Geskatte mileie-oes aansienlik minder as verlede jaar- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 10,655 miljoen ton gestel, wat 0,90% of 94 650 ton meer is as die vorige skatting van 10,561 miljoen ton.


 Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,301 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,63 t/ha is, volgens die jongste verslag van die Oesskattingskomitee wat vandag vrygestel is. Die geskatte mielie-oes is 15% kleiner as die 2018-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 79% van die 2019-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,298 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,002 milj. ha. Die produksieskatting van witmielies is 5,287 miljoen ton, 1,26% of 66 000 ton meer as die 5,221 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 4,07 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 5,369 milj. ton, wat 0,54% of 28 650 ton meer is as die 5,340 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 5,36 t/ha.

Die opbrengs-bepaling per ha vir die Mpumalanga provinsie is gebaseer op wetenskaplike en objektiewe resultate verstrek deur die LNR. Neem kennis dat die objektiewe resultate vir die Vrystaat en Noordwes provinsies, in Mei 2019 gerapporteer sal word.

Sonneblomsaad: 
Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 611 140 ton, wat 8,44% of 47 550 ton meer is as die vorige skatting se 563 590 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 515 350 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,19 t/ha is.

Ander gewasse: 
Die produksieskatting vir sojabone is op 1,296 milj. ton gestel, wat 1,55% of 19 810 ton hoër is as die 1,276 miljoen ton van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 730 500 ha en die verwagte opbrengs is 1,77 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes het met 12,96% of 2 605 ton toegeneem, vanaf 20 100 ton na 22 705 ton, terwyl the verwagte opbrengs 1,13 t/ha is. 'n Korreksie gemaak is ten opigte van die oppervlakte beplant met grondbone in die Vrystaat (3 500 ha is bygevoeg) en Noordwes (3 500 ha is afgetrek) provinsies. Die nasionale oppervlakteskatting vir grondbone is wel onveranderd gelaat op 20 050 ha.

Die produksieskatting van sorghum is 165 850 ton, wat 1,50% of 2 450 ton meer is as die 163 400 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 50 500 ha, en die verwagte opbrengs is 3,28 t/ha.

In die geval van droëbone het die produksieskatting effens met 1 500 ton toegeneem, vanaf 70 950 ton na 72 450 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 59 300 ha, en die verwagte opbrengs is 1,22t/ha.

Die vierde produksieskatting vir somergewasse vir 2019 sal op 28 Mei 2019 vrygestel word.