• SUIKER is sleg vir jou; daarmee stry min mense nog. Maar die groter hoeveelhede plaasvervangers vir suiker wat ons deesdae inneem – soms sonder dat ons dit besef – het dalk implikasies vir onder meer ons metabolisme en spysverteringstelsel waaroor daar nog nie omvattende navorsing gedoen is nie.