ANDRÉ DIEDERICHS SE BOEK, NALATENSKAP.

ANDRÉ DIEDERICHS SE BOEK, NALATENSKAP.

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Ek ken vir André al meer as 30 jaar. André het ʼn passie vir familieondernemings.

Deur meer as 400 konsultasies en verskeie mediasies het hy onskatbare ervaring opgedoen. Ek beveel die boek onomwonde vir familieboerderye aan. Die impak van verkeerde besluite en die beste praktyke om volhoubaarheid te verseker word deur aangrypende verhale geïllustreer.


Die boek is ʼn ROMAN en fokus op die Soet en Suur van familieondernemings. Drama, Intriges en Goeie Praktyke is met fiktiewe en werklike karakters in die storie vermeng.

DIE BOEK KOS SLEGS R260 EN AFLEWERING IS GRATIS. Dit is 'n IDIALE GESKENK  geskenk en verseker waardevolle l leesstof vir enige persoon wat betrokke is in 'n famieliebesigheid of omgee vir die voortbestaan van so besigheid.
Die boek kan direk by NALEDI bestel word by  BESTEL 

Wanda gesels met Andre Diederichs, ʼn ou bekende op die radiostasie se luggolwe. Hy het reeds 10 boeke gepubliseer maar is die boek, NALATENSKAP, sy eerste Afrikaanse fiksie. Hy bestuur die Familieonderneming-Assosiasie van Suid-Afrika en het al meer as 400 familieondernemings in Suid-Afrika, en elders in die wêreld, gekonsulteer. Die verhaal in die boek is gebaseer op sy uitgebreide ervaring van die soet en suur wat in familieondernemings afspeel.

Hy is ook ʼn hoofkarakter in die boek. Soos die eerste proefleser, Ronelle Elle se: “Die boek is in ʼn tipiese Francine Rivers styl geskryf. Die verhaal is lewensopvatlik, met ʼn sterk ondertoon van Christelike waardes. André skryf die boek in die eerste persoon en skroom nie om sy eie foute en lewenslesse uit te wys nie. Dit maak die boek ʼn wenner.”


Vir meer detail luister gerus na die onderhoud wat met Andre gevoer is.