Suid Afrika Ekonomiese oorsig -ABSA - Wessel Lemmer

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Verbruikers sal na verwagting toenemend armer word aangesien Suid-Afrika se ekonomie steeds teen ‘n lae tempo groei, terwyl  erbruikersprysinflasie verhoog . 

Die M3-geldvoorraad, wat kontant en krediet insluit, sal ook toeneem. Dit dui daarop dat verbruikerskuldvlakke aan die groei is. BBP-groei sal na verwagting in 2019 tot 1,2% daal, vergeleke met die verwagte groei van 1,7% in 2018 . Daar word egter verwag dat dit in 2020 en 2021 tot 2,1% en 2,2% sal styg. 

Voedselinflasie sal na verwagting toeneem met tussen 4,7% en 5,6% in 2020, ver bo die verwagte BBP-groei. Uitvoerprodusente sal
waarskynlik in ‘n beter posisie wees as dié wat uitsluitlik die plaaslike mark voorsien.

Staatskuld sal na verwagting in 2020 styg van 55% tot 56% van BBP. Die huidige stand van ondernemings in staatsbesit, soos Eskom, sal waarskynlik bydra tot toenemende skuldvlakke. Daarbenewens sal verhoogde skuld en swak bestuur ook Suid-Afrika se risiko verhoog om
verder afgegradeer te word deur kredietgraderingsagentskappe. 

Voorspellings dui daarop dat Suid-Afrika toenemend afhanklik sal wees van invoere. As sodanig sal die land se lopende rekening
verder verswak aangesien dit sukkel om hierdie invoere te finansier met verlaagde valutainkomste van uitvoere. Die rand sal na verwagting
verder verswak, soos wat beleidonsekerheid, verhoogde ekonomiese groei in die VSA en  verhoogde rentekoerse deur die Federale Reserwebank van VSA lei tot ‘n groter uitvloei van kapitaal . Uitvoerders van landbouprodukte sal egter voordeel geniet uit die verswakkende rand,
terwyl produsente wat op ‘n kleiner skaal boer en grootliks afhanklik is van die plaaslike mark, maar steeds ingevoerde insette moet koop,
uiteindelik sal moet konsolideer om skaalvoordele te verkry, of hulle sal die sektor heeltemal verlaat.

Lees die volledige verslag in Afrikaans of Engels wat beskikbaar is is aan die bokand van die die berig.  Download- Laai Af