OVK Graan voeg waarde by tot jou oes
OVK Graan bied ‘n omvattende diens aan die graanprodusent wat effektiewe graanhantering insluit, asook kundiges wat konstruktiewe ondersteuning met graanbemarking kan bied om waarde toe te voeg. OVK Graan bedryf 19 graanhanteringsfasiliteite.
Dienste by die silo’s sluit in:
• berging van graan;
• droging van nat graan;
• sif en skoonmaak van graan ten opsigte van giftige sade en gebrekkige pitte; en
• uitsak van graan.
Graanverkryging
Graanverkrygingskantore is in Bloemfontein, Ladybrand, Hopetown en Elliot geleë en ’n volledige diens word aan produsente gebied met ‘n bemarkingstrategie volgens die produsent se behoeftes. Langtermyn besigheidsverhoudinge wat gebaseer word op vertroue en goeie diens aan produsente, is ons doelwit ten einde volhoubaarheid te verseker.
Graan Logistiek
OVK Logistiek het ten doel om produkte vinniger en teen ’n beter tarief by bestemmings te lewer. Dit verseker ’n meer kostedoeltreffende diens aan OVK en sy kliënte. ’n Uitgebreide subkontrakteursvloot kan bykans enige losmaat- en/ of gesakte produk van die meeste groot leweransiers tot by die kliënt vervoer. Die diens sluit die oplaai op die plaas, asook afl ewering in. Die groot verskeidenheid voertuie, asook die groot netwerk, verseker dat die beste tariewe beding kan word. Ook lei die produk-spesifi eke benadering daartoe dat vervoerkoste tot die minimum beperk word. Alle ad hoc-besigheid word hanteer – van plaaslike verspreiding tot nasionale langpadvervoer. Sodoende word ’n volhoubare kompeterende voordeel verkry. Op hierdie wyse oorbrug OVK Logistiek die uitdagings waarmee produsente gekonfronteer word wat betref die vervoer van produkte of insette.