TLU SA requests clarity about statements calling the heritage of the economy racist and colonialist in an open letter to the government, addressed to President Cyril Ramaphosa.
The president made these statements during his recent meeting with SANEF. Furthermore, TLU SA wants the government to spell out what radical economic transformation – as mentioned during the same session – means.
“The statements exhibit a lack of knowledge by the government in the workings of the economy,” says Mr Louis Meintjes, the president of TLU SA. “Maybe someone should teach the ANC Economy 101. The market powers work unabated, not asking questions about the history or race, but judges everyone by the way they accept responsibility for their future.”
The ANC inherited profitable and stable institutions like Eskom, Denel, SAA and Spoornet. Because of your disastrous management of these institutions, they fell into bankruptcy one after the other.
“Mr Ramaphosa, you are busy creating your legacy every day,” says Mr Meintjes. “The economy moved into junk status under your policy. It is only fair to tell your followers how you are stealing the future from them.”
TLU SA calls on the ANC and government, yet again, to acknowledge the principle of private ownership and let the free market work as effectively as possible. Let go of your policy of transformation with words like BEE, land reform and expropriation without compensation. These are the things that destroy trust in our country.
“The outcome for the country won’t be positive if the ANC continues down this road,” warns Mr Meintjes. “For us, the farmers who continued to build the future of our country, the slipstream to South Africa’s failure is a bitter pill to swallow.”
TLU SA vra in ope brief duidelikheid oor “radikale ekonomiese transformasie”
TLU SA eis in ‘n ope brief aan die regering, geadresseer aan President Cyril Ramaphosa, duidelikheid oor stellings dat die nalatenskap van die ekonomie rassisties en kolonialisties is.
Dié stellings is tydens die president se gesprek met die Suid-Afrikaanse Redakteursforum gemaak. TLU SA wil verder hê die regering moet in detail uitstippel wat bedoel word met radikale ekonomiese transformasie, wat tydens dieselfde gesprek genoem is.
“Hierdie opmerkings openbaar ‘n groot mate van onkunde in die regering, oor hoe die ekonomie werk,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Dalk moet iemand vir die ANC ‘n les gee in Ekonomie 101. Die markkragte vra nie vrae oor die geskiedenis of oor rasse nie, maar toets elkeen volgens die wyse hoe hul die verantwoordelikheid van hul toekoms aanvaar.”
Die ANC het as regerende party eens winsgewende en stabiele instansies soos Eskom, Denel, SAL en Spoornet geërf. As gevolg van hulle rampspoedige bestuur van die instansies, het dit op 'n streep in bankrotskap verval.
“Mnr. Ramaphosa, u is elke dag besig om te werk aan u nalatenskap,” sê mnr. Meintjes. “Die ekonomie het onder jul beleid na rommelstatus geskuif. Dit sal net regverdig wees om u ondersteuners in te lig dat julle besig is om hulle toekoms van hulle te steel.”
TLU SA doen weereens ‘n beroep op die ANC en die regering, om die beginsel van privaat besitreg te erken en die vryemark toe te laat om so effektief as moontlik te werk. Laat vaar daarmee saam die beleid van transformasie met begrippe soos SEB, grondhervorming en onteiening sonder vergoeding. Dit is hierdie aspekte wat veroorsaak dat die vertroue in ons land heeltemal afgebreek word.
“Indien die ANC volhard op hierdie weg, sal die uitkoms vir die land nie gunstig wees nie,” waarsku mnr. Meintjes. “Dit is vir ons, as landbouers, wat deurentyd net konstruktief gebou het aan die toekoms van ons land, ‘n bitter pil om te sluk wanneer ons sien hoe ons land op ‘n glybaan na mislukking bestuur word.”