Ons is vandag op die 1ste dag van Januarie 2023.
Op oujaarsaand word die oorgang van die ou na die nuwe gevier. Die nuwe jaar word soms ingewag met kerkdienste, vuurwerke en ander feesvieringe.
As gevolg van die tydsverskil tussen lande, breek die nuwe jaar eerste in Nieu-Seeland en Australië aan. Daarna volg die meeste lande in Asië en uiteindelik lande in Afrika soos Suid-Afrika en Namibië. Dan volg die meeste Europese lande. Ten laaste kom die lande op die Amerikaanse kontinent aan die beurt.
Ek ervaar die opwinding van nuwe dinge wat voorlê so saam met ’neffense benoudheid oor die onbekende pad waarop ons ons nou bevind. Die twaalf maande wat kom, gaan genot bring, maar sowaar ook ’n struikelblok of twee. Dis mos die aard van ’n nuwe jaar, hy kom met sy eie lief en leed.
Vir seker is ’n gebrek aan tyd ons almal se grootste moeilikheid. Daar’s te min tyd om te beplan, om te deel, om te voel, om na te dink, net te min tyd om te geniet. Naderhand lyk als soos ’n struikelblok en ons sukkel om by daardie boer-maak-’n-plan uit te kom. Goue geleenthede kyk ons sommer mis, want te min tyd beroof ons van goeie oordeel en vernuf, en ons vermoë om die lewe se lekker raak te sien.
Onwillekeurig dink jy terug aan 2022- onthou jy dit wat lekker was, maar ook dit wat sleg was en wat jy liewer wil vergeet.
Voor jou en ons almal le 'n onbekende jaar, wat niks of baie gaan inhou vir jou, en dit hang alles af van wat jy daarmee gaan maak. Jou gedagtes jou woorde en jou werke gaan jou neem waar jy wil wees.
Party mense verkies om die nuwe jaar op 'n feestlike wyse te groet en party weet nie eens die volgende oggend dis nuwe jaar nie, behalwe dat hy/sy 'n groot babelaas het. Ander mense gaan die jaar stil en alleen in saam met vriende en familie. Maak nie saak hoe jy jou nuwe jaar ingegaan het nie- dis alles hoe jy daaroor voel.
Ons landbouers in Suid Afrika is tans onder geweldige druk oor ons toekoms wat in die hande van 'n regering wat net vol beloftes is. Mense wat nog nie veel weet van opbou en instand hou nie. Arrogansie en gulsigheid is deel van hulle daaglikse lewe- en dit het nog altyd gelei tot ondergang. Suid Afrika is tot op die grond afgebreek en baie inwoners van plattelandse dorpe het dit ongelukkig toegelaat en geglo dat die ANC regering dit instand kan hou.
Ons kragkrises gaan nie vinnig opgelos word nie, en veral nie as dit weer in die hande van een van die kaders van die ANC beland nie. Ons besproeingsboere het reeds geweldige verliese agv die beurtkrag. Die diefstal van vee, koperkabels, graan, saad en vrugte kom reg oor die land heen voor, boere word bankrot gesteel.
Boere se insetkoste het ongelukkig baie hoog geword en die kragkrisis het ’n groot impak op besproeiingsboere. Daar heers ongelukkig onsekere politieke omstandighede in die aanloop tot die verkiesing. Die verval van infrastruktuur en probleme by hawens het ’n nadelige uitwerking op die uitvoer van landbouprodukte.
Daar is baie positiewe dinge wat ook gebeur in Landbou -Datagedrewe landbou en presisieboerdery is iets om na uit te sien, daar kom groot deurbrake in elke landbousektor en dit stel boere in staat om meer winsgewend te boer. Al hoe meer jong mense wil boer en ’n merkwaardige generasie jong mense, wat vertroud is met tegnologie, tree nou toe tot die bedryf. Die vinnige manier waarop veeboere self begin het om bioveiligheid toe te pas nadat bek-en-klouseer uitgebreek het, is uiters goeie nuus. Goeie weerstoestande is ’n ligpunt en dat somergraangewasse mooi lyk, hoewel daar dele is waar oormatige nat toestande probleme veroorsaak. Weidings lyk goed, maar veeboere sukkel met veesiektes omdat daar ’n tekort aan entstowwe is. Finansiering vir graanontwikkeling en die privatisering van die spoorweë en hawens kan ’n positiewe verwikkeling vir landbou sal wees.
Die aanslag van plaasmoorde op landbouers staan elke dag voor hierdie gesinne- ten spyte van al hierdie aanslae moet ons landbouers nog hulle gesinne, werkers en eiendom beskerm teen lafaards wat niks vir enige lewe omgee nie en daarop uit is om ons landbouers te vernietig.
Rassisme word eerder aan die groot klok gehang as moord , verkragting en diefstal. Die media in Suid Afrika is daarop uit om hierdie gebeure op te blaas en aan te wakker. Die ANC regering en meelopers is deel van die sensasie. Ons land is in krises en dan word daar meer aandag gegee aan rassisme as aan die res van die land se mense wat in liefde en vrede saam leef. Dit laat mens dink dat meeste van die mense nog nie beskaafd geraak het nie.
Rassisme word elke dag aangewakker deur 'n sekere politieke party en sy leier asook lede van die regering. Dit word in baie opsigte, opsetlik geskep .
Daagliks lees en sien ons die media hoe sekere politieke leiers hulle monde uitwas oor landbouers wat elke dag sorg dat daar kos op die tafel is. Weereens bewys wat die waarde van ons Landbouers in Suid Afrika is. Ons landbouers kry alle eer vir hulle harde werk in baie moeilike omstandighede. Ons landbouers word elke dag sterker in hulle dade, praat nie baie nie, maar op een goeie dag gaan dit dalk net genoeg wees.
Suid Afrika se algemene media is baie negatief en jaag net sensasie na- Sekere media in Suid Afrika skets altyd 'n negatiewe prentjie van die toekoms en hou daarvan om emosie in mense wakker te maak, maar dit beinvloed jou denke en dit beinvloed jou toekoms. Moenie glo wat sekere politieke leiers kwyt raak nie, hulle gooi woorde in die lug en maak uitsprake en kyk wat spring daaruit. Meeste van die tyd doen hulle dit om reaksie uit te lok en dan die antwoorde te kry, waarop hulle te dom was om self te weet.
Sosiale media is seker een van die grootse ewels wat die mensdom getref het- omdat daar miljoene mense verslaaf is daaraan. Televisie kanale in Suid Afrika is stadig maar seker besig om jou te stroop van jou geloof en jou tradisies - in jou eie taal. Jy is besig om dinge wat buite jou geloof en waardes is te aanvaar en daarmee saam te leef. Dis dalk tyd dat jy jou gewoontes by die huis aanpas en jou losmaak van televisie kanale met hulle banale programme asook sosiale media.
Moenie jou waarders verloor of afdaal na die vlak waarop die regering en sy meelopers opereer nie. Jy gaan nie suksesvol wees nie. Jy gaan deel word van die "uncivilized" onbeskaafde bevolking wat net steel en vernietig. Die ANC regering en sy meelopers het net nie die vermoee om enige iets suksesvol te bestuur nie. Hulle het hierdie mooi land in 28 jaar vernietig. Hulle het bewys dat hulle geen vermoee om welvaart te skep of te bou nie- Niks word instand gehou nie..
Om die land te red moet daar 'n gees van opbou en samewerking geskep word. Hier is baie meer mense wat wil bou as afbreek en ons moet 'n eenheid bou.
Ons kan hierdie negatiewe geeste oorwin deur te fokus op die goeie, op dit wat ons beplan en wat ons in gedagte het vir elke inwoner van die land wat in liefde en vrede wil lewe. Dis tyd dat geregtelike gedagtes die land oorneem, mense wat saam dink en saam beplan aan 'n toekoms vir elke inwoner van die land.
Moenie dat hierdie vuilgees van vernietiging jou geluk steel nie. Geregtigheid het nog altyd geseevier.
Televisie en Radio asook gedrukte media is baie gou om negatiewe sensasie nuus die wereld in te stuur. Neem kennis daarvan maar moenie daaraan deelneem nie. Dit raak al hoe moeliker om jou sefl te vereenselwig met die swak kwaliteit van Televisie programme wat meestal daarop gemik is om jou van jou waardes te stroop.
Sosiale media is baie sleg- dis 'n medium vir baie lafards wat nie mense openlik kan konfronteer nie en al hulle vuilwasgoed word gewoonlik daar gewas. Deesdae is dit die kuierplek van sekere politieke leiers en organisasies wat hulle monde daar uitspoel en rassisme aanblaas. Ons moet hierdie mediums meer gebruik om vrede en voorspoed te skep. Ons het almal 'n plek in die son in Suid Afrika-
Wees kalm glo in wat jy doen. Wees vriendelik en nederig en plant in goeie grond. Moenie deel word van hierdie negatiewe gesprekke nie dit gaan jou "joy" van jou wegneem.
Moenie dat hierde mense met hulle negatiewe vuil geeste jou van koers afneem nie. Neem kenns wat gese word, maar glo en vetrou op waarheen jy oppad is. Moenie hierdie stories en uitsprake meer energie gee deur dit oor te vertel en te deel aan jou vriende nie. Wees paraat maar fokus op dit wat jy wil he en waarheen jy oppad is. Dis nou tyd vir saamstaan en uit een mond praat met 'n gees van Eenheid tussen almal wat in hierdie mooi land van ons woon en werk.
Dit het lekker gereen oor groot dele van ons land die afgelope paar dae en ons Landbouers gaan die nuwe jaar met nuwe hoop en verwagting in. Dankbaarheid is oral te sien en ons weet waar ons lewe vandaan kom.
Reen soos die, bring nog nie 'n oes nie, betaal nog nie skuld nie, maar dis 'n begin en 'n baie goeie begin. Ons glo dit gaan ook reen oor die gedeeltes wat nog baie droog is. En daarmee saam weet ons dat opvolg reen die res van die seisoen gaan voortduur.
Moenie dat sogenaamde geleerdes met hulle grade en boeke kennis en voorspellings oor die toekoms op grond van allerhande data en grafieke jou ontstel nie. Neem kennis daarvan, pas dit toe, indien dit van nut is, maar bly gefokus op jou werk en jou gedagtes.
Die landbouwereld in Suid Afrika is baie klein, wees deel daarvan en staan by jou woord en beloftes.
Pas jou huisgesin op- staan by jou kinders en kleinkinders- moenie jou ouers en grootouers verwaarloos nie. Behou jou waardes en leef in die toekoms.
Moenie toelaat dat jou kinders en kleinkinders in die hande van die siek vuil wereld van geestelike vernietiging beland nie. Behou jou indentiteit en pas jou naam op.
Dis NUWE JAAR waar jy ookal is, geniet jouself- sit 2022 agter jou neer- of dit nou goed of sleg was. Geniet die oomblik-
2023 is voor die deur- dis joune, maak daarmee soos jy goeddink.
Ons wens jou net die beste vir 2023-
Ons span is altyd aandiens en reg vir die nuwe jaar.
Dankie dat jy elke dag deel is van hierdie uitsonderlike medium in Landbou wat gedryf en bestuur vir 18 jaar deur landbouers en mediakenners.
Johann Pretorius CRA Group Suid Afrika
Statistieke vir die jaar 2022
Ons het 1095 nuwe artikels geplaas op Farmingportal.co.za, 52 Persvrystellings en 780 videos .
14,344 nuustories is geplaas op AGRI NEWS NET in 2022
Farmingportal.co.za se argief bestaan uit 18,356 artikels wat daagliks deel is van die wereldwye soekenjins.
Uit die boek- Jou denke bepaal jou toekoms-
Net jyself kan jou gedagtes beheer. Die somtotaal van jou gedagtes bepaal jou reaksie en jou toekoms. Positiewe gedagte en denke is die oplossing, maar dis nie so maklik om vol te hou daarmee nie. Wanneer jy reg is om buite jou huidige beperkings en omstandighede te dink, sal jou lewe totaal verander.
Jou emosionele toestand is belangrik en dit word bepaal oor hoe jy dink en voel. Probeer om jouself altyd net met positiewe nuus , mense en gebeure te omring. Die verlede het geen energie nie, en die toekoms lê nog voor jou, daarom moet jy NOU lewe. Kry jou nuwe gedagtes NOU in orde.
Jou gedagtes moet altyd suiwer en in belans wees. Jou intensie om jou realiteit te verander moet in alle opsigte waarde toevoeg tot jou lewe.
Pas dit wat jy elke dag lees in die boekie toe op jou daaglikse lewe, en leef dit. Praat en dink altyd in die rigting waarin jy wil beweeg.
Jy sal altyd suksesvol wees in alles wat jy vir jouself ontwikkel het deur jou gedagtes as jy dit elke dag voluit lewe.
Wees getrou aan jou jouself, en gun jouself die NOU en beplan jou eie toekoms.
Jy kry net uit die lewe wat jy verwag.
Bestel die boek by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.