Ons liewe Melkkoei is feitlik leeg gemelk - Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Mens kan nie anders as om Suid Afrika te vergelyk met 'n top produserende melkkoei nie- uiters goed geteel, met sorg groot gemaak en elke dag voorsien van net die beste kos,water en ander voeding.

Met al die investering het die melkkoei elke dag melk gehad - ver bo wat ander koeie kon voorsien en almal het gelewe. 

Elke dag kom daar iets wat in die donker gebeur het in die lig- die ketting wat almal so saam gebind het in "Crime" se skakels kom nou een vir een los.

Wat 'n absolute skande dat Suid Afrika so leeg gesteel word en so seker as wat die son daarbuite skyn word nog steeds korrupsie gepleeg.

Die een na die ander kommissie is aangestel om die korrupsie te ondersoek. 

Ten spyte van die gelde wat wegraak is groot dele van  Suid Afrika se infrastruktuur ook byna tot niet. Geen onderhoud, net die maksimum uit gemelk. 

En soos wat daar nog steeds korrupsie gepleeg word, werk en betaal die gewone Suid Afrikaner nog elke dag hard sodat SARS weer kan vat. 40% plus van jou hardverdiende geld gaan vir belasting . Daar is geen beheer oor die staat nie, geen beheer oor die Infrastruktuur nie- inteendeel Suid Afrika word bestuur deur baie min mense met werklik ervaring en produktiwiteit. 

Ons leiers staan bakhand by buitelandse regerings terwyl die land van binne leeg gesteel word deur sekere inwoners. Elke dag is die nuus vol van al die korrupsie wat in Suid Afrika uitkom.  Die slegste van alles is, is dat dit politike leiers is wat die meeste uitgewys word. 

Volgens die Reserwebank se verslag het ongeveer 53 doodgewone mense die VB bank in Suid Afrika beroof van R1.89 biljoen rand- hoe ontvang mense wat nie eens R10,000 en meer per maand verdien eweskielik ongeveer R35 miljoen in sy/haar bestaande bankrekening en niemand se 'n woord. Suid Afrika se banke moet ook ondersoek word.

Enige bank gaan honderde vragies he oor waar jy as salaris trekker eweskielik miljoene in jou rekening kry. Myne, steenkool, plase , duur huise, gastehuise, motors en geboue is dalk  gekoop met die geld, met waarborge wat gelewer is of fondse wat bewys is deur bestaande Suid Afrikaanse banke. Niemand vra ooit waar kom die geld vandaan nie. Verkopers van die eiendomme moes twee en twee bymekaar gesit het- maar die een is meer gulsig as die ander. 

Die Reserwebank moet hierdie transaksies ondersoek- terug na die bank waar die gelde inbetaal is. Hierdie gelde word gewoonlik gedeel tussen families en elkeen het iewers in die buiteland 'n stywe bankrekening.

Die ou "trick" om die aandag op een korrupsie skandaal te plaas en dan die hele media daarop te fokus en dan intussen ander korrupsie te pleeg is al lankal deel van baie regerings en instellings- En dit gebeur elke dag in Suid Afrika- die VBS skandaal was een een van hulle en daar is sekerlik nog 'n paar oppad.

SARS wat verantwoordelik is vir die insameling van belastinggelde gaan dalk ook eersdaags onder die soeklig kom. So is daar baie ander privaat maatskappye in Suid Afrika wat se onderduimse sogenaamde besigheidstransaksies sal ook uitkom. 

Miljoene Suid Afrikaners leef in armoede en werk elke dag net om kos op die tafel te sit. Nog steeds gaan miljoene van die inwoners se oe nog nie oop oor hulle politike party se korrupsie sake nie. 

Suid Afrika se media moet ophou om soveel publisiteit aan die korruptes van die land te gee. Die opstekers, die mense wat rassehaat aanblaas wat alles wil afbreek en vernietig, want dood spreek en bevuil is met 'n gees van haat en korrupsie. 

Die mense dink as hulle 'n media konferensie gehou het en gese het wat hulle wou en almal behalwe hullself blameer het, is alles gesuiwer en reg. 

Elke dag betaal elke Suid Afrikaner belasting in die vorm van BTW en elke dag word die regering se koffers gevul.

Ongeveer 33,000 landbouers in Suid Afrika sorg dat alle Suid Afrikaners kos op die tafel het. Landbou se bydra tot die staatskoffers is miljoene rande, maar nog steeds het die regering nie veel met hulle te doen nie.  Hard verdiende geld word jaarliks oorbetaal aan die regering deur hierdie bedryf. Saam met met landboumaatskappye en ander betrokkenis in die landbou is die belasting 'n enorme bedrag.

As belastingbetalers is daar geen voordeel vir enige inwoner van Suid Afrika nie, behalwe om die regering en sy meelopers te finansier en hulle sakke nog meer te vul. 

Miljarde rande is in omloop elke dag deur Suid Afrika se banke- wat net meer gulsig raak as dit kom by diensgelde en ander dienste-  Suid Afrika se inwoners bloei- en is spreekwoordelik leeg gemelk en die bietjie geld in die bank word ook nog gedeel met die bank in die vorm van kostes wat net eenvoudig uit jou rekening gevat word. 

Groot winkelsentrums is leeg in die week en hope winkelspasies is te huur.   Rykes word ryker en deel nie graag met dit wat hulle voor gewerk het of iewers gebuit het nie.  

Elke dag is daar een of ander funksie in die regering waar kos en drank vloei om een of ander aankondiging te maak, konferensie te hou of 'n byeenkoms wat die belastingbetaler in elk geval betaal. Miljoene rande wat vermors word. Intussen brand sekere dele van die land omdat daar nie meer dienste is, nie want die geld is weeg of vir iets ander gebruik. 

Sekere plattelandse dorpies se infrastruktuur is tot niet terwyl die burgermeester  met 'n R1 miljoen rand se motor rondry.  

Inwoners betaal vir dienste en die minimum word gelewer.

Ons land se waterbronne is vervuil omdat daar geen korrekte waterbestuur toegepas word nie. Sodoende word voedselsekerhied bedreig.

Die paaie wat ons landbouers moet gebruik is totniet- geen intandhouding nie- en so kan ons aangaan om alles te beskryf wat stukkend is. 

Volgens persberigte het die land  onder Jacob Zuma ongeveer 1 biljoen rand verloor. Dis duidelik sigbaar in Suid Afrika.

Solank as wat daar nie orde en stabiliteit in Suid Afrika is nie, rassehaat, arrogansie, selfwaan, gulsigheid en blameringsmentaliteit sekere van ons land se inwoners beheer gaan ons nie suksesvol bou aan die land nie. 

Suid Afrika kort 'n leier- iemand wat eerstens eenheid onder sy mense kan vestig, met geen geskiedenis van enige korrupsie of verbintenis aan enige organisasie of maatskappy nie. 'n Leier wat vorentoe kan sien, wat se woord sy woord is, wat integriteit het, wat vrylik kan rondbeweeg op grondvlak en wat waarlik Suid Afrika kan vereenig. 

Ongelukkig is daar nog geen leier in sig nie-.Ons huidige regering het gevaal en baie van die sogenaamde leiers sit met geraamtes in die kas. 

Kritiek is verby, dis nou oplossings wat gevind moet word en almal moet saamwerk om die vuil gees wat Suid Afrika oorheers uit te wis. 

Suid Afrika se landbou leiers doen alles in hulle vermoee om op 'n ordelike en beskaafde manier die grondkwessie  op te los. Ons landbouers moet saamstaan in eenheid om hierdie aanslag teen landbou en sy mense te oorwin. 

Landbou in Suid Afrika is gesond en ons mense het bewys dat hulle ver bo die wereld se landbouers uitstaan. Daar is baie erkenning vir wat Landbou organisasies en landbouers gedoen het om opkomende boere te help en om hulle te vestig en by te staan. 

Die oorgrote meerderheid inwoners in Suid Afrika wil in rus en vrede lewe- wil aan die land bou, wil vorentoe kyk en elke dag veilig in hierdie mooi land lewe. Moenie dat hierdie siek elemente van die samelewing ons almal in Suid Afrika oorheers nie. 

Die vraag is - wanneer gaan die inwoners van Suid Afrika soos een man opstaan en ontslae raak van die korruptes onder ons, die bosluise wat ons land  en sy mense leeg suig.  Dis tyd vir lewe spreek en skoonmaak, hier is baie werk.  

Johanel ANN -