BHBW open derde kleinhandeltak - Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

BHBW, die verspreider van die Massey Ferguson-, Challenger- en Fendt-produkreekse in suider-Afrika, open op 16 November 2018 ’n kleinhandeltak op Hoopstad ná die oorname van die plaaslike BHBW-handelaar, Hoopstad Trekkers.


Dit is die derde landbou-kleinhandeltak wat BHBW vestig ter versterking van sy landswye handelaarsnetwerk. Die ander takke is op Bothaville en Middelburg.
Die uitbreiding van BHBW se kleinhandelnetwerk sluit aan by die maatskappy se strategie om voedselprodusente in sleutelgebiede van die beste moontlike dienslewering en naverkopediens te verseker, sê die uitvoerende hoof van BHBW, mnr. Godfried Heydenrych.
“Die span van Hoopstad Trekkers het onder leiding van die eienaar en bestuurder, Hennie Roos, deur die jare diep spore getrap in landboumeganisasie. Hulle het onder meer help sorg dat die Wes-Vrystaat die grootste konsentrasie van Challenger MT 800-reeks rusperbandtrekkers ter wêreld buite Noord-Amerika het. Ons het groot waardering vir die werk wat hulle gedoen het en wil voortbou op die hoë vlakke van dienslewering wat gehandhaaf is,” sê Heydenrych.
BHBW Hoopstad sal voortgaan om die distrikte van Hoopstad, Bloemhof, Christiana, Hertzogville, Bultfontein en Theunissen te bedien.
Alle handelaarspersoneel word behou en HP Roos word bevorder tot waarnemende takbestuurder.
“BHBW streef daarna om deurentyd sy aanbod aan die landbouwaardeketting te versterk met geïntegreerde oplossings wat boere se produktiwiteit, volhoubaarheid en winsgewendheid bevorder. Ons wil waarde toevoeg tot boerdery-ondernemings in die gebied met ons Massey Ferguson-, Challenger- en Fendt-produkreekse en ook ander aanbiedinge. Dit sluit Next Farming, ons omvattende oplossing vir digitale boerdery, in,” sê Heydenrych.

Meer oor BHBW
BHBW is ’n leier in die verskaffing van toerusting, tegnologie-gedrewe oplossings en dienste aan die landboubedryf en materiaalhanteringsektor in suider-Afrika. Handelsmerke in die BHBW-stal sluit Massey Ferguson, Challenger, Fendt, Next Farming, Hyster en Utilev in. Verdere waarde word toegevoeg deur die sake-eenhede Temo Parts, wat fokus op die verskaf van vervangingsonderdele, en Terra Firma, wat gebruikte toerusting verkoop. BHBW, wat voorheen sake gedoen het as Barloworld Agriculture en Barloworld Handling, is in 2017 gestig met die sluit van ’n gesamentlike onderneming tussen Barloworld Suid-Afrika en die Duitse landboureus BayWa AG.


Godfried Heydenrych, uitvoerende hoof van BHBW.

Vir meer inligting, kontak Uitgereik namens BHBW deur
Wanda Pretorius Anita van Zyl
BHBW Nasionale Bemarkingsbestuurder Tel: 021 422 3350
Tel: 011 323 2458 Sel: 083 709 6677
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.