Uit die noodsaaklikheid vir die bedryf om te herleef, herstel en herbou het wynondernemings 'n kopskuif begin maak oor die manier waarop hulle besigheid doen en word bedryfsinisiatiewe wat ten doel het om die bedryf meer lewenskragtig, aanpasbaar, mededingend en volhoubaar te maak, vinniger uitgerol.