Jaarliks neem insetkoste toe- branstof is een van die grootse kostes wat maandeliks toeneem. Saad en gifstowwe se pryse het ook toegeneem.
“Die bepaling van brandstofpryse in Suid-Afrika het hewig onder skoot gekom omdat die internasionale ru-olieprys die hoogte ingeskiet het nadat Rusland oorlog teen die Oekraïne verklaar het,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.