Dis Kersfees 2023 - Suid Afrika

Dis Kersfees 2023 - Suid Afrika

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Ons het van die beste landbouers in wereld.

Uit niks kan hulle welvaart skep, bou en suksesvol anderkant uitkom.  Tenspyte van soveel terugslae staan ons landbouers nog steeds vas en het hulle deur die jare dit bewys. Saam met landbouorganisasies en maatskappye het hulle miljoene spandeer aan die opheffing van hulle eie werkerskorps, en daarmee saam duisende kleinboere en beginnerboere suksesvol gevestig. Dit sit nie in enige man, vrou, kinders en werknemers se broek om suksesvol te boer nie- dis harde werk  vertroue en deursettingvermoee- Ons sien daagliks hoe suksesvol ons mede swart boere reeds is in hulle boerdery.

As ons praat van boere dan praat ons van alle boere in Suid Afrika- klein of groot- swart of wit- ons het een gemeenskaplike belang en dit  is om kos te produseer en mense van werk te voorsien en in liefde en vrede saam te leef in respek vir mekaar. 

Suid-Afrika benodig strukturele hervorming wat baie vinniger ekonomiese groei sal verseker, ten einde die belastinginkomste wat vir maatskaplike en ontwikkelingsprogramme betaal, volhoubaar te laat groei. 

Boerderysukses berus tot ‘n groot mate op  skaalvoordele. In die ontwikkelde wêreld, is dit ‘n paadjie wat reguit na tegnologie en outomatisering lei. In Suid-Afrika is dit egter minder vanselfsprekend, gegewe ons arbeidsituasie en die sosiale verantwoordelikheid wat op alle werkgewers rus om werksgeleenthede te beskerm.

’n Moeilike en bepalende tyd staan vir die Suid-Afrikaanse politiek voor die deur – ’n tyd wat noodwendig fundamentele verandering sal meebring. Andersyds is toenemende rassepolarisasie en -mobilisasie aan die orde van die dag en raak die samelewing ook ’n speelveld van oplaaiende konflik en geweld. Die weg wat gevolg moet word, moet toegespits wees op gesprekvoering en konflikoplossing, asook ’n objektiewe beskouing van al die antwoorde en oplossings wat voorgestel word en aan belangegroepe en politieke partye voorgelê word.

Anders as in 1994 (en die destydse Nasionale Akkoord) sal ons nie alleen goeie grondwette en wetgewing as voorbeelde moet bestudeer nie, maar ook en veral toepassings moet oorweeg wat die beste belang van alle Suid-Afrikaners voorop moet stel. Ons land se boere word nog steeds besteel, aangeval en gemoor deur blatante groepe - wat moontlik gedryf word deur een of ander organisasie.  Die edelagbare President en sy kabinet doen geen uitsprake in die verband nie. 

Selde was die Suid-Afrikaanse politieke omgewing so onseker soos tydens 2024. Kombinasies van politieke, ekonomiese en sosiale omstandighede berei tans die terrein voor vir radikale politieke verandering en talle politieke en ekonomiese kommentators is uiters bekommerd oor selfs die korter-termyntoekoms van Suid-Afrika.Faktore waaronder politieke onstabiliteit; geweld en onverdraagsaamheid; sosiale konflik en geweld; en negatiewe ekonomiese groei met gepaardgaande vraagstukke soos werkloosheid, armoede, xenofobie, swak dienslewering en die vlug van kapitaal en kundigheid dra by tot onsekerheid en uitsigloosheid

Die jaar 2024 gaan waarskynlik nog moeiliker wees want die probleme moet opgelos word om Suid Afrika op 'n bestendige pad te plaas - dis hier waar ons slim, hardwerkende en eerlike mense nodig het.  Doeners en die praters nie. Ons moet opbou wat die regering in 30 jaar tot in die grond bestuur het.

Dit is geen geheim nie dat ons land die volle ontwikkelingspektrum insluit: van die mees gesofistikeerde finansiële stelsels ter wêreld tot tradisionele ruilhandel in landelike gebiede; van verbruikers wat alleenlik kos eet wat as organies gesertifiseer is tot huishoudings wat beswaarlik die mees basiese items kan bekostig.

Ons boere is nog steeds die prooi van lafhartige barbare wat ons mense koelbloedig vermoor en vermink- gedryf deur een of ander organisasie skrik hierdie goed vir niks. Die mense is te sleg om te werk en het eintlik geen bestaansreg nie .Ons landbouers is paraat en moet self die leiding neem om hulleself te beskerm. Ons landbouers word besteel en diere word op onaakbare maniere vergiftig en die polisie staan baie keer terug.  Geregtigheid het nog altyd oorwin. Beskerm jou familie en moenie enige kanse vat nie. 

In van die noordwestelike dele van die Noord-Kaap is nog byna geen reën sedert 1 Januarie 2023 aangeteken nie. “Een van die droogste tye op rekord word tans in gedeeltes van die Kalahari en die noordelike Karoo ervaar. Op Askham in die noordwestelike dele van die Noord-Kaap het byna geen reën van 1 Januarie 2023 tot op hede voorgekom nie. Veeboere voer op groot skaal en ’n ooraanbod van veral skaap- en lamsvleis het pryse baie laat daal. Op die kort termyn lyk die kanse nie goed vir noemenswaardige reën oor dié gebiede tot minstens die einde van Desember nie. 

Intussen bestaan daar nog baie onsekerheid oor of die huidige El Niño-stelsel wel ’n spits bereik het of nie. Sommige indekse en see-oppervlaktemperature toon ’n afnemende neiging, maar dit kan net tydelik wees. Belangrik is dat die Suidelike Ossilasie Indeks, wat ’n gevoelige indeks vir veranderings in die ENSO-verskynsel is, konstant besig is om weg te beweeg vanaf sterk El Niño-vlakke vanaf middel November. Maar dit reen kol kol- Mielie aanplantings is nog nie voltooi nie en van die mielies wat geplant is - ondervind hitte stremming. Dit 'n moeilike jaar vir ons landbouers wat voorle en 'n mens se hart is bly as dit 'n heerlike nat Kersfees is oor Suid Afrika.  Terwyl duisende korporatiewe mense by die see uitspan en rus- is baie van ons landbouers hoopvol dat hulle kan plant en ook genoeg reen kan kry vir 'n goeie jaar.  

Dit het die afgelope paar dae gereen oor groot dele van die Somerreenval streke en baie boere kon hulle aanplantings doen. Middel Januarie is dit gewoonlik droog maar dit lyk of selfs die weerkenners sukkel on die weer te voorspel. Ons landbouers het biljoene in die grond gesit- met die nodige kundigheid en inligting het elkeen 'n berekening besluit geneem- Nou is in hande van die natuur.

Dit is uiters belangrik dat meer Landbou ekonome uit die  bestaande Landbouorganisasies na vore tree en meer deelneem en inligting deurgee aan die media- Ons sien te min van ons landbouorganisasies se ekonome wat in werklikheid die ware  landbouers van Suid Afrika verteenwoordig. Daar moet meer opinies gelig word en daar moet meer van die Ekonome beskikbaar wees op gereelde grondslag. Die algemene media in Suid Afrika wat nie veel weet van Landbou nie- moet 'n wye toegang he tot inligting van verskeie oorde. Landbou moet sy onafhanklikheid behou. Niemand kan eintlik namens onafhanklike familieboerderye praat nie- hierdie boerderye het hulle welvaart geskep deur die jare en het in baie gevalle geen media blootstelling nodig nie. Dis die Familieboerderye se eie keuse om aan 'n organisasie te behoort.

Ons Kommersieele landbouers moet hulleself beskerm teen die regering wat al hoe meer hulle oe op landbou rig en dit wil beheer. Dis belangrik dat jou boerdery se inligting privaat gehou word en boer maar liewer onder die sambreel. Daar is baie televisie program vervaardigers wat honger is om boere te besoek en hulle aan die wereld voor te stel- dis is goed- maar in Suid Afrika met al die korrupsie- diefstal en moorde is dit beter om onder die radar te boer. Familieboerderye moet hulle self beskerm en wakker wees - dis joune jy het dit opgebou en jy deel dit nie sommer nie.- 

Dieselfde spektrum geld vir die hele landbouwaardeketting en moet as agtergrond dien vir enige bespreking oor uitdagings en hul oplossings. Dit beteken dat globale uitdagings op eiesoortige wyse hier uitspeel en dat ons hulle vanuit ‘n plaaslike invalshoek moet hanteer. Dit beteken ook dat in soverre die spektrum dinge kompliseer, dit ook ‘n verskeidenheid van hanteringsopsies moontlik maak.

Ons mooi platteland met sy wondelike inwoners is deur die regering tot in die grond bestuur- Jare se opbou is vernietig en baie min dorpe het nog 'n werkbare infrastruktuur. As jy weet hoe die platteland gelyk het voor 1995- dan sal jy nie weet wat werklik in die dorpe  was nie. 

Vir almal wat of in die platteland van Suid Afrika  woon, of as stedeling van tyd tot tyd soontoe kom, is dit duidelik hoe die platteland agteruitgaan.

Mense trek weg, winkels en besighede sluit (behalwe Sjinese “alles-en-nog-wat-winkels”), geboue verval, kerke loop leeg en al wat groei is onkruid, die werkloosheid en die plakkerskampe. Die natuur is vernietig reg rondom elke dorp  in die  Platteland, en daar gaan vir jare baie min lewe in die grond wees- ten minste 2 kilometer reg rondom die gebiede waar duisende arm gemeenskappe bly. 

Elke dorpie het sy geskiedenis van sy eie  mense en geboue. Dit is opvallend dat daar baie min, meer gebou word in die dorpies, geboue word meestal verbeter en herbou. Jare se geskiedenis le opgeskryf in die dorpies wat vir jare bewaar gebly het todat alles in afgelope jare met geen instandhouding en respek verval het.  Die derde wereld se onbekwame bestuurders en politiekeleiers is duidelik sigbaar in die verval van paaie, sypaadtjies, water aflydings sturkture, riool, vuil strate en  oop erwe en rommel wat oral le. 

Die stadskantore is vervalle, padskrapers en vragmotors staan onder bome, stukkend en geen geld vir onderdele nie. Die eens pragtige tuine staan vol kakiebos en onder die paar bome wat nog staan le mense sonder werk. 

Getroue inwoners betaal elke maand al vir jare hulle dienste en sien hoe hulle dorp agteruitgaan. Onbekame onproduktiewe mense in diens van die dorp verdien enorme salarisse en teer soos bosluise op die inwoners van die dorpe. 

Armmoede en werkloosheid is aan die orde van die dag. Die plaaslike Spar kan vra wat hy wil vir sy kos en produkte, want daar is geen ander winkel in die omtrek nie.

Mense werk om te eet en te lewe- en staan maandeliks toue om hulle pensioengelde te kry van die staat wat gewoonlik 'n hele familie moet voed.

Volgende jaar word daar 'n samekoms beplan om na die verval van die platteland om te sien en nog baie ander besprekings punte. Dit is absoluut belangrik om dit te doen- maar die fondse is nie daar nie- 

Die Regering kon in 30 jaar nog nie sien dat die platteland tot nie gaan nie- en onstoke onopgevoede inwoners steek eerste 'n band aan die brand - blok die paaie en brand dan die munisipale kantore af en steek die voertuie aan die brand,- Dit was nog onverklaarbaar vir myself-. Dit is Suid Afrika in die jaar 2023.

Die meeste van Suid Afrika se inwoners wil saamwerk- wil bou wil 'n lewe skep vir hulle en hulle kinders en nageslag- terwyl die regering die land deur korrupsie leeg gesteel het- en daar nou net skuld is- en dit is die skuld van ANC en sy meelopers,- en dit lyk of die ANC hulle korrupsie verder versterk namate hulle sien dat hulle nie meer mag gaan he nie. 

Ons moet ons platteland beskerm vir 'n nageslag wat moet weet hoeveel sweet en onder andere pannekoek geld daarin gegaan het om hierdie dorpies te kon bou.

Ons werklike Suid Afrikaners is bouers en welvaartskeppers, maar dit wil voorkom of dit al te laat is om ons pragtige dorpies te red na die ANC regering dit oor 'n tydperk van 30 jaar verwoes het.

CRA Media onder die CRA Group werk 365 dae van die jaar- en bring jou die "goeie nuus" in landbou. Ons mediums is wereldwyd bekend en daagliks lees duisende mense ons nuus-. Elke dag van die week plaas ons tussen 40 en 50 landbou berigte op AGRI NEWS NET.  Met 25 jaar van ware praktiese landbou en self boerdery ervaring weet ons wat landbou en sy mense is. 

Geniet jou Kersfees- saam met jou gesin- jou eie mense-  die mense wat lief is vir jou - wat by jou wil wees -dis altyd lekker- maar dis baie sleg as jy dit nie kan doen nie-wees dankbaar en pas jouself op- behou jou geloof- behou jou gesondheid- wees sterk- moenie jou waardes verloor nie- en staan vas en geniet die oomblik- Jy is geseend en gelukkig as jy by jou eie mense kan wees die Kersfees- jou familie- jou hartsmense.

Johann Pretorius  CEO CRA Group - CRA MEDIA

Pretoria Suid Afrika.