• Hollard – jou versekeringsvennoot vir besigheid en vir lewe

Hollard – jou versekeringsvennoot vir besigheid en vir lewe

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Goeie versekering verskaf dekking vir die onverwagte. Uitstekende versekering dek nie alleen jou verliese nie maar kan jou en jou afhanklikes ’n beter toekoms bied.

Hollard se korttermyn- en lewensprodukte is ontwerp deur kundiges – mense wat jou ken en jou versekeringsbehoeftes begryp.

Hierdie kundiges is boonop nie slegs stemme oor ’n telefoonlyn nie. Hulle is dwarsoor Suid-Afrika en ook in jou streek. Hulle verstaan jou besondere omstandighede en kan help met behoorlike dekking wat jou die beste pas.

Ons is passievol oor ons benadering dat plaaslik lekker is, en ons kan jou in die oë kyk terwyl ons jou hand skud. Want op hierdie manier is ons nogal outyds.

Ons versekeringsmakelaars werk nou saam met ons kundiges maar hulle is ook onafhanklik – hulle ken jou en kan jou die beste raad gee, die beste dekking vir jou reël en namens jou optree wanneer jy ’n eis moet indien. Hollard se sakemodel is gebaseer op die gebruik van makelaars want daar is geen plaasvervanger vir goeie diens en raad waarop jy kan vertrou nie. Op hierdie manier is ons ook outyds.

Om hierdie rede stel ons die veldtog #LongLiveTheBroker bekend: dit gaan oor ’n jaar of meer strek en het ten doel om mense bewus te maak van die belangrike rol wat makelaars speel in die ekonomie, om te sorg dat jy en jou onderneming deeglik gedek is wanneer die onverwagte plaasvind.

En plaaslik is regtig lekker – maak nie saak waar jy is nie. Die Hollard-manier van sake doen is so suksesvol dat ons dit in al 18 lande volg waar ons sake bedryf. Nes ’n Suid-Afrikaanse uitvoerlemoen is dit gesog, eersteklas – en net reg vir jou.

Hollard Insure se Landbouspan is spesialiste en soos die boere wat hulle bedien kan hulle planne maak en met praktiese oplossings vorendag kom. Ons is trots daarop dat ons die regte besluite neem, nie net omdat hulle kommersieel sin maak nie.

Ons praktiese landbouprodukte word hoog aangeslaan deur moderne boere want ons kombineer die polisse met ons benadering dat plaaslik lekker is. Ons bied plaaslike raad en spesialis versekering aan boere in verskillende dele van ons land waar hulle unieke toestande, realiteite en behoeftes ervaar.

Dit beteken dat ons makelaars jou besoek – geen oproepsentrums, geen langafstandverhoudings, geen assessering van eise deur iemand wat jy glad nie ken nie. Ons makelaars besoek jou op jou plaas want hulle verstaan dat landbou oor veel meer as ’n stukkie grond en ’n plaashek gaan.

Of jy nou ’n beginner, ’n kommersiële of ’n korporatiewe boer is, ons waardeer die bydrae wat jy maak tot die sukses van ons ekonomie. Ons begryp die teenspoed wat jy moet oorkom as dinge nie goed gaan nie. Ons belowe om jou te help om met daardie risikos klaar te speel en die vrugte van jou harde arbeid te geniet.

En Hollard bied meer ...

Ons Landbou-, Vragmotor- en Lewensversekeringsprodukte is maar enkele van die aanbiedinge waaruit jy kan kies. By Hollard Insure, ons korttermynafdeling, het ons spesialisspanne wat enigiets vir jou kan verseker wat jy wil verseker, soos die volgende: • Ongeluk en Gesondheid: persoonlike ongeluk-doodsdekking vir groepe, permanente ongeskiktheid, en tydelike totale en/of gedeeltelike ongeskiktheid • Kommersieel: gebruikersvriendelike, bekostigbare dekking vir besighede van enige grootte en vir meeste bedrywe • Konstruksie en Ingenieurswese: dekking vir enige grootte bou- en ingenieursprojekte • Korporatief: dekking vir maatskappye met betekenisvolle batewaardes, insluitende mynbou, energie, vervaardiging, finansiële dienste, tegnologie, kommunikasie, vaste eiendom, kleinhandel en ander • Filmwaarborggewers: verseker beleggers in Suid-Afrikaanse films of internasionale gesamentlike produksies teen nie-aflewering en vertragings • Gasvryheid en Toerisme: versekering wat in die unieke behoeftes van toerisme-ondernemings voorsien, vanaf akkommodasie-instellings tot wildtuine en meer • Marine: dekking vir risikos wat geassosieer word met enige soort vragvervoer, sowel plaaslik as internasionaal, asook privaat plesiervaartuie en kommersiële rompversekering • Persoonlik: ’n Reeks persoonlike versekeringsdekkings, met ’n verskeidenheid byvoegings • Risikofinansies: innoverende risikofinansie-oplossings as alternatiewe vir konvensionele versekering • Handels- en Konstruksiewaarborge: verskaf dekking vir die logistieke, klaring-, vragvervoer- en konstruksiebedrywe • Handelskrediet: innoverende, debiteurversekering vir skuldeisers, gekoppel aan holistiese kredietrisiko-mitigasie • Reis: omvattende dekking van kansellasies, vertragings, bagasiesake, mediese noodgevalle en meer

Hierbenewens, deur ITOO Special Risks, bied ons doelgemaakte spesiale risiko- en aanspreeklikheidsversekering in Suid-Afrika en dwarsoor Afrika suid van die Sahara. Ons spesialiseer in die volgende: • Kommersiële misdaad • Kuberaanspreeklikheid • Misdaad deur finansiële instellings en burgerlike aanspreeklikheid • Omvattende bankierslening en aanspreeklikheid deur finansiële instellings • Aanspreeklikheid deur direkteure en amptenare • Robotvliegtuigversekering (romp, loonvrag en aanspreeklikheid) • Indiensnemingspraktykaanspreeklikheid • Omgewingsaanspreeklikheid • Gebeurtenisaanspreeklikheid (eenmalig of jaarliks) • Algemene/wyer aanspreeklikheid • Professionele vrywaring • Mediese wanpraktyk • Trustee-aanspreeklikheid • Veeartsenykundige mediese wanpraktyk

Artinsure Underwriting Managers bied unieke versekeringsdekkings vir bates wat in waarde vermeerder, soos kuns, antiekware, versamelstukke en klassieke motors.

En ten slotte bied Hollard Insure se spesialis-onderskrywingbestuursagentskappe ’n verskeidenheid nisversekeringsprodukte: • Chartered Auto Underwriting Agency: spesialis motorhuurversekering • Clarendon Transport Underwriting Managers: omvattende taxiversekering vir enkel voertuie en vlote • Petsure: mediese versekeringsprodukte vir katte, honde en perde • Tax Risk Underwriting Managers: dek inkomstebelastingnavrae, BTW-dispute, werknemersbelastingdispute en dispute oor belasting op kapitaalwins

Vir meer inligting, besoek www.hollard.co.za of kontak Andries Wiese by 011 351 5877 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., of gesels met jou makelaar.


Newsletter Subscribe