HOËR PRODUKPRYSE SKEP GROOT VOORDELE - Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink 'n landbou-ekonoom. 

“Die inkomste- van R182 miljard wat die gevolg van hoë wêreldwye produkpryse van veral metale is, het 'n verhoging in die korporatiewe inkomstebelasting van mynmaatskappye meegebring soos duidelik  uit die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begroting geblyk het wat hy vandag aan die Parlement voorgelê het,” sê Fanie Brink 'n landbou-ekonoom. 

Die regering verstaan dit baie goed omdat die land worstel met ernstige fiskale probleme soos die stygende gaping tussen sy inkomste en uitgawes, begrotingstekorte en ‘n stygende staatskuld wat verhoed dat die baie ernstige sosiale probleme in die land aangespeek kan word.

Ongelukkig verstaan die regering nie ten volle wat die inkomste meevaller werklik vir die ekonomie en die land beteken nie, want hy verstaan nie hoe ekonomiese groei geskep word nie.

Die effek van die hoër produkpryse het, eerstens, die winsgewendheid van die mynboubedryf verhoog wat, tweedens, beteken het dat die bedryf daarin kon slaag om sy bydrae tot ekonomiese groei te kan  verhoog wat, derdens, meer werksgeleenthede kan skep, vierdens, die maatskappybelasting van die mynbedryf en, vyfdens, die inkomste van die regering verhoog het. 

 

Hoër produkpryse       

|

Hoër winsgewendheid van mynbou

|

Groter bydrae tot ekonomiese groei

|

Meer werksgeleenthede

|

Hoër maatskappybelasting    

|

Hoër inkomste vir regering

 

 Die beteken dat as die regering enigsins daarin wil slaag om die land se ekonomiese groeikoers te verhoog, sal hy baie dringend alles moontlik sal moet doen om die winsgewendheid van al die bedrywe aan die aanbodkant van die ekonomie te verbeter deur sy sosialistiese ekonomiese inmenging te dereguleer wat die winsgewendheid van die bedrywe benadeel en die bedrywe verhoed om groter bydraes tot ekonomiese groei te kan lewer. 

Die regering kan baie duidelik nie verstaan dat ekonomiese groei van die aanbod- en vraagkant van die ekonomie geskep word soos elke kwartaal deur Statistiek SA bewys word wat deur die winsmotief gedryf word.

Dit is egter baie onverstaanbaar dat die regering, Reserwebank, baie ekonome en feitlik al die batebestuurders in die land die groeisyfers van Statistiek SA aanvaar en vir ekonomiese projeksies gebruik sonder om klaarblyklik steeds nie te verstaan hoe ekonomiese groei geskep word nie. 

Die groeisyfers van Statistiek SA bewys baie duidelik hoe ekonomie groei deur 'n gelyke bydrae tot groei deur al die bedrywe aan die aanbodkant en verbruiksbesteding, kapitaalvorming en netto uitvoere aan die vraagkant van die ekonomie geskep word.

Daarom moet die vraagkant van die ekonomie ook net soveel aandag kry deur meer werksgeleenthede wat deur die privaatsektor geskep moet word as hulle winsgewendheid verhoog kan word, ‘n laer belastinglas wat verbuikersbesteding moet verhoog, asook verbeterde ekonomiese omstandighede wat kapitaalvorming en uitvoere sal bevorder.

 Waarom sal die private sektor meer werk skep as dit nie meer wins kan maak nie?

Ten spyte hiervan klou die Reserwebank en die meeste ekonome steeds vas aan die Bank se rentekoersbeleid wat slegs 'n weglaatbaar klein invloed op ekonomiese groei, die inflasiekoers, asook die waarde van die geldeenheid kan uitoefen wat suiwer net deur die werking van die markkragte van vraag en aanbod bepaal word! Presies dieselfde dwaling van die Federale Reserweraad in die VSA, die Europese Sentrale Bank en sentrale banke in ander lande in die wêreld!

Die president, Cyril Ramaphosa, se uitspraak tydens sy Staatsrede dat die “privaatsektor meer werksgeleenthede moet skep” was totaal van koers af omdat dit die regering se verantwoordelikheid in die eerste plek is om 'n politieke en ekonomiese omgewing te skep wat bevorderlik vir die privaatsektor sal wees om meer winste en werksgeleenthede te genereer en hoër ekonomiese groei te skep.

“Wins is die enigste skepper van ekonomiese groei!”

 

Daar bestaan nie 'n ander manier om groei te skep nie soos vir dekades lank wêreldwyd baie duidelik bewys is, maar die regering se sosialistiese ideologie het presies die teenoorgestelde effek tot gevolg.

 “Die regering het absoluut geen idee hoe ekonomiese groei geskep word nie en dit sal die totale vernietiging van die ekonomie binne die volgende 3 tot 4 jaar beteken. Die finale aftelling het reeds begin!," volgens Brink .

 Fanie Brink 'n landbou-ekonoom.