Hoe lank gaan die ANC nog regeer?- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die irrasionele vraag oor hoe ver ‘n hond in ‘n bos in kan hardloop lyk op die oog af onoplosbaar, maar het tog ‘n antwoord. Die antwoord is halfpad, want daarna is hy besig om uit te hardloop.

Kapitalistiese stelsels kan byna onbepaald voortduur. Dit is so omdat daar gedurig nuwe bronne van ekonomiese vooruitgang geskep word deur kreatiwiteit en eerlike, harde werk. Sommige kapitalistiese stelsels in Wes- Europa bestaan al duisend jaar, en in Noord-Amerika is dit nou na ongeveer 300 jaar so dinamies dit is asof die hond nog in die bos in hardloop.   

Kommunistiese stelsels daarenteen kom een of ander tyd tot ‘n einde. Dit eindig wanneer die geld op is, en die betrokke regering nie verder kan regeer nie. Die edelste politieke planne kan bloot nie uitgevoer word wanneer daar nie meer ‘n werkende ekonomie is nie, en die bestaande bronne soveel keer verdeel is dat daar uiteindelik niks oor is om verder sinvol te verdeel nie. 

Daar is dus ‘n halfpadmerk en ‘n einde, waar die hond uit die bos uit hardloop. Daar is gelukkig voorbeelde wat kan aandui hoe lank dit kan duur.

Die USSR, die bakermat van kommunisme, het sowat 70 jaar bestaan. Al die ander kommunistiese stelsels daarna se leeftyd was korter. In Oos Europa het dit tussen tussen 20 en 40 jaar in verskillende lande gehou. In Venezuela het dit omtrent 10 jaar geduur.

Suid-Afrika het sedert 1994 ‘n suiwer kommunistiese ekonomie. Mens kom dit eers met tyd agter omdat dit allerhande ander name soos demokrasie, konstitusionele republiek ens. genoem word. Maar die ekonomie is suiwer kommunisties, bestuur deur ‘n regering met ‘n onverbloemde kommunistiese assosiasie, in alliansie met ander kommunistiese groeperings.

 LEES OOK- Wat is Radikale Ekonomiese Transformasie?- Suid Afrika-

Herverdeling is tans die enigste ekonomiese aktiwiteit. Grondeiening, fiktiewe munisipale rekeninge en uniform personeel wat met busse aangery word om die algemene publiek tot vervelens langs die pad te stop om te beboet is die orde van die dag, en niks anders as desperate pogings om die sinkende skip drywend te hou nie.

Daar is geen ontwikkeling nie, en selfs geld wat geleen word en skenkings wat ontvang word, verdwyn onmiddelik in ‘n onversadigbare put van herverdeling en korrupsie.

 In ag genome die tydsfaktor en die stand van die ekonomie hardloop ons duidelik uit, en nie meer in nie, en onder die omstandighede is dit genadiglik goeie nuus. Die byna ondenkbare gedagte dat Suid-Afrika op een of ander stadium ‘n nuwe regering gaan hê is besig om werklikheid te word, dit is nie meer fantasie nie.

 Daarom is dit nie nou die oomblik om moed op te gee of die land te verlaat nie. Die oomblik om uit die donker woud in helder lig en salige sonskyn in te hardloop en dit baldadig te geniet, is eerder nader as verder.

Johan de Klerk, Pretoria.

VIDEO VERWYSING VERSKAF