Deurbraak met Internet-veeveiling in Suid-Afrika- PERS

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

n Splinternuwe konsep om lewendehawe aanlyn te verhandel, is gister ná maandelange intensiewe beplanning in Suid-Afrika bekendgestel toe 1 000 speenkalwers in minder as 20 minute op ’n Internet-veiling verkoop is.

Kopers landwyd het op Dinsdag, 12 Februarie, om 14:00 die geleentheid gehad om speenkalwers op Beeswinkel.co.za, die eerste digitale platform vir aanlyn-veilings in Suid-Afrika, te koop. Al die kalwers, wat in agt verskillende lotte aangebied is, is binne ’n japtrap verkoop. Hierdie veiling het geskiedenis gemaak in die manier hoe lewendehawe in ons land verhandel word.

“Die resultate het ons verstom,” het Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, ná die veiling gesê. “Ons is ontsettend trots om die proses van lewendehawe-aankope vir boere met ons platform te kan vereenvoudig.

“Die sukses van hierdie veiling is van onskatbare waarde vir kopers en verkopers van lewendehawe. Nie net kan ons sien dat ’n tegnologiese deurbraak vir boere gemaak is nie, maar ook dat die belangstelling daar is en dat die veilingsproses nou baie eenvoudiger is.

“Nie een van die voerkraaleienaars wat lewendehawe op die veiling verhandel het, het hul kantoor of huis verlaat nie. Dis wat Beeswinkel so doeltreffend maak. Met die gebruik van ons platform hoef jy nie na die veiling te ry en jou plaas of diere alleen te los nie.

“Ons bied die platform gratis aan vir almal om te gebruik. Dit is nie net veilig om te gebruik nie, maar honderde kopers kan dit op ’n totale deursigtige wyse geniet.”

Doeltreffende verkope en aankope van lewendehawe was nog nooit so maklik nie. Die reuse-deurbraak wat hierdie platform gemaak het, is bewys dat tegnologie ’n uitmuntende toevoeging tot enige boerdery is. Suid-Afrika se lewendehawe-produsente kan nie genoeg kry van Beeswinkel nie en veral die jonger garde wat ’n passie het vir boer, is mal oor die nuus op sosiale media en interessante brokkies wat gedeel word.

Van Heerden vertel verder: “Ná die bek-en-klouseeruitbreking het die stoorlampryse ontsettend gedaal. Met Beeswinkel is daar egter geen middelman in die koop- en verkoopproses nie. Dit beteken ook dat boere wat Beeswinkel vir hul aankope en verkope gebruik, nie so erg geraak word deur hierdie finansiële krisis nie.”

Om ’n nuwe toevoeging tot jou voerkraal te maak of om jou lotte te verkoop, was nog nooit so maklik soos met die gebruik van hierdie elektroniese platform nie. Indien jy jou lewendehawe in een van die volgende Beeswinkel-veilings wil verkoop, kan jy gerus die webtuiste besoek en inteken met jou besonderhede.

 Persverklaring