Agricultural budget does not support commercial farming

Agricultural budget does not support commercial farming

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Minister of Agriculture Thoko Didiza's budget for the next year is once again focused, wrongly, more on the development of subsistence farmers rather than on supporting commercial farmers. It is not subsistence farmers who put food on the table of most South Africans but commercial farmers.

 

Athough the Minister believes that this budget will allow the department and industry to "continue to meet the country's food security needs," she also mentions that only 9% of agricultural exports are produced by emerging farmers. Nowhere in her address did she refer to how commercial farmers, who have been growing food for years and generations, are being successfully assisted.

 

"It is tough for commercial farmers to stay positive when the state shows little interest in supporting them, and mechanisms such as Onderstepoort, which are allegedly supposed to support them, fail even to make vaccines available for sheep and horses," says Bennie van Zyl, general manager of TLU SA.

 

TLU SA understands that there needs to be an investment in developing new farmers to meet the demand for food and has indeed offered years ago to share knowledge and experience on this matter, but this should not be at the expense of the farmers who are already doing it under challenging conditions.

 

The investment made to support emerging farmers does not justify their achieved outputs. The department, for example, spent R50 million last year to develop 124 citrus farmers. Yet, they produce only six million of the 128 million boxes of citrus fruit for export.

 

It would mean far more for the development and sustainability of agriculture if the government focused on assisting commercially profitable farmers instead of "economic restructuring".

 

"A budget of R17 billion goes only so far. When the bulk is invested wrongly, it places food security in the balance," says Van Zyl. "Given that the policy on agriculture is also wrong, it is obvious that the budget will be spent wrongly. We seriously call on the government to move away from the idea of the so-called economic restructuring and recovery policy and rather focus on the market forces that determine the profitability of commercial farmers - and indeed the availability of food."

 

To support commercial farmers or to receive support as a farmer, join TLU SA here.

 

 

Landboubegroting bied geen ondersteuning vir kommersiële landboubedryf
 

 
 

Die Minister van Landbou, Thoko Didiza se begroting vir die volgende jaar fokus weereens baie meer, verkeerdelik, op die ontwikkeling van bestaansboere, eerder as op die ondersteuning van kommersiële boere. Dit is nie bestaansboere wat kos op die tafel van die meerderheid Suid-Afrikaners plaas nie, maar kommersiële boere.

 

Hoewel die minister meen dat hierdie begroting die departement en bedryf sal toelaat om “voort te gaan om in die voedselsekerheid behoeftes van die land te voorsien”, noem sy ook dat slegs 9% van die landbou-uitsette deur opkomende boere geproduseer word. Nêrens in haar rede het sy verwys na hoe kommersiële boere, wat al jare en generasies lank kos produseer, suksesvol bygestaan word nie. 

 

“Dit is bitter moeilik vir kommersiële boere om positief te bly wanneer die staat min belangstelling het om hulle by te staan, en die meganismes soos Onderstepoort wat hulle na bewering moet ondersteun nie eers daarin slaag om entstowwe vir skape en perde beskikbaar te hê nie,” sê Bennie van Zyl hoofbestuurder van TLU SA.

 

TLU SA verstaan dat daar belê moet word in die ontwikkeling van nuwe boere om in die aanvraag na voedsel te voorsien en het inderdaad jare gelede reeds aangebied om kennis en ervaring hieroor te deel, maar dit moet nie ten koste van die boere wees wat dit reeds onder baie moeilike omstandighede doen nie. 

 

Die belegging wat gemaak word om opkomende boere te ondersteun, regverdig nie die uitvoere wat hulle bereik nie. Die departement het bv. die afgelope jaar R50 miljoen spandeer om 124 sitrusboere te ontwikkel. Hulle voer maar slegs ses miljoen van die 128-miljoen bokse sitrusvrugte uit. 

 

Dit sal baie meer vir die ontwikkeling en volhoubaarheid van landbou beteken as die regering eerder fokus op bystand van kommersieel winsgewende boere as “ekonomiese herstrukturering”. 

 

“‘n Begroting van R17-miljard strek net so ver. Wanneer die grootste gedeelte verkeerd belê word, plaas dit voedselsekerheid in die weegskaal,” sê Van Zyl. “Aangesien die beleid rondom landbou ook verkeerd is, is dit vanselfsprekend dat die begroting verkeerd spandeer sal word. Ons doen ‘n ernstige beroep op die regering om weg te beweeg van die idee van die sogenaamde ekonomiese herstrukturering- en herwinningsbeleid en eerder aandag te gee aan markkragte wat die winsgewendheid van kommersiële boere – en inderdaad die beskibaarheid van voedsel – bepaal.”   

 

Om kommersiële boere in Suid-Afrika te ondersteun, of as boer ondersteun te word, sluit gerus hier by TLU SA aan.