Rachal Rossouw - Top 10 - Sonkrag-besproeiing - die son trek water

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

  Hollard Insure and Farmingportal.co.za and Agri News Net - Young Agri Writers competition 

Hoë produksiekostes is een van landbou se grootste struikelblokke. Met die jaarlikse verhoging op elektrisiteitstariewe, wat nie tred hou met inflasie nie, en die onstabiliteit van kragverskaffing, is volhoubare en alternatiewe oplossings noodsaaklik.

Suid-Afrika sal teen 2050 vier werkende kragvoorsieners soos Eskom benodig om die land se ekonomie van elektrisiteit te voorsien. Die wêreld is besig om na skoner bronne van energie te beweeg en Suid-Afrika is in die besonderse posisie dat die land oor 'n groot hoeveelheid son beskik.

As gevolg van die druk op die elektrisiteitsnetwerk is dit onvermydelik dat die instel van beurtkrag 'n werklikheid is wat toenemend sal voorkom. Meeste boere wat 'n besproeiingsbesigheid bedryf, is heeltemal van elektrisiteit afhanklik. Met hierdie verwagting van te min krag en krag wat al duurder word, word produsente gedwing om self iets aan die saak te doen.

Eskom tariefstygings

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) het op 1 April 2021 'n gemiddelde styging van 15,06% vir Eskom se direkte klante goedgekeur. Vanaf 1 Julie 2021 het Eskom se munisipale kliënte 'n gemiddelde verhoging van 17,80% ontvang. Wat is die werklike impak van hierdie tariefstygings (Tabel 1) op boerderybedrywighede? Is 'n boerdery met sulke kostestygings nog lewensvatbaar en winsgewend?

TABEL 1: Eskom tariefstygings (%) vir die tydperk van 2010-2019

Jaar

Landbou prysstygings

Gemiddelde

prysstygings

2010/11

23,33%   

32,08%   

2011/12

19,94%

19,13%

2012/13

14,37%

16,35%

2013/14

9,02%

7,39%

2014/15

6,36%     

7,67%

2015/16

10,83%

11,46%

2016/17

10,54%

8,48%

2017/18

0,76%     

0,88%

2018/19

4,91%

3,18%

Langtermynbelegging

Sonenergie is 'n medium- tot langtermynbelegging, wat 'n energie-produksieleeftyd van 25 jaar plus het. Wanneer 'n belegging in sonkrag oorweeg word, is daar sekere faktore wat ingedagte gehou moet word, naamlik die verwagte kapitale uitleg en die huidige prys van elektrisiteit. Daarby kan daar met sagtewaremodellering 'n redelik akkurate voorspelling gemaak word van die daaglikse kilowattuur-opbrengs van die stelsel oor sy lewensduur (Tabel 2). Dit gee 'n goeie beginpunt om die ekonomiese lewensvatbaarheid van die belegging te beoordeel.

TABEL 2: Vergelykende kostes van elektrisiteit (Eskom) teenoor IrriRain (sonkrag) op spilpunte oor 'n tydperk van 20 jaar

Sedert 2016 is 'n belastingvoordeel toegestaan om die gebruik van sonkrag aan te moedig. Die koste om die stelsel te installeer, beloop R12 000 tot R15 000 per kilowatt, wat alles teen belasting afgeskryf kan word. Volgens die toegewing kan 100% van die koste van die stelsel in die eerste jaar afgeskryf word, wat sowat 28% van die koopprys verteenwoordig. Dit verbeter die rendement op die belegging in 'n sonkragstelsel met ongeveer 38%.

  Finalist -The value of fertilization on soyabeans - Rachel Rossouw

Daar is verskeie maniere om sonkragelektrisiteit aan te wend, naamlik:

  1. Off-Grid

As daar besluit word om van die netwerk af te gaan, moet die kosteaspek deeglik ondersoek word. Die kapitale uitleg sal aanvanklik baie hoog wees, maar sodra die kapitaal verhaal is, sal die elektrisiteit amper verniet wees. Gedurende 'n sonskyn dag, trek die pomp al sy krag van die sonpanele af en alle oortollige energie word in die batterye gestoor totdat dit vol gelaai is. Saans, of tydens bewolkte dae, trek die pomp dan krag vanaf die energie wat in die batterye gestoor is

  1. Grid-tied

Indien die roete van elektrisiteitslewering en weer onttrekking gevolg word, is die voordeel dat die prys van elektrisiteit vir die volgende 25 jaar vasgepen word. Eskom-verhogings sal dus geen verdere impak op die tarief hê nie en 'n onmiddellike besparing in energiekoste tot gevolg hê. Die nadeel is egter dat die rekening jaarliks afgesluit word en enige surplusse verlore sal gaan. Die besigheid bly in hierdie geval steeds afhanklik van Eskom vir kraglewering, dus indien daar beurtkrag is, sit die boerdery ook sonder krag.

  1. Sonkragelektrisiteit verkoop

In die stelsel waar die krag aan Eskom verkoop word, is dit belangrik dat die stelsel op sy eie wins moet kan maak. Die sonpanele bestaan uit fotovoltaïese selle, wat gebruik word om sonlig na gelykstroom-elektrisiteit (DC) om te skakel. Hierdie krag word dan deur middel van omskakelaars (inverter) omgesit na wisselstroom-elektrisiteit wat in die Eskomnetwerk gebruik kan word. Op dié manier word daar 'n inkomste geskep.

Samevatting

Boerdery in Suid-Afrika word deur vele finansiële uitdagings gekonfronteer. Al hoe meer boere begin na alternatiewe opsies kyk, om ten einde kostes te bespaar en die boerdery se voortbestaan te verseker. Die uitgawe om sonaangedrewe pompe te installeer, is aanvanklik groot, maar dit kan eerder as 'n belegging gesien word, aangesien dit op die langtermyn tot groot kostebesparing lei. Sonplase vir volhoubare en goedkoop elektrisiteit is inderdaad 'n werklikheid vir die toekoms.

Rachal Rossouw

Rachal Rossouw

I am an accomplished and knowledgeable BSc Agriculture (Soil Science and Agronomy) Graduate. Attained a degree and honours at the University of the Free State in 2019. I currently work as an Agronomist at NWK Limited.

I am comfortable working in deadline-driven environments as part of a team or on an individual basis. I possess the ability to take initiative and manage time effectively. My diverse set of skills also covers excellent planning and organising. I consider myself a dedicated and detail orientated individual, who always strives to learn more and to deliver more than expected. I am known for building strong working relationships and I am committed to be a confident and respected member in my environment.

 I have a farming background and know how things work. I love working with nature and outside in the field.  I also have knowledge on some of the difficulties that can be experienced in the agricultural sector.