Koffie is 'n baie gewilde warm drankie vir baie mense dwarsoor die wêreld. Koffie is volgens wetenskaplikes baie gesond, mits jy nie baie daarvan drink nie. Maar koffie is veral bekend vir die Kafeien wat vele mense laat ontwaak en 'n lewensinspuiting gee baie vroeg in die oggend.
Die reuk van vars koffie vroeg in die oggend of laat in die middag is genoeg om vir enige iemand gelukkig te maak. ʼn Koppie koffie saam met jou beste vriend of een saam met ʼn potensiële liefde is meer as net ʼn koppie koffie.
Koffiewinkels dwarsoor die wêreld probeer alle maniere om die beste koppie koffie voor te sit. Die Sjinese het ook nou hulle smaak teenoor koffie vergroot en die tee so bietjie eenkant toe geskuif - veral die jong Sjinese wil in die mode wees met die VSA en die ander groot lande. Tussen 50 ha en 200ha koffie is reeds in Suid Afrika aangeplant met 'n gemiddelde oes van tussen 1,5 ton en 2 ton per hektaar haalbaar en koffie is ’n hoëwaarde-produk indien jy dit self op die plaas rooster.
Die geleenthede in die bedryf is dus goed. Tans verkoop ’n goeie gehalte, enkeloorsprong groen koffieboon, in Suid-Afrika teen R100/kg. Maar koffie se weerstoestande moet reg wees, nie te warm en te koud nie en koffie plante wil nie aan die son blootgestel word nie. Suid Afrika se klimaat is meestal nie gunstig vir die omstandighede wat nodig is vir koffieplante om te floreer nie. Suid-Afrikaners verbruik meer as 20 000 ton koffie per jaar, maar daar is slegs sowat 200 hektaar koffieplantasies in die land.
Dié plase is in KwaZulu-Natal en Mpumalanga geleë, waar die klimaat meer tropies is. Brasilië is die wêreld se grootste verbouer van koffie: in 2015 het dié land 43,2 miljoen sakke koffie (60 kg per sak) verbou. Viëtnam is in die tweede plek met 27,5 miljoen sakke koffie, met Colombië derde – 13,5 miljoen sakke. Ander topproduserende koffielande is Indonesië, Ethiopië, Indië, Honduras, Uganda, Mexiko en Guatemala.
Jy behoort nie meer as 500 mg Kafeien 'n dag in te kry nie. Een koppie bevat tussen 95mg en 200mg kafeien, hang net af hoe sterk die bone is. Koffie droog jou uit en jy moet baie water inneem as jy koffie drink. Adranalien gedrewe mense oorleef op koffie en dit is nie goed om so baie koffie in te neem nie. Binne-in ’n bessie wat soos ’n kersie lyk, sit twee magiese bone.
As ’n mens sulke bone brand totdat hulle bruin of swart is, die geroosterde produk fynmaal en dan met kookwater ’n treksel daarvan prakseer, sit jy met ’n heerlike elikser wat baie mense vir min ander dinge sal verruil. Die bessies het gekom van wat ons vandag die koffieplant noem. Mettertyd is die pitte van die bessies gebrand, gemaal en treksels daarvan gedrink, en só het die gebruik van koffie van klooster tot klooster versprei, reg deur Ethiopië en van daar af na die res van die wêreld.
Coffee bean prices have doubled in the past year and may double again – what’s going on?
Aangeplante koffieplante lewer hul eerste drag ná drie tot vyf jaar en kan vyftien of twintig jaar, selfs vyftig jaar of langer, bly vrugte dra. Die plante het blink, ovaal blare, en die wit, geurige blommetooi duur slegs ’n paar dae. Ses of sewe maande later is die bessies ryp, wanneer hulle van liggroen tot rooi verkleur en soos kersies lyk. Die ryp vrug bevat gewoonlik twee koffiebone, wat deur ’n soet vrugvlees omhul word. Basies word die vrugvlees van die bessies verwyder en net die koffiebone word behou. Die bone word gelaat om te gis om van die slymerige omhulsel ontslae te raak. Daarna word die bone gewas, droog gemaak en gesorteer.
Vervolgens word die bone gebrand (“gerooster”). Die finale stap is om die gebrande bone te maal. Veral vroeër dae is dit sommer met handmeultjies gemaal, maar in vandag se koffiewinkels en selfs in meer gesofistikeerde huishoudings word dit dikwels met elektriese meultjies gedoen.
Bone word vanselfsprekend ook op groot skaal deur groot meulens in fabrieke gemaal, waarna dit vir die mark verpak word. Só beland die koffie dan uiteindelik in jou koppie. Die gemaalde bone of die verwerkte kitskoffie word met kookwater gemeng, en melk of romerighede word bygevoeg vir allerhandse soorte van, volgens die koffieslawe, die heerlikste drankie denkbaar.
n Studie deur die internasionale marknavorsingsagentskap, OnePoll dui daarop dat persone wat ‘n koppie koffie in die oggende geniet, waarskynlik introverte is, terwyl teedrinkers ekstroverte en sosiale vlinders is.
Nagenoeg 2 000 Amerikaners is uitgevra oor hulle voorkeur-oggenddrankies.
Volgens die uitslae van die studie is koffiedrinkers meer kreatief as teedrinkers en verkies hulle die TV-reekse, Seinfeld, The Office en Grey’s Anatomy.
Teeliefhebbers verkies in die meeste gevalle Friends, The Big Bang Theory en The Walking Dead. Wat musieksmaak betref sal teedrinkers – volgens die studie – klassieke musiek, country, pop, hip-hop en kletsrym verkies.
Koffiedrinkers sal waarskynlik eerder luister na blues, punk, rock en jazz. 41% van koffiedrinkers het aangedui dat hulle nie hulle dag sonder ‘n koppie boeretroos kan begin nie, terwyl 37% van teedrinkers nié te veel kafeïen verkies nie.
Hoewel albei groepe van troeteldiere hou, verkies koffiedrinkers honde en teedrinkers eerder katte.
Koffie is vandag baie duur- en baie mense koop minder koffie en dalk goedkoper koffie wat nie baie goeie kwaliteit is nie- Daais is allerhande toestelle ontwikkel om koffie meer gesogd te maak en die bedryf meer wins te gee.
Sogenaamde goeie koffie in 'n koffie winkel in Suid Afrika kos nie minder as R35.00 per beker nie...en soos wat jy meer byvoeg word dit net duurder-
Koffie word daagliks deur miljoene mense verbruik- Maar koffie het ook sy newe effekte
As jy meer as 2 bekers per dag drink kan jy ontwater- jou Ystervlakke kan begin daal en jy kan op tande begin kners- Hou dit maak binne perke.
Kafeïen of kafeïne is ’n alkaloïed wat onder meer in koffiebone, tee, mate en kakaobone voorkom. Kafeïen as ’n suiwer stof is ’n wit, bitter poeier. Dit is ’n matige psigoaktiewe stof met ’n stimulerende werking.
Kafeïen is ook die opwekkende stof in ’n paar drankies soos kolas en energiedrankies. Soms word kafeïen by pynstillers soos parasetamol gevoeg om ’n sterker en langer uitwerking te verkry. Kafeïen stimuleer die ortosimpatiese senuweestelsel, hartslag en asemhaling. Die uitwerking begin gewoonlik ’n uur ná inname en neem tot vyf ure daarna af.
Met gereelde inname deur die mens kan die uitwerking per hoeveelheid afneem, en meer kafeïen word dan benodig om dieselfde uitwerking te verkry. Verslawing kan intree en ’n skielike afname in gebruik kan hoofpyn, ’n groot daling in bloeddruk en ander onttrekkingsimptome tot gevolg hê.
Nie verniet dat dit soms “koffie-kapitaal” genoem word nie!
Johann Pretorius CRA Group