Wanneer ons boerderye besoek deur die land asook in die buiteland is dit mooiste gesig om 'n Oupa nog in die boerdery te sien. Meestal kalm en bedaard en nog vol lewenslus, loop meeste van die gryskoppe rond met wysheid wat jy nerens te koop gaan kry nie. En om sy eie kleinkinders so om hom te sien vol geluk en liefde is nog 'n mooier gesig.
Elke familie bestaan uit n sisteem waar gedragsgewoontes en verhoudingspatrone al vir jare en generasies op n sekere manier funksioneer. Wat die een generasie leer word aan die volgende generasie oorgedra. Dit is dus baie moeilik om n baie spesifieke en beperkte rol vir oupas en oumas te definieer. Party families is emosioneel baie geheg aan mekaar en daar is patrone waar nabyheid en daaglikse hulp aan die orde van die dag is. Ander families of grootfamilies verkies weer meer afstand en fokus veral om elkeen spasie te gee om hom of haarself uit te leef. Dan kom die individuele faktore ook nog by waar elke familielid sy of haar persoonlikheid en styl van verhoudings handhaaf.
Daar is tog eienskappe in die rol van grootouers wat ons kan definieer. As ons kyk na hoe mense voor die industriele rewolusie en die aanvang van moderne vervoer funksioneer het – met ander woorde vir duisende jare tot en met omtrent n honderd jaar gelede - dan is dit duidelik dat oumas, oupas, ooms en tannies almal saam n aktiewe rol gespeel het in die famliekinders se lewens. Moeders (en vaders) het hulp nodig met hul kinders en die wat die taak van ouerskap stoksielalleen aanpak sonder enige emosionele of funksionele ondersteuning kry dikwels baie swaar en ly maar in stilte.
Vandag se Oupa's is bietjie anders as ander Oupa's, tegnologie, het ook deel geword van hulle lewens en baie van die ourige Oupas sukkel met die Slimfoon en die Rekenaars maar as dit kom by die tegnologie van die motors en bakkies pas hulle gou aan.
Vandag se Oupa's lyk ook baie jonger as Oupa's van die verlede en baie van hulle is ook baie meer gesond en op en wakker.
'n Oupa is iemand wat jou leer om ekstra suiker in jou tee of koffie te gooi sodat dit bietjie lekkerder kan wees, n Oupa is iemand wat jou leer hoe om kondensmelk uit die blik te steel sonder dat ouma dit agter kom. Oupa's speel lekker wegkruipertjie- leer jou "kennetjie" speel- kan jou leer om "top" te gooi en kan jou leer hoe om sekere goed reg te maak.
'n Oupa leer jou om teiken met die kettie te skiet op die plaas - hy kan jouselfs leer skiet -'n Oupa loop vroeg oggende saam jou langs die rivier rond, op naweke gaan kuier jy vir ouma en oupa en vroeg in oggende gaan spring jy in hulle bed en ouma dra koffie aan.
Hier is dalk 'n paar gedagtes rondom Oupa's.
Oupas is altyd daar as jy deur 'n moeilike tyd gaan en gaan pluk soms vir jou blomme uit die tuin net om jou beter te maak voel en jou te sien glimlag.
Oupas is daar vir voorkop soentjies en baie sagte drukkies. Oupas is daar om rigting te gee wanneer dit voel of jy nie meer weet waar om te gaan nie, oupas is daar om jou te herriner om nooit hoop te verloor nie en altyd te lewe met GELOOF en LIEFDE. Geduld en liefde is wat meeste Oupa's het.
Oupas laat mens dink aan kleintyd toe jy nog lekker op oupa se skoot kon gaan sit en Oupa jou lekker kon kielie al het jy hom gevra om op te hou weet jy dat jy eintlik daarvan gehou het. Hulle laat jou wens dat jy nog klein kon wees en terug keer na n tyd toe alles soveel makliker was.
Suid Afrika se Landbouers en hulle gesondheid- in 2021
En nou as jy aan jou oupa dink wens jy dat jy nogsteeds n kleindogterjie kon wees, want alles maak net so seer soos wat dit sou gemaak het as jy nog klein was, die verskil is net dat jy nou n grootmens is en dat jy nou alles beter moet hanteer.
Wat maak jy as jy weet jou oupa wat nog altyd daar was nie meer daar is nie en nie meer op jou verjaarsdag die eerste persoon gaan wees wat jou wakker bel net om jou geluk te wens nie.
Wat maak jy as jy gesien het hoe jou oupa gelei het en deur al sy leiding het hy nogsteeds die krag gekry om jou te bel as jy siek was of 'n af dag gehad het, om te vra hoe dit gaan en om vir jou te se dat alles okay sal wees al voel dit nie altyd so nie.
Oor die algemeen kan oupas en oumas se rol in hul kleinkinders se lewens dus insluit:
- Gereelde emosionele ondersteuning vir die kleinkind en die ouer. Kinders het liefde en aandag broodnodig vir hulle eie gesonde ontwikkeling en om nog n bron (grootouer) te he wat die ouer kan vertrou en wat werklik opreg belangstel en opgewonde is oor die kind se lewe is n groot plus. Ouers het ook tyd nodig om werk en ander stres te hanteer en het n behoefte om emosioneel te herlaai. n Grootouer wat kan luister met empatie of kan instaan met die kleinkinders gee die ouers kans om hul eie emosies beter te bestuur.
- Funksionele (taakgerigte) ondersteuning wat die volwasse kinders (ouers) weer n kans gee om die beste te maak van hul reeds beperkte vrye tyd, soos byvoorbeeld waar ouma of oupa na die kleinkinders kyk wanneer pa en ma vir n tydjie wegbreek om hul huweliksverhouding te koester of om vir n slag by hul eie vriende uit te kom. Of waar die grootouer dalk help om kinders na sekere aktiwiteite aan te ry wanneer pa of ma vasbrand by die werk.
Respekteur jou Oupa- en geen hom die geleentheid om net jou Oupa te wees- Luister wat hy se- leer by hom en pas dit toe in jou lewe. Dit wat hy jou wil leer kom uit sy hart uit- Saam met hom kan jy lag en stout wees- maar saam met hom kan jy rus en vrede in jou gemoed he. Wees dankbaar vir jou Oupa- wees lief vir hom - tye saam met hom is tye wat jy moet geniet. So moet Oupa's ook hulle klienkinders en kinders respekteur met liefde en ontwerming.
Met jou Oupa kan jy stry, kan jy redeneer en kan jy mee speel- maar jy kan net so lekker op sy skoot sit en net sommer lekker "chill".
As jy gelukkig is om jou Pa en Oupa van jou kinders nog op die plaas te he, dan is jy baie bevoorreg. Respekteur jou Pa voor jou kinders en moet hom nooit verkleineer of afbreek voor jou kinders nie. As jy en jou Pa 'n goeie verhouding het, gaan jy en jou seuns dieselfde he. Familie boerdery en goie familie bande is nog altyd die voortbestaan van 'n gesonde huigesin en nageslag.
Grootouers het jare se ondervinding as ouers en ervaar dalk n sterk behoefte om raad te gee aan hul eie volwasse kinders wat nou vir die eerste keer deur die ouerskap fase gaan. Onthou dit is die ouer se werk om ouerskap te bestuur en verantwoordelikeheid daarvoor te neem. Om daardie verantwoordelikheid op jou (die oupa of ouma) te neem kan baie frustrasie and ongemaklike gevoelens meebring. Gun jou kinders die geleentheid om te leer en te leef as ouer. Sien jou seun of dogter en skoonkind en hul kinders as n gesin op sy eie. Dit maak dit net soveel makliker vir almal.
Ons landbouers in Suid Afrika en oor die hele wereld is meestal al Oupa's met seuns en skoonseuns wat in die boerdery is. Dis 'n baie groot voorreg om jou Pa en die Oupa van jou kinders nog deel te kan he van jou familie, asook boerdery. As jy besluite moet neem, vra vir Oupa of vra vir Pa- hy gaan jou 'n boodskap gee waarmee jy kan doen wat jy wil.. maar moet nooit sy kennis en wysheid onderskat nie.
En om 'n Oupa te wees is voorwaar 'n voorreg- veral as jy gesond is, jonk van gees is en nog steeds die voorreg het om te kan werk.
Johann Pretorius CRA MEDIA.