Ag alle plaasmoorde en -aanvalle gelyk, sê TLU SA

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Vanjaar was daar – volgens TLU SA se Insidente Register oor plaasaanvalle en -moorde*– reeds 153 aanvalle op plase wat tot die dood van 25 mense gelei het.

Maar die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling me. Thoko Didiza het oor bitter min van hierdie voorvalle iets te sê gehad.

Vandeesweek het sy egter te velde getrek teen die moord van ‘n swart gesin op ‘n Vrystaatse plaas buite Harrismith. Verlede week het die polisiehoof van Mpumalanga, lt.genl. Semakaleng Manamela gesê hulle sal nie rus voordat die verdagtes waarin ‘n swart veiligheidswag op ‘n plaas naby Brondal buite Mbombela doodgeskiet is, agter tralies is nie.

“Dit is baie moeilik om nié die afleiding te maak dat die minister en haar kollegas sekere mense se moord meer belangrik as ander ag nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Het rassebevoordeling nou ook al ‘n plek gevind in die veroordeling van misdaad?

“Elke plaasaanval of -moord is ontstellend, onnodig en onaanvaarbaar. Minister Didiza moet elke aanval in die openbaar veroordeel en geen steen onaangeraak laat om enige van die aanvallers aan te keer nie. Die minister en haar kollegas moet alle Suid-Afrikaners gelyk behandel. Soos wat die Grondwet bepaal.”

Die ware kwessie hier is dat daar nie genoeg gedoen word om die veiligheid van Suid-Afrikaners van enige ras te beskerm nie. TLU SA wil dit beklemtoon.

Volgens die polisie se eie erkenning het 11 703 lede die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die afgelope vier jaar verlaat. Dit beteken dat elke polisielid verantwoordelik is vir 200 mense. Die polisiëringbegroting is tydens die medium-termyn uitgawe raamwerk besnoei en dit wat oorbly word wanbestee deur moedswilligheid en gierigheid.

“Dit is duidelik dat die beveiliging van Suid-Afrikaners nie vir die regering ‘n prioriteit is nie,” sê mnr. Geldenhuys. “Die onlangse kabinetskommeling sou die ideale geleentheid gewees het om die onderpresteerders en onbekwame lede van die uitvoerende gesag te verwyder, maar dit blyk dat die skommeling meer van ‘n politieke posisionering as enigiets anders was.”

TLU SA doen steeds ‘n beroep op Pres. Ramaphosa om die Polisiedepartement van bo af skoon te maak sodat bekwame persone aangestel kan word. Die publiek kan TLU SA se veldtog: Tsamaea Cele, steeds by hierdie skakel steun: https://www.tlu.co.za/tsamaea-cele/
 
*Die TLU SA Insidente Register word sedert 1990 bygehou. 

Treat all farm murders and attacks equally, says TLU SA

This year – according to TLU SA’s Register of Incidents on farm attacks and murders* - already saw 153 attacks on farms leading to the death of 25 people. But the minister of agriculture, land reform and rural development, Ms Thoko Didiza, had very little to say about any of these incidents.

This week, however, she condemned the murder of a black family on a Free State farm outside Harrismith. Last week, the head of police in Mpumalanga, Lt Gen Semakaleng Manamela, said they wouldn’t rest before they have the suspects in the murder of a black security guard on a farm near Brondal outside Mbombela behind bars.

“It is tough not to conclude that the minister and her colleagues find the murders of some people more important than others,” says Mr Henry Geldenhuys, the president of TLU SA. “Has racial prejudice now even found a place in denouncing crime?

“Each farm attack or murder is upsetting, unnecessary and unacceptable. Minister must publicly condemn every attack and leave no stone unturned in catching the attackers. Furthermore, the minister and her colleagues must treat all South Africans equally. As the Constitution states.”

The real issue is that the government is not doing enough to protect the safety of South Africans of all races. TLU SA wants to emphasise this.

According to the police’s admission, 11 703 members left the South African Police Service during the past four years. The government cut the police budget during the medium-term expenditure framework and has misspent the rest through malice and greed. It means every one police member is responsible for 200 people.

“It is clear that the safety of South Africans is not a priority for the government,” says Mr Geldenhuys. “The recent cabinet shuffle offered the ideal opportunity to get rid of underachievers and inadequate members of the national executive, but it seems that it was more of an exercise in political positioning.”

TLU SA is still calling on Pres Ramaphosa to clean out the police department from the top to appoint competent people. The public can support TLU SA’s campaign: Tsamaea Cele at the following link: https://www.tlu.co.za/en/tsamaea-cele-eng/.
 
*TLU SA keeps the Incidents Register up to date since 1990.