RUSLAND HET OEKRAÏNE AANGEVAL - NIE VERBRUIKERS NIE! - Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom.

"Totaal belaglik!” - “Rusland het die Oekraïne aangeval en nie die plaaslike of internasionale verbruikers nie, maar die Reserwebank en ander sentrale banke in die wêreld, soos die Federale Reserweraad in die VSA en die Bank van Engeland, het hulle rentekoerse verhoog omdat hulle die verbruikers met hoër rentekoerse wil straf wat volgens hulle verantwoordelik vir die hoër brandstof- en voedselpryse in die wêreld is,” sê Fanie Brink 'n onafhanklike landbou-ekonoom. 

Hy het gereageer op die aankondiging van die President van die Resewebank, Lesetja Kganyago, dat die uitleenkoers van die Bank vandag met 25 basispunte verhoog word.

Die sentrale banke kan geen invloed op die aanbodkant van die ekonomie uitoefen nie. Hulle rentekoersbeleid is daarop ingestel om verbruikers aan die vraagkant van die ekonomie met hoër rentekoerse te straf vir prysstygings wat hulle in die meeste gevalle nie verantwoordelik voor is nie. Presies soos nou met die inval van die Oekraïne deur Rusland wat die pryse van grondstowwe soos ru-olie, koring, plantaardige olie en kunsmis die hoogte laat in skiet het.

Die president van Rusland, Wladimir Putin, gaan ook nie uit die Oekraïne onttrek net omdat die sentrale banke in die wêreld hulle rentekoerse verhoog het nie. Allermins!

“Hierdie verhoging in rentekoerse deur sentrale banke is weer een die beste klassieke voorbeelde in die geskiedenis van die enkele grootste dwaling in die ekonomiese wetenskap.”

Die inflasiekoers word deur al die plaaslike en internasionale politieke en ekonomiese faktore bepaal wat ‘n invloed op die vraag en aanbod van goedere en dienste uitoefen soos wat nou weer baie dudielik die geval is as gevolg van die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne en nie deur veranderings in rentekoerse nie!

“Daar bestaan geen bewyse in die wêreld om hierdie aanspraak van sentrale banke te substansieer dat rentekoersverhogings die inflasiekoers kan beheer nie.”

Eenvoudige stastistiese ontledings toon baie duidelik dat die veranderings in rentekoerse geensins die veranderings in die infasiekoers, die waarde van die geldeenheid of ekonomiese groei kan verklaar nie omdat al drie hierdie ekonomiese veranderlikes deur die werking van die markkragte van vraag en aanbod bepaal word en nie deur rentekoersveranderings nie.

Die Reserwebank gaan van die veronderstelling uit dat as brandstofpryse styg is dit omdat verbruikers meer brandstofverbruik, terwyl die prys van brandstof geen verband het met die verbruik van brandstof nie omdat die regering die prys volgens ‘n vasgestelde formule beheer.

Die Bank aanvaar nie dat verbruikers minder brandstof sal verbruik as die prys styg soos oor die afgelope paar maande nie en veral nou nadat Rusland die Oekraïne binnegeval het nie – die mees basiese ekonomiese beginsel in die ekonomie! Die huidige stygings in brandstof-, koring- en kunsmispryse het presies niks te doen met die verbruik daarvan nie maar is suiwer die gevolg van die oorlog in die Oekraïne.

Die sentrale banke in die wêreld is eintlik van mening dat hulle verhewe is bo die werking van die markkragte van vraag en aanbod! Dieselfde dwaling van die sentrale banke geld ook sover dit elektrisiteitstariewe betref wat ook deur die regering bepaal word.

Daar bestaan in werklikheid geen manier hoe die sentrale banke beheer oor pryssytygings kan uitoefen nie omdat die invloed van rentekoerse om pryse te probeer stabiliseer weglaatbaar klein is. Die rentekoste wat verbruikers betaal kom nie eers voor op die lys van verbruikersitems wat Statistiek SA gebruik om die verbruikersprysindeks te bepaal nie want dit beloop maar ongeveer 2,4% van die totale besteding van verbruikers.

‘n Groter ironie vind egter nou ook weer plaas omdat die sentrale banke in werklikheid glo dat hulle rentekoersverhogings om die vraagkant van die ekonomie af te koel, so glo hulle, ook gebruik kan word om probleme aan die aanbodkant van die ekonomie te probeer beheer soos die huidige stygende pryse en tekorte aan basiese grondstowwe waaronder ru-olie, koring, plantaardige olie en kunsmis.

Presies dieselfde dwaling van die sentrale banke het in die negentigs plaasgevind toe die ru-olieprys tot $150 per vat gestyg het en die mielieprys op die “Chicago Board of Trade” in die VSA verdubbel het van $130 tot $260 per ton sal homself nou weer afspeel.

Die Reserwebank en die ander sentrale banke het hulle uitleenkoerse op daardie stadium met gemiddeld 5 persentasiepunte verhoog, maar nie baie lank daarna nie het die ru-olieprys weer tot onder $50 per vat gedaal en die mielieprys het weer halveer tot $130 per ton weens verskeie spesifieke veranderings in die vraag en aanbod van ru-olie en mielies (soos ru-olie en koring op die oomblik) en nie as gevolg van rentekoersverhogings nie.

Onnodig om te sê hoe wonderlik die sentrale banke gevoel oor hoe goed hulle rentekoersbeleid gewerk het wat nie korrek is nie en in werklikheid die grootste dwaling in die ekonomiese wetenskap is!!

Daar bestaan eenvoudig geen manier dat die Reserwebank “inflasie kan anker” nie of die “ekonomie kan ondersteun” nie, waarop die Bank gereeld aanspraak maak, terwyl daar geen bewyse daarvoor bestaan nie.

 Die mandaat van die Reserwebank is in elk geval om die “waarde van die geldeenheid te beskerm in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei” soos voorgeskryf word deur artikel 224 van die Grondwet en nie om pryse te stabiliseer of die inflasiekoers in toom te hou nie!

 Die waarde van die geldeenheid word ook net soos die inflasiekoers en ekonomiese groei deur al die plaaslike en internasionale politieke en ekonomiese faktore wat 'n invloed op die vraag en aanbod van die geldeenheid het wat slegs een van baie faktore is wat "gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei" bepaal.

 “Gelukkig is die invloed van rentekoerse op die ekonomie feitlik weglaatbaar klein, maar tog groot genoeg om die sentrale banke weer op ‘n uiters genotvolle “ego-trip” te neem omdat hulle die inflasiekoers verlaag het nadat Putin uit die Oekraïne onttrek en die pryse van die betrokke grondstofpryse weer na nornaal teruggekeer het,” volgens Brink.