'n Baie bekende spreekwoord in Suid Afrikaanse boerdery wereld lui as volg;
“ Net mielie boerdery kan mielieskuld betaal en net Beesboerdery kan beeste skuld betaal”
Dan het van die ou boere altyd gese- solank as wat 'n 80kg sak mielies goedkoper is as 'n bottel Klipdrif kan jy dit altyd met water geniet wanneer ontspan- maak die sommetjie maar self.
Boere dwarsoor die wereld se geloof en deursettingsvermoee is hulle behoud. Wanneer 'n oes nie meer iets kan oplewer nie, beweeg hy aan en begin reg van voor af met nuwe geloof en hoop op 'n splinternuwe oes.
Vandag is die spreekwoord- "as jy wil weet moet jy meet".
In die tagtigjare toe die droogte op sy slegste was in die Vrystaat in 1984/85/86 ens is boere gedreig deur skuldeisers met die een brief op die ander, baie boere is uitverkoop en van die plaas af. Families is tot op die grond gestroop. Jare se sekuriteit in die vorm van opgebergde fondse het oopgedroog en die een droogte jaar na die ander het gevolg. Die regering was in die jare tagtig nog aan die kant van die boere en sy werksmense. Tans is dit net die werksmense.
Ons het nie meer 'n regering wat hom enigsins sal ontverm oor boere nie en boere sal op hulle eie hier moet oorleef. Ons beginnerboere en kleinboere is tans die een van die grootste prioriteite omdat dit op een of ander manier meer werk kan skep. Van die boere doen baie goed, veral die wat gehelp word deur landbouorganisasies en maatskappye wat self ingeklim het , omdat die regering eindeloos tyd mors in meeste van die goed wat hulle aanpak. Ons het baie suksesvolle beginnerboere asook sterk gevestigde kleinboere. Dis lekker om te sien hoe hierdie boere elke jaar verbeter en hulle produksie verhoog.
Urelange geselsprogramme op radio Televisie en op sosiale media oor landbou en sy mense is aan die orde van die dag. Dis alles goed en wel dat mense gesels -maar een of ander tyd moet daar oorgegaan word om al hierdie lekker gesels en kuier oor te sit in aksie.
Intussen hang die swaard van Grondhervorming oor Landbouer se koppe- maar daar is meer lig in die tonnel as so paar maande gelede. Die regering is bereid om te gesels oor hoe landbou suksesvol hervorm gaan word. Daar is geen alternatief as onderhandeling nie. Diegene wat geweld praat, het nog nie geliefdes op ’n oorlogslagveld begrawe nie. In die stryd om die koppe en harte van boere is daar nou meer as net ydel trooswoorde nodig. Onderhandelinge veronderstel ’n basiese vertroue tussen partye.
Dan is waar die gedagte van - Wat verhinder die ANC om regs te praat, maar links te loop?
Suid Afrikaners wat in liefde en vrede wil saam woon en werk moet opstaan en baklei vir die land. Gelukkig is dit die groot meerderheid. Netso moet Landbouers dieselfde doen en bymekaar staan en saam die geveg veg. Daar is nie nou tyd vir verdeeldheid nie.
Net wat jy uitstuur- kry jy terug. Net wat jy plant oes jy en niks meer of minder nie.
Die banke in Suid Afrika kyk met ander oe na boere en as jy nie 'n sogenaamde megaboer is wat 'n goeie omset in jou rekening het nie, gaan jy ook op jou eie moet “survive”.Daar is baie streng wetgewing oor skuld en sekeruteit en terugbetaal vermoee-. en dan is daar die bank se bangmaak stories dat jy verantwoordelik sal wees vir jou skuld as die regering jou grond ontein.
Daar bestaan nie so iets nie. As dit so is dan is dit nie deel van 'n ooreenkoms nie. Wees wakker en behou jou menslikheid. Moet vir geen mens vrees nie. Jy is landbouer in murg en been.
En as jy nie meer kan hulp kry nie- dan baklei jy en maak planne want uitkoms kom op 'n dag wat jy dit nie minste verwag. En jy is nie onderdaning aan jou skuldeisers nie- jy baklei harder terug en jy staan nooit op agtervoete nie- Behou jou selfrespek en moenie dat enige een jou integriteit onderskat nie. Meeste van hulle maak jou net bang- want iewers is 'n direksie wat besluite neem en dan amptenare gebruik om hulle besluite uit te voer.
Einstein het gese..” Jy sal nooit 'n probleem kan oplos deur op dieselfde vlak te dink nie, jy moet een vlak hoer dink.” Wanneer mesen dit eers begin doen gaan ons verandering in die land sien.
Voornemende buitelandse beleggers sit op die stadium op die kantlyn en kyk wat die regering gaan doen met eiendom. En as hierdie beleggers eendag besluit om wel hulle geld te waag, sal dit heelwaarskynlik in gevestigde landbou wees. Landbouers met jarelange praktiese landbou ondervindig en sukses sal die eerste keuse wees. Ongelukkig is landbou een van daardie beroepe waar grade, geleerdheid en boeke kennis nie baie gaan tel al dit kom by praktiese en jarelange boerderyondervinding nie. Jong landbouers wat ouers as mentors in landbou gehad het ,met die nodige aanvullende grade kan dalk voorkeur geniet. In landbou gaan dit dood eenvoudig oor die sogenaamde "jockey"
Veiligheid is een van die ons landbou se grootste kopsere en bekommernis- hoe beskerm jy jou familie en werkers teen aanvalle van mense wat absoluut geen respek vir lewe en mense het nie. Hoe werk en produseer jy kos vir die land waar 'n klein deel van die land se mense jou en jou gesin wil vermoor en verdryf van die grond af. Weereens is dit Landbou wat homself moet beskerm en baie min hulp van die regering kry. Maar landbouers in Suid Afrika het reeds baie in plke om hulle te beskerm. Hierdie plaas nog 'n ekstra las en uitgawe op ons landbouers en hulle gesinne.
Die komitee wat die voorstelle vir die regering moes doen het dit afgehandel so paar maande gelede met baie voor en nadele. Die Adjunk President het aangedui dat hy binnekort sal aankondig wat die regering besluit het.
Hier is 'n uittreksel uit die dokument.
Die paneel se aanbevelings oor die omstandighede waaronder onteiening sonder vergoeding kan plaasvind, is onder andere die volgende:
- Waar die eienaar afstand gedoen het van grond.
- Eiendom wat hopeloos met skuld belas is.
- Grond wat uitsluitlik besit word vir spekulatiewe doeleindes/redes.
- Ongebruikte grond waarvan staatsinstellings die eienaar is.
- Grond wat deur misdaad bekom is.
- Grond wat reeds bewoon en gebruik is deur huurarbeiders of voormalige huurarbeiders.
- Informele woongebiede.
- Stedelike geboue waar die eienaars afwesig is of nie beheer uitoefen nie.
- Grondskenking (as ’n bepaalde verskynsel van onteiening sonder vergoeding).
- Plaasekwiteitskemas.
Verder beveel die adviespaneel aan dat die kantoor van die waardeerder-generaal se werksaamhede onder die Wet op Eiendomswaardasies, 2014 (Wet 17 van 2014) hersien word. Volgens die aanbevelings moet die betrokke funksionaris nie net na eiendom se markwaarde kyk by die vasstelling van vergoeding aan grondeienaars by grondhervormingstransaksies nie, maar moet vergoeding regverdig en billik volgens ’n vergoedingsbeleid plaasvind. Die volledige dokument is beskikbaar op die medium.
Afgesien van die grondkwessie is daar nog steeds groot dele in ons land waar dit nog vir jare nie gereen het nie.. die regering se hulp aan die landbouers is baie min en privaat organisasies gee gereeld hulp aan die gemeenskappe. Voor jy nie in 'n droogte self staan nie- weet jy nie wat dit is nie. Die Westelike gedeeltes van ons land is uiters droog en daar met nuwe oe gekyk moet word na die dele van ons land.
In die El Nino jare reen dit in party dele baie en ander dele glad nie. Die vraag is of my plaas in daardie gedeelte gaan wees of nie. Dit kan ook in die dele oorstroom.
Die rand /dollar wisselkoers en die olieprys is ons almal se kopseer. Maar daar is maniere om daarom te boer, die vraag is net hoe?- ons is nie deel van die blamerings mentaliteit brigade nie. Jy is nie skaap om agter mekaar aan te loop nie. "Stand out- don't fall in."
Dit lyk volgens die weervoorspellers en ekonome dat die komende seisoen 'n beter een gaan wees as die afgelope jaar.
Die seisoen is voor die deur en die vraag is.
Wat Plant ek ?
Kan ek dit bekostig om die jaar weer 'n misoes te he.
Het ek lande wat genoeg ondervog het om die hitte en min reen te kan oorleef.
Moet ek nie liewer my grond laat rus en my geld in die bank hou nie
Het ek genoeg kapitaal om een jaar te oorleef.
As ek skuld het, hoe gaan ek my skuldeisers oortuig om 'n jaar te wag.
Gaan ek die hoe mielieprys gebruik om 'n onberekende kans te waag en volgende jaar duurder te betaal vir al my insetkoste.
Dis maar 'n paar vra, daar kan nog baie ander wees.
Kry genoeg kennis in van mense met wysheid en boerdery kennis. Tegnologie is goed, maar dit is nog nie 'n volwaardige deel van die skepping en natuur waarin jy boer nie. Dit kan help tot op 'n punt. En moet jou nie baie steur in wat daagliks in die pers voorspel en geskryf word deur die manne met die dik brille vanuit hulle luukse kantore nie.
Maar as jy reeds die droogtes van die tagtigjare kan onthou en oorleef het, asook die laat negentigjare en die tweeduisends dan weet jy wat om te doen. As jy die keuse gemaak het , dan staan jy daarby en jy blameer geen ander mens as net jouself nie.
Suid Afrika se regering en sekere media is net op die negatiewe ingestel- Ons moet 'n plan he en daarop fokus -
Die belangrikste vir jou as landbouer is om los te kom van skuld- en selfvoorsienend te wees.
Die keuse is joune en weet net dat niemand jou ooit sal kan bystaan en help nie behalwe om empatie met jou te he .
Net jy weet wat jou boerdery instaat is toe. Glo in jouself jou familie, jou boerdery, jou werkmense en glo onvoorwaardelik in die natuur.
Gaan rustig voort, doen wat jy goed vind om te doen, neem kennis van wat gebeur en volg jou sukses.
Jy is een van die suksesvolle landbouers wat kos op die tafel kan sit- en die land het jou nodig al dink meeste inwoners nie so nie.
Redakteur/ ANN / FP