiewe voorspellings en nuus wat in die media is. Glo in jouself en in dit wat jy doen. Kyk na jou gesondheid en hou jou huisgesin en familie bymekaar- dis joune  - en  - dit gaan weer goed gaan, met ons almal hierdie is deel van 'n proses om kaf van die saad te skei. 

Nog nooit het 'n gees van vernietiging, blamering, gulsigheid, selfwaan en arrogansie die gees van geregtigheid, opbou,geloof, menswees, nederigheid en dankbaarheid oorheers nie.  Staan vas- jy is boer. Niks gaan jou oorwin nie. 

Die werklikheid is dat toestande tans nie baie goed lyk nie- dis uiters warm en droog en daar is soveel negatiewe dinge wat voor ons oe besig is om te gebeur waaraan ons niks kan doen nie, behalwe om planne uit te dink en oplossings te vind en dit kan ons landbouers goed doen. 

Die weer kan in 24 uur omdraai en ons almal verras. 

En soos ek altyd se.. die reen is een dag nader as gister-  ons glo en vertrou.

Johanel. ANN