LANDBOUDOELWITTE BAIE MOEILIKER HAALBAAR- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die primêre doelwitte van die landboubedryf raak baie moeiliker haalbaar in die lig van die georganiseerde landbou se ondersteuning en samewerking met die ANC-regering om sy vernietigende sosialistiese ideologie te implementeer, sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy het verwys na die artikels "Georganiseerde landbou moet pas aandui" en "Hou deure tussen landbou en politici oop" oor die landbou se rol in die politiek en standpunte oor grondonteiening tydens die Agri Wes-Kaap se kongres wat in die Landbouweekblad van 19 Augustus 2021 verskyn het.

Die twee artikels weerspreek mekaar oor die georganiseerde landboubedryf se betrokkenheid by die landbou-ekonomiese beleidsdoelwitte waaroor daar in werklikheid geen twyfel of verskille kan bestaan nie behalwe in ‘n sosialistiese beleidsomgewing.  

Die belangrikste doelwitte van die landbou is, eerstens, die bevordering van die winsgewendheid en die volhoubaarheid van kommersiële landbouproduksie wat op aanvaarbare, wetenskaplike en ekonomiese beginsels gegrond is om die finansiële oorlewing van produsente te verseker.

Tweedens, die ondersteuning en bevordering van die landboubedryf deur die bedreigings wat die internasionale en plaaslike politieke en ekonomiese verwikkelinge vir die bedryf inhou daadwerklik aan te spreek, terwyl die geleenthede wat nuwe tegnologiese en ekonomiese ontwikkelinge teweegbring moet benut word om voedselsekerheid vir die land  te verseker.

Derdens, die daarstelling van ’n politieke en ekonomiese beleidsomgewing waarbinne die landbou in staat gestel moet word om deur ’n verbetering van die bedryf se winsgewendheid ’n groter bydrae tot ekonomiese groei te kan lewer. Die spesifieke landbou-ekonomiese en wetenskaplike beginsels berus op die optimum en winsgewendste vlak van produksie omdat voedselsekerheid slegs volhoubaar kan wees as die produksie van voedsel winsgewend is.

Die georgainseerde landbou se belangrikste taak is om sover as moontlik betrokke te wees by die regering se makro- en landbou-ekonomiese beleid tot die uitsluitlike voordeel van die bedryf en sy produsente.

Sedert die nuwe regering aanbewind gekom het met sy totaal oorheersende sosialistiese politieke en ekonomiese ideologie het dit baie ernstig vermeng geraak met die landbou se primêre doelwitte en in werklikheid 'n baie groot bedreiging vir, onder andere, die landboubedryf, die ekonomie en die land in die algemeen geword.

Die georganiseerde landbou is 'n groot ondersteuner van die regering se vernietigende beleid geword deur sy uitsprake en samewerking met die sosialistiese gesinde georganiseerde privaatsektor as 'n sosiale vernnoot van die regering waarin die primêre beleidsdoelwitte van die landboubedryf nie meer 'n belangrike prioriteit was nie.

Die regering en sy sosiale vennote het nog nooit verstaan dat ekonomiese groei van die aanbod- en vraagkant van die ekonomie geskep word wat deur die winsmotief gedryf word en op geen ander manier nie.

Onder die huidige ekonomiese toestande in die land sal die georganiseerde landbou dit baie ernstig moet besef dat hy met sy samewerking en ondersteuning van die regering se sosialistiese beleid die landbou en die ekonomie verder onomkeerbaar te vernietig. Die organisasie sal ‘n baie ernstige standpunt moet in neem deur die regering se sosialistiese ekonomiese beleid teen te staan en te verwerp anders sal die bedryf sal saam met die res van die ekonomie binne die volgende 3 tot 4 jaar finaal vernietig word. Die aftelling het reeds begin

Die georganiseerde landbou se belangrikste taak in hierdie verband is om die regering te oorreed om 'n politieke en ekonomiese omgewing daar te stel wat bevordelik sal wees om die winsgewendheid van die landboubedryf te verbeter omdat dit die enigste manier is hoe die bedryf in staat sal wees om sy primêre doelwitte te verwenslik.

Die georganiseerde landbou kan nooit sy plig versuim om nie ten volle by die “regering se politieke en ekonomiese beleid betrokke te wees”  soos sommige politieke kommentators dit wil hê nie. Die ondersteuning van die regering se beleid van grondonteiening sonder vergoeding was 'n baie groot fout wat uiteiendelik 'n totale mislukking sal wees soos wat die regering en ekonomie uiteindelik verder in duie sal laat stort.

Verskeie kommersiële boere het uit vrye keuses baie van hulle plaaswerkers deel van hulle boerdery-ondernemings gemaak wat die beste alternatief is vir die vernietiging van die landbou en die ekonomie deur grondonteiening sonder vergoeding.

Die besluit van die ANC se 2017-kongres dat die onteiening van grond sonder vergoeding 'n belangrike prioriteit van sy sosialistiese ideologie moet wees, maar onderhewig aan die voorwaardes dat dit nie landbouproduksie, voedselsekerheid of ander bedrywe in die ekonomie moet benadeel nie. Tensyte daarvan strompel die ekonomies ongeletterde en onbevoedge politici steeds voort met die implementering van grondonteiening sonder vergoeding wat die laaste spyker in die doodskis van die landboubedryf en die ekonomie sal wees. Grondonteiening sonder vergoeding sal nooit in belang van die publiek en die land wees nie.

In Zimbabwe is die regering besig om regstreeks geld by buitelandse beleggers te leen om die eerste helfte van 'n vergoedingsooreenkoms van $3,5 miljard (nagenoeg R52 miljard) te finansier met wit boere wie se grond twee dekades gelede onteien en beslag op gelê was.

“Die georganiseerde landbou sal sy ondersteuning van die regering se sosialistiese ideologie moet staak, terwyl politieke kommentators hulself daarvan sal moet weerhou om deurlopend ondeurdagte en onverantwoordelike uitsprake en kommentare oor die volhoubaarheid van voedselproduksie en ekonomiese groei te lewer waarvan hulle geen kennis dra en wat geen bydrae lewer tot die bereiking van die basiese doelwitte van die landboubedryf nie, sê Brink.

 Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

ONS KAN NIE SO AANGAAN IN DIE LAND NIE DAAR SAL NIKS OOR BLY NIE!!