Suid Afrika se suksesvolle Landbou, sy tegnologie en sy mense.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Wanneer jy iemand wat siek is, elke dag sien, dan kom jy nooit agter hoe vinnig die persoon se gesondheid agteruitgang nie. En op 'n goeie dag sal jy dit sien as iemand wat lanklaas die persoon gesien het, jou daarop wys. 

Omdat ons as Suid Afrikaners elke dag so besig is met ons daaglikse gejaag na alles, om 'n bestaan te maak, het meeste van ons nie eintlik gesien hoe Suid Afrika voor ons oe agteruitgaan en vervalle raak nie-  veral die laaste 10 jaar nie.

Min het ons geweet dat ons as inwoners van Suid Afrika daagliks beroof en besteel was deur die regering van die dag. Staatskaping soos dit algemeen genoem word. 

Ons het reeds in 'n vorige artikel gepraat oor die platteland se agteruitgang en hoe alles tot in die grond bestuur was. 

Wat opvallend en uitstaan van alles, is dat Suid Afrika se landbou elke jaar van een hoogte na die ander gegroei het- dat landbou in Suid Afrika verbeter is, dat tegnologie ingespan is en dat ons landbouers in 'n derde wereld land suksesvol "smart"  begin en aanhou boer het. 

Dit sou nie moontlik gewees het sonder  Landbou maatskappye en almal betrokke in landbou nie. Saam met dit, het ander privaat instellings en ander maatskappye ook suksesvol vorentoe gegaan. Trekkers, implemente, Vragmotors, motors, masjinerie  en nog baie ander goedere word suksesvol geproduseer, vervaardig en uitgevoer. 

Landbou in Suid Afrika is op wereld standaarde- ons landbouers produseer onder baie moeilike omstandighede, voedsel suksesvol.

Jy het net nodig om ons landbouers se plase te besoek om dit te sien. Saam met tegnologie het ons Landbouers ook hulle plase opgebou, hulle werkers bemagtig en daarby saam geglo in die toekoms van Suid Afrika. Landbou is reeds vir jare suksesvol gemeganiseer en met tegnologie wat daagliks verander, het Landbou saam vorentoe beweeg.

Saam het Landbou in die afgelope 15 jaar en meer, nuwe sogenaamde agtergeblewe landbouers bemagtig en gehelp om vandag suksesvol voedsel te produseer op hulle eie. Klein opkomende boere word elke dag bygestaan deur Suid Afrika se landbou instansies. Hierdie is mense wat wil boer, wat vorentoe wil gaan en deur hulle eie mense in die steek gelaat is. 

Sekere Landbou afdelings het ook baie skuld, maar die skuld word gediens en banke was nog altyd baie geduldig en behulpsaam gewees. 

Kyk jy na alles wat in die regering se hande was deur die jare- wat deur hulle met belastingebetalers se geld bestuur moes word- dan het alles agteruit gegaan, soveel so dat mens dit nie werklik kan glo nie- behalwe as mens dit sien. Die eens magtige Eskom, Denel, SAA, Gesondheidsorg Spoorwee (Prasa)- en so kan ek aangaan- is uitmekaar en sonder geld en staan bakhand by die regering vir oorlewing. 

Eskom is besig om Suid Afrika se ekonomie te vernietig deur hulle beurtkrag en onvermoee om die eens magtige maatskappy te bestuur. 

Alles geplunder deur staatsamptenare en lede van die regering en hulle meelopers en familie. Suid Afrika se mynbou is ook nie gesond nie- En sekere Steenkoolmyne maak deel daarvan uit- Die Spoorwee is op die rand van die afgrond en meeste van ons paaie is onbegaanbaar. Die regering weet nie wat is instandhouding nie- hulle "trackrecord" is absoluut 'n skande. Hulle is baie goed met beloftes en gulsigheid. 

Ons land het eers eenheid nodig- 'n ware leier wat sy mense eerste dien- en nie sy party en mamon nie.

Hoe mens die derde wereld se lewe van plundering ,vernietiging, selfverryking, blameringsmentaliteit,gulsigheid en arrogansie saam kan voeg in een, met die eerste wereld, waarmee ons almal grootgeword het en wat lewe bring - is bo my denke.

Kyk hoe modern is Suid Afrika se banke, Selfoon maatskappye en die geboue waarin hulle besigheid doen- maar stop jy voor die moderne geboue met hulle moderne tegnologie moet jy eers jou weg vind deur die gebedel en wanorde van taxis en straatsmouse wat hulle tuis maak op elke hoek en draai.  Groot moderne winkelsentrums wat biljoene rande gekos het se ingange is 'n toonbeeld van die derde wereld van wanorde en korrupsie. Die strate om die moderne winkels is bevuil en toegeparkeer deur taxies. By elke Verkeerslig word jy ingewag deur 'n bedelaar met een of ander probleem. Die gesig van die derde wereld. 

Na die regering en van sy meelopers alles wat gewerk het, tot in die grond bestuur het, kyk hulle nou vir Landbou- want dit werk, dis netjies, dit word reg bestuur en daar is geld en daar is lekker kos- maar op 'n plaas word daar gewerk, nie gesit in 'n kantoor agter 'n lessenaar nie en op 'n plaas werk jy vir jou geld, dis nie maklik nie- net die beste oorleef.

Die regering se optrede die week om die wet op grondonteiening deur te voer, gaan baie negatiewe gevolge he vir die hele Suid Afrika, maar dit lyk nie of die mense heeltemaal bewus is van hulle dade nie. 

Vir die regering van die dag sy meelopers, ander politieke partye wat ons landbouers se gronde wil annekseer sonder vergoeding, wag daar 'n baie groot verrassing.

Net so suksesvol as wat ons Landbouers nog altyd geboer het, ons landbouorganisasies en maatskappye suksesvol deel was van Landbou- netso suksesvol gaan hulle die voorgenome wet op die onteiening van grond beveg en uit die wegruim word. Daar is  ander maniere wat tot elke inwoner van die land se voordeel kan werk. Dit is al voorgele en die regering wil nie daarna kyk nie. Ons kan die son oor almla laat skyn en sorg dat daar kos vir almal op die tafel is. 

Dis nou tyd van saamstaan - in Engels is dit  "crunch time" - maar Landbou sal altyd oorleef. Daar is net twee groepe - die wat Suid Afrika wil bou en laat voorleef of die wat die wil plunder en verder afbreek-  Dis die keuse. 

Johann Pretorius 


Newsletter Subscribe