• Vititec, ’n toonaangewende verskaffer van hoë gehalte wingerdplantmateriaal aan die Suid-Afrikaanse wynbedryf, het op 20 November ’n wynproe aangebied van die nuutste beskikbare wyndruifklone wat die span op klein skaal verbou het.

  • Wyndruifprodusente en kelders in Suid-Afrika se Wes Kaap is positief oor die vooruitsigte  en gehalte van die  2019-oes, ondanks uitdagende toestande wat tot een van die kleinste oeste in meer as ʼn dekade gelei het voor verlede jaar. In 2018 was die oes beter.

  • Genoegsame water en ʼn matige rypwordingsperiode het daartoe gelei dat die 2020 Suid-Afrikaanse wyndruifoes ietwat groter as in 2019 kan wees, maar steeds kleiner as die langtermyngemiddeld.