• In baie dele van Suid-Afrika groei daar deesdae al hoe meer bome en al hoe minder gras. Hierdie “bosindringing” is ’n kopseer vir boere, want dit verminder weiding. Te veel boskasies belemmer ook wildkyk en verdring sommige dier- en plantspesies.