Ons moet Landbou in Suid Afrikaners se hande hou

Ons moet Landbou in Suid Afrikaners se hande hou

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Laat in jare negentig het ek England- London vir die eerste keer besoek. Ek het 'n prentjie gehad van hoe Engeland sou lyk en hoe die Engelse sou lewe.

Met my verbasing het ek uitgevind dat daar omtrent geen Engelsman meer agter 'n toonbank staan nie behalwe in die Engelse kroee en in sommige banke. Die meeste van hulle was Taxie drywers en ander was die direkteure in banke of maatskappye en die ander was in die parlement. In byna geen winkel het ek 'n Engelsman gesien nie of baie min van hulle.

Scotland was heel anders, en tot my verbasing was Edinburgh vol van die tradisionele Scotsman of Engelsman. Hulle was nog die mense wat besighede besit het en wat jy op straatvlak kon erken. Daar was ook besighede wat aan Oosterlinge behoort het.

Tydens my besoek aan New York was dit dieselfde...waar is die mense aan wie die land behoort. Hulle is nie meer in hulle eie besighede te sien nie. Net so van Chicago, Los Angeles en baie andef stede.

Wat ek gesien het was 'n mengsel van Pakistan, India, Turkye en die Arabiere en nog baie ander nasies. Wat het van die Engelsman geword dat hy al sy bates so verkoop en niks oorgehou van sy kultuur nie en vir sy nageslag iets nagelaat het om op te bou nie.

Netso kan ek praat van New York en ander stede in die wereld. Waarom verkoop jy jou besigheid aan ander nasies wat geensins belangstel in jou nageslag nie maar in net syne.

In Hong Kong staan die Chinese agter die toonbank, is hulle in beheer van hulle land. Die Engelsman en die Australianer moet sy eie besigheid kom oopmaak en kompiteer met die Chinese. Geen besigheid word sommer verkoop nie. Mens noem dit "handson"

Die Chinese het die geld van wereld vandag, hulle is die grootste nasie, en vervaardig alles vir die wereld en sy lui mense. Hulle beweeg uit na Afrika wat hulle eindpunt is. Kyk hoe gaan dit in Portugal, Griekeland en Spanje en Frankryk. Die mense is te lui om te werk. As hierdie lande hulle oe uitvee behoort hulle land aan 'n ander nasie.

As ek kyk teen watter spoed Suid Afrikaners hulle besighede en maatskappye verkoop aan die Chinese en ander buitelanders gaan daar baie bitter min oorbly wat nog in die hande van Suid Afrikaners is. Chinese bring hulle eie mense in om te werk sal nooit ooit gebruik maak van die plaaslike bevolking nie. Die Chinese en ander nasies is oral- in omtrent elke dorpie in Suid Afrika en in tradisionele swart woongebiede besit hulle die winkels, wat eintlik aan ons eie mense moet behoort. Werk wat huisgesinne en families kon besit.

Daar is sekere gebiede in Suid Afrika waar jy net oorsese produkte kan koop- inteendeel dis net in baie gevalle 'n vlooimark.. goedere wat ingevoer word en hier verkoop word. Werk wat gedoen kon word deur Suid Afrikaners as hulle regtig wou. 

Van Suid Afrika se groot maatskappye het al soveel buitelandse eienaars-wat miljoene betaal het vir aandeelhouers wat nou heel rustig op duur golflandgoed bly waar huise in een straat R60 miljoen en meer kos.  Deesdae is die Bestuurende Direkteure van die maatskappye nerens te sien as in die pers op Televisie of iewers op 'n golf landgoed nie. Die meeste van die maatskappye het inbel sentrums en daarmee moet ons as inwoners van Suid Afrika elke dag deel. Daar is nie meer 'n sogenaamde "eienaar" nie. Elke keer praat jy met iemand anders en jy is net bloot 'n nommer- maar as jy nie betaal nie- dan ken hulle jou baie goed. 

Net die agente en Direkteure en aandeelhouers van die Maatskappye stap weg met die geld wanneer 'n openbare maatskappy verkoop word, en maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, dit is potensieele maatskappy wat werk kon verskaf aan ons as Suid Afrikaners wat nou in die hande van 'n vreemde indentiteit is. Direkteure van maatskappye verdien ook hopeloos te veel geld as jy kyk na die banksektor asook selfoon maatskappye. 

  Nuwe tegnologie en Werkskepping in Suid Afrikaanse Landbou.

Ons nageslag gaan niks oorhe van dit wat deur jare se harde werk gebou is nie as ons nie beheer neem oor ons besighede nie en dit professioneel bestuur nie. 

Aan die anderkant is Suid Afrika se staatsinstellings en identiteite tot in die grond in bestuur deur Suid Afrikaners en dieselfde staat kyk nou na buielandse beleggers om die uit die geldelike verknorsing te help. 

Ons mense moet opstaan en begin werk en ophou kyk na politici se aanhoudende beloftes wat baie min van kom. 

Ons het miljoene werklose mense wat se denkwyse eers verander moet word voordat hulle sekerlik werk sal kry. Daar is soveel negatiewe praaitjies deur sekere politieke partye in meeste van hulle se koppe gepraat. 

Dit is ook belangrik dat hierdie maatskappye bestuur moet word deur mense met kennis en integriteit. Biljoene rande van Suid Afrikaners se hard verdiende geld is iewers verduister en dit gebeur nie net in staatsondernemings nie. 

Daagliks kry ons korrospondensie oor ongeruimdhede in groot maatskappye van jare terug wat nou ontdek word. 

Moenie trots voel as jy n deel van 'n openbare Maatskappy aan 'n buitelander verkoop het nie, want dit is net jou nageslag wat daaruit voordeel kry . Inteendeel die mense uit wie jy geld gemaak het, het nie veel van die gelde gesien waarvan jy so baie gekry het nie. 

Ons  landbou grond moet in die hande van Suid Afrikaners bly....ons eie land se mense. mense wat weet hoe om te boer en wat nog altyd deur die jare gesorg het vir voedsel sekerheid. Daar is baie hardwerkende opkomende landbouers wat reeds toegetree het tot die landbou en baie suksesvol is in wat hulle doen - juis omdat hulle self opgestaan het en self hulle pad geloop het. 

Verkoop jou produk maar nie jou besigheid nie. Daar is vir elkeen werk in die land werk wat nie in ander mense se oe kyk en en aan blameringsmentaliteit lei nie. 

Die regering en by name ons President staan hand om die blaas met die Chinese wat met graagte gaan help om hulle voetspoor nog groter te maak. Die President se droom van 'n stad sal nie die lig sien sonder sy Chinese vriende nie. 

Suid Afrika se regering sit op die draad- en staan bakhand by beide kante-  Ons weet nie wat vir Rusland en Putin belowe was nie- maar die feit dat ons edelagbare President en sy aanhangers saam met sy goeie vriende in die EFF so hand om die blaas is met Rusland laat mens weet daar is 'n slang in die gras. 

Die media in Suid Afrika gee hopeloos te veel aandag aan die negatiewe en aan soganamde poltieke leiers waarvan baie korrup is en ons besteel het van biljoene/

Landbouers moet inbeheer bly van hulle produk wat hulle produseer- die waardeketting moet nie verlaat word nie. Moenie sommer pens en pooitjies inklim in 'n maatskappy waar 'n klomp hoogsgeleerde buitelandse korporatiewe amptenare deel wil word van die waardeketting wat jy voed nie .  Beleggers in die vorm van 'n minderheid aandeelhouding is nie verkeerd nie en dit moet ook kan gebeur. 

Jaarliks sien ons hoe Suid Afrikaners nuwe implemente en landbou toerusting in Suid Afrika ontwikkel en self bou. Deur die jare het Trekkers  en ander landbou masjinerie deel geword van Suid Afrikaners se insiatief en hardewerk. Van hierdie produkte word suksesvol uitgevoer na die buiteland. 

Alle Suid Afrikaners wat die son oor mekaar wil sien skyn en in liefde en vrede wil werk en bou moet saam begin en ons land beskerm. Landbouers moet in beheer bly van voedselproduksie en seker maak dat hulle altyd voor is met tegnologie en die beste boerdery praktyke.

Mense in ons land kyk te veel in ander mense se oe- luister te veel na politieke leiers se beloftes en volg hulle soos skape na 'n plek waar baie min gaan oorleef, behalwe die grootpraters wat voorloop en belastingeld vir hulle self verdien.'

Jy as mens moet sorg dat jy iets unieks ontwikkel, vervaardig of doen waarvoor ander mense bereid sal wees om jou te betaal voor.  

Suid Afrika se mense moet  in Eenheid saamgesnoer word- eenheid van 'n nasie wat wil bou en nie wil breek nie. 

Dis tyd dat ons saam staan, mense wat wil werk- wat kan werk en eerlik en opreg is in hulle manier van besigheid doen

Ons kan ons eie sonpanele bou- daa ris niks wat ons nie kan vervaardig nie- 

Ons is in die winter van 2023- die nuwe seisoen le voor- en so ver lyk dit of die weer baie mooi gaan saamspeel en dit 'n baie goeie seisoen gaan wees.  Bring jou kant- en jy het  nie 'n  graad nodig om suksesvol te wees nie-  jy kan as jy wil.

Johann Pretorius  CRA Group. 

 


Newsletter Subscribe