Uitsprake oor Suid Afrika se voorgestelde grondonteiening maak landbouers warm om die kraag.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 
Dit was 'n besige paar weke in Suid Afrika se landbou met verskeie uitsprake wat ons landbouers warm om die kraag gelaat het. Maar soos gewoonlik het sekere media nie die ware feite deurgegee en beskryf soos wat dit eintlik moes wees nie en eintlik sensasie gesoek .
 
Graan SA se jaarlikse kongres is ook gehou by Nampo in Bothaville en dit lyk of Graan SA baie sukses het met die vestiging van opkomende landbouers en daar word ook baie daaroor gepraat en fondse is ook geskenk, om van die landbouers finansieel by te staan.
Ons kommersieele landbouers wat kos op die tafel sit, het op hierdie stadium baie meer hulp nodig om verder voedsel te produseer. Daar is verskeie planne voorgele wat ondersoek sal word.
Dit is duidelik dat sekere landbou streke in die land baie ernstig ondersoek moet word om te kyk wat se alternatiewe boerderye suksesvol toegepas kan word met die natuur wat so onvoorspelbaar is. Landbouers, veral in die Wes Vrystaat sal moet herbesin en dalk totaal en al oorskakel na rusland bewerking.
SAAI 'n nuwe landbou organisasie wat uitsluitlik wil konsentreer op Familie boerdery is ook die afgelope tyd gestig in Pretoria.
Wat al die verskeie landbou organisasies beplan vir die toekoms sal ons moet sien. Soos ons al in verskeie artikels geskryf het- moet landbou uit een mond praat en saam staan. En as daar geskille is moet hulle dit nie deur sosiale media of die media probeer debateer of regstel nie. Landbou moet eksklusief hulle probleme oplos. 
Daar is groot ontevredenheid in sekere landbougeledere oor 'n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit (NWU), dr. Piet Croucamp, se bewerings dat Suid-Afrikaanse boere die grond waarop hulle boer, gesteel het. 

Dit gons behoorlik in landboukringe nadat Croucamp op die Woordfees by Stellenbosch vanuit die gehoor by ‘n paneelbespreking aangesluit het. Die Transvaalse Landbou-unie meen Croucamp het geïmpliseer dat boere misdadigers is. Croucamp het egter aan OFM-nuus gesê wit Suid-Afrikaners het swart mense weerhou daarvan om grond te besit en grond is afgevat. ( Luister gerus na die Potgooi op OFM se Webtuiste) 

 In 'n verklaring sê Louis Meintjies  van die TLU dat Croucamp behoort van beter te weet en ten minste stawende bewyse vir sy vergesogte stellings voorlê.  “Alle navorsing dui daarop dat geen boer sy of haar grond gesteel het nie.”

Die politieke ontleder, Piet Croucamp volstaan by sy siening dat wit Suid-Afrikaners, swart mense wat geldige argumente het dat grond van hulle gesteel is, moet aanvaar. 

Die Vryheidsfront Plus soek antwoorde by pres.Cyril Ramaphosa oor sy verwysing na gesteelde grond in 'n parlementêre vraag-en-antwoordsessie. Die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, sê Ramaphosa het hom nou  by die EFF se narratief aangesluit dat grond in Suid-Afrika gesteel is. In die Parlement ook herhaal  dat onteiening sonder vergoeding sal plaasvind in reaksie op 'n stelling dat hy dubbel praat oor sekere beleidsaspekte van die ANC.  Groenewald sê Ramaphosa moet nou na vore tree en bewyse lewer oor gesteelde grond in die land en dit is kommerwekkend dat Ramaphosa hom deur die EFF laat lei deur onteiening sonder vergoeding as beleid te aanvaar.  

Daar is soveel mense wat deesdae 'n eier te le het oor Grondhervorming en deelneem aan debatte wat eintlik geen werlike kennis het van landbou en sy mense nie. Sogenaamde jong geleerdes met ekonomiese grade, syfers en grafieke word die buiteland ingestuur om beleggers te lok om in Suid Afrika te bele.  Mens so graag wou hoor wat aan die mense vertel word oor hoe eiendomsreg gaan werk saam met beleggings. 

Met al die gesprekke wat gevoer word kom daar baie goed uit van nul en geen waarde is nie, maar dit kan dalk 'n lekker kort pad wees vir die regering - so inwerklikheid kry die regering dalk 'n paar oplossing vir hulle probleme. 

As jy nie landbouer in murg en been is nie- en die nie jou passie is om te boer nie- weet jy ongelukkig nog nie veel nie. 

Die regering kan na verwagting vanaf April vanjaar teen ’n  spoed massiewe hoeveelhede staatsgrond in stedelike gebiede begin uitdeel. Dít is die mening van prof. Mohammad Karaan, lid van die presidensiële advieskomitee oor grondhervorming en dekaan van die fakulteit agriwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Die staat besit in al die stedelike gebiede  iewers naby die 2 miljoen hektaar en dit kan lekker uitgedeel word om stemme te werf.

Voordat 50% van grond nie oorgedra is aan voorheen benadeeldes nie, gaan daar nie werklik vrede wees tussen rasse nie as mense luister wat die politici te se het. 

Intussen verneem ons dat 'n regsgeleerde se die onus om grondeienaarskap te bewys waar die geskiedenis onbekend en onduidelik is, sal rus op wit mense weens die veronderstelling dat hulle deur apartheid en kolonialisme bevoordeel is. Adv. Wim Trengove SC dié stelling aan LP’s gemaak wat daarmee gemoeid is om wetgewing op te stel vir die wysigings van art. 25 van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Hy was een van drie kenners wat voorleggings aan die parlementêre ad hoc-komitee gemaak het.

Die regering van Suid Afrika weet eintlik nie self wat om te doen nie- behalwe dat hulle weet hulle die verkiesing moet wen, buitelandse beleggings moet inkry, staatsinstellings wat hulleself tot in die grond in bestuur het se skuld betaal en biljoene rande se belasting geld inkry en daarby hulle posisies in die regering behou.  Dis baie selde dat jy hoor van Suid Afrika se skuld- Dit lyk of die regering nie baie gepla is oor die skuldlas nie. 

Dis maar 'n paar van die belangrike goed- maar om dit te doen moet hulle grond weggee-hulle beloftes nakom en  moet hulle iemand beskuldig en daarby saam moet hulle sorg dat daar genoeg kos is. 

Dis duidelik dat daar ook nie by die regering uit een mond gepraat word nie- want niks kom ooit dieselfde uit nie.

Daar is nie beter landbouers as Suid Afrika se bestaande landbouers nie- jare se harde werk en sweet het landbouers gebring tot hier. Vele probleme is al agter hulle gesit en hierdie grond probleem is een wat ook suksesvol afgehandel sal word. Ons landbouers moenie toelaat dat hulle gelei word deur sogenaamde geleerde mense met geen passie vir landbou nie. Dis jou toekoms- dis jou hardewerk- dis waarom Landbou in Suid Afrika moet saamstaan en hierdie probleem tot almal se voordeel suksesvol afhandel.

Wat alles agter die skerms gebeur sal ons weldra uitvind. 

Johanel  ANN

Kyk gerus na die video -

Saai Loodsdag toespraak - Dr. Theo de Jager (Subtitles)