New Holland launches upgraded lineup of Guardian™ front boom sprayers utilizing Raven precision technology for more integrated experience and efficient use

New Holland launches upgraded lineup of Guardian™ front boom sprayers utilizing Raven precision technology for more integrated experience and efficient use

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

New Holland Agriculture is redefining its lineup of SP310F and SP380F Guardian front boom sprayers to feature new technological and precision capabilities.

These sprayers integrate the advanced precision technologies from Raven with the high horsepower and large tanks New Holland sprayers are known for to enhance efficiency in and out of the field while covering more hectares per hour in the field.

“The advancements made to the Guardian front boom sprayer are really elevating the operator experience in the cab while improving application accuracy and the quality of data collected,” said Jason Hardy, Global Product Manager for New Holland Sprayers. “These upgraded units are connecting many components of an operation and data points for owners and operators to find more efficiency and profitability, as well as empowering them to make more informed agronomic and logistical decisions.”

Connected Workflow™ and integration of Raven precision technology takes Guardian brand to the next level

This lineup of Guardian sprayers incorporates precision technologies: Slingshot® from Raven and IntelliSpray™ II. The data generated from these features are collected, streamlined and aggregated by Raven’s Connected Workflow™ system. The Connected Workflow system works by syncing data from the office to the field and back again for simplified management of work, idle and transit time. The data can be used to create programs and strategies like herbicide rate prescriptions for individual fields and is accessible by the operator through the Slingshot mobile app.

 With the incorporation of IntelliSpray II, the Guardian sprayers now offer the most precise nozzle control system on the market and ensure unmatched droplet coverage accuracy, up to 2.5 times more accurate than comparable systems. These enhancements help operators and growers optimize coverage, minimize skips and overlaps, and reduce input costs. The IntelliSpray II pulse width modulation system leads the industry with a broader range of applications – Standard, Bypass, Variable Pressure, High Flow, High Flow VP and On/Off – higher flow and pressure ratings of up to 17% increased flow and operating pressure and greater level of accuracy due to its 20Hz pulse rate.

The utilization of Slingshot on the Guardian sprayers empowers operators and growers to make more data-driven decisions in and out of the field. Slingshot generates a high-level view of data from beginning through completion of a job, including traceability reports, application records, fleet efficiency track edits and transferable work orders.

Working alongside the Slingshot telematics is the VSN® Visual Guidance, which uses state-of-the-art image sensor and processing technologies to deliver a quicker response rate, better overall sprayer control, reduced operator fatigue and improved data collection. These components have been shown to improve efficiency by 20%. To accomplish these tasks, the visual guidance system uses cameras and radars to guide the boom and drive line of the sprayer. The use of the VSN system has proven to save time and financial resources by minimizing the margin of error and crop damage that can be inflicted by self-propelled sprayers.

“We strive for operators to have complete peace of mind while in the cab of the Guardian sprayer,” says Jason Hardy. “The integration of the VSN system allows drivers to operate the sprayer at 5-6 km per hour faster to cover more hectares per day without risking crop damage. Not only does the basic VSN system follow the rows with cameras, but the VSN+ system allow operators to better see hidden waterways and other obstacles. This alleviates a lot of the compounded fatigue and stress operators experience when spending long hours in the field.”

 Maximizing productivity in the field with additional precision capabilities

 

Each Guardian sprayer model comes equipped with supplemental precision technology that affects the operation of the sprayers, from turning to steering to spraying for maximized productivity.

 

•        IntelliView™ 12 and Viper® 4+ displays are intuitive and customizable, allowing operators to monitor their machine’s vital functions at a glance, including suspension information, liquid management control, auto rinse functionality, 4-wheel steering, tread width adjustments and more.

•        IntelliField and Slingshot will visualize where other tractors are moving in the field and provide data on the productivity of all machines.

•        IntelliSteer™ Auto Guidance maintain spray accuracy while eliminating row skips and overpasses with direction control and T3 terrain compensation.

AFRIKAANS MEDIA 

New Holland Landbou se indrukwekkende uitstalling by die 2023 NAMPO Oesdag het verskeie opwindende nuwe aanbiedinge tentoongestel, waaronder vanjaar se grootste trekpleister: die bekendstelling van die TH7.32-teleskopiese hanteerder, 'n nuwe toevoeging tot die maatskappy se uitgebreide reeks landboutoerusting.

Volgens Jaco du Preez, New Holland Landbou se bemarkingsbestuurder, lewer New Holland-teleskopiese hanteerders al meer as 20 jaar 'n ongeëwenaarde lys kenmerke wat prestasie, betroubaarheid en bekostigbaarheid verseker. "Die nuwe TH7.32 is ontwerp vir toepassings soos materiaalhantering, werk op die plaaswerf en die stapel van groot bale en is die ideale keuse vir akkerbou-, gemengde plaas- en kontraktoepassings. Met sy hoë krag-tot-gewig-verhouding, wat die moeilikste take in allerlei omstandighede moontlik maak, is dit die eerste keuse vir veeleisende plaas- en kontrakoperateurs," het hy gesê.

 

Verbeterde produktiwiteit

Die TH7.32 trek voordeel uit 'n splinternuwe 4x3 PowerShift™-transmissie vir gladder ratwisseling en verrigting, wat 'n beter bestuurservaring bied. Dit voldoen aan Vlak 3-emissiestandaarde en die verbeterde prestasie en ekonomie het verlaagde bedryfskoste tot gevolg. Daarby stel die herontwerpte kajuit nuwe standaarde vir lae geraas en voortreflike gemak.

Die beste-in-klas 600-uur diensintervalle verseker dat die masjien langer aan die werk bly. 'n Groot eenstukkap gee volle toegang tot die enjinruimte en onderste sypanele kan oopgemaak word om nog meer toegang tot die enjin te gee. Enjinolie, waterkoelmiddel, verkoeler en die lugfilter is maklik bereikbaar en daaglikse inspeksie en dienste is eenvoudig om uit te voer.

 

Voortreflike gemak en ergonomie

Die nuwe TH-model beskik oor 'n gevorderde kajuitontwerp wat verbeterde gemak, geraasonderdrukking en sigbaarheid bied vir maksimum produktiwiteit. Die nuwe LED-ligopsie kan tot 25 000 lumen gekombineerde beligtingskrag gee om nag in dag te verander en veiligheid en produktiwiteit te verhoog.

New Holland het sy gevestigde kundigheid in trekkerkajuitontwerp gebruik op dié kajuit, wat met 360°-visie spog. Die kajuit bied klasleidende ruimte en gemak en bied uitstekende algehele sigbaarheid met 'n ongeëwenaarde uitsig oor die voorkant van die voertuig en die vurk wanneer dit heeltemal verlaag word. Hierdie ekstra sigbaarheid het ‘n groot invloed op produktiwiteit.

'n Sitplekgemonteerde stuurstok is beskikbaar vir ergonomiese uitnemendheid wat veral moegheid bestry en die kajuit spog met 'n helder en sigbare instrumentpaneel. Gemaklike bestuur maak al die verskil tydens lang werkskofte met 'n uiters gerieflike, verhitte sitplek.

 

Verbeterde gehalte en duursaamheid

Die TH7.32-teleskopiese hanteerder beskik oor 'n dubbele U-vormige robotgesweisde balk wat buitengewoon sterk en duursaam is. Die H-vormige onderstel het massiewe torsiesterkte en is ontwerp om in die veeleisendste toepassings te werk. New Holland gebruik die nuutste vervaardigingstegnieke in die produksielyn vir TH-modelle. Robotsweiswerk is 'n belangrike vervaardigingsproses en verseker konsekwente gehalte tydens die onderstel- en balkkonstruksie.

Hidrouliese dempers verseker gladde terugtrekking en verlenging. Die dempers beskerm ook die balk en operateur teen gereelde stampe en skudding. Die TH7.32 is ontwerp met 40/60 gewigsverspreiding, wat die behoefte aan aangehegte teengewigte uitskakel, wat verseker dat maksimum stabiliteit en trekkrag bereik word wanneer dit gelaai word.

 

Uitstekende hysontwerp

Met die TH7.32 kyk die balksilinder naby die skarnierpunt agtertoe en albei silinders strek in teenoorgestelde rigtings wanneer die balk opgelig word. Hierdie "teenoorgestelde aksie"-ontwerp verbeter die beheer van die balk en die algehele stabiliteit aansienlik.

Die laer swaartekragpunt en langer 3m "hoek tot hoek" asafstandkonsep, tesame met die agter-gemonteerde balk, dien as 'n ingeboude teenbalans wat hierdie teleskopiese hanteerder moeilik maak om te klop. Dit kan voorwerpe so hoog as 7m lig en het 'n kapasiteit van 3,2t.

Uitstaande enjinkrag en hidroulika

Die TH 7.32 se turboaangejaagde 4,5 liter 4-silinderenjin voldoen aan Vlak 3-emissies, met uitstekende kraglewering van 98kW en 549Nm wringkrag teen 1 500 r/min, wat dit moontlik maak om enige taak gemaklik te hanteer.

Kragtige hidroulika verseker dat 'n hoëverrigting veranderlike verplasing suierpomp 'n maksimum van 140 liter/min lewer, wat veelsydigheid in alle toestande bied met twee opsionele voorste hidrouliese hulpafsetpunte en bykomende agterste hulplyne.

"Die New Holland TH 7.32-teleskopiese hanteerder is 'n uitstekende keuse vir ophys en materiaalhantering op die plaas danksy groter hysvermoë, beter reikwydte, vinniger siklustyd en uitnemende beweeglikheid en stabiliteit wanneer daar met vragte gewerk word. Met al die krag en wringkrag wat 'n boer nodig het om die moeilikste take op alle terreine te verrig, tesame met uitsonderlike brandstofdoeltreffendheid, sal hierdie nuwe model die werk vinnig en doeltreffend gedoen kry," het Du Preez bygevoeg.