Landbou Nuus opsomming Woensdag 6 April 2022-

Landbou Nuus opsomming Woensdag 6 April 2022-

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas saam met nog ander artikels. 

Op die dag 370 jaar gelede soos aangeteken in die geskiedenis boeke het Jan van Riebeeck  sy voet aan wal gesit ,in Afrika,en het hy ten minste kennis en ontwikkeling na Afrika gebring, al was daar voor en na hom ook ander mense wat voet aanwal gesit het. Jan van Riebeeck kry daagliks die skuld vir alles wat kan verkeerd loop in Suid Afrika- En ons weet almal dat hier werklik nie veel in Suid Afrika en Afrika sou aangegaan het as daar nie mense van ander lande hier voet aan wal gesit het en begin bou en werk het en gehelp het met die opbou van die kontinent nie.  Daar is nog 'n' klein groepie mense wat nog steeds vasklou aan die ideologie en sal die blameringsmentaliteit by hulle bly vir solank hulle met hulle hande in hulle broeksake betoog, verniel , verwoes en nog geen bydra gelewer het tot die opbou van Suid Afrika nie.  Haatspraak is deel van hulle menslike bestaan en hulle gees van vernietiging en blamering sien mens oral in Suid Afrika.

En so het die edelagbare President en sy opperste raad toe uiteindelik na druk van oral hulle magsbeheptheid en vernietiging gelos en die beperkings gelig op die sogenaamde Covid 19 pandemie en grendeltyd. En ons hoor al klaar hoe die regering alweer dreig dat die grendeltyd weer ingestel kan word as die Covid getalle styg. Dit gaan nie meer so maklik wees in die toekoms om die burgers van Suid Afrika in die strik te vang nie en die knie te buig voor die regering met sy megsbeheptheid  nie.

Die regering hou nog steeds aan met sy grondplanne om grond te onteien. Die wetsontwerp se verbintenis met onteiening, veral onteiening sonder vergoeding, bly ’n plofbare saak. Die wetsontwerp is by die parlement ingedien terwyl die debat oor ’n moontlike Grondwetwysiging in die kollig was. Daar is dus die neiging om dit as deel van ’n gekoördineerde poging te sien om eiendomsreg te ondermyn. Daar is ’n verbintenis, maar die werklikheid is nie so eenvoudig of ongunstig soos wat populistiese uitsprake dit laat lyk nie. Volgens verskeie wette is ’n grondeienaar geregtig op regverdige en billike vergoeding as ’n grondeis suksesvol bewys word, of as ’n eienaar se grond deur die regering onteien word vir grondhervorming. Die vergoeding word nie deur die staat bepaal nie. Die staat moet ’n aanbod maak op grond van ’n waardasie, en dit is die eienaar se prerogatief om die aanbod te aanvaar of weg te wys. Indien die partye geen ooreenkoms bereik nie, val dit op die hof om te besluit wat regverdig en billik is. Die wetsontwerp verander nie die reëlings wesenlik nie, en identifiseer bloot die nuwe hof as die Grondeisehof se plaasvervanger. 

Verkeersopeenhopings en vertragings by Durbanhawe is nie net ’n risiko vir die plaaslike graanbedryf se uitvoer nie, maar ook onder meer die sowat 1,6 miljoen ton koring wat ingevoer word om voedsekerheid te verseker.  Die klein hoeveelheid goedere wat spoorlangs na die Durbanhawe vervoer word en gevolglik verkeersopeenhopings weens die groot aantal vragmotors, asook vertragings in die vasmering en verskuiwing van vragskepe kan miljoene se lêkoste vir die graan- en oliesaadbedryf beteken, sê die Suid-Afrikaanse vereniging vir graan- en oliesadehandelaars (Sacota).  Volgens Sacota was die belangstelling in uitvoer vir die nuwe seisoen so groot dat die beskikbare gleuwe vir vragskepe tot Junie vanjaar reeds teen einde verlede jaar ten volle bespreek is. Gedurende Maart vanjaar het die Agriport en SABT-uitvoerterminale besluit om hul besprekings beskikbaar te stel en het handelaars feitlik alle besprekings tot Oktober vanjaar gevul. Daar sal dus moontlik vanaf Mei tot Oktober elke maand sewe Supramax-vragskepe deur Durbanhawe beweeg, twee van Agriport en vyf van SABT, wat gesamentlik 2,1 miljoen ton mielies kan vervoer. Terwyl spoorweë wêreldwyd ingespan word om graan op los maat te vervoer, word Suid-Afrikaanse spoorweë lamgelê deur onvoldoende onderhoud en kabeldiefstal. Sacota probeer tans ’n manier vind om kabeldiefstal hok te slaan. Kabeldiefstal het daartoe gelei dat Transnet se vragvervoer-afdeling se dienslewering sedert September verlede jaar in vergelyking met die vorige seisoen met 40% gedaal het. Terwyl dié afdeling sowat 35% van uitvoer behoort te vervoer, vervoer dit tans net sowat 10%. Volgens Sacota is die vereniging en sy bedryfsvennote besig met onderhandelinge om sekerheidskameras op die spoorweë te installeer. 

Die veiligheidsnet wat veronderstel was om die verdere uitbreking van bek-en-klouseer te voorkom, is klaarblyklik vol gate en dit kan reggestel word deur bestaande maatreëls streng toe te pas. Die jongste uitbreking van dié siekte in Gauteng en Noordwes kan in alle waarskynlikheid toegeskryf word aan die onwettige vervoer van besmette diere vanuit oostelike gebiede in die land waar maatreëls en die nodige sone-omheinings nie in plek is nie. Die onmiddellike gevolg hiervan was dat China ’n verbod geplaas het op die invoer van gesplete hoefdiere en hul produkte, soos wol, vanuit Suid-Afrika. Suid-Afrika voer sowat 80% van sy wolproduksie uit na China wat sowat R4,8 miljard verteenwoordig. Hierdie verwikkeling raak die groter Suid-Afrikaanse ekonomie direk wat probeer om die skadelike gevolge van Covid-19-regulasies af te skud, veral nou met die beëindiging van die ramptoestand. Die feitlik insolvente Landbounavorsingsraad (LNR) het byvoorbeeld in die eerste drie kwartale van die vorige boekjaar sowat R400 miljoen terugherlei na provinsies vir die bekamping van bek-en-klouseer nadat dit aanvanklik nie gebruik is nie. 

Om af te sluit- Kos is besig om teen 'n spoed duurder te word-,.. dit lyk of almal nou op die soustrein geklim het.

Nuusflitse op AGRI NEWS NET

Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, gee Woensdagoggend 'n oorsig oor die sprinkaan-uitbraak in die provinsie. Jansen sê in hierdie stadium is daar steeds sprinkane wat in die provinsie voorkom, maar die tempo en konsentrasie van hierdie swerms het heelwat afgeneem, danksy die lugondersteuning, wat ‘n helikopter insluit, wat moontlik gemaak is deur 'n publiek-private vennootskap.

Ontbossing in Basilië se Cerrado het verlede jaar tot die hoogste vlak sedert 2015 gestyg. Dit het wetenskaplikes kommer laat uitspreek oor die wêreld se spesie-rykste savanna gebied. Dit word beskryf as ‘n belangrike koolstof-verbruiker wat help om klimaatsverandering af te weer.

AgriSA sê die swak en immer verslegtende toestand van paaie in landelike en landbougebiede kos die bedryf miljarde Suid-Afrikaanse rand en bedreig voedselsekerheid. AgriSA het in ‘n opname by 311 plase bevind dat 94 persent van alle landbouprodukte per pad vervoer word.

Die energie reguleerder Nersa het voorgestel dat die gemiddelde verhoging van 7.5% vir elektrisiteit vanaf 1 Julie vir munisipaliteite gehef word. Die reguleerder staar egter twee hofsake in die gesig met betrekking tot sy stelsel van tarief bepaling, wat glo nie doelmatig is nie.

Kommersiële boere van Blouberg in Limpopo sê hulle is diep bekommerd oor die toestand van die pad tussen Musina en Lephalale. Die pad, wat 38 jaar gelede geteer is, is deesdae net ‘n gruispad. Die boere sê dit is ‘n stryd om hul produkte by die mark te kry weens die swak toestand van die pad.

Frankryk is tans die land in Europa met die hoogste bevolkingsaanwas. Terwyl die Franse regering omvattende programme het om gesinne te ondersteun om meer kinders te kry word die huidige bevolkingsgroei in Frankryk ook sterk gedryf deur immigrasie en is die hoë bevolkingsaanwas in Frankryk, net soos in die meeste ander Europese lande, veral onder Moslemimmigrante wat baie groot gesinne het.

Kakao-boere in die Ivoorkus sê hoewel reënval nog nie te wense is nie, dra goeie grondvog by om die April-tot-September-middeloes te versterk. Boere landwyd sê daar is geen gevaar vir kakaobome wat genoeg vrugte oplewer nie, alhoewel meer reën nodig sal wees om die kwaliteit van bone te verbeter.

Die Afrika-ontwikkelingsbank en vennote beoog om $1 miljard (R14,6 miljard) te mobiliseer om die produksie van koring en ander gewasse in Afrika te bevorder.

Die grootte en voorkoms van sprinkaanswerms in die Wes-Kaap het daadwerklik afgeneem en dit is te danke aan die R5 miljoen wat die Wes-Kaapse regering twee weke gelede bewillig het vir die bekamping van die plaag in dié provinsie.

Wetenskaplikes sê hulle het koeie geleer om in ‘n toegewyse toilet-area te urineer as deel van ‘n program wat daarop gemik is om kweekhuisgasvrystellings te beperk. Die span wetenskaplikes van Nieu-Seeland en Duitsland erken die idee het as ‘n grap begin, maar as koeie se stikstof-ryke vloeibare afval reg bestuur word, kan dit lang-termyn voordele vir die omgewing inhou.

Oekraïne se minister van Landbou sê die voortslepende oorlog in sy land gaan reuse gevolge hê wat mag lei tot hoër pryse vir alle lande wanneer dit kom by die in- en uitvoer van graan. Mykola Solskyi sê die situasie in Oekraïne is ernstig, omdat die lente-velde brandstof nodig het. Hy sê die land verwag ‘n redelike groot oes dié seisoen en hoop Oekraïne sal sy graan kan uitvoer.

‘n Groep wetenskaplikes meen mense kan langer leef as hulle rooivleis eet en voel rooivleis word onregverdig as ‘n skurk uitgebeeld deur die aanhangers van fopvoedsel. Volgens die jongste navorsing wat pas in die International Journal of General Medicine gepupliseer is, dui daarop die inname van rooivleis ‘n mens se algemene gesondheid en lewensverwagting kan verhoog.

Die totstandkoming van ’n Grondhof, waarvoor wetgewing tans in die parlement afgehandel word, is een van die stappe waarmee die regering hoop om die slakkegang van grondhervorming te bespoedig. Agbiz se grondkenners vertel wat boere kan verwag.

Die Rooivleis-produsente-organisasie in Suid-Afrika sê die uitbreking van bek-en-klouseer kan ‘n groot ekonomiese uitwerking op die rooivleisbedryf hê indien dit nie beheer word nie. Die voorsitter, James Faber, sê die siekte kan die plaaslike bedryf in ‘n finansiële ramp dompel met sommige Suid-Afrikaanse veeboere wat onwillig is om volhoubare en deeglike bioveiligheidsmaatreëls op hul plase in te stel.

1

White maize

3,910.0000

per Metric Ton

2022-04-01

-0.0310

4,033.0000

2

Yellow maize

4,075.0000

per Metric Ton

2022-04-01

-0.0331

4,212.0000

3

Wheat

8,350.0000

per Metric Ton

2022-04-01

-0.0542

8,815.0000

4

Soybeans

10,600.0000

per Metric Ton

2022-04-01

-0.0286

10,908.0000

5

Sunflower seed

6,620.0000

per Metric Ton

2022-04-01

-0.0350

6,856.0000

6

Sorghum

8,034.0000

per Metric Ton

2022-04-01

0.0192

7,881.0000

7

Groundnuts

17,700.0000

per Metric Ton

2022-04-01

0.0081

17,558.0000

8

Cotton

4,510.0000

per Metric Ton

2022-04-01

0.0382

4,341.0000

9

Sugarbeans

25,000.0000

per Metric Ton

2022-04-01

0.0000

25,000.0000

10

Lusern (SupremeQ)

3,700.0000

per Metric Ton

2022-04-01

-0.0134

3,750.0000

Dit en nog meer daagliks te lees op AGRI NEWS NET


Newsletter Subscribe