Suid Afrika het nou ons inwoners se hulp en insette nodig-

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Elke dag sien, ons in die media hoe Suid Afrika verwoes word en hoe almal spartel om te oorleef in ‘n land wat totaal en al uitmekaar val.

Sosiale media brul van frustrasie van inwoners van Suid Afrika wat net nie meer na hierdie sukkelende regering se aand en more praatjies wil luister nie.

Suid Afrika se oorgrote meerderheid inwoners wil in liefde en vrede lewe- veilig in ‘n land wat daar welvaart is en welvaart geskep word. Nog nooit het ek ‘n land so sien agtertuitgaan en verval soos  Suid Afrika nie- Die een na die ander staatsonderneming is tot in die grond bestuur en nog steeds wil die regering aan hulle vasklou en die land verder in die skuld dompel.

Dit gebeur al vir jare en ons sit en kyk hoe dit gebeur en doen niks. Wanneer gaan ons opstaan ?- en die land terugneem van hierdie regering wat werklik nie tot voordeel van al ons mense is nie. Dis al vir jare duidelik dat die huidige regering nie die vermoee het om Suid Afrika reg te ruk nie- nog minder om dit te regeer en instand te hou.

Ons het almal geweet dat as die regering nie die land kan regeer en bestuur nie, sal die pandemie bestuur ook die ‘n sukses wees nie. Maar ons het weereens saamgewerk en die edelagbare President en sy meelopers vertrou- en hier sit ons vandag-  4 maande later in ‘n groter gemors as voor die pandemie wat ook net so groot gemors was. Ons land het mense met kennis en wysheid en deursettinsgvermoee om die land weer reg te kry- maar die regering wil die nie toelaat nie.

Ons landbouers gee kos vir die inwoners van die land wat die regering nog tot vandag toe gehelp het om ‘n suksesvolle lewe te lei. Die een belofte op die ander en niks het nog gebeur nie, behalwe korrupsie en skuld.

Ons landbouers word nie juis baie erken deur die regering  vir die produksie van kos nie en daarmee saam het die President nog nie een woord gerep oor die landbouers wat so vermoor, aangeval en gemartel word nie. Suid Afrika se landbouers is tans besig om die land se tweede grootste mielies oes in te samel- en hieruit gaan die regering miljoene se belasting kry wat weereens nie tot voordeel van elke Suid Afrikaner aangewend gaan word nie.  Sitrus boere se oeste is net so goed en word uitgevoer en daarmee saam nog ander landboubedrywe. 

Die besighede wat werk kan gee en wat suksesvol is, word nie  finansieel gehelp nie- die geld word gebruik om mense te voorsien van kos  Dit is nie 'n beginsel wat ooit kan werk nie- die mense is vir altyd afhanklik van die staat. Diefstal neem daagliks toe en die regering met hulle belaglike inperkingsmaatreels verwoes die ekonomie nog verder. 

Die edelagbare President wil die ekonomie “reset” maar weet tot nou toe nie hoe nie- hy soek nog steeds die "RESET" knoppie. Die wensdromery-

Landbou kry al die pad ‘n koue skouer van die regering, maar hulle sit elke dag kos op die tafel van elke inwoner van Suid Afrika- dis hoogs onwaarskynlik dat enige regerings werker of amptenaar enigsins sy werk verloor of deel van sy salaris prysgegee in die tye van "lockdown" nie. 

Webinaars, Seminaars en televisie programme word tot vervelens toe gedoen en ure , dae en jare se gesels gaan om en niks word gedoen nie.

Ons sit met miljoene mense wat al voor die pandemie hongersnood beleef het, werk verloor het en duisende wat afgedank is.

Een van die belangrikste vrae wat konsekwent ontstaan te midde van die Covid-19 pandemie impak op die ekonomie is oor die uitwerking op indiensneming.

In die landbou, dink ek daar kan 'n paar veerkragtigheid wees in vergelyking met ander sektore van die ekonomie as gevolg van die groot twee redes.

Suid-Afrika verwag dat sy tweede grootste mielies in 2019/20 seisoen, 'n oesproses wat in werklikheid onlangs begin het en reeds ver gevorder is. Daar is ook 'n verwagting van 'n rekordsitrusoes, algemene verbetering in uitset in ander vrugte ná droogtejare, en ook 'n herstel in wyndruiwe-uitsette. Die verkope van landbou masjinerie was ook baie beter in Junie 2020. 

Dit beteken dat daar oor die algemeen verhoogde aktiwiteit in die boerderysektor sal wees vergeleke met die vorige jaar.Die sosiale afstand  verhoed  die verspreiding van die Corona en kan beteken dat boere en agribesigheid nie ten volle kan werk nie, veral van seisoen arbeid afwesig kan wees  Die impak van hierdie probleem sal egter slegs weerspieël word in die tweede kwartaal arbeidsdata, sowel as die volgende kwartale van die jaar.

Groei en werkskepping in landbou hang af van die vlak van belegging in die sektor, landbouproduktiwiteit, uitbreiding van uitvoermarkte, bevordering van Arbeid-intensiewe landbou subsektore, belegging in besproeiing en 'n toename in die gebied wat waar moontlik geboer word.

Die potensiaal vir die uitbreiding in produktiewe landbougrond lê in die onderbenutte grond in die voormalige tuislande en onderpresterende grondhervorming . Die regering het in die week alweer die komitee in werking gestel wat moet kyk na grondhervorming en die verandering van artikel 25-  Weereens is die 'n besluit in  die verkeerde rigting. 

In 'n neutedop kan Suid-Afrika se landbousektor vanjaar 'n mate van veerkragtigheid vanuit 'n werksperspektief wys, aangesien die verwagte groot uitset sal beteken dat arbeid in die veld benodig sal word.

Diegene wat tipies aan die sektor in die vorm van seisoenale arbeid deelneem, sal egter deur die sosiale afstands en ander gesondheidsregulasies geraak word. Dit is 'n komponent van die arbeidsmark wat hierdie jaar tot 'n algehele afname in landbou-indiensneming kan lei in vergelyking met verlede jaar, hoewel die aandeel van die afname in die geheel na ander sektore van die ekonomie kan verval.

Die regering met sy enorme skuld het nou by die IMF aansoek gedoen -‘n Lening van die Internasionale Montêre Fonds (IMF) is in sekere omstandighede ‘n besliste opsie om te oorweeg. Die IMF is egter nie ‘n hulpverleningsorganisasie wat geld uitdeel nie. ‘n IMF lening gaan gepaard met ‘n IMF program waarin hulle vereistes stel en waarborge soek, en hulle soek hulle geld terug en wil ‘n wins maak. Dit is glad nie verniet of in die vorm van ‘n skenking nie.

Die IMF se oorsprong en setel, en gevolglik sy denke en beginsels, is gevestig in die Weste en Westerse kapitalisme. Sedert die 2008 internasionale finansiële krisis het die Weste in teenstelling met die res van die wêreld die vinnigste herstel, en groei lande met vry Westerse kapitalistiese ekonomiese stelsels groter en vinniger as op enige stadium in die geskiedenis. Dit is debatteerbaar of die IMF enigiets anders as so ‘n stelsel kan ondersteun, want sy lede sal hulle vereistes stel.

Ons sit dus nie met ‘n suiwer finansiële ekonomiese probleem nie, maar met ‘n politieke ekonomiese probleem waarvoor daar net een uitweg is—‘n nuwe regering. Ons moet onsself hiervoor gereedmaak, want die hele internasionale gemeenskap beweeg weg van Suid-Afrika af, en daar is niemand wat hulle meer kan oortuig die huidige regering is die een wat die wa deur die drif gaan trek nie. ( Johan de Klerk) 

Die regering se korttermyn ekonomiese strategie is Radikale Ekonomiese Transformasie.

Maar elke persoon wat ‘n besigheid bedryf weet radikale ekonomies planne word nie oornag radikale ekonomiese realiteit nie. So wat presies is Radikale Ekonomiese Transformasie (RET) en hoe moet mens dit benader?

In die 19de eeu het die Italiaanse Sosioloog Vilfredo Pareto die inkomste van duisende mense opgeteken o.a. om te bepaal wie moet watter belasting betaal. Hy het op ‘n spesifieke tendens afgekom, en dit is dat sowat 20% van die mense in Italië sowat 80% van die rykdom besit. 

So wat is RET dan? Dit is ‘n irrasionele polities-ekonomiese ingryping met onbehaalbare doelwitte. Dit is nie gebaseer op ekonomies begrippe soos begrotings, kontantvloei- of balansstate nie. Dit is bloot die inwerkingstelling van politieke hefbome om ekonomie wat deur iemand anders opgebou is in die hande te kry, en as dit afgehandel is, sit ons opnuut met ‘n ongelyke, gefrustreede samelewing.

Dit gaan nie maatskaplike stabiliteit op die kort- of lang termyn meebring nie, nog minder sosiale- en ekonomiese gelykheid. ( Johan de Klerk) 

Daagliks sien ons hoe die regering besluite neem wat tot geen voordeel is van die land nie-  Die regering weet nie hoe om met geld te werk nie- hulle weet ook nie hoe om geld te maak nie- hulle het geen kennis in die verband nie.

Suid Afrika se inwoners wil lewe- wil welvaart skep en ons word beheer deur 'n regering wat ongelukkig nie die vermoee het om enige iets suksesvol te voltooi of instand te hou nie. Die geskiedenis het dit bewys en ons hoef net om ons te kyk vir die bewyse.

Die regering moet in hulle persoonlike hoedanigheid verantwoordelik gehou word vir hierdie enorme ekonomiese en maatskaplike krises waarin ons land is. Die edelagbare minister van finansies praat van "ons: skuld wat so hoog is- dis nie die inwoners van die land se skuld nie- dis die regering wat daarvoor "Pa" staan en dit aangewend het soos hulle goed gedink het, 

Daar is net een woord wat die verdere vernietiging van die ekonomie en die land kan omdraai! Wins! Dit is die enigste manier hoe die bydraes van al die bedrywe aan die aanbodkant en die binnelandse besteding aan die vraagkant ekonomiese groei kan skep wat werkloosheid, armoede en hongersnood kan verminder, die belastinginkomste van die regering kan verhoog om sy skuld te betaal en sy begrotingstekorte te verminder om uit sy bankrotskap te kom en wat ook die finansiële oorlewing van die regering se eie besigheidsondernemings kan verseker, belastings kan verlaag om die besteebare inkomste van huishoudings te verhoog en die privaatsektor toelaat om 'n baie groter rol in die ekonomie te speel! Maar die ANC-regering verstaan egter net een ding en dit is totaal buitensporige besteding, groter vernietigende inmenging in die ekonomie met nuwe wetgewing en verliese wat geen ekonomiese groei kan skep nie, maar dit net kan vernietig! ( Fanie Brink) 

Ons kan nie toelaat dat ons verder in hierdie modder rond ploeter nie- Die toekoms is in ons hande en Suid Afrikaners van alles rasse moet nou handevat en hierdie land terugneem en vir ons almal weer 'n toekoms skep.

As die regering intussen as sy beloftes nakom en die "reset" knoppie intussen vind- en die land omdraai- dan is dit 'n wonderwerk. en sal dan alle samewerking van die land se inwoners kry.

Johann Pretorius

ANN

Internasionaal gedeel en reeds vertaal in Duits, Frans en spaans- Sal vandag in Rusland se media verskyn.