Permit-aansoeke wat aan die nasionale departement van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE) gestuur is, toon dat daar planne is om soveel as ‘n halfmiljoen beskermde inheemse bome in die 12 000 hektaar Musina-Makahado Spesiale Ekonomiese Sone (MMSEZ) in die noorde van Limpopo te vernietig. Dit sluit in die verdere vernietiging van tienduisende ander meer volop inheemse bome soos mopanies, boswilgers en trosblare.